Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Antw: we zijn op zoek???????

Sa., 19 Oktober 1996 00:00

> wij zijn op zoek naar a Hollands club die wil representative de BTV
> Brien-Vriendenclubs in Zuid Afrika voor de Hollandse/Belgische immigranten
> voor leen-video's!! niet voor verkoop of huur!
> br...@worldaccess.nl
> of schrijf naar:
> BTV Brien-Vriendenclubs
> Achterweg 28
> 2103 SX Heemstede nederland
> telf/fax +31 235 287491
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

OVER TAAL EN POLITIEK (Re: M. Bouwer)

Vr., 18 Oktober 1996 00:00

17 Oct 1996, Izak Bouwer wrote:

> In article ,= =20
> ger...@omni.cc.purdue.edu says...
> =20
> =20
> . Ik ben een spanjaard, en de probleem=20
>> van politische "stigma" op een taal hebben we daar ook toch wel. Het=20
>> spaans OF het castillians???? Mischien is deze vraag voor jouw zinloos.= =20
>> Castilla is een deel van Spanje, maar alle spanjarden spreken spaans, en= =20
>> daarom noemen we het dan "spaans".
>> Niet idereen denk toch zo. En rond onze mooie taal werd zo veel= =20
>> geweld en dood gedaan, dat niemand vanaf het buiten zou denken dat ze=20
>> over taal (en alleen "taal") spreken. Een taal is een fantastich ding,= =20
>> een "tool" die elke groep mensen met werk gemaakt heeft, om praktische= =20
>> boodschappen te inleveren maar ook om literatuur te bouwen.
>> En toch, ja... Vele basken, catalanen en latijn-amerikanen=20
> hebben=20
>> de indruk dat spaans te spreken een politisch "sign" is. Soort=20
>> imperialistisch.
> =20
> =20
> =20
> Ek vind hierdie bespreking BAIE interessant.
> Wanneer =91n mens gewoonlik aan die taalsituasie
> in Spanje dink, dink jy aan die lot van die Baske
> en Katalane, vir wie Spaans (die moedertaal in
> Castilla) =91n tweede taal is. Jy vergeet die skuldge-
> voel van die mense van Castilla, vir wie Spaans
> ook hul moedertaal is. =91n Bietjie soos =91n Engelse
> Suid-Afrikaner wat skuldig voel dat die ander 10
> taalgroepe sy taal as algemene voertaal moet
> gebruik.
> Ja, taal is byna altyd =91n politieke ding. Veral=20
> hier waar ek bly in Kanada, waar die hele land
> miskien in stukke kan opbreek oor die kwessie van
> taal. Waar taal gebruik word as =91n slaanding om
> =91n geveg te veg oor iets diepers.
> Iets anders wat my nog vreeslik verbaas, is die
> manier waarop die hele sentrale en suidelike dele
> van die Amerikas of Spaans of Portugees as hulle
> voertaal het (net omdat konings en pouse in Europa
> honderde jare gelede die kaart van Suid-Amerika
> geneem het, en =91n lyn van noord na suid getrek het,
> en gesê het: wat aan die oostelike kant is, is Portu-
> gal s=92n, wat op die westekant is, is Spaanse besit.
> Die swernote!)
> Dis as gevolg hiervan dat die suidwestelike deel
> van die V.S.A. jy kan maar sê ook onoffisieel Spaans
> is. Daar is baie mense daar wat nie Engels kan praat
> nie. En daar is mense wat vra dat Spaans as offisiele
> taal in sekere dele van die V.S.A. verklaar moet word.
> Ek wag nog vir die dag wat hulle van elke kind in
> Kanada verwag dat hy ook die taal van sy lokale stam
> van die =93First Nations=94 leer. Op die oomblik leer almal
> net Engels en Frans, tale ook ingevoer uit Europa.
> Die Engelse en Franse noem hulself mos =93the founding
> nations.=94 Die swernote.=20
> =20
> Gloudina Bouwer
> =20
> =20
> =20
> =20
=09Wijze woorden, moet ik maar zeggen! (Sorry, maar... is Gloudina
een vrouw-naam of een man-naam? Wat stom zal deze spanjaard dan
klinken!!) In ieder geval: ja, wat je zegt over het geschidenis van
Zuid-Amerika en het deling daarvan tussen Spanje en Portugal klopt wel.
Ja, en dat soort dingen waren niet zo ongewoon. Ik ga hier iets
vertellen: wat gebeurde rond 1550 met Carlos el Emperador (die is Karl
van Hausburg, Karl de eerste van Spanje en vijfde van Duitsland en
Nedderland en Belgie en Luxembourg en Noord-Afrika en nog Zuid-Italie).
Nou, die man had, volgens onse spaanse pschiatrische doktoren van
vandaag, een soort vreemde on-werkelijkheid hersens probleem. Hij was
heel moe en boos op de koning van Frankrijk, Ferdinand of Philippe II,
kan ik goed niet herinneren, omdat die man kwaam weer en weer binnen de
"spaanse" landen in Italie (Nou, de man had kleine possesies, niet waar?
Arme Karl!!!) Dus op een dag, wanneer beide koningen in de bezigheid van
de Paus in Roma waren, zei Karl I dat hij wilde tegen Ferninand vechten,
met de sword. De winner zou alles krijgen. Iedereen werd heel verbaasd,
als je kan verwachten... De Paus zei "Ben je gek geworden?" (of zoeits)
en toen zei onze niet-te-geloven Karl: "Nou, kunnen we dan schakken
(chess) daarvoor spelen?" Schakken spelen voor een Empire!!!
=09Hij had geen success alleen omdat die Paus te veel een
on-evenwicht vreesde. Maar... wat, vraag ik me af, wat zou gebeurt hebben=

als die Paus als gek als arme Karl geweest was? Wat, in hemelsnaam?
=09Mannen, regeringen en koningen. Oplossingloos?
=09Mijn beste en warmste spaanse groetjes.
=09German.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Twee gedigte oor HIERONYMUS BOSCH

Vr., 18 Oktober 1996 00:00

Hieronymus Bosch van 's- Hertogenbosch (1450-
1516) se skilderye fassineer mense. Philip 11 van
Spanje het sy werke bymekaar gemaak. Dis daarom
dat die twee triptieke waarna die volgende twee ge-
digte verwys, albei in die Prado in Madrid is.
In "Die Hooiwa" se linkerpaneel swerm 'n klomp
surrealistiese insektemonsters uit die hoogte neer na
waar Eva uit Adam se rib geskep word, Adam en Eva
deur die slang verlei word, Adam en Eva uit die Para-
dys gedryf word. In die middelpaneel is daar 'n hooi-
wa, waarrondom misdaad en sonde met lus gepleeg
word. Alleen 'n engel bo-op die hooiwa kyk op na God
daarbo in die wolke. Die helpaneel op die regterkant is
'n toring van babel, vol diere wat mense jag en knaag,
vol vismonsters.

hieronymus bosch se koringwa
Johan van Wyk

die rebelse insekte swem in 'n boeg af
na die maagdrots, 'n markvrou
tussen vrugtebome, God trou
adam en eva, oproeriges word verban

na die aarde die paradys
terwyl hulle daal
kyk hulle met blitsende oë na die vrou, kaal
en dom, "dat pyn bestaan is nodig heer"

byt God se raadgewer hom in die oor,
"mag ons hulle kennis gee
dis demokraties heer, mag hulle naak
mekaar se vrugte aanraak

en vinnig die drif probeer toemaak met bak
hande, blare en lap, mag hulle pyn
hê, heer, en mag hulle inmekaar sak
in die stof, straf ons so, heer"

die hartseer engel met die swaard
jaag hulle uit, nog met skrik en slaap
in die oë, so het dit gekom dat almal loop
agter die koringwa: die nonne wat die sakke van die vet monnik

vol koring maak, 'n broer wat sy broer keel-
af sny, ministers met politieke kommentators
wat betaamlik volg en vraatsugtiges wat onder die wiele omkom
'n skare ongediertes leitrek die mensdom in die hel

dit is elke mens vir homself, met homself
selfs seks is net vir die self, die wederhelf
word in die liefdestransaksie ingedans
en "ena gee raad" psigosofeer oor wat

ons moet maak met probleme
elke heerser is 'n antichris wat omsien
na sy mense se belange en sorg dat die wa van onenigheid
nie uit sig raak nie, en niemand

behalwe 'n engel kyk op na God
op 'n wolk bo al die gewoel, in die hel
is elkeen bang hy word nie meer verkrag of gemartel nie

want, die pyn bestaan is nodig

JEROEN BOSCH
D.J.Opperman

Ydel is die wereld, maar ydeler my gees,
wat om die dertig nagte in nagmerries
van stekelige plante, voels en mens genees.

Uit ou en nuwe streke van die aarde kies
die duiwel al hoe listiger vir my, vir jou,
vir die derduisende kostuum en mombakkies.

Dit trek in stoete, kermis om die Kruis, wissel
van gedaante deur die eeue, maar die spel
bly steeds dieselfde in monnike, masjien of dissel.

En ewig in die kringloop van die lus gevang
ry ons en kap die lieste van die hingste
om en om die kraaie op kaal vrouens in die dam.

Ag, Liefste! Kom dan, laat ons vlug uit die gebras
en skuil in mossel, horingpeul - en ver bokant
die kermis van die bose sweef in belle glas.

Want in my is die swaap, die visgelipte sot
wat elke toertjie van 'n towenaar befluit...
maar wonderwerke en Sy kruisiging bespot,

en, as ek God saam met Antonius aanroep,
is hy reeds daar wat van 'n nuwe geilte
roekeloos die eerste swaeltjies deur 'n tregter poep.

Opperman se gedig verwys na "Die Madrona-bessie
skildery." Hy interpreteer die middelpaneel, soos
meeste kritici, as 'n "garden of earthly delights,"
'n Garten der Luste. Wilhelm Fraenger meen egter dat
Bosch 'n lid was van die Adamiete, wat rituele naakt-
heid beoefen het in hulle godsdienstige byeenkomste.
Hy meen dat die middelpaneel 'n voortsetting is van
die paradys in die eerste paneel, en dat Bosch wil wys
hoe die mens in onskuld sou kon gelewe het, as daar
nie 'n Val plaasgevind het nie.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die Afrikaner: NG Kerk verneder Afrikanervolk

Vr., 18 Oktober 1996 00:00

Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ***********

NG Kerk verneder Afrikaner

DIE biegtery van die Stellenbosche ring van die NG Kerk voor die
Tutu-kommissie het die Afrikaner in 'n groot verleentheid
gedompel. Deur soos te verwagte, slegs klem te lˆ op die
negatiewe, is die Afrikaner en sy verlede in so 'n swak lig
gestel dat dit pragtig inpas by die doel van die kommissie om 'n
skuldkompleks by die Afrikaner in te prent. Deur hom skaam te
maak vir sy verlede, en die hele grondslag waarop hy vir meer as
300 jaar in hierdie land gestaan het, verdag te maak, het die NG
Kerk die Afrikaner 'n onguns aangedoen waarvan hy moeilik sal kan
herstel.
Die invloed van die NG Kerk onder 'n groot aantal lede van
hierdie volk, beteken dat die misleiding des te groter is, en dat
dit moeilik sal gaan om diegene wat hulle met hierdie sinlose
daad vereenselwig, weer tot ander insigte te bring.
Die NG Kerk het in hierdie "belydenis" erken:
l dat hy selfsugtig opgetree het
l dat hy geweier het om na die Woord van die Here te luister
l dat hy nie protes aangeteken het teen "growwe skendings van
menseregte" nie
l dat hy geen "helder getuienis" gelewer het oor "onreg" wat in
die land gepleeg is nie
l dat hy "leed" veroorsaak het deur "gedwonge verskuiwings"
l dat hy geen begrip getoon het vir die inhoud van die Belhar-
belydenis nie
l dat hy self verantwoordelik was vir die mislukking van eenheid
tussen die kerke van die rassegroepe.
Na afloop van die biegtery het Tutu om die beurt die een NG-
verteenwoordiger na die ander omhels. Hy was vreeslik aangedaan
oor hierdie oorwinning oor sy Blanke broers, en hulle is
luidrugtig deur die aanwesiges, hoofsaaklik Kleurlinge,
toegejuig.
Ten spyte daarvan dat die NG Kerk reeds sy hardvogtigheid
teenoor Tutu "bely" het, het dr. Hannes Koornhof laat weet dat
hy weer 'n "behoefte" ontwikkel het om nogeens te "bely" dat die
NG Kerk verkeerd gedoen het, en daaroor moet bieg. Hy het
voortgegaan en "nasionalisme" die skuld gegee vir die hartseer
wat veroorsaak is, asook die manier waarop lidmate van hierdie
kerk die Bybel gelees het. Dit het hulle glo "onsensitief" vir
die "onreg" gemaak wat hulle teen die Nieblankes sou gepleeg het.
Alles was "apartheid" se skuld.
Dit was in die gemeente van Stellenbosch wat binne hierdie ring
val, wat Joe Slovo voor 1994 toegelaat is om vanaf die preekstoel
onder die Rooi Kommunistiese vlag as ate‹s 'n tirade teen die
Afrikaner en die Christendom te voer soos wat nog nooit tevore
in hierdie land ondervind is nie.
Daarna was daar allerhande verskonings, maar geen belydenis dat
verkeerd opgetree is nie.
Intussen is daar selfs in die NG Kerk groot ontevredenheid oor
die eiegeregtige manier waarop hierdie ring van die NG Kerk
opgetree het. Selfs Die Kerkbode het skerp kritiek uitgespreek
omdat hierdie ring opgetree het sonder om die bre‰r verband van
die kerk in aanmerking te neem. Dr. Fritz Gaum voel dat die NG
Kerk eerder vanuit sy sentrale struktuur 'n voorlegging moes
maak.
Daarenteen het ds. Freek Swanepoel, die moderator, te kenne
gegee dat hulle heeltemal binne hulle bevoegdheid opgetree het.
Dit dui op 'n sterk verdeeldheid binne die kerk, met die
moderator aan die verkeerde kant. Want die kritiek was veral
omdat 'n uiters negatiewe beeld van die Afrikaner geskep is, en,
volgens hulle eie woorde, sonder om "erkenning te verleen" van
enige positiewe bydraes deur die kerk of die Afrikaner.
Direk in stryd hiermee het die NG Kerk in die Oos-Kaap sy lede
individueel aangemoedig om ook voor Tutu te gaan bieg.
Die algemene gevoel is dat hierdie biegtery van die NG Kerk
voor Tutu 'n erkenning is van die mislukking van die NG Kerk om
sy taak en sy opdrag uit te voer. As lidmate voor Tutu moet gaan
bieg, beteken dit dat die NG Kerk self nie aan sy lidmate leiding
kon gee oor versoening nie, en dat hulle hulle nou na 'n wˆreldse
tribunaal moet wend.

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Re: Die Afrikaner: NG Kerk verneder Afrikanervolk

Vr., 18 Oktober 1996 00:00

Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner wrote in
article ...
> Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by
> http://www.hnp.org.za/afrikaner
>
> ************************************************************ ***********
>
>
> NG Kerk verneder Afrikaner
>

> Julle is was en sal blykbaar altyd smeerlappe bly.
Ik spuug op julle
Gideon

Geloof & kerksake | 0 kommentare

waarheidskommissie en ngkerk

Do., 17 Oktober 1996 00:00

wat dink julle van die besluit van die Stellenbosch Ring om 'n voorlegging
voor die Waarheids- en versoeningskommissie te maak? Ek dink dit het baie durf
gevat om op te staan as predikante in 'n kerk waarvan die gesagstrukture sulke
individuele dade dikwels onderdruk. Die betrokke predikante behoort geprys te
word, of ten minste vir hul dapperheid bewonder te word.
herman

Geloof & kerksake | 7 kommentare

Nederlandse mening over Afrikaans

Wo., 16 Oktober 1996 00:00

Dit is wat een nederlandse schrijver heeft in onze universiteit gezegd:
"Wat betreft het Afrikaans. Het is natuurlijk in oorsprong 17e eeuws
Nederlands. Maar door de geisoleerde positie van de Afrikaners heeft het
een eigen ontwikkeling gehad zodat het enkele specifieke eigenschappen
heeft. Desondanks is het voor mij goed te volgen, zeker in schrift."
(Gijs van Mol)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sex en Sarie Marais

Wo., 16 Oktober 1996 00:00

My Sarie Marais is so ver van my hart
maar 'k hoop ook haar weer te sien
sy het in die wyk van die mooi rivier gewoon
nog voor die oorlog het begin

o bring my terug na die ou Transvaal
daar waar my Sarie woont
daar onder in die mielies
by die groen doring boomn
daar woon my Sarie Marais
daar onder in die mielies
by die groen doring boom
daar woon my Sarie Marais

Zou iemand zo vriendelijk zijn om me een paar dingen te zeggen?
1.Is dit echt een afrikaans lidje?
2.Is het alles, niets meer om te zingen?
3.Is Sarie Marais een echt vrouw, je kan met haar sex hebben, of is het
een soort symbool of wat dan ook?
4.Wanneer het zegt "nog voor die oorlog het begin", welke oorlog spreekt
het over?

Hartelijk Bedankt.
Spaanse groetjes.

Prosa & poësie | 7 kommentare

Die Pampoen-kultus van Noord-Amerika

Di., 15 Oktober 1996 00:00

In die middelste gedeelte van Noord-Amerika
is Oktober die maand van die pampoen. As jy uitry,
sien jy stawels pampoene langs die paaie. Hulle wag
daar vir die mense om hulle te koop vir "pumpkin
pies" vir Thanksgiving, wat ons in Kanada in die
middel van Oktober vier. (Die Amerikaners vier dit
eers in die laaste week van November.) Die mense
koop die pampoene ook om hulle uit te hol en 'n kers
daarin te sit om voor hul huise te sit vir Halloween,
wat die laaste dag van Oktober is. Oral in die winkels
sien jy plastiese pampoenemmertjies waarmee die kin-
ders die aand van Halloween "tricks or treats" gaan
vra in die buurte. En daar is lekkers in die vorm van
pampoene, en pampoene op die papiere om die lekkers
wat jy vir die kinders uitdeel Halloween-aand.
Op die televisie sien jy ook baie keer berigte van
kompetisies om te sien wie die grootste pampoen kan
kweek. Nou die dag het ek die pampoen gesien wat glo
hierdie seisoen die grootste is in Kanada. Dit staan om-
trent drie vier voet hoog, en vier mans moes dit uit die
land dra. Ek dink die prysgeld wat daardie pampoen
gewen het, was iets soos 50,000 dollars. Dis teen die
agtergrond van hierdie pampoen-kultus dat 'n mens die
Peanuts-cartoon moet verstaan, wat vertel hoe Charlie
Brown wag op "The Great Pumpkin." (So 'n noord-
amerikaanse "Waiting for Godot.")
Die pampoene hier is klein en intens oranje, nie
groenwit van skil soos in Suid-Afrika nie. In hierdie
maand lyk die hele landskap of dit ontwerp is om as
agtergrond te dien vir die oranje van die pampoene,
die groenrooi van die appels, die ligte geel pere, die
dieprooi tamaties, die geel wortels. Die kleure van
bome wissel van dieprooi na ligrooi deur talle soorte
geel, met hier en daar takke wat lemoen- en perske-
en appelkoos-kleure het, soms aan dieselfde boom. En
as dit 'n mooi sonnige dag is, is alles gehul in 'n soort
peinsende blou lug.
Ek dink die liewe vader het die maand Oktober uit-
gekies vir Sy maand. Want as die landskap hier by ons
vlamvat, is daar in die suidelike halfrond dele van die
aarde wat gehul is in die pers waas van die jakarandas.
As 'n mens nou die aardbol van ver genoeg in die ruim
kan bekyk, sou jy die herfskleure kon sien in die noorde,
en tegelyk ook die pers van die jakarandas in die suide?

Gloudina Bouwer

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

Spaanse grotjes voor iedereen!

Ma., 14 Oktober 1996 00:00

Ik weet niet zo veel over Zuid-Africa.
Maar ik wil toch wel leren.
Ik kom uit Spanje.
Een van mijn beste vrienden komt uit Zuid-Africa, en ik heb in
Nederland al drie jaar gewoond. Ja, okee, ik weet het, alle deze is een
enorme chaotische set van landen, maar ik begon filmen over Z-A te
kijken, en boeken en zo te lezen. Zal het me hulpen? Mischien niet.
Mischien heb ik nog veel te veel om te begrijpen.
Ik hou van het nederlands. Ik vind het een mooie taal (nou,
welgodverdomme, alle talen zijn wel mooi!!). Maar ik kan niet verstand
waarom
zijn de nederlanders niet trots op hun eigen taal. En zelfde met afrikaans.
Mijn vriend zegt dat het afrikaans zal op een dag verloren worden. Ik
hoop dat dat het geval niet zal zijn. Hopelijk zullen jullie zo
vriendelijk zijn om me te antwoorden. Wat is er aan de hand met
jullie taal? Bedankt.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 08:45:25 UTC 2026