Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Die Afrikaner: NG Kerk verneder Afrikanervolk
Die Afrikaner: NG Kerk verneder Afrikanervolk [boodskap #7451] Vr, 18 Oktober 1996 00:00
Herstigte Nasionale P[1]  is tans af-lyn  Herstigte Nasionale P[1]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is nou beskikbaar by
http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ***********

NG Kerk verneder Afrikaner

DIE biegtery van die Stellenbosche ring van die NG Kerk voor die
Tutu-kommissie het die Afrikaner in 'n groot verleentheid
gedompel. Deur soos te verwagte, slegs klem te lˆ op die
negatiewe, is die Afrikaner en sy verlede in so 'n swak lig
gestel dat dit pragtig inpas by die doel van die kommissie om 'n
skuldkompleks by die Afrikaner in te prent. Deur hom skaam te
maak vir sy verlede, en die hele grondslag waarop hy vir meer as
300 jaar in hierdie land gestaan het, verdag te maak, het die NG
Kerk die Afrikaner 'n onguns aangedoen waarvan hy moeilik sal kan
herstel.
Die invloed van die NG Kerk onder 'n groot aantal lede van
hierdie volk, beteken dat die misleiding des te groter is, en dat
dit moeilik sal gaan om diegene wat hulle met hierdie sinlose
daad vereenselwig, weer tot ander insigte te bring.
Die NG Kerk het in hierdie "belydenis" erken:
l dat hy selfsugtig opgetree het
l dat hy geweier het om na die Woord van die Here te luister
l dat hy nie protes aangeteken het teen "growwe skendings van
menseregte" nie
l dat hy geen "helder getuienis" gelewer het oor "onreg" wat in
die land gepleeg is nie
l dat hy "leed" veroorsaak het deur "gedwonge verskuiwings"
l dat hy geen begrip getoon het vir die inhoud van die Belhar-
belydenis nie
l dat hy self verantwoordelik was vir die mislukking van eenheid
tussen die kerke van die rassegroepe.
Na afloop van die biegtery het Tutu om die beurt die een NG-
verteenwoordiger na die ander omhels. Hy was vreeslik aangedaan
oor hierdie oorwinning oor sy Blanke broers, en hulle is
luidrugtig deur die aanwesiges, hoofsaaklik Kleurlinge,
toegejuig.
Ten spyte daarvan dat die NG Kerk reeds sy hardvogtigheid
teenoor Tutu "bely" het, het dr. Hannes Koornhof laat weet dat
hy weer 'n "behoefte" ontwikkel het om nogeens te "bely" dat die
NG Kerk verkeerd gedoen het, en daaroor moet bieg. Hy het
voortgegaan en "nasionalisme" die skuld gegee vir die hartseer
wat veroorsaak is, asook die manier waarop lidmate van hierdie
kerk die Bybel gelees het. Dit het hulle glo "onsensitief" vir
die "onreg" gemaak wat hulle teen die Nieblankes sou gepleeg het.
Alles was "apartheid" se skuld.
Dit was in die gemeente van Stellenbosch wat binne hierdie ring
val, wat Joe Slovo voor 1994 toegelaat is om vanaf die preekstoel
onder die Rooi Kommunistiese vlag as ate‹s 'n tirade teen die
Afrikaner en die Christendom te voer soos wat nog nooit tevore
in hierdie land ondervind is nie.
Daarna was daar allerhande verskonings, maar geen belydenis dat
verkeerd opgetree is nie.
Intussen is daar selfs in die NG Kerk groot ontevredenheid oor
die eiegeregtige manier waarop hierdie ring van die NG Kerk
opgetree het. Selfs Die Kerkbode het skerp kritiek uitgespreek
omdat hierdie ring opgetree het sonder om die bre‰r verband van
die kerk in aanmerking te neem. Dr. Fritz Gaum voel dat die NG
Kerk eerder vanuit sy sentrale struktuur 'n voorlegging moes
maak.
Daarenteen het ds. Freek Swanepoel, die moderator, te kenne
gegee dat hulle heeltemal binne hulle bevoegdheid opgetree het.
Dit dui op 'n sterk verdeeldheid binne die kerk, met die
moderator aan die verkeerde kant. Want die kritiek was veral
omdat 'n uiters negatiewe beeld van die Afrikaner geskep is, en,
volgens hulle eie woorde, sonder om "erkenning te verleen" van
enige positiewe bydraes deur die kerk of die Afrikaner.
Direk in stryd hiermee het die NG Kerk in die Oos-Kaap sy lede
individueel aangemoedig om ook voor Tutu te gaan bieg.
Die algemene gevoel is dat hierdie biegtery van die NG Kerk
voor Tutu 'n erkenning is van die mislukking van die NG Kerk om
sy taak en sy opdrag uit te voer. As lidmate voor Tutu moet gaan
bieg, beteken dit dat die NG Kerk self nie aan sy lidmate leiding
kon gee oor versoening nie, en dat hulle hulle nou na 'n wˆreldse
tribunaal moet wend.
Vorige onderwerp: H/d NG en Afrikaanse Kultuur
Volgende onderwerp: Re: Die Afrikaner: NG Kerk verneder Afrikanervolk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:48:28 MGT 2024