Gee jouself 'n naam op die Internet. Registreer jou 'Domain' naam
Dis gratis. Daar is geen vangplek. Jy hoef nie 'n klomp geld te
spandeer om jou besigheid se naam geregistreer te kry nie.
Jy kan ook hier sien of jou opposisie se naam al geregistreer is.
Daar is ook geen nodigheid dat jy 'n rekenaar moet besit of direkte
toegang moet hê tot die internet nie. Doen dit vanaf 'n vriend se
rekenaar of van 'n Internet kafee af.
toe jy my gelos het
het jy nooit weer i dooie woord geskryf
nie. ek het.
die boland hurk in jou somerrok se gewig.
ek het gesê "as ek krismis kom vir jou"
kry i dennebol, wag geurig op die stasie
ek sal uitleun by die venster. malmesbury. clanwilliam. vredendal.
al die pad deur switserland.
(ek onthou ek het gehuil so, in die wind)
"ek het jou" in i droom gesien, het jy opgemerk
tydens rugby, tussen i miljoen mense.
"in my bestaan" was jy die Woord wat vlees geword het.
"dis dalk i cliche" het jy (later) gesê in wind, wind, wind.
jy't grond & sout & water in my hart losgemaak
een aand in melkbaai terwyl ek la mer
speel in jou hare met die see as tweedestem.
(geen swem verby die punt nie)
nou le^ al die liegstories van die kollektiewe siel
& die vaad're naak. alles & God kan altyd weer gevind
word. maar jy is vir ewig taboe soos die see
(& die see loop leeg dieselfde uur as ek)
"ek moet vir jou" iets sê sê jy.
"ek't jou" noukeurig liefgehad
in i swaar jaar vol ligte seisoene.
ek het i foto van jou op stellenbosch, jy's 19
voor die stadsaal, ek ruik jou nat hare terwyl
ek skryf. 7 jaar
daar is i triestige geheim die saterdag
wat gekom het met die dwingelandy van dinsdag, werk
verwerking. geld. vergelding. daai jaar
toe ek hokke moes begin bou
(om duiwe binne te hou)
ek sien jou orals
dis i duur, beleë cliche
(dit klink so fokken kak maar dit is so fokken waar)
het 'n obskure plattelandse poët gesê teen skemer.
toe jy weg is, het ek jou 3 x weer gesien
jy't my naam nie 1 x weer genoem nie. jy is my verby
in 'n wereld van verworwe grense & verkende taiga.
"ek wil vir jou" iets sê sê jy in my hare. "moenie asseblief."
jy't getrou met i man, van sanlam. ek weet
waar jy bly. dat jy
wasgoed baldadig laat wapper in jou vooryard.
ek het een nag verbygery, in totale nood. julle het formidabel
geslaap. die wasgoed het my aangerand.
konnekteer vannag met my in i droom, sjant my uit,
uit uit die gedig uit.
vanaand na i woeste winddag, i vreemde donderbui
het i telefoon
oorkant die grafstil straat, in die groot dormante skool
dringend gelui
en vanaand verlang ek onbeskaamd na jou,
na tyd. kom staan jy weer voor
my, ootmoedig, & alleen. jeanne d'arc.
"ek het jou...."
nie lief nie
sê jy.
Dis Saterdag, 26 Oktober. Ek skryf hierdie brief
aan Galjoen, sodat hy kan sien hoelank dit neem vir
Ân pos vanhier om by hom aan te kom.
Ons het vandag in die Gatineau Park ingery vir Ân
laaste kyk na die herfsblare. Die Gatineau heuwels is
in Quebec, maar dis net 'n halfuur se ry van die besig-
heidsdistrik van Ottawa, wat in Ontario is. Meeste van
die rooi en oranje skakerings van blare het nou al van
die bome afgeval. Daar is egter nog baie takke met
liggeel blare tussen die grys stamme van die bome, die
donkergrys van die rotse langs die pad, en hier en daar
bome wat in allerhande skakerings van oker besig is
om te verdroog. Die dag was warm (15 C) en 'n wasige
sonnige blou. Oor die rivier het daar vanoggend sewe
warmlug-ballonne aangedryf gekom. Die mense wou
seker ook die laaste van die blare sien.
Vanaand sit ons ons horlosies een uur terug. Dit
beteken dat as ons more-oggend opstaan, dit effens ligter
as gewoonlik sal wees. (Vanoggend ag-uur was dit nog
effens donker.) Maar dit beteken ook dat more-aand dit
vyf-uur liewer as ses-uur al skemer gaan wees. Dis nie
so lekker wanneer dit so vroeg donker word nie. Behalwe
miskien Donderdagaand, 31 Oktober, wanneer die donker
strate vol sal wees van hekse en spoke en allerhande soorte
gedrogte wat Âtricks of treats wil he^ vir Halloween.
So vandag het ek van die herfs afskeid geneem. Ek het
onder 'n boom gestaan en opgekyk en die geel blare teen
die blou van die lug gesien. Sommige van die geel blare
het in die ligte windjie losgeraak en op my geval. En ek
het teruggedink aan die dae in Mei toe ek onder die lente-
bome gestaan het en die bloeisels op my laat val het. Ek
het vandag van die herfs afskeid geneem. Nou wag ek vir
die sneeu om te kom, om op my gesig te val as ek opkyk.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek ry verlede sondag saam met my 4-jarige seun buite die stad rond
op soek na goedkoop dop. (Ek het duur smaak en 'n plat sak!)
Ons ry tussen die wingerdlande deur buite Perth.
My seun geniet dit vreeslik en ek wys hom die piepklein druif-
korreltjies wat al groter gaan word in die somerson.
Hy stel voor ons kom elke week kyk dat ons sien hoe dit vorder.
Ons kom op 'n plaas uit waar hul goedkoop wyn uit 2 liter houers
verkoop. Ek snuif en proe die wyn en dit is hemels!.
Koop dadelik 2 bottels. Chenin Blanc en Colombard.
(Die boer spaar geweldige botteleringskoste ens, en
die wyn is tog dieselfde gehalte as in 'n duur gekurkte bottel).
Australie is bekend vir 'n paar goeie (en baie duur) wyne. Dis al.
Die res is popule^re drinkwyn wat eintlik maar hoofpynpis is.
Maar die uitstekende wyne wat hul wel het word nie hier waardeer nie.
Soos baie van die Margaret River wyne suid van Perth. Briljante witwyn,
maar die wynboere sê die groothandelaars koop dit nie omdat die
publiek net "bekende" wyne koop.
Ons ry verder en kom af op 'n bejaarde ou tannie met wilde grys hare
wat buite haar ou huis goed verkoop. 'n ou plaashuis met groot bome.
Sy verkoop boerbone, pampoen en lukwarte en weeg dit met 'n hangskaal.
Sy is omtrent net so oud soos my ma.
My hart bloei dadelik vir haar en ou tannies soos sy en my ma,
wat so lief vir die grond is, en nou in 'n woonstel moet sit.
Een van die dae moet die tannie ook van die plaas af, na 'n ouetehuis ?
Maar soos my ma het die tannie 'n vonkel in haar oog.
Sy vra my waar ek vandaan kom: ('n immigrant-aksent is SO opvallend!)
Sy gaan haal onmiddelik 'n gedroogde mielie en wys my trots: Dit is 'n
Afrikaanse witmielie wat sy iewers gekry het. (In Australie kry jy
net sagte geel mielies).
Sy vertel hoe verbaas sy was dat ons mielies so hoog groei.
(hulle geel mielie is maar klein). Maar sy sê ons mielies is te hard
vir haar om te eet. (Ai, die ou tande is sekker maar stomp of uit)
Ek koop lukwarte en verlang sommer huistoe. Vir die eerste keer in
sy lewe eet my seun 'n lukwart. (Baie skaars in Australie).
Hy verwonder hom daaraan, veral die pitte.
Ek dink terug aan my jeug: lukwartsteel in die bure se boom, todat die
takke breek, voelskiet in die lukwartboom, lukwartpit ver-spoeg,
maagpyn van groen lukwarte ens.
Waarheen is ons op pad met ons materialisme, stede, sement en
grasperk suburbia, duur wynbottels en etikette, ouetehuise en selfsug ?
Mis ons nie dalk uit op dit wat belangrik is nie ?
Die V.S.A. en Kanada is soos 'n Siamese tweeling.
Hulle sit langs mekaar in Noord-Amerika soos 'n twee-
ling wat aan mekaar verbind is, of hulle nou daarvan hou
of nie. Mense dink gewoonlik aan die V.S.A. as die groter
en sterker een van die twee. Dis miskien omdat daar ver
oor die 200 miljoen mense in die V.S.A. is, en net 30 mil-
joen in Kanada. Hulle vergeet dat wat grond-oppervlakte
betref, Kanada baie groter is as die V.S.A. Hulle vergeet
ook dat Kanada elke jaar 'n groot handels-surplus het met
haar suster in die suide. Hulle vergeet dat die V.S.A. mees-
te van hulle komediante uit Kanada moet invoer, en so ook
baie van hul mees suksesvolle sangers, bo en behalwe al
die hout en allerhande minerale wat hul nodig het. Die
handels-surplus is merendeels as gevolg van die feit dat
Chrysler, G.M. en Ford baie van hulle karre in suidweste-
like Ontario vervaardig (aantreklik vir hulle gemaak deur
die U.S.- Canada Autopact), en dit dan na die markte in die
V.S.A. uitvoer.
Omdat baie van die 30 miljoen mense in Kanada baie
na aan die grens bly, is die oorsteek van die grens 'n som-
tyds alledaagse ding. In Rock Island is daar 'n saal wat een
deel in Vermont en een deel in Quebec is. Nogal waardevol,
as die polisie van die V.S.A. iemand aan die polisie van
Kanada wil uitlewer!
Sommige mense sê dat die bestaan van die twee lande
Ân anomalie is; dat dit eintlik een land moet wees. Hulle het
reg op hulle opinie. Maar ek dink die ÂEmpire LoyalistsÂ
was bly om na die Amerikaanse Vryheids-oorlog in 'n land
te gaan woon waar hulle nog deur Engeland regeer sou word.
Die slawe voor en gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog
was ook bly dat Kanada daar aan die einde van die Âunder-
ground railway was, waarlangs hulle gevlug het om hulle
vryheid te bereik. En gedurende die Vietnam-oorlog het baie
Amerikaanse burgers die grens oorgesteek omdat hulle nie wou
deelneem aan 'n oorlog wat hulle as immoreel gesien het nie.
Net soos siblings, baklei Kanada en die V.S.A. gereeld.
Dis gewoonlik omdat die crybaby in die suide dink dat Kanada
met subsidies die prys van hulle hout of eiers of botter aantrek-
liker maak vir die verbruikers in die Amerikaanse markte. Hul
verloor gereeld, wanneer hulle hul saak bring voor die ÂNorth
American Free Trade Organization se hofpaneel. Op die oom-
blik is daar ook 'n oorloggie aan die gang oor Kanada se verhou-
ding met Cuba. Ek dink die swakste een van die geografiese
Siamese Tweeling gaan hierdie argument ook verloor. Morele
mag maak krag.
Ek sê Stefan, hoe lyk dit van daar ve`r af ?
Vroeër kon jy dit nie goed lees nie! Is dit nou
1000 maal beter ? Dis op Netscape gepos en
nie op WinVN Newsreader nie. 'n Mens weet
ook nie altyd wat om te doen nie, ne` ? Pos
jou antwoord op die nuusgroep, sodat ek kan
sien of jou karakters reg deurkom. Het jy al
ooit iets op die nuusgroep gepos? Indien nie,
hoekom nie?
GENL.-MAJ. BRIAN MORTIMER van die Weermag het in 'n voorlegging
aan die Tutu-kommissie aangetoon met welke bedreiging Suid-Afrika
te doen gehad het tydens die terroriste-aanslag teen die Blankes
in Suid-Afrika. Dit onderstreep die selektiewe wyse waarop die
Tutu-kommissie hom slegs daarop toespits om van slegs een kant
die Blanke te veroordeel vir sy rol in die stryd teen terrorisme.
Genl. Mortimer begin by die stigting van die ANC in 1912 en die
SAKP IN 1921, en toon hoe hulle, nadat hulle in die vyftigerjare
verban is, ondergronds gegaan het en op die grondslag van die
Freedom Charter 'n terroristestryd gevoer het. Hy verwys
spesifiek na die "M-plan" (Mandela-plan) waarby ingesluit is
Operasie Mayibuye. Dit het uitgeloop op die stigting van
Umkontho we Sizwe (MK), die militÂre vleuel van die ANC wat vir
oorgrote getal gruweldade verantwoordelik was, en wie se belange
spesifiek deur Mandela in die buiteland bevorder is. In 1963 is
hulle by Lilliesleaf gevang, en tydens die Rivonia-verhoor aan
hoogverraad skuldig bevind en lewenslank gevonnis.
Die ANC en PAC was tydens die sestigerjare direk
verantwoordelik vir die studente-onrus, waar veral Steve Biko en
die swart bewussynsbewegings die leiding geneem het. Dit het
gekulmineer in die 1976 Soweto-opstande.
Die terroriste het in Suid-Afrika se buurlande skuiling gevind.
Dit was egter veral die onafhanklikwording van Mosambiek en
Angola wat aan hulle basisse verskaf het, maar die hoof
deurgangsroete het Swaziland gebly.
Die aanslag het uit vier fases bestaan: vestiging van
ondergrondse strukture, massa mobilisasie, gewapende offensief,
en isolering van Suid-Afrika. Dit was egter die derde fase, die
"people's war" wat in 1983 in Sechaba uiteengesit is, wat die
fisiese aanval op veral burgerlike teikens verduidelik het.
Benewens geweld sou vakbonde, anti-apartheidstrukture en massa-
optrede 'n belangrike deel van die aanslag uitmaak.
Halssnoermoorde veral op hul eie mense het tussen 1984 en 1989
sy verskyning gemaak, en 399 mense het so gesterf, terwyl 372 in
hulle huise doodgebrand het na petrolbomaanvalle. Chris Hani het
daaroor gesÂ: "Die halssnoer was 'n wapen... om hierdie kanker
(samewerkers met die polisie) uit ons samelewing te verwyder...
om die lokasies van hulle te suiwer... Ek weier om ons mense te
veroordeel wanneer hulle op tradisionele wyse die reg toepas op
diegene wat saamwerk."
Tussen 1976 en 1983 is 362 gevalle van geweld teen Suid-Afrika
aangeteken waarvan helfte dade van sabotasie was. Agt word
geÂdentifiseer, waaronder die aanvalle op die Carlton Hotel,
Sasol I, Natref, Sasol II, Voortrekkerhoogte, Koeberg, en die
Kerkstraatbom.
Tussen 1983 en 1985 het die aanslag sigbaar verskuif na
burgerlike teikens. Daar was ongeveer 200 aanvalle. Daarop is
die aanslag sigbaar verskerp: 1985-86 - 245; 1986-87 - 208; 1987-
88 - 245; 1988-89 - 315. Dit sluit in aanvalle op plase,
reisigers op veral plaaspaaie, winkelsentrums, motorbomme,
Wimpies en polisie en weermagvoertuie.
Sedert die ontbanning van die terroriste-organisasies in 1990
en die begin van die onderhandelingsproses, het die ANC en ander
die geleentheid gekry om van binne Suid-Afrika hulle veldtog van
moord en terreur voort te sit. Hulle het die situasie veral
misbruik om die magsbasisse van ander organisasies te ondergrawe.
Die eerste agt maande van 1990 was daar 181 gevalle waar veral
MK by betrokke was. Sedert 1991 het dit verder toegeneem, en het
die ANC hom daarop toegespits om "bevryde gebiede" binne die
lokasies tot stand te bring. Dit was opsigtelik 'n rewolusionÂre
aanslag op Suid-Afrika. MK het veral vanuit die Transkei as
basis geopereer.
Intussen was die PAC net so aktief, en was hulle
verantwoordelik vir die opsienbarendste aanslae, soos die St
James Kerk-slagting, en aanvalle op burgerlike teikens in
Queenstown, King Williamstown, Oos-Londen en die Heidelberg
Taverne in Kaapstad.
Die militÂre aanslag was tussen 1984 en 1989. Toe is 48 000
gevalle van onrus en opstand aangemeld. Toe is 7187 huise
afgebrand (waarvan 1084 van polisiemanne), 1265 winkels en
fabrieke vernietig, 81 kantore in puin gelÂ, asook 66 poskantore,
49 kerke, 29 klinieke, 12 188 privaatvoertuie, 4 450
polisievoertuie en 152 treine. Meer as R90 miljoen se skade is
aangerig, 399 mense met die halssnoer gedood, 372 in hulle huise
verbrand, 271 skole in September 1985 elke dag geboikot, 351 in
April 1986, en 219 in Augustus 1986.
Nogtans was daar 'n sterker toename tussen 1990 en 1994. Dit
was hoofsaaklik as gevolg van politieke geweld in Natal.
Ontwrigting van plaaslike owerhede het toegeneem van 202 wat
in 1985 gefunksioneer het en 34 wat tot stilstand gekom het, tot
75 wat in 1993 gefunksioneer het tot 194 wat ontwrig is.
Vanaf September 1990 tot 31 Augustus 1994 is altesaam 12 921
mense om die lewe gebring as gevolg van die optrede van die
terroriste.
Hierdie prentjie is uiters insiggewend, en dit is nie te
verbaas dat dr. Alex Boraine van die Tutu-kommissie so heftig
gereageer het op genl. Mortimer se verslag nie. Hierdie verslag
is vir Tutu en sy kommissarisse 'n groot verleentheid. Hulle kan
dit nie ignoreer, en slegs voortgaan met die vervolging van mense
uit die veiligheidsmagte uit die vorige era nie.