Ek sal moontlik eersdaags 'n huis koop. My vraag is: kan 'n mens al
hierdie onnodige items soos hereregte, oordraagkostes ens omseil? Wat is
die voordele (indien enige) van 'n beslote korporasie as jy 'n huis koop?
Enige topaslike menings sal waardeer word.
Kanada is eintlik 'n baie snaakse geografiese
eenheid. Sommige van sy provinsies is baie klein,
ander baie groot. Ek dink die hele New Brunswick
kan in die Kruger-wildtuin inpas. Jy kan in 'n paar
uur die hele Prince Edward Island van noord na suid
platry. Die hele Suid-Afrika kan egter in Quebec in-
pas. Ontario is amper een-vyfde van die oppervlakte
van die V.S.A. (Die Iroquois het dit Kanadario ge-
noem - die land van die vonkelende waters. Meer as
een-sesde van Ontario bestaan uit riviere en mere.)
In 1999 word die "Northwestern Territories" verdeel
in 'n oostelike deel en 'n westelike deel. Die deel in
die ooste, waar die Inuit woon, sal Nunavut genoem
word. Nou vra hulle in die N.W.T. vir voorstelle vir
'n naam vir die westelike deel. Op die oomblik is die
naam wat meeste mense voorstel "Restavit."
Ja, ons Kanadese het 'n sin vir humor, ten spyte van
die feit dat mense aan Kanadese dink as oninteressante
ernstige mense, wat elke sin eindig met "eh?" Mense
dink ons Kanadese dink dat om 'n goeie tyd te he^, is
om 'n bietjie "peace keeping" erens in die wereld te
gaan doen, hoe gevaarliker hoe beter. Maar niks kan ver-
der van die werklikheid wees nie. Ons voer komedie uit
as 'n kommoditeit net soos hout en minerale. Van die
hoogs betaalde komediante in die V.S.A. is Kanadese.
Jim Carrey is Kanadees. Matthew J. Fox is van Vancou-
ver. Lesli Nielson, moet ek tot my skaamte erken, is 'n
Kanadees, nogal die broer van 'n bekende en deur almal
beminde politikus.
Ons voer nie net humor uit nie. Die " pin up boy"
van die Persiese Golf- oorlog, die "Scud Stud" was
Arthur Kent, 'n Kanadees wat vir N.B.C. gewerk het.Die
opvolger van die legendariese Walter Cronkite by C.B.S.
is Peter Jennings, 'n Kanadees wat nie eens sy matriek ge-
maak het nie.
My held is egter nie een van bogenoemde nie. My Kana-
dese held op die oomblik is Matthew Coon Come. Hy is die
leier van die Cree in die noordelike deel van die provinsie
van Quebec. Hy moet in sy veertigerjare wees, maar hy lyk
jonk en "sexy," veral as hy ernstig is. Hy het eiehandig die
Quebec-regering in die laaste dekade beveg, toe hulle begin
planne maak om groot riviere in die noorde van Quebec op
te dam en tonne geld te maak deur die ekstra elektrisiteit aan
New England te verkoop. Hy het na die Amerikaners gegaan
en hulle begin oortuig dat hulle nie moet staatmaak op al die
beloftes van die Franssprekende Quebeckers van die suide nie.
Die Amerikaners het hulle kontrakte met Quebec begin her-
sien, en begin om maatreëls te tref om elektrisiteit te bespaar.
Matthew Coon Come staan ook reg. As die Franse inwoners
van suidelike Quebec hulself onafhanklik verklaar, behou
hy die reg voor dat die Cree hulleself ook onafhanklik kan
verklaar van Quebec.
Daar, dis nou 'n voorbeeld van watter soort dinge "turn on"
Kanadese vroumense. Of ten minste hierdie een.
Donald Riekert vind sy dig-omgewing in die
somtyds dorre gebiede van die noordwestelike deel
van Suid-Afrika. Hier volg 'n gedig van hom oor
die dood:
WEGWEES
Sou ook eendag
die wegwees verbyskuif
soos wolke bo
kameeldorings en
lappe lappe soetgras
'n paar druppels
uit 'n losbui aflaai
en dan vort op die wind
die grysblou lug in
sonder hoop
net maar 'n spatsel
koel skaduwee
wat wegraak
As iemand wat die noordwestelike Kaap se
hittige somers in haar jeug ondervind het, weet
ek watter spesiale kwaliteit skaduwees in daar-
die halfwoestyndele het. Skaduwees was meer
as net die afwesigheid van die son. Skaduwees
het 'n outoriteit gehad, skaduwees het gewag vir
jou met 'n boodskap dat daar dinge in die heelal
is wat konstant is, al wissel die tye van die dag
en van die seisoene. Dit ontroer my dat Riekert
die skaduwee gebruik om die mens se verblyf op
hierdie aarde te beskryf.
Linkse IDASA het regses na onderhandelings gelei en BKA verlam
------------------------------------------------------------ ---
OPSIENBARENDE inligting is bekom oor hoe 'n beweerde front van die
"Nasionale" Party
(NP) in 1992 en 1993 gebruik is om die Konserwatiewe Party (KP) en
ander politieke
organisasies aan die regterkant by die vredesonderhandelings met die
ANC-SAKP betrek te
kry en die BKA (Boerekrisisaksie as 'n potensiële geweldsfaktor uit
te skakel.
************************************************************ *****************
ANC verklaar oorlog teen Pretoria
DIE uitspraak van die ANC se nuwe burgemeester van Groter
Pretoria, Joyce Ngele, dat hulle Afrikaner-standbeelde gaan
afbreek en straatname verander, is 'n oorlogsverklaring teen die
Afrikaner wat nie onbeantwoord gelaat sal word nie. Alhoewel
hierdie raad geen seggenskap oor hierdie aangeleenthede het nie,
is die blote feit dat hulle hulle aangematig het om dit te sê,
reeds 'n aanduiding van die ingesteldheid van die ANC om die
Afrikaner uit te daag.
Dit is die Stadsraad van Pretoria wat seggenskap het oor
hierdie sake, en nie Groter Pretoria nie. Daar is reeds sprake
daarvan dat Pretorianers gaan weier om hulle belasting aan die
Metropolitaanse Raad, wat by die maandelikse munisipale rekening
ingesluit is, te betaal.
Ngele se onverantwoordelike uitsprake is ondersteun deur Donsie
Khumalo, ANC-sweep in die Metropolitaanse Raad. Hy het
gesuggereer dat waar hulle nie die mag het om hierdie
veranderinge aan te bring nie, die stadsrade van die ANC in die
Pretoriase stadsraad die gedagte steun, en dat daar 'n
gesamentlike ANC-strategie beplan word om hierdie "simbole van
apartheid" te verwyder. Hy verwag ook steun van ander partye (NP
en VF). Hulle het hulle nie daarteen uitgespreek nie.
Die Vryheidsfront in die Groter Pretoriase stadsraad was direk
vir hierdie debakel verantwoordelik toe hulle hulle steun vir
Ngele in die burgemeestersverkiesing toegesê het. Hulle het vir
haar, en teen 'n blanke gestem in ruil vir die pos van onder-
burgemeester. Hulle beskik oor die magsbalans, en het die finale
s gehad oor wie verkies sou word. In die verkiesing van die
Pretoriase stadsraad het hulle weer vir die blanke gestem teen
die ANC. Dit word as die toppunt van opportunisme bgestempel.
Een van die lede van die VF wat vir die swart vrou, Ngele as
burgemeester gestem het, is Alma ChiolÂ, vrou van Joseph ChiolÂ,
'n LP van die VF.
Die feit dat die ANC bereid is om so luidrugtig te raak oor 'n
saak waaroor hulle geen seggenskap het nie, is 'n bewys van die
vurige rassehaat waarmee hulle teen die Afrikaner vervul is.
Praatjies van versoening is net lippetaal wat vir naïewe lede van
die NP en die VF bedoel is.
Ngele het die indruk geskep dat sy omgeswaai het wat betref die
verwydering van die standbeeld van pres. Kruger. Die joernalis
van die Sunday Independent, wat dit oorspronklik gerapporteer
het, bly egter by haar berig. Ngele het dit werklik gesê.
Buitendien is die uitsprake van Donsie Khumalo dat die standbeeld
van adv. JG Strijdom verwyder moet word, die algemene beskouing
van die ANC.
Die drif waarmee die inwoners van Pretoria die dreigement van
die verwydering van hulle erfenis uit hulle stad ontvang het, is
egter 'n duidelike waarskuwing aan die ANC dat hy sy pote van
hierdie dinge moet afhou. Hy sal sy vingers verbrand, en hy gaan
seerkry.
Ook die Vryheidsfront wat vir die verraad verantwoordelik was
om hierdie swart vrou in te stem as burgemeester, het die
gramskap van Afrikaners op hulle neergehaal.
Ons tuisblad het op 26 September 1996 begin. Ons het in die klompie
weke 'n aantal oulike en kostelike kinder sê-goed daar kwyt geraak. As
jy graag 'n opsomming van alles wil sien, e-pos net vir my 'n kort
briefie na dm...@pixie.co.za en ek stuur dit sommer gou vir jou.
Jy kan natuurlik ook vir ons tuisblad gaan kuier by:
Op 25 November vier P J Philander sy 75ste
verjaarsdag. Hier volg 'n gedig van hom.
SKEPPING
Die eerste dag het hy 'n kluitjie glas
vir sy blaaspyp uit die oond gehaal
en volgens plan met een asemstoot
dit in 'n wereld omskep op sy leervoorskoot.
Vervolgens visse, voels, in die see, in die lug
met die fynste snywerk onder sy tug
gebring en alles wat loop en kruip
vreedsaam by dieselfde pan laat suip.
Die sesde dag 'n sterk figuur
na sy eie beeltnis uit die vuur
met blaaspyp en stafie glas
tussen die dye laat was.
Alle onsuiwerhede in die sand
op die sewende dag in die vuur verbrand
en in die doodse stilte van sy saak
oor grootser planne aan droom geraak.
Dit ontroer my altyd so wanneer daar gesê word
dat die mens in die beeltnis van God gemaak is.
Die implikasie is dan dat ons ook deel van God
aanskou, wanneer ons die mens aanskou. Dit ont-
roer my dat Liefde (in die vorm ook van caritas,
nie net amor nie) deel van die skepping is. Nie net
as 'n intellektuele konsep nie maar, soos Teilhard
de Chardin dit wil sien, 'n phylum in die ewolusie
van die mensdom.
Ek lees vandag in die streekskoerant dat die NSA sy weermag na Zair"e toe
wil stuur om as vredesmag te werk.
STERKTE !!!!!
As 'n opgeleide soldaat in die ou bedeling kan die NSA gaan sk@#t. Daar
het teen my indirek diskriminasie plaasgevind en sekere groenewalds het
probeer om my skuldig te laat voel omdat ek milit^er opgelei is. Wel, ek
wou nie twee jaar van my lewe mors nie maar dit was korter as 6 jaar
gemeenskapsdiens. Nou word daar met 'n helse lawaai beduie dat "ons" 'n
vredesmag gaan stuur. Uit wie gaan die mag gevorm word ??? Ek is beslis
nie lus om vir hierdie verlore kontinent my lewe op te offer nie.
So, meneer die groot generaal, dink weer as jy dink dat ek enige
oproepinstruksies sal beantwoord.
Hoekom stuur jy nie diegene wat in die tronk (lees vakansieplaas) sit vir
moord nie? Ek dink dit is meer gepas.
On 13 Nov 1996 08:33:38 GMT, ja...@ldsjhb.co.za wrote:
<<<>Ek en my gesin kyk reeds vir so 8 jaar nie televisie nie.
> Ons praat nou (en luister) met mekaar sonder die kompetisie van TV geraas.
> Daar is verskeie bonusse, en die enigste mis is sport (rugby/krieket).
> Die` prys betaal ek met plesier.>>
Nou staar jy maar na Netscape op 'n kleiner skermpie? :)
Ek hou van TV, so ek verskil.
Ek lees vir my kinders stories en dit gryp 'n ander deel van hulle
koppe as wat Stevel Spielberg doen.
Verlede Oktober net voor "Thanksgiving" het ek
'n granaat gekoop. Ek koop nie gewoonlik granate
hier in Kanada nie. Hulle is duur en lyk nie te wat-
wonders nie. Nie soos die granate in my kinderdae
gelyk het daar op die eilande in die Oranje nie.
Maar hierdie Thanksgiving het iets binne-in my vir
my gedwing om een te koop. Ek het my twee kleinkin-
ders en hulle ouers om die tafel laat sit en die granaat
op 'n bord ingedra. Ek het vir die twee seuntjies vertel
dat daar baie van hierdie vrugte gegroei het waar ek ge-
bly het toe ek nog klein was. Ek kon sien hulle het 'n
bietjie gewonder wat nou so spesiaal daaraan was - 'n
granaat lyk redelik doodgewoon van buite. Dis eers toe
ek versigtig die skil begin verwyder en hulle die rooi
pitte en segmente binne-in sien, dat hulle besef waarom
ek optree asof ek 'n sakrament bedien. Ek het versigtig
die granaat oopgebreek sodat die huisies pitte ongebreek
uitgelig kon word. Elke persoon het een probeer eet. Na
'n rukkie het ons maar opgegee: 'n granaat is daar om na
gekyk te word, nie om te eet nie. Die rooi pitte is soos
robyne wat van binne-in verlig is. In die Hooglied van
Salomo word daar baie van granate gepraat. In die bybel
word dit gekoppel aan die Beloofde Land. In die mitologie
word Persephone gedoem tot ses maande in Hades, omdat
sy 'n paar granaatpitte ge-eet het. Mohammed het gedink
die granaat kon 'n mens vry maak van alle haat en afguns.
In my kinderdae was granate egter hoofsaaklik daar om
mee gespeel te word. Daar was hoëe granaatlanings orals
langs die paaie. Ons het dan 'n oorlogspel gespeel: gewone
manne in ons regimente het bestaan uit die rooi wasagtige
blommetjies met die kepies op hulle rande, ideaal vir regop-
staan op die stoep. Van hulle het ons sowat vyftig voor ons
gerangskik. Ons opponent aan die ander ent van die stoep
het dieselfde getal manne gehad. Agter die voetsoldate was
daar dan die offisiere (klein granaatvruggies.) Agter hulle
was die imponerende generaals - groter granate, maar nog
moontlik om op die stoep te balanseer sonder dat hulle om-
val. Dan, met 'n gladde klip oor die oppervlakte van die
stoep probeer jy soveel moontlik manne van jou opponent
laat sneuwel. Die een wat die laaste nog manne het wat
staan, is die wenner.
Elke keer as ek dus by granate in 'n vrugtewinkel verby
loop, is daar 'n eienaardige mengsel van emosies in my. Daar
is die kennis van die rooi pitte daar binne in die vrug. Daar is
ook skielik in my die begeerte om oorlog te voer, op 'n stoep
te sit, klein te wees, terug te wees op my eiland daar in die
Oranje, terug te wees in 'n land waar granate groei.