Klara Majola wou haar vader
toe die skemer sak, gaan haal
waar hy, die blinde, hout vergader;
maar Klara Majola het verdwaal.
Klein Klara Majola lê verkluim
in die Bokkeveld se bros kapok,
haar arms en bene bruin
en kromgetrek soos wingerdstok.
Klare Majola, die koue geweld
sif stadiger oor my uit die ruim,
maar nooit sal ek in die Bokkeveld
so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.
--------------------------
Dit is darem maar vreeslik aangrypend, laat 'n knop in my keel.
Digters is woorde-towenaars, maar ekself kan nie dig
om my bleddie lewe te red nie,
en baie van die nuwe gedigte is te slim/pretensieus vir my.
maar in bg. word so baie oorgedra, in so 'n paar woorde.
So 'n gedig is eenvoudig 'n monument. (In Afrikaans).
Dit was seker 'n werklike storie, dalk iets wat Opperman in 'n koerant
gelees het?
Dit herinner my ook aan Racheltjie De Beer.
(dis nou die dogtertjie wat verkluim het in die bek van die erdvarkgat
om haar broertjie se lewe te red ?).
Ek onthou my pa het dit vir my gelees/vertel toe ek nog 'n snotkop
kind was, en toe het dit my ook aangegryp.
In hierdie gedig word daar gepraat van 'n mossie in
die winter wat op die ys van 'n bevrore rotspoel staan.
WINTER
Die mossie pik
vroegoggend by
die rotspoel teen
sy eie snawel vas
skop met sy pootjies
teen sy pootjies vas
en bly praat met
sy maat wat koud bly
le^ in harde water
Vir my hier in die vroegwinter langs die Ottawa-rivier
is hierdie gediggie besonder oulik. Dis omdat ys en die
groeiende ysoppervlaktes 'n bron van genot en wonder
word. Jy stap in 'n park en 'n lagie ys het op 'n water-
poel gevorm en jy wonder hoe dun die lagie ys is. Ek
toets dit deur 'n pennie daarop te sit en te kyk of dit
deur die ys val. Dan dink ek terug aan my kleindae daar
in die Noordweste, en die ontdekking van 'n yslaag op 'n
emmer water wat in die nag buite gelos is. Dus moes die
temperatuur die nag onder vriespunt gedaal het! Hoe kon
ek sulke koue nagte staan, dink die bedorwe Kanadees
wat in 'n egalige sub-tropiese binneshuise temperatuur
bly, en seker nooit weer 'n Suid-Afrikaanse winter in 'n
onverhitte huis sal kan oorleef nie.
Donald Riekert sê boekdele in baie kort gediggies.
Hier is 'n elegie, 'n vaarwel sê aan daardie intieme tyd
wat broers en susters ondervind in die ouerhuis, voordat
hulle van mekaar moet afskeid neem soos hulle van me-
kaar wegdryf.
BROERS
Donald Riekert
Na die jare kon ons
nie meer praat nie
Hulle voetstappe verby
Gamasep se grootfontein
weggeraak Ons vinknes-
saamsit by die blou water
en die soetriet-eet het
opgebreek in 'n paar stuk
soet herkouseltjies
Hoe het hierdie gedig my weer herinner aan die bestaan
van "soetriet." Ek ken die gekweekte suikerriet op die
plantasies in Natal. Maar die "soetriet" van my kinderdae
was anders. Dit was 'n groot vreugde om somtyds een van
hierdie soet riete te ontdek. Die vonds het 'n mens status
gegee, jou 'n kans gegee om daarvan te deel met andere.
Die suikergehalte was nie so hoog soos in suikerriet nie.
Maar die kou daarvan, en dan die uiteindelike uitspoeg,
was een van die soetste herinneringe van my kinderdae.
Dankie Koos:
Ek het die storie oor Harold Sefola wat deur die vuiligheidspolisie
van Vlakplaas-faam doodgemartel is gelees.
Dit is 'n gruwelike, afgryslike storie, dat mense sulke dinge
aan ander mense kan doen. Dit is ook 'n storie van 'n ware held,
van mense wat in beginsels bly glo het en hul lewe daarvoor
opgeoffer het. Ek is bly hierdie stories kom nou uit.
Ek hoop hierdie man en ander kry 'n monument, en ek wens
iemand wil 'n gedig oor hulle skryf.
Maar anders as baie ander, glo ek dat mense wat sulke wreedaardige
dade gepleeg het, die geregtigheid moet kry wat hul verdien,
naamlik die doodstraf. Ek het hoegenaamd nie simpatie met
"mense" wat so laag daal (benede die vlak van enige dier)
dat hulle sulke goed doen nie. En hoeveel swartes is nie
doodgemartel en vermoor in die Apartheidsera nie ?
Geregtigheid moet geskied, vir almal om te sien.
Ek is 'n Visual Basic/SQL server programmeerder... ek is op soek na contacts
om my te lei na 'n werk in die USA/Kanada/Australië of Europa.
Enige iemand hier wat my dalk kan bystaan??
Groetnis,
Mike Erasmus
hor...@smartnet.co.za
Groete
Mike Erasmus
Contact me *NOW* if you are looking for a contract programmer!!
--------------------------*^*------------------------------- -
/-\miga A1200-030/18MB/CD-ROM "Where is .za ?"
Client/Server Programmer http://www.mountainark.com/africa
Project : Interfacing SQL RDBMS via TCP/IP Amiga
South African government virus:
"The diagnostic software proves all is working 100%, fact is NOTHING works!"
------------------------------------------------------------ -
Die probleem van vandag se films is dat dit gemaak is vir die groot
skerm waar visuele en klank-effekte tot sy reg kom. Soms is daar nie
veel aan die storie nie, maar die sukses is die impak wat dit op die
fliekganger maak wat die mense laat stroom na die fliekhuise.
Tipiese voorbeelde is films soos Twister, ID4, Dragonheart, ens.
(Omtrent al die blockbusters wat van rekenaar-effekte gebruik maak).
Verbeel jou om een van hierdie films op 'n video te kyk. Dit sal net
nie dieselfde effek he nie.
Dit is maar hoe die moderne mens van vandag inligting inneem. Met
dinge soos TV, interaktiewe rekenaarprogamme, ens. word ons te lui om
iets te lees as daar nie 'n prentjie by is nie. Vandag se mense wil
dit "ervaar" - hulle wil nie net 'n observeerder wees nie maar 'n
deelnemer.
Ten opsigte van visuele effekte wil ek ook die volgende sê:
In die dae toe visuele effekte maar bra skraal en onontwikkel was, het
hulle 'n monster of onnatuurlike wese baie vaag voorgestel - dalk 'n
donker beweging, 'n skaduwee gehurk teen 'n muur, 'n gesnork agter 'n
boom, 'n poot wat net gedeeltelik uitsteek, ens. Dit het jou behoorlik
op jou senuwees gemaak, want jy as kyker weet nie presies wat hierdie
ding is nie, maar jy weet hy is daar. Jou verbeelding vertolk hierdie
misterieuse ongedierte na iets wat jy werklik vrees - 'n suggestie.
Die filmmaker skep net die raamwerk, maar jou verbeelding vul in al
die detail - die vleis aan die geraamte. Volgens my het dit 'n groter
impak as om die ongedierte heeltemal ten toon te stel.
Met die ontwikkeling van rekenaartegnologie (morphing, CGI, digitale
beeld-manimuplasie, ens.) is dit makliker om onnatuurlike dinge voor
te stel. In vandag se films wys hulle egter die ongediertes sommer
direk van voor - sonder enige misterieusheid of geheimsinnigheid. Kyk
maar na die alien films soos Alien 3 en ID4 of ander films soos
Jurassic Park en Dragonheart. Daar is nie veel aan die verbeelding
oorgelaat nie. In hoe 'n mate verloor dit sy effek?
Ter opsomming - ek voel dat vandag se films ontbreek aan werklike
goeie stories - veral waar visuele effekte prominent is.
(Daar is egter een film wat ek baie geniet omdat ek eers die knoop in
my brein moet ontrafel voordat ek dit kon verstaan - Twelve Monkeys).
On Mon, 25 Nov 1996 06:29:41 GMT, ben...@new.iscorltd.co.za (Bennie
Rothmann) wrote:
goeie stories - veral waar visuele effekte prominent is. >>>[/color]
Tegnologie het 'n nuwe soort film uitgebroei wat groot visuele plesier
kan wees, ja.
Jurassic Park sal my altyd met vreugde vervul.
Maar daar is baie ander films waar die strorie werklik aangrypend is,
ook. Dan is dit OK op TV. (In fact, selfs die goed soos J Park is
vir my heeltemal aanvaarbaar op TV).
Steven Spielberg se Colour Purple het nou die aand as deel van 'n
Spielberg-fees op M-Net gewys en dit was interresant dat dit my twee
pre-teen dogtertjies oneindig meer aangegryp het as Indianna Jones of
selfs Twister wat hulle in die teater gesien het.
Vir myself, die fliek Havana is die een wat my in die negentigs die
meeste bybly.