Ek is "ex"....want ek bly nou al vir 4 jr. in die VSA
En... ek is "pat"..... want ek voel nog steeds baie patrioties oor die
tuisland.
Maar is ek "ex pat"?
Ek sit in die VSA oor ek rooi miere in my agterwereld het..... en dit
noodwendig lei tot 'n gegatskuurdery. Die huidige Suid-Afrikaanse ekonomie
is nie goeie salf vir die ewige gejeukery nie.... so hier is ek nou.
Herman.....meeste van ons ekse kerm nogal nie so baie nie....
Gloudina vervul in die behoefte om bietjie Afrikaans te lees.....
Galjoen se bydraes is meestal apolities en erg verfrissend.....
en die res van ons neuk maar so hier en daar in met 'n opinie.... en 'n
opinie van 'n sogenaamde buitestaander kan nogal waardevol wees en 'n heel
nuwe perspektief aan 'n probleem gee.
Miskien omdat ons "ex" ....maar baie "pat" is het ons hierdie nuusgroep
amper meer nodig as jy.....dis die een plek waar ons nuus kan kry sonder
dat CNN dit opgedollie het om mooi te lyk ..... waar ons so nou en dan
iets lees oor die mooi van die land..... bietjie Afrikaner kultuur kan
inkry.....en waar mense nog toutrek oor die naam KOOS.....:-)
Ek bly lekker hier.....my miere is ook heel he^ppie.... maar Suid-Afrika
en Afrikaans is nog my eerste liefde...... en as jy dink ek het niks te se
nie omdat my voete wyer as die grense van Suid- Afrika geloop het..... is
jou gees /wereld en brein maar klein...... MISKIEN SAL 'N BIETJIE "EX" JOU
"PAT" GOED DOEN!!!
Maria Jesus Sabugo Alvarez wrote:
>
> I'd like to know how to write "Happy Birthday" in afrikaans .
> And where I can find tipical expressions in Afrikaans.
> Does anybody could help me ?
>
> Thank you very much.
Ek blaai nou die dag deur my Reader's Digest Atlas en kom op 'n plaasnaam
met die naam "LOSMYTJERRIE" af. Nou wonder ek, wat is die storie agter die
een?
Ander name so in die verbygaan:
Eleven O'clock
Slegverby
Bommerhoek
Berg-van-Vlie"e
Verdwaal
Lekkerlag
Papiesvlakte
En hier in Pretoria, as jy na die ooste toe ry en jy vat een pad gaan jy na
Welbekend, en vat jy 'n ander een net 'klein entjie daarvandaan gaan jy na
Onbekend (vir die wat Pretoria ken - die eenpad is Lynnwoodweg, die ander
Menlynweg)
Maar met water het ons voorsate definitief 'n probleem gehad, sowat van
-fontein, -water, -spruit name vir plase nog nooit gesien nie.
Die enigste ding is (dinges?) is ek verstaan nie die swart name nie, iemand
vir ons so 'n paar vertalings van swart plekname dalk. Die Engelse plekname
is maar redelik saai.
Ek was in SA vir die eerste keer in 8 jaar. Ek het op die radio n knaap
met die naam van Johannes Kerkorel se music gehoor. Heel nice. Ek wil
weet of jy n CD het?
> "Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
> jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
> ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
> 'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die kole....!"
Ek het so 'n pofadder ge-eet eendag op 'n plaas naby Bronkhorstpruit
(dronkwordspruit soos ons geseg het).
Ek moet erken ek hou nie van afval nie, en DIE wors het nogal grillerig
gelyk, (dit lyk wragtie nes 'n pofadder). Maar dit was toe verskriklik
lekker. Ek kon net nie baie eet nie, want dit was vreeslik ryk.
Die ou wat dit gemaak het was 'n skaapboer, en hy het geweet wat hy doen.
(Skaapboere weet gewoonlik wat hul doen...)
Dit laat my nou dink aan potjiekos. 'n ou het eenkeer hier vir potjiekos
resepte gevra. Ek kry Kersfees by skoonma 'n potjiekos boek (en 'n
pragtige knipmes). Die boek is vol resepte ens, maar ek mis toe die STORIE.
Potjiekos gaan nie vir my oor ellelange lyste van bestanddele nie.
Dis sommer kak. Die boere bv., het in die ou dae potjiekos gemaak,
so geloof ek, oor praktiese redes.
Die boere het nie die bestanddele en die tyd gehad
om heeldag te karring met kos en resepte nie.
Hulle het wild geskiet, (en wild kan maar taai wees!)
en dit dan in die pot gesit.
Dan het hulle gaan doen wat boere nou maar doen.
(leeus en Engelse skiet ens, of wat ookal...)
As hulle dan weer terugkom,
is die boere honger en die potjie se vleis heerlik sag.
Die pot leen hom daartoe: Jy kan hom aan die gang kry
en as die vuur lank al doodgegaan het,
pruttel die pot nog lustig voort.
Dit is ook soos ek die driepootpot in die Transkei leer ken het.
(Lank voor die terugkeer van die potjie onder blankes in die tagtigerjare)
Die swartes in die transkei het die pot met droë miskoeke laat kook.
Miskoeke brand lekker stadig, en hou die pot aan die prut.
(Dit "recycle" sommer die bees se stront ook).
Ek het ook gehoor iewers dat die drie pote van die driepootpot
gebruik is deur die boere gedurende die slag van Bloedrivier.
Die boere het die pootjies afgekap en dit as grofgeskut gebruik
in hul kanon, genaamd Grietjie. Arme Zoeloes!
Ons moet die POTJIE heeltemal dekonstrueer
en na sy wortels toe terugbring.
Die potjie moet afgeneem word van yuppies wat ellelange resepte
daarin kook en dit op gedekte tafels voorsit.
(onder andere "vegetariese" potjies, verbeel jou !)
Hulle maai.
Die pot behoort aan eenvoudige mense wat ryk van gees was,
of hulle nou in 'n hut of 'n ossewa bly of gebly het.
Jy maak so:
Jy vat 'n vleisie met kruie en 'n paar uie en so aan,
neuk dit in die pot, braai bietjie en gooi dan rooiwyn op.
Vergeet van die pot. Hy prut op sy eie.
Skink 'n dop, maak 'n pyp, lees 'n boek, of gaan vang vis.
As jy terugkom is die kos reg.
Of kook pap of bak brood daarin (dit smaak anners).
Van pot tot pot, Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
On 20 Jan 1997 16:24:38 GMT, gal...@ibm.net wrote:
>>
Na aanleiding van die ewige satanisme wat in SA opduik en
langspeelplate van rock-musikante wat glo satanistiese boodskappe sou
uitspel as dit verkeerdom gespeel word, was daar die grap so 'n paar
jaar gelede:
Wat hoor jy as jy 'n Bles Bridges plaat verkeerdom speel?
Antwoord: 'n Potjiekos-resep.
Vir die wat lank weg was: Bles Bridges kom van die Oos-Rand, dra glo
'n pruik en sing op maat van soet viole soos 'n mislukte Ge Korsten.
Vir die wat nog langer weg was: Ge Korsten is 'n Pretoriase
operasanger wat dit nie kon maak nie.
Bles Bridges het dus so 'n dun skreeustem met sulke effens gladde
tenoor-rante. So half nasaal met 'n kleinburgerlike intensiteit.
Hy sing van die liefde en van rose en van seemeue en die liefde en die
rose en wind en die seemeeue en die rose en so aan.
Hy was 'n paar jaar gelede die darling van die ouerige Afrikaanse
tannies op die platteland.
Die wat gereeld NG Kerk toe gaan maar net ses boeke in die huis het:
Die Bybel, 'n Boek oor die Bybel, Huisgenoot se kitsresepte, Nog
kitsresepte van Huisgenoot, Iets van Audrey Blignault wat nooit gelees
is nie en 'n Engelse Mills and Boon wat daar rondle.
hy word die gewoonte van elke dag
hy drink koffie, lewe sy lewe
in die geraamte van sy glimlag
en speel met die sterfgevalle van sy hande
hy raak versoen met sy kruis
en raak een met christus
wat daagliks rooi angeliere
op lasarus se graf gaan sit
WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersie"le sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.
Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.
Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.
Jy was die twist aan die einde.
Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.
Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.
En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.
'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.
Ek raak in die war met al die Kose op die groep.
Maar ek weet seker dat die groot gros Afrikaners (diegene die so graag
gedifinieer wil word as sodanig) besonder verkramp is. In denke, voele en
in aksies.
Ek sou werklik graag wou weet van die Ernstige Afrikaners in die NG hoe
hulle sigself definieer en wat die waardes en sg. kultuur is wat dan veral
in die Taal (DIE TAAL soos in monument) tot uitdrukking kom.
En so tussen twee hakkies, ek hou van die musiekgroep TANANAS)
Vriendelike groet
Xfiles
English can be shared and enjoyed by so many:
It is now quite lawful for a Catholic woman to avoid pregnancy by a resort
to mathematics, though she is still forbidden to resort to physics and
chemistry.
H. L. Mencken (1880-1956), U.S. journalist. Notebooks, "Minority Report"
(1956).