Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Regse Net

Mon, 24 March 1997 00:00

Is daar iewers op Internet `n Regse Web.
Het julle vir my `n adres of E-Mail.

Groete uit die Oos Kaap.
Frikkie

pot...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Passiespel op Hermanus

Mon, 24 March 1997 00:00

Dis nou die tweede jaar dat die Passiespel op Hermanus
opgevoer gaan word in die amfiteater by die ou Hawe.Dit vind plaas
op Goeie Vrydag , 28 Maart 1997 onder leiding van mev. Lisma Kotze.

Vir meer inligting oor Hermanus gaan gerus na http://www.hermanus.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor arm mense in die Nuwe SA

Sun, 23 March 1997 00:00

Keer op keer en plek op plek hoor 'n mens dit.
Die boere het voorsien dat Derek Hanekom (hy het in der waarheid dit
vroeg al aangekondig), die minister van landbou, wetgewing gaan maak
wat aan plaasarbeiders wat al geslagte of dekades op plase bly,
regtens permanensie gaan gee.
'n Wet wat bepaal dat die boer nie sommer op die ingewing van die
oomblik die mense kan afjaag nie. Dat hulle verblyfregte op die plaas
verwerf het.
Toe jaag hulle mense wyd en syd af van hul plase VOOR die wetgewing
van krag word.
Die mense bewoon nou plakkersdorpe wat oral opgeskiet het.
In een geval waarvan ek vertel is werk 'n klomp van die mense wat in
die nuwe plakkersdorp woon. selfs nog op die plase.
Maar hulle en hulle kinders mag nie meer op die plaas woon nie.
Hulle woon in pondokkies op 'n vlakte wat reeds een keer verspoel het.
Daar word ook gese elke keer as die plaaslike owerheid ('n SDR) 'n
plek geidentifiseer het vir hulle om op te woon en 'n aanbod gemaak
het om dit te koop, dan lek die nuus uit en verhoog die boer sy prys
so dat die transaksie deur die mat val.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Idioom: BUNDU

Sun, 23 March 1997 00:00

Idioom: In die bundu (boendoe).
"Hy leef in die bundu, weg van alle beskawing."

He lives in back of beyond, in the sticks, back
of Bourke, the bush. He therefore lives far
from the mainstream, far from the socalled
civilizing presence of urban life.

I have always associated the word "bundu" (which
is also extensively used in SA English) with forested
areas. I was therefore surprised to learn that the word
comes from the Shona word for "grasslands."
Although the languages of the various black tribes of
southern Africa did not exert as much influence on the
vocabulary of Afrikaans as did the Khoisan group of
languages, there are many words from these languages
in common use all over South Africa. Here are a few
widely used ones:
bonsella/pasella/basela: a present, token of gratitude
(Zoeloe: ibhanselo, Xhosa: ukubasele
indaba: a tribal meeting (North American pow-wow)
now come to mean a meeting between two
political or power groups.
hamba: "go!" usually used offensively. Like Canadian
"mush" (from French "marchez.")
khaya/kaia : basically just used by Africans for "house,"
but in Afrikaans come to mean a humble make-
shift house.
mampoer: home distilled spirits (from Sotho "mampuru"
for "strongest man.")
muti : medicine, African medicine, witchcraft)

There are many more such words from African languages
in Afrikaans. They are spoken with greater frequency in
certain parts of South Africa, especially in the Eastern Cape
and in Natal and parts of the north. I would think that we
will also see a greater influx of these words into Afrikaans
in the next few decades, as the Afrikaans of the "Coloured"
people of South Africa becomes more widely used by the
general Afrikaans speaking population. I suspect that the
non-white speakers of Afrikaans during the apartheid years
borrowed much more liberally from the black languages
than the "officialê Afrikaans that had to toe the party line.

Gloudina Bouwer

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

klein karoo kunsfees

Sun, 23 March 1997 00:00

Kan iemand my help met inligting asb.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Regse Net

Sun, 23 March 1997 00:00

Frikkie Potgieter wrote:
>
> Is daar iewers op Internet `n Regse Web.
> Het julle vir my `n adres of E-Mail.
>
> Groete uit die Oos Kaap.
> Frikkie
>
> pot...@global.co.za

Regs soos in politiek of soos in reg en geregtigheid?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

CULTUUR IS OORLOG

Sat, 22 March 1997 00:00

NU OP DE SITE VAN DE BRAKKE HOND :
http://www.dma.be/p/amphion/brakke-h/
CULTUUR IS OORLOG door LEO DE HAES

U KAN :
1. het boek ON LINE LEZEN op:
http://www.dma.be/p/amphion/brakke-h/redactie/leo.html

2. LEO DE HAES RECHTSTREEKS VAN ANTWOORD
DIENEN over zijn soms scherpe stellingnamen door
gebruik te maken van de mailfunctie onderaan elke
pagina (gebruik copy en paste om uw commentaar met
de gewraakte passages te staven!).
Leo was jong in de jaren '60 en is DOL OP DISCUSSIE!
We kregen hem zo gek er zich persoonlijk toe te
verbinden ELK COMMENTAAR PERSOONLIJK TE
BEANTWOORDEN. Over interactief publiceren gesproken.

3. Het VOLLEDIGE BOEK DOWNLOADEN
Spaar uw telefoonrekening : om het downloaden te
vergemakkelijken is van het boek een gecomprimeerd
bestand (OORLOG.ZIP) klaar gezet.

===========================
OVER LEO DE HAES
===========================
Leo de Haes was 17 jaar lang medeweker
van Humo. Een paar weken geleden nog haalde hij de
krantenkoppen omdat hij er in slaagde België
door het Europees Mensenrechtenhof in Straatsburg
te laten veroordelen wegens inbreuk op de vrije
meningsuiting.
Leo de Haes - intussen uitgever bij
Hadewijch/Houtekiet- is redacteur van De Brakke
Hond, het belangrijkste onafhankelijke literaire blad
in Vlaanderen.
In _Cultuur_is_Oorlog_ rekent hij af met de
gemakzuchtige fetisj-begrippen van zelfgenoegzame
doemdenkerij.

===========================
EXCUSES
===========================
Door de grote verhuizingen op de Digitale Metropool
Antwerpen is het aanvraagformulier voor GRATIS
PROEFNUMMERS tijdelijk buiten gebruik geweest.
Onze excuses daarvoor. Het is nu weer O.K.
===========================

Veel leesplezier,
Dirk van Eylen
Dirk.V...@ping.be

------------------------- Dirk van Eylen --- ---------------------
Wilselsesteenweg 14, 3010 Kessel-Lo, Belgium
tel. : + 32 16 25 96 46 / fax. : +32 16 25 39 70
De Brakke Hond, literair tijdschrift met neus :
http://www.dma.be/p/amphion/brakke-h

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Feminisme

Fri, 21 March 1997 00:00

Ek dink die hele feminisme-ding het een helse ego trip geword.

Dis lankal nie meer die mooi idealisme van die verlede nie. Dis nou die
nuwe Viking wat in die mooi valleie van die beskawing opruk, en alles
verdelg en stroop. Dit stamp die kunswerke van man-vrouverhoudings
argeloos om. Dan maak hulle kamp en word om die vure dronk van die nuwe
mag wat hul uit donker kelder gesteel het.

Skaam julle! Onthou, die straf hiervoor dam reeds op die bulttoppe.
Beweeg net eers uit die glans van julle vure en as julle oë weer gewoond is
aan die donker, kyk na bo.

Dis die GROOT EENSAAMHEID.

Ook genoem die Groot Gelykmaker!
--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Ou Non" deur D.J. OPPERMAN

Fri, 21 March 1997 00:00

OU NON
D.J.Opperman

Ek het as meisie kaalvoet in 'n moerbeiboom
van tak tot tak geklim en toe die blare roer
en 'n lemoengeel lig my duiselig binnestroom,
was ek bokant die klein wit dorpie heen vervoer -
die pit binne sy vlam, die slaper in sy droom.

Dikwels as ek my oë sluit, bly U verskyn,
nabeelde van die moerbeiboom se blare,
maar as die fluister en groen flikkering verdwyn
met vloere vee, koors meet, die naald en gare,
ken ek net U afwesigheid, ken ek die pyn.

Hoe kan die pikkewyntjies, die jong bende
ooit verstaan dat hierdie koors wat my deurstu
en duiselig afsluit in die onbekende
vuur van blare en die sluimering in U,
veel meer is as die branding van my lende?

Tussen U besoek en U besoek, 'n wye
land word wyer en alles skerper afgegrens
met windswaels en die wisseling van getye;
en tussen klip en klip, en tussen mens en mens
hoe vreeslik, God, die stiltes en die swye.

O laat ek tak na tak weer styg in so 'n droom
wat kruin in U heelal... Ook die twyfel, Heer, verjaar.
Kom nog eens met U lig, breek nog eens deur my skroom.
Ek is geen meisie meer, herken 'n blaar as blaar,
die flikkering van U ligkolom as moerbeiboom.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Fri, 21 March 1997 00:00

AAI, AAI,DIE WITBORSKRAAI

Aai, aai, die Witborskraai,
Hiervandaan na Mosselbaai -
Oompie wil na Tannie vry,
maar Tannie trek haar neus opsy.

Witborskraai : a crow with white breastfeathers.
Hiervandaan: from here
Mosselbaai : a coastal town on the east coast
of South Africa, on the famed Garden
Route. ( "Mossel" : mussel.) Mosselbaai
is on the coast. Inland you find the region
of the Klein Karoo.
Oompie : The diminutive of "oom" (uncle).
However, the word is used for an adult,
a term of endearment and condescension
at the same time. Another diminutive of
"oom", namely "omie" has another shade
of condescension attached to it.
Tannie : Roughly the same holds true for this
diminutive form of "tante." However,
I would say there is less condescension
attached to it, and is often used by young
people to address an older female.
Vry : to court
trek haar neus opsy: literally "pulls her nose to one
side" meaning that she is saying no to him,
looking down on him.

The poet and writer C.J. Langenhoven (who wrote the
national anthem "Die Stem van Suid-Afrika,") wrote
three more verses to this traditional Afrikaans song.
Langenhoven is a cult figure among Afrikaners. He
wrote, among other things, some much loved children's
books, in which he immortalized the region of the Klein
Karoo and the town of Oudtshoorn, where his home is
now a museum. Oudtshoorn (and environment) is famous
for its ostrich farms. The spectacular Cango Caves are
also in the vicinity. The pass through the Swartberge,
connecting the Klein Karoo with the Groot Karoo, has
(I believe) been declared a national monument. I think
it is safe to say that the Klein Karoo itself has assumed a
kind of a cult status in the psyche of the Afrikaner, to a
large degree probably helped by the fact that it was
immortalized by Langenhoven, the same way C.Louis
Leipoldt immortalized the Hantamberge-region.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1535  1536  1537  1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544  1545  1546  1547  1548  1549  1550    »]
Tyd nou: Sat Jan 11 06:22:24 UTC 2025