Tula, tula nou,
terwyl my babatjie slaap.
O muisies, staak jul wilde gejakker;
ou kriekie, tula,
jy raas hom wakker!
Tula, tula nou,
terwyl my babatjie slaap.
tula : "Thula" is Zulu for "to be quiet."
nou: now
terwyl my babatjie slaap: while my baby sleeps
muisies: little mice
staak jul wilde gejakker: stop your wild running
around
kriekie: little cricket
jy raas hom wakker: you are waking him by
making a noise. Wakker: awake
Words by Theo Jandrell
Music by Pierre Malan
The FAK ( collection of Afrikaans folksongs)
gives the spelling as "tula" for "to be quiet." But
the Zulu spelling is actually "thula" for the word
meaning "quiet, silent, peaceful." I am not quite
sure that the Afrikaans "tula" used as a command
to "shut up" is used in the same way in Zulu.
thulasizwe: Zulu for person in authority.
thule: silent, quiet, peaceful
thuli: reserved person
Hansbul maak vuur
in die kallerhok
by die skuur.
Boerklong sit op sy st^ere
rug teen die muur
keer met sy hoed die vuur se gloed
maar bly die skouspel beloer.
Hansbul speel kitaar
en raak die snaar
van sy meisie
wat dans langs die vuur.
Skadu's roer teen die muur.
Sy swaai haar se sye
laat sien haar se dye.
Boerklong vang 'n broekie
se blits
voel 'n vonk -
iets woel
wat altyd doodstil sit.
Hy wonder waantoe
as sy speelserig sing:
Appelkoospit
appelkoospit
wat bo in die boom
se mik
sit....
>> ThotmesIII
>>
>
>> Ek het gedink die nuusgroep is in Afrikaans vir Afrikaans
> sprekendes.
>> Hoekom is almal so tegoedkomend met die vent. As hy nie in Afrikaans
>
> wil
>> kommunikeer nie, dit is sy probleem.
>
> Met die stigting van hierdie nuusgroep, wat met groot stryd gebeur het
>
> omdat mense soos hierdie farao dit beveg het, het ons onderneem dat
> enige
> bydrae in enige taal aanvaarbaar is solank as wat dit oor Afrikaans
> gaan.
> Dit is wel die geval met hierdie farao. Daarom kan jy nie vir hom sê
> om
> elders te gaan speel nie. Naar jy kan hom ignoreer soos party mense 'n
>
> stopstraat ignoreer.
>
> Beste wense
> At de Lange
Ek hoor wat jy sê, At, en ek verstaan hoekom. Ek dink die probleem met
TotmesIII is die feit dat hy nie bereid is om in 'n debat betrokke te
raak nie. Die ou se sg. "feite" word keer-op-keer as halwe waarhede
bewys, en nog steeds groei sy haat net. Hy kry altyd iets nuuts om te
gebruik om die witman as 'n monster uit te beeld, wat seker in sekere
gevalle die waarheid is, soos wat die TRC vir ons sê, maar die
veralgemenings is darem te veel.
Die persoon voel duidelik dat afrikaanssprekendes niks anders as
KKK-lede is wat net 'n ander taal praat nie. Hy gaan so ver om afrikaans
af te maak as 'n "BASTARD language". (Om nie eers te praat van sy
irriterende gewoonte om HOOFLETTERS te gebruik nie. Ek het usenet begin
gebruik so na die einde van 1992 se kant, toe daar nog soiets soos
"nettiquette" was. Dit is partymaal komieklik om sy pos te lees en dan
jouself probeer indink hoe dit sou klink as mens die hoofletters as
skreeu/roep sien. In elkgeval, hierdie ou herinner my aan Pereira, nog
'n ou vol haat wat van Duitsland geskryf het, hier om-en-by 1994-5. As
ek dit nie mis het nie, is hy die een wat na afrikaans verwys het as
"That disease of the vocal chords". Ek sal nie verbaas wees om so 'n
uitlating in een van T III se boodskappe raak te loop nie.
Ek voel dat die man bandwydte mors, dat hy niks konstruktiefs het om te
sê in hierdie NG nie, en dat hy maar ignoreer moet word. Miskien kan sy
boodskappe gelees word vir die komedie-waarde daarvan, wanneer Suburban
Bliss net te vervelig raak (is dit ooit nog op ? Hoekom ? )
Miskien is hierdie 'n goeie een: hoekom word afrikaanssprekendes as
morone uitgebeeld op TV ? Willie Esterhuisen maak baie geld daaruit,
maar is daar regtig mense soos Ouboet van Orkney Snork Nie ? Sonder dat
hulle iets onwettigs gerook het ?
Hier in Noord-Amerika word ons weerpatrone
totaal gedomineer deur die "Jetstream." Dis 'n
wind wat oor die vasteland waai vanuit die Stille
Oseaan wes van ons totdat dit uiteindelik die
Noord-Atlantiese Oseaan oos van ons bereik.
Dis glo 'n sterk wind, wat die spoed van vliegtuie
kan beinvloed. Die normale pad van die Jetstream
is rofweg op die grens tussen Kanada en die VSA.
Maar daar is natuurlik groot wisselings. Ons weer-
kanale wys ons elke dag die pad van die Jetstream.
Veral in die winter is dit van die grootste belang.
Somtyds waai die Jetstream eers hoog na die arktiese
dele van Kanada en waai dan af na die suide van die
VSA voordat dit weer noordwaarts draai. Dis sulke
tye dat die VSA se suide baie koue weer kry, soms
met ys en sneeu, terwyl die oostelike dele van Kanada
relatief warm is dieselfde tyd, want ons kry die wind
eers wanneer dit daar in die suide verwarm is. As die-
selfde ding in die somer gebeur, en ons kry die wind
eers nadat dit in die VSA se Suide 'n draai gegooi het,
dan word dit hier bo in Kanada onuithoudbaar warm.
So ons Kanadese hou van die Jetstream so net op die
grens tussen die twee lande, veral in die somer. Hulle
kan hul hitte vir hulself hou.
Ek was geinteresseerd toe At de Lange van die
ingewikkelde weersisteem in SA praat. Ek wens hy wil
meer daaroor uitwei. In die Noordweste het ons die
westewind gehad elke somersaand so teen tien uur.
As dit nie die aand kom nie, dan weet ons dit gaan baie
warm die volgende dag wees, en daar gaan donderwolke
uit die noorde opstapel, en uiteindelik gaan ons die ver-
skriklikste donderstorm kry wat vir ure en ure sal aanhou.
Later, toe ek in Pretoria gebly het, was daar die vinnige
baie intense donderstorms. Dit het my so laat lag toe
die Kanadese joernaliste wat in SA was vir die verkiesing
in 1994 altyd so grootoog gesit en vertel het van die
daaglikse donderstorms in Johannesburg. Dan onthou
ek ook 'n verskriklike donderstorm in die Krugerwildtuin,
wat gevoel het soos die einde van die wereld. En in
1981 besoek ons Kaapstad in November. Die wind
waai net absoluut vreeslik oor die hele Boland. Ek dink
toe eers dat ek maar vergeet het hoe die suidooster
kan waai (ek was omgewaai in Adderleystraat, iets wat
my kinders nou nog oorvertel.) Later lees ons darem in
die koerant dat dit 'n "swart suidooster" was. Wat is die
oorsaak van die suidoosters? En hoekom waai die wind
altyd in Port Elizabeth? En waarvandaan waai die winde
in die Vrystaat? Snaaks, ek dink nie aan wind as ek dink
aan die Vrystaat nie.
============================================================ ======
Ek het gedink julle sou hierdie dalk geniet:
(Laat mens dink waar sou ons nou inpas... al probeer ons hóe polities korrek wees, ek wonder
of dit dalk nie "Anarchy" is nie.)
From: "Aditya, the Hindu Skeptic"
Subject: Lesson in Economics
FEUDALISM: You have two cows. Your lord takes some of the milk.
PURE SOCIALISM: You have two cows. The government takes them and puts
them in a barn with everyone else's cows. You have to take care of all
the cows. The government gives you as much milk as you need.
BUREAUCRATIC SOCIALISM: You have two cows. The government takes them and
puts them in a barn with everyone else's cows. They are cared for by
ex-chicken farmers. You have to take care of the chickens the government
took from the chicken farmers. The government gives you as much milk and
as many eggs as the regulations say you should need.
FASCISM: You have two cows. The government takes both, hires you to take
care of them, and sells you the milk.
PURE COMMUNISM: You have two cows. Your neighbors help you take care of
them, and you all share the milk.
RUSSIAN COMMUNISM: You have two cows. You have to take care of them, but
the government takes all the milk.
DICTATORSHIP: You have two cows. The government takes both and shoots you.
SINGAPOREAN DEMOCRACY: You have two cows. The government fines you for
keeping two unlicensed farm animals in an apartment.
MILITARIANISM: You have two cows. The government takes both and drafts you.
PURE DEMOCRACY: You have two cows. Your neighbors decide who gets the milk.
REPRESENTATIVE DEMOCRACY: You have two cows. Your neighbors pick someone
to tell you who gets the milk.
AMERICAN DEMOCRACY: The government promises to give you two cows if you
vote for it. After the election, the president is impeached for
speculating in cow futures. The press dubs the affair "Cowgate".
BRITISH DEMOCRACY: You have two cows. You feed them sheep' brains and
they go mad. The government doesn't do anything.
BUREAUCRACY: You have two cows. At first the government regulates what
you can feed them and when you can milk them. Then it pays you not to
milk them. After that it takes both, shoots one, milks the other and
pours the milk down the drain. Then it requires you to fill out forms
accounting for the missing cows.
ANARCHY: You have two cows. Either you sell the milk at a fair price or
your neighbors try to kill you and take the cows.
CAPITALISM: You have two cows. You sell one and buy a bull.
HONG KONG CAPITALISM: You have two cows. You sell three of them to your
publicly listed company, using letters of credit opened by your
brother-in-law at the bank, then execute a debt / equity swap with
associated general offer so that you get all four cows back, with a tax
deduction for keeping five cows. The milk rights of six cows are
transferred via a Panamanian intermediary to a Cayman Islands company
secretly owned by the majority shareholder, who sells the rights to all
seven cows' milk back to the listed company. The annual report says that
the company owns eight cows, with an option on one more. Meanwhile, you
kill the two cows because the fung shui is bad.
ENVIRONMENTALISM: You have two cows. The government bans you from
milking or killing them.
FEMINISM: You have two cows. They get married and adopt a veal calf.
TOTALITARIANISM: You have two cows. The government takes them and denies
they ever existed. Milk is banned.
POLITICAL CORRECTNESS: You are associated with (the concept of
"ownership" is a symbol of the phallo - centric, war - mongering,
intolerant past) two differently aged (but no less valuable to society)
bovines of non specified gender.
COUNTER CULTURE: Wow, dude, there's like... these two cows, man. You got
to have some of this milk.
SURREALISM: You have two giraffes. The government requires you to take
harmonica lessons.
%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%
%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%
The jewelry industry is at your fingertips at http://www.jewelrycombine.com
E N D
%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%
%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%%
Jan Kruger wrote:
>
> Hoe meer boodskappe in Afrikaans gepos word, hoe kleiner die kans
> dat hy sy absoluut onverstaanbare terugvoer kan opdis en ons
> 'n hoofpyn besorg.
Ek stem saam. En kry sommer baie lekker om te dink aan sy frustrasie as hy nie Afrikaans kan
lees of verstaan nie. Veral as ons sy naam noem, of hom aanhaal . Miskien kom hy dalk sover
om so bietjie van die taal sowel as die geskiedenis te leer.
Dis mos pure haat vir die Wit mens, wat hy daar in Amerika opgedoen het, en ons is vir hom net
'n simbool van alles wat sleg is, syn's insiens. Hy is emosioneel verwarrd, en wat hy nodig het is
'n psygiater, nie die nuusgroep nie. Ek glo nie ons kan op 'n logiese manier met hom redeneer nie,
omdat ons hier te doene het met 'n kinderagtige "arme ekke", wat hy uitbrei om almal met 'n
donker vel in te sluit, om sy egotisme te kamofleer.
Dalk hou hy ons verantwoordelik vir elke letseltjie aan hom, sy familie en vriende, wat ooit deur
die doen en late van enige witmens plaasgevind het. Ons kan hom nie help nie. Hy moet homself
help, en groot word.
Ek toets net 'n teorie. Kom ons kyk of die vent hierop reageer en wat hy te
se het. Stem saam met al die ander dat sulke mense nie nodig is op die
groep nie.
Het al met baie mense soos hy gepraat, maar hulle het basies geen idee hoe
werk dinge in ons land nie.
So, boetie Tot, kry vir jou 'n woordeboek en probeer dit ontsyfer. En sit
dan jou struggle voort. Die fok weet, dis al verby hierso.