Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Beknopte lys van idiome tot dusver.

Wo., 21 Mei 1997 00:00

> On 5/19/97 11:45PM, in message
> ,
> Stefan Harms wrote:
>
> As daar belangstelling is, kan ek 'n meer volledige weergawe met die
> beskrywings ook aangeg.

***

Asseblief Stefan, stuur tog die beskrywings! Jy't my belangstelling geprikkel, en nou wil ek
meer weet! Veral die volgende:


Hand in die as geslaan; Sy hand is in die as geslaan *

Die Kretie en Pletie *
Gloudina Bouwer (iz...@igs.net)
/Die lyf wegsteek. *
Gloudina Bouwer (iz...@igs.net)

Neem die Kimberley se trein. *

Wys waar David die wortels gegrawe het. *


Vinkel en Koljander :Vinkel en Koljander, die een is soos die ander. *
Gloudina ( iz...@igs.net)


Jy kan maar aan sy oksel ruik. *
Stefan...@mbnet.mb.ca

(Jammer manne, maar dit klink vir my "positively disgusting").

####

Ek wil graag ook 'n verduideliking vra vir "hy/sy sit vir jou ore aan". Dis al baie vir my gesê, en
ek neem aan dit beteken iemand maak 'n "fool" van my, omdat ek dikwels naif is, en glo wat
almal
vir my sê, sonder om te dink dat daardie persoon dalk lieg. Hulle maak 'n donkie van my?

Byvoorbaat dankie,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Beknopte lys van idiote tot dusver.

Wo., 21 Mei 1997 00:00

"s" wrote:

> Sabelo
> ThotmesIII
> bleah

Die lys kan uitgebrei word na enige iemand wat met hulle in 'n
redenasie betrokke raak.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Many afrikaners are pathetic

Wo., 21 Mei 1997 00:00

someone with a disgusting Afrikaans name babbled:
>> And please, let us not forget the Soweto uprising of 1976, which started
>> the cycle of "unrest" which eventually led to the end of the racist
>> regime and the triumph of democracy for the masses. Do you remember
>> what started the '76 protests? Yes, I think a certain disgusting
>> language
>> being forced on unwilling people had a role in it.... do you
>> remember which language it was?
>
> Anyone of at least ten. The policy was that half of the subjects _not
> taught in the medium of the mother tongue_ were to be taugh in English, and
> the other half in Afrikaans. i.e. by learning through the medium of the
> mother tongue, it was possible to avoid learning by medium of Afrikaans as
> well as English. It may be significant that the present government, at
> least in its policy documents, encourages learning through the medium of
> the mother tongue (as did the previous one).

Re-writing history again, eh? I wouldn't expect anything less from
an Afrikaner. Tell me, is it true that the dutch got to Southern
Africa before the blacks did? I thought so.

Well it is all over... all the guaranteed jobs in the post office
and railroads for the Afrikaner have trickled away.

>
>>
>> Vietnamese is one of the most beautiful languages I know... Arabic is
>> too gutteral for me too. As is Afrikaans, Dutch and Hebrew...
>
> Note the use of "is" instead of "are" in the last sentence. It seems so
> common among English speaking South Africans that I have come to suspect
> that it may be a case of SA English having been influenced by Afrikaans.
> Does anyone know of any research on the phenomenon?

How about "typo". What next.... spelling flames? There is nothing more
pathetic than an Afrikaner who thinks so highly of his language and
culture. And what are you really? The scum of southern Holland,
numbering
about 1400 (hence the inbreeding and general ugliness/stupidity of
many Afrikaners) who bred with some of the native peoples in the Cape
(most Afrikaners are not "pure white", which is the same irony of
Hitler being jewish), and took on a bastardized version of Dutch.
Afrikaans, of course, used to be a pidgin (i.e., simplified contact
language) much like "fanagalo" (spelling?) is today. What was
the "great trek"? Well, the moronic Afrikaner "nation" thought that
they were the israelites, fleeing the evil pharoah. They even thought
they had a "covenant" with God.

What I find hard to understand is why the oppressed masses in RSA are
so quick to forgive.... if it were up to me, De Klerk and company would
be enjoying the luxury of Mandela's home-for-twenty-seven-years for
the rest of their miserable existences.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Idioom

Wo., 21 Mei 1997 00:00

Wanneer die perde horings kry.
Water uit 'n klip.
Baba met die badwater uitgooi.
'n Hond uit 'n bos uit.
Koel soos 'n komkommer.

Ek los die verduideliking vir die Afrikaanse ghurus soos Gloudina.

Gloudina doen my net een guns moet nie politiese of rassistiese
konnetasies daaraan koppel nie.

Groetnis
JHV

Afrikaans, ons taal | 6 kommentare

Idioom: DOPPIES BLAAS

Wo., 21 Mei 1997 00:00

In article <5lslio$lhs$1...@nntp.igs.net>, @igs.net says...
>
> Idioom: Gaan blaas doppies.
> "Gaan blaas doppies. Ek wil niks met jou te doen
> hê nie. Gaan bars."
>
> The background of this idiom is obscure. I asked

> So, all that remains for me now is to say:
> "Thotmes 3, gaan blaas doppies. Tula man".
>
> Gloudina Bouwer
>

Ha ha ... Pragtig Gloudina! Nouja, ons het die raaisel van die doppies
nog nie opgelos nie, maar die ou Farao is immers op sy plek gesit.
Afrikaans is pragtig, en hy en bleah kan probeer tot die koeie huistoe
kom om ons daarvan te laat afsien, maar praat gaan ons hom praat.

Alwyn

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

"ek wag in my hart" deur BREYTEN BREYTENBACH

Di., 20 Mei 1997 00:00

ek wag in my hart
Breyten Breytenbach

my hart (ek het nooit gedink dat ek
oor hart sou uitwei nie, die klotsel bloed
in pypies en kraakbeen)
is 'n toring

sodat ek jou van ver kan sien kom

oor die windkaal heuwels

met skraal bome verskroeide winkende vingers

oor die suisende wit vlakte

met my hand bo die o"e (verspied verspied)

die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend
in hulle manelle soos dromende pikkewyne
met die aandster skreeu die krieke in die vlei
ek luister asemloos vir jou voeteval
(waar dool jy tussen skaterende wolwe?)

ek hang 'n lantern in die venster
en stuur my ore uit in helikopters
(het jy genoeg padkos saamgebring vir die lang tog?)
ek klim die trappe van my hart gereeld op
voedsel en drank sal my lippe nie aanraak sonder jou nie

ek hoor jou in die maanlose klowe ruis
kom jy dan nooit nader nie?

soos 'n skildwag leun ek oor die borswering van my hart
en kneus dit met rondtrappery van my moedelose voete

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: SA English vs US (att Heidi)

Di., 20 Mei 1997 00:00

V wrote in article
...
> Hi Heidi
>
>> very true. In the US we say "a couple" to represent "two". For more than
>> two we say "a few".
>
> A Question : Something I still haven't been able to figure out ~ does the US "couple", meaning
> "two" also carry a gender connotation? e.g. - if I said to an American that "a couple of guys
> went to the pub" , would he think of 'couple' as in 'married couple', therefore these blokes must
> be gay? If he understood Afrikaans, I reckon the same would hold true, i.e. "'n paar ouens..."
>
> Look fwd to hearing from you,
> Vira.
>
>

Hello Vira!

You can say "a couple of guys went to the pub" and it would not at all mean
that they were gay. It would only mean that there were two males going to
a pub. :>

If you did say the sentence that only thing that would attract attention is
the word "pub"! :> We use the word "bar" and reserve "pubs" for telling
stories of traveling in England! :)

Glad to be of help. If you have other questions, please feel free to ask.

Regards,
Heidi

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bewaarkloof

Di., 20 Mei 1997 00:00

Oorlog is 'n afskuwelike ding.

Dis fataal om bagasie saam te piekel in 'n oorlog.

Met en na die Tweede Vryheidoorlog is die Boeremagte beskuldig dat
hulle nie na hulle vrouens en kinders omgesien het nie. Dit was byvoorbeeld
'n hoofmotivering vir die oprigting van konsentrasiekampe. Die kwessie
van bagasie is doodgeswyg. Dit gebeur selfs vandag nog in gesprekke
oor hierdie oorlog.

Sowat 40 km suid van Pietersburg lê 'n verstommende bergreeks, naamlik
die Strydpoortberge. Hulle loop vir sowat 150 km reg oos tot in die
Drakensberge, daar waar die Strydomtonnel gele"e is. Ry suid van
Pietersburg totdat jy deur Chuniespoort gaan. Suid van die poort swaai
die pad oos na Burgersfort se kant toe. Ry nog sowat 50 km totdat 'n
grondpad na links afdraai terug na die berge se kant toe. Daar staan hopelik
nog die padwyser met die naam The Downs. Swaai op die grondpad af en
hou so 4 km. 'n Paadjie swaai uit na links terug na Chuniespoort se kant toe.
Daar is nie meer 'n padwyser nie. Draai op die paadjie af om uiteindelik
by Bewaarkloof uit te kom. Moenie sommer daar invoeter nie - dis
slangwereld soos min.

Bewaarkloof is eintlik 'n groot kom in die berge wat deur 'n kloof bereik
word. Gedurende die laaste 18 maande, so is ek vertel, het die
Boeremagte honderde vrouens, kinders en vee in Bewaarkloof
weggesteek. Die Britse magte het nooit vermoed dat daar so 'n
wegsteekplek kon wees in hierdie skynbaar onherbergsame berge nie.
In my verkenning van die natuur het ek 'n paar keer op grafte tussen die
bosse afgekom. Die grafte was nie tipies van die Sotho kultuur nie. Dan
het ek maar naby die grafte gaan sit en wonder wat die geskiedenis
agter hulle is. Was hulle deel van die Tweede Vryheidstryd?

Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
is?

Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
verlede?

Alles van die beste
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe

Di., 20 Mei 1997 00:00

@igs.net wrote:
> Nou wil ek net weet: as die hanepoot wit
> korrels het, hoekom was die muskadel, wat ek
> nou die aand gedrink het, rooi?
>
> Gloudina Bouwer

Muskadel wyn word van muskadeldruiwe gamaak, nie van hanepoot nie, en
daar is rooi en wit muskadel wyn te koop
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

IDIOOM: Yebo go-go!

Ma., 19 Mei 1997 00:00

Idioom: Yebo go-go!

Verduideliking en agtergrond: Rondom die opwindende tyd in 1995 toe die
Springbokke die All Blacks verslaan het en Pres. Mandela die no. 11 trui
gedra het, was daar 'n advertensie vir 'n sellulere telefoon maatskappy op
TV wat 'n nuwe idioom gebaar het: Yebo go-go! Sover ek verstaan beteken
dit iets soos - Ja, ouma!
Die man wat die regte woorde op die regte plek gehad het, was toe ook met
'n plakaat by die finale rugbywedstryd.

Die betekenis wat dit in die algemene gebruik het, is egter meer in die
lyn van: alles is bakgat!

Wie weet meer besonderhede, of kan vir my vertel of die uitdrukking nog in
omloop is?

--
Stefan Harms @ S.E.

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 21:52:37 UTC 2026