Enige inligting oor die herkoms van die Le Roux famielie sal waardeer word.
Enige inligting kan aan my ge-email word hen...@iafrica.com
By voorbaat dankie.
ik ben op zoek naar een zender die Afrikaans gesproken programma's (bij
voorkeur nieuws) op het internet plaatst. Ik heb onlangs ontdekt dat
sommige zenders dit doen (bijvoorbeeld Radio Wereldomroep op http://www.wrn.org/stations/rnw.html ), maar ik heb nog geen Afrikaanse
zender kunnen vinden. Voor Zuid Afrika heb ik alleen het engelstalige
Channel Africa gevonden.
Mogelijk weet iemand van jullie een zender die deze service aanbiedt.
Vir vinnige, netjiese en akkurate tikwerk teen baie billike pryse, kontak
Petro se Tikdienste.
Alle tikwerk word op rekenaars gedoen en ons gebruik die nuutste rekenaar
programme op die mark.
Geen opdrag is te klein of te groot vir ons nie. U dokumentasie vir
tikwerk kan ons bereik deur middel van ons faks, koerier of per spoedpos.
Ons sal die getikte dokumente aan u terug stuur per e-pos of per koerier
of per spoedpos - dit is u keuse!
Vir meer inligting, kontak ons by :- e...@megaweb.co.za
1. Is my maatskappy gereed vir uitvoer na die buiteland?
2. Is ek nog mededingend in my bedryf?
3. Is ek besig om my markaandeel te verloor?
4. Is my eie bemarking nog doeltreffend?
Indien u u maatskappy se winsgewendheid en se toekoms op prys stel, lees
asb. dan verder.
Ons is 'n Afrikaanse uitvoermaatskappy wat 'n koste-effektiewe diens lewer
en u produkte se gelyke kans gee op die internasionale markte, en dus u
maatskappy se winsgewenheid verhoog. Ons e-pos adres is
by e...@megaweb.co.za
Die harde feit is:- SUID-AFRIKA IS BLOOTGESTEL AAN INTERNASIONALE
HANDEL,waar VRAAG EN AANBOD die pas aangee, en al manier hoe
Suid-Afrikaanse maatskappye ekonomies sal oorleef op langtermyn, is om
meer en meer te konsentreer op die uitvoermark! Neem as voorbeeld, die
Chinese en Oos-Asiatiese ekonomië wat teen 'n ongelooflik tempo groei!
Uitvoere is die besigheid van die 90's!
As u voel dat u gereed is om met die wêreld mee te ding, kontak ons sonder
versuim, omrede ons glo dat ons die 1e Afrikaanse uitvoermaatskappy is wat
ons dienste ook op hierdie geselsgroep aanbied. Ons is 24 uur beskikbaar,
en is ten volle gerekenariseerd!
Welkom aan Evita Bezoudenhout in die wonderlike
wêreld van die Kuberruimte !
Ek het verlede jaar "Evita praat kaktus" gaan
kyk by Evita se Perron in Darling, dit was so
tipies, so Suid-Afrikaans, baie snaaks.
Pieter-Dirk Uys is seker een van Suid-Afrika se
hardwerkendste en bekendste dame en heer,
in die teaterwêreld.
voorspoed en geluk met jou spinnerak !
is dit nou meneer of mevrou ?
Vira, ek is baie bly dat jy van Blake hou. Jy sal
seker dan ook weet dat W.B. Yeats baie beinvloed
is deur William Blake. Yeats en sy kollega Ellis
het ons ook die groot diens bewys deur ongeveer
die profetiese boeke van Blake onder die aandag
van die publiek te bring, na die paar eksemplare
vir jare net in private versamelings bestaan het.
As jy belangstel in die Blake kritiek wat sy werk
wil sien in die hermetiese tradisie en in die tradisie
van die neo-platonisme, ken jy �Blake and Tradition�
van Kathleen Raine en �Yeats and Tradition� van
F.A.C. Wilson? Interessant genoeg het ek saam met
Frank Wilson skoolgehou op Adams College ( op
Adams Mission in Natal) vir twee jaar. Hy is toe na
Cambridge waar hy sy Ph.D. gekry het met sy werk
oor Yeats, wat verskyn het as �Yeats and Tradition.�
Hy en Kathleen Raine het nou saamgewerk.
Pam van Schaik van UNISA is 'n outoriteit oor
Blake en die Kabbala, wonder of jy weet. Daar is
ook 'n Blake-eposlys, waarvan ek jou die adres kan
gee as jy geinteresseerd is om dit te ontvang.
Daar is natuurlik baie kritici wat wil hê dat
'n mens nie Blake moet sien as navolger van die
hermetiese tradisie of die kabbala nie, maar hom
liewer moet sien as iemand wat sy tyd se denke
ver vooruit was.
Gloudina
Nou weet die mense wat so gewonder het hoekom die VSA se
weermag die gevalle van "vliegende pierings" geheim gehou het.
Hulle het uiteindelik met 'n amptelike verslag gekom: dit was al
die tyd toetsvliegtuie, dummy vliegeniers ens. Ja, die waarheid is
uiteindelik uit:
Jammer mense, daai vliegende pierings en vaal mannetjies met
peervormige koppe en groot oe was toe al die tyd 'n snotstorie !
En daai mense wat kamma seks gehad het met buite-ruimtelike wesens
moet miskien liewer 'n terapeut gaan sien.
Dink net hoe lekker geld het baie mense hieruit gemaak. Die dorpie
waar die VSA/weermag/piering-geval begin het, is nou 'n moerse
toeriste-attraksie. (Ja, hul verkoop poppe met peervormige koppe
en groot groen oe! ens ens.).
Maar party piering-geesdriftiges wil nie die waarheid hoor nie.
Hulle laat my dink aan die mense wat glo Elvis Presley, Hitler en
daai ouens leef nog. Elke jaar word hulle iewers "gesien".
Vir die wat nie weet nie: Daai ding oor die plat merke in die
koringlande het ook al lankal op die lappe gekom. Dit was ouens
wat die gek geskeer het. Daar was 'n hofsaak daaroor.
Daar is nogal baie poepholle, maljanne en geldmakers agter stories
soos oor die aarde plat, en nie rond is nie, of 'n wilde teorie
oor die piramides, Stonehedge ens.
Ons leef mos nou in die eeu van X-files.
Mense hou van sulke snaakse goeters. Interessante stories.
Net jammer dat baie mense nie die onderskeid kan maak tussen
'n regte snotstorie en iets wat wetenskaplik gegrond is nie.
Ek is mal oor wetenskap fiksie, en wie weet, miskien
is daar iets wat leef of beef (of groei of knoei)
wat die skepper op 'n ander plek gemaak en laat staan het,
maar intussen bly ek skepties.
Ek het nog nie die brandmerke van 'n VVV in my tuin gesien nie...
..maar ek wag in spanning.
En Wiesa met haar hare wit soos brak,
kyk na die vuurtjie binne alle dinge;
sy laat die rook van vlam en kole sak
tot voorbodes en ou herinneringe;
en sy vertel hom mymerend van 'n volk
in windoop ruimtes van 'n land gevorm
wat opstyg uit die see tot in die wolk
waar God praat in die weerlig en die storm;
sy noem hul opstand teen die vreemde ras;
roep ou gesigte voor haar uit die vlam,
van vegters, vryburgers soos Adam Tas,
dorpies soos Graaff-Reinet en Swellendam.
En sy vertel hom van die heuninggat
waarin Frederik Bezuidenhout
met sy geweer aanlê en weier dat
vier Hottentotte en 'n Kakieskout
en nog 'n hele boel daarby hom vang.
"En soos jy weet, my seun, die tou was vrot
waaraan die vier opstandiges moes hang;
party sê dis toeval, maar ons sê dis God."
Vertel hom van die vlam en donker mens
wat in die ooste om die huise saans
ou liedere van impi's sing, die grens
van kinders en 'n volk se lang stoet waens.
"Hy het ons van verdrukking afgesonder
.... kwyldrade van die osse blink oor gras....
dat ons in stiltes weer opnuut die wonder
van Hom sou ken, soos Hy hier eenmaal was."
En sy vertel hom van die leed en angs,
verraad en moorde soos op Piet Retief,
van nagte soos by Weenen en Bloukrans,
en liggame met assegaai deurklief.
"Hy was met ons die nag by Bloedrivier
toe lang sweepstokke met lanterns swaai,
Hy was ons eerste lig oor die visier
toe die kruitdamp oor Amajuba waai.
En volke het om hierdie land van ouds
gevaar en in gruisgate rond gesoek
soos erdvarke; maar die Stad van Goud
moes óns klein volkie later vind... tot vloek!
En hulle het ons huise afgebrand.
Hóé kon die rykes van 'n ryk ooit weet
dat ons sou veg vir ruimtes van ons land
al moes ons in die veld rysmiere eet?
En soos mens snags in dieptes van die Baai
se waters sien hoe skommel ster en lampe,
sê in 'n donker kol van hierdie volk, swaai
beelde nog van Konsentrasiekampe.
Ek stap een oggend uit die Kamp en sê:
"Kyk, sien ek vanoggend 'n duisend skaap
wat op die vlaktes so in hopies lê?
Maar nee!" sê ek. "Dis mos waar dooies slaap."
En nou waar miershoopkamers en rotstuine
staan, en skepsels koekepanne laai,
lê hulle stil: ou vegters in die bruin
komberse van die aarde toegedraai."
In die Junie uitgawe van bg. glanstydskrif verskyn daar 'n
artikel "Al daai Jazz". Die artikel begin lees: "Het jy ook
pas jazz ontdek en jy weet nie waar om te begin nie..." en
gaan voort om 'n lys van 100 Jazz CD's kortliks te bespreek,
alles persoonlike keuses van die skrywer.
In die lys word daar maar een (?) S.A musikant gelys, 'n
Vrystater met die naam van Japie Human. Nou ek is 'n gebore
Vrystater, en Jazz is een van die musiekvorms wat ek geniet
(geen kenner), maar met alle respek, ek het nog nooit van
Japie Human gehoor nie.
Maar ek het wel gehoor (en gesien en beleef) die musiek van
Dollar Brand, die musiek van Mankunku Ngozi, die musiek
Basil Coetzee ( "julle kan maar New York toe gaan ons het
vir Mannenberg"), om maar net enkeles te noem. Alles name
wat skitter in hul afwesigheid. Maar in al hul verhewe
glorie is daar Quincy Jones, George Benson, Kiri Te Kanawa
(Jazz? Asseblief!).
Persoonlike skrywers keuses of te not, is dit die steun wat
die SA pers vir plaaslike musiek gee?
Mens kan maar net wonder oor watter sot die halfversuipte
kat uit die put gehaal het. 'n Vriend het jare terug toe die
eerste uitgawes verskyn het daarna verwys as 'de Kak'. Ek
kan net saamstem - hierdie kat is nie welkom in my huis nie.