Die oom kom by die dokter met die volgende klagte: "Kyk Doktertjie, ek was
verlede maand 80. Die ou vroutjie het my so driejaar gelede ontval. Ek is
'n jaar gelede met so 'n jong dingetjie getroud, sy is nou 22, maar ons het
'n probleem, sy kan nie swanger raak nie. Het doktertjie dalk raad?"
Die dokter gee toe die volgende raad: "Oom ek dink ek weet wat oom kan
doen. Het oom in die huis 'n slaapkamer wat nie in gebruik is nie?"
Ja, die oom en sy jong vroutjie het so 'n kamer.
"Oom, dan kry jy 'n loseerder wat so iewers in die twintigs is."
"Dink doktertjie dat dit sal help?"
"Ek is seker dit sal help, oom moet dit net probeer."
Ses maande later loop die oom en die dokter mekaar in die dorp raak en die
dokter wil weet of sy raad gehelp het.
"Haai, doktertjie, baie dankie vir jou raad, die jong dingetjie is swanger,
en weet doktertjie wat, die loseerder ook."
Ek het nou regtig nie geweet daar is 'n afrikaanse nuusgroep nie. Dit is
werklik 'n voorreg om in afrikaans te gesels. Kom ons waardeer ons taal en
praat hom so lank soos wat ons kan.
Vir al ons"ingelse vrinne", dit is nie dat ons nie van engels hou nie, maar
ons is lief vir afrikaans!!!
Terwyl ek so deur hierdie nuusgroep geblaai het, wou dit vir my voorkom of
daar baie van ons afrikaanse broeders & susters oorkant die water is.
Wat 'n interresante verskynsel--- Ek sou graag met julle wou kommunikeer?!
/ Skryf gerus en laat weet hoe dit gaan.
Mooi Bly!!
Hein van Wyk/Port Elizabeth( natuurlik/Suid-Afrika)
E-Pos: he...@hinet.co.za
N.S: Wat van 'n Afrikaanse Website/ Is daar dalk iewers een op die
internet??
.
Sy nuutste postuk Racism=WHITE SUPREMACY is uit en uit rasisties, want die
verdeling van "tipes" in die artikel wat aangehaal is berus suiwer op ras
en velkleur. Die hele artikel is gegrond op spekulasie en bevat geen
konkrete bewyse en navorsings statistieke nie. ASAR2001 is 'n rasis wat
blankes haat, maar glo dat hy nie as rasisties verklaar kan word nie, omdat
hy swart is. Hierdie punt is weereens baie duidelik gemaak na aanleiding
van die titel van hierdie en 'n epos gesprek wat tussen ons plaasgevind
het.
Ek is jammer om te sê dat ek in die epos gesprek my hand in vriendskap na
hom uitgesteek het, maar dat hy dit weggeklap het. Ek het reeds voorheen
gesê ek haat niemand nie, maar sulke aksies haat ek met die diepste van my
siel.
Kry hom liewer jammer, want hy voel die wêreld vervolg hom.
Ek sal nie weer op enige van sy posstukke reageer nie. Hy verdien dit nie,
en dit is juis wat hy soek.
------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Well, after a long,long,long research on the Internet using Excite I have
found
a site which contains LIVE PRONUNCIATION of Afrikaans referred to a
magazine
called Monitor se Tuisblad
The site you searched is............HTTP://SABC.CO.ZA/MONITOR
then you should choose the English version and finally go to "Listen to
audio-contribution in Afrikaan"
Enjoy yourself and don't forget giving your email next time.
Lyk my vandag (25/09/97) het ons 'n bietjie van 'n "Internet Blackout" oor
die wêreld beleef. Die vertraging was tot so veel as 2.5 sekondes tussen
van die routers. Wys jou nou net, die infrastruktuur kan nie die
ontwikkeling dra nie...
------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com