Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

SA Nuusblad op Net

Wo., 01 Oktober 1997 00:00

Vir almal wat verlang na SA:
Gaan kyk gerus na die eerste behoorlike nuusdiens uit SA, naamlik
Elektroniese Beeld (eBeeld) by:
http://www.ebeeld.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Soek geselskap

Wo., 01 Oktober 1997 00:00

Gegroet aan almal wat voel dat Afrikaans hul na aan die hart lê.

My naam is Alfred Steinhobel - ek woon in Auckland in Nieu Seeland en sal
ordentlike Afrikaanse kommunikasie waardeer. Laat hom wat moed het skryf.

Vreugde

Alf

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Get Over It

Wo., 01 Oktober 1997 00:00

Ek het sopas die Eagles se "Get Over It" gehoor.

Baie relevant vir die wat reken hulle is tenagekom of dat die lewe hulle
iets skuld. Julle weet van wie ek praat.
Anyway die song was so nice dat ek dit kliphard in die kar begin sing-skree
het....great!

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Fix the above email address.

Please note that ANY COMMERCIAL email
will result in a bill for $20 for proofreading.
By sending email to the adress above after
removing the spam protection you agree to
these terms

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaans is cool

Wo., 01 Oktober 1997 00:00

Wat de duiwel is "kewl" anyway. Ek het nog altyd "cool" gesê\geskryf. Amper
soos die "neiu"of "neui" of "nuei" of wat dit ook al is... Wat is fout met
"new"?

Ek stem saam dat 'n mens soms sukkel om die regte woorde in Afrikaans te
kry. Ek meng my taal, en ek is nie skaam daaroor nie. Ek doen dit egter net
om twee redes: effek en as ek nie 'n soortgelyke woord in Afrikaans binne
0.25 s kan uitdink nie. Ek praat baie van login en password en RAM (ETG
suig) en CD (KS suig) ens. Maar die

basis waarop ek die woorde plaas bly Afrikaans. Goed soos RAM en CD kan as
beroepstaal (jargon) beskou word en ek dink die daar moet neergekyk word op
mense wat dit gebruik nie. Ek dink mense is aansitterig as hulle juis te
hard probeer om Afrikaans te praat. Praat dit soos dit lekker is!

Voorheen is daar neergesien op mense wat nie Engels kan praat nie, miskien
moet ons dit andersom doen. Praat Afrikaans tot die ou jou snaaks aankyk en
slaan dan oor na perfekte Engels - net om hom te wys hoe goed tweetalig jy
is. Cool, né!

Groete

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com
Fix the above email address.

Please note that ANY COMMERCIAL email
will result in a bill for $20 for proofreading.
By sending email to the adress above (after
removing the spam protection) you agree to
these terms

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Oorlog-trauma PTSD & SAVA (bossies)

Wo., 01 Oktober 1997 00:00

Veteraan soldate

As jy in die SAW was en die oorlog nog steeds in jou kop aangaan na al die
jare ... jou volg in jou slaap ... jy voel jy alleen is met jou gevoelens
en soms mal word ... sal will praat met iemand anders wat dieselfde ding
deurmaak ...

Dan kan jy met Marius van Niekerk (ex-valskermsoldaat 1979-80) kontak maak
by:
van.m...@stockholm.mail.telia.com

of as jy meer will lees oor 'n Suid Afrikaanse Veteraan Assosiasie (SAVA)
wat omsien na getraumatiseerde veteraane en hulle famielies, lees ons
tydelike website:
http://tragedy.demon.co.uk/sava

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN

Di., 30 September 1997 00:00

Uit BLOM VAN DIE BAAIERD
D.J.Opperman

"Waar is U towersteen, U fonkelende graal
dat ek my skik na grense
en tevrede met die plek wat U vir my bepaal
- selfs as gedrog langs medemense,
sien dat U regverdig bo die donker skepping straal?

"Die een word dit gegun en dít word my belet,
tog is 'n elk en ieder deur 'n leed,
'n wellus of 'n donker vel besmet,
en uiteindelik moet ek tussen ander weet
dat op die aarde elke mens sy boggel het.

"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?

"Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Huiswerk vir Afrika...

Ma., 29 September 1997 00:00

Het enigeen 'n idee waar die uitdrukking "... vir Afrika" vandaan kom?

Ek sien die ander dag 'n berig oor die nuwe uitgawe van 'n Engelse
woordeboek wat streekstaal insluit, onder meer Suid-Afrikaanse Engels. Een
van die voorbeelde:
Africa (for ...), a lot of, e.g "I can't play today, I have homework for
Africa".

Toe onthou ek dat ons op skool ook altyd die uitdrukking gebruik het, wel in
Afrikaans. Waar op aarde sou so 'n frase oorspronklik vandaan kom?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huiswerk vir Afrika...

Ma., 29 September 1997 00:00

Het enigeen 'n idee waar die uitdrukking "... vir Afrika" vandaan kom?

Ek sien die ander dag 'n berig oor die nuwe uitgawe van 'n Engelse
woordeboek wat streekstaal insluit, onder meer Suid-Afrikaanse Engels. Een
van die voorbeelde:
Africa (for ...), a lot of, e.g "I can't play today, I have homework for
Africa".

Toe onthou ek dat ons op skool ook altyd die uitdrukking gebruik het, wel in
Afrikaans. Waar op aarde sou so 'n frase oorspronklik vandaan kom?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huiswerk vir Afrika...

Ma., 29 September 1997 00:00

Het enigeen 'n idee waar die uitdrukking "... vir Afrika" vandaan kom?

Ek sien die ander dag 'n berig oor die nuwe uitgawe van 'n Engelse
woordeboek wat streekstaal insluit, onder meer Suid-Afrikaanse Engels. Een
van die voorbeelde:
Africa (for ...), a lot of, e.g "I can't play today, I have homework for
Africa".

Toe onthou ek dat ons op skool ook altyd die uitdrukking gebruik het, wel in
Afrikaans. Waar op aarde sou so 'n frase oorspronklik vandaan kom?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans oppie Net

Ma., 29 September 1997 00:00

Gaan kyk by:

http://www.oocities.org/Heartland/9657/dieknoop.htm

Lekker baie tuisbladsye

Geniet

At van der Walt

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494  1495  1496  1497    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 16:07:10 UTC 2026