Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

E-Mail Help

Do., 25 September 1997 00:00

Goeiedag....
Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan hanteer.
Ek sal dit waardeer indien iemand my kan sê waar ek so `n program in die
hande kan kry.

Baie Groete
Frikkie

pot...@global.co.za

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

Kostelike kinderstories

Do., 25 September 1997 00:00

Kostelike kinderstories te kry by:

http://www.global.co.za/~pretblad

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: afrikanse musiek

Wo., 24 September 1997 00:00

On Sun, 21 Sep 97 20:29:51 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
> Weet iemand wat van Jeremy Taylor geword het? Ek wil my amper verbeel hy't 'n
> plekkie êrens naby Broederstroom waar hy mense onthaal.

Jeremy Taylor het op 'n plekkie tussen Broederrstroom en Skeerpoort
gebly in die laat 1980s. Ek het in die gebied vir 'n rukkie toe gebly.
Hy het die bekende tee advertensie gemaak van die plek af. Oorkant hom
was 'n boer, Casper Kruger, wat geglo het dat as jy die wolke met 'n
kanon skiet as die weer opsteek sal jy die hael wegdryf. Lyl my die
storie het gewerk want ons het baie min reen gekry in die tydperk wat
ek daar was. Dit was natuurlik ook 'n goeie waarskuwing vir reen.

Ek verbeel my ook , Jerremy Taylor het 'n opvolg gedoen op die
liedjie. Ag pleez Daddy gemaak, opgedateer ens. ??

As hy nie het nie wat van 'n probeer slag hier. Iets soos

Ag pleez Nelson ...

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Bossies" Oorlog-trauma PTSD

Wo., 24 September 1997 00:00

Hallo

As jy diensplig in die SAW gedoen het, en jy nog steeds na all die jare met
die oorlog in jou kop rondloop, en dit vir jou moelik maak om 'n normale
lewe te lei ... en jy wil met iemand praat wat dieselfde ding deurmaak ...

dan kan jy met my kontak maak

Marius van Niekerk
Tel/fax: 46-8-641 4408
E-mail: van.m...@stockholm.mail.telia.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Musiek

Ma., 22 September 1997 00:00

sheri

Ek het die volgende CD's as jy belangstel:
Klassic Kramer,Stuur groete aan Mannetjies Roux, Verre Lande van Andre
Michael , Songs from State of the Heart van Amanda Strydom(uitstekend),
Meer en meer en Eerste Jare van Anneli van Rooyen, Miljoen van Lucas Maree
en Hot Gates(baie goed) van Laurika Rauch en 'n paar ander.

Riana
Christchurch NZ

Musiek & liriek | 0 kommentare

Uit die Perspektief van God (vir Tim Fan)

Ma., 22 September 1997 00:00

'n Mens is maar baie dom in vergelyking met God. Dit is nie vir ons
moontlik om dinge uit die perspektief van God ( wat bo tyd en ruimte is) te
sien nie. Ons heg veels te veel waarde aan hierdie nietige en verganklike
wêreld en beskou alles wat ons hier "bereik" as die apeks (gagga! laat ek
liewer sê piek) van ons bestaan.

Ons is net bywoners. Mense op reis na die finale bestemming. Wat na die
dood gebeur is belangriker as wat in die lewe gebeur.

Pyn, oorlog, siekte is gevolg van die vrye wil van die mens en die wette
van die natuur.

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com

Geloof & kerksake | 0 kommentare

sore

Ma., 22 September 1997 00:00

My buurman kom sê vandag vir my "ons moet sore vir mekaar". ek sê ja.  Hy sê
die mens is 'n groep-gedierte. Hy sê ons het mekaar nodig. Afrikaanse mense is
te insulêr.  Elkeen worrie maar vir homself, die ander ou se probleem is nie
syne nie. ek sê nee. Dis die moderne lewe. Ek sê Afrikaners is minder so as
ander westerse volke.  Ek het al my lewe al eerder by 'n Afrikaner om hulp
aangeklop as by 'n ander een.

En die lelike deel van my dink en wie se skuld is dit nou dat jy vier kinders
het om voor te "sore". En wie se skuld is dit dat Vira nie 'n man het om mooi
vir haar of die kinders te "sore" nie.

Maar ek is net bedonnerd.  Omdat hierdie dogter van my wat more verjaar nou vir
my sê sy gaan hier aangesleep kom met dertig tieners wat deur die nag more wil
party hou. En "alternative" musiek speel. Moenie my vra wat dit is nie. Ek weet
net dis kliphard.  Ek beter nou al vriendelik met die bure gaan praat. Maar ek
staan en kook 'n enorme pot hoender-kurrie omdat die hordes mos gevoer moet
word. En worsrolletjies. En klomp ander goed.

En ergste van alles is hulle gaan my ateljee oorneem vir hulle party - dis al
lekker plek wat daar is. Ja. reg. En my werksbank is nou toegemaak.  En ek
mompel so in die kerrie-pot in, in voorbereiding vir die toespraak wat ek gaan
lewer voor die affêre begin. Laat eeeeen van hulle dit net waaaaag....!  om die
grens oor te steek wat ek gemaak het tussen my werkbank, en hulle jol-plek.
Maar hulle lag net vir my.  Ek moes voor nou getrou het.  Met die grootste ou
wat ek kon vind.  Een wat bereid sal wees om my toekoms te beskerm teen die
hordes wat gaan toesak.  Matriek seuns met karre en biere . Ek is doodbang!

En boonop 'n dogter met lang blonde hare en 'n swart leer broek.

Ek is gewoond om ma en pa en broodwinner en kok en skottelgoedwasser te wees,
soms voel dit selfs ek moet alle-dinge-vir-alle-mense wees,  maar ek was nog
nooit 'n polisieman gewees nie.  Hoe maak ek nou?????

Ek hoop maar my liewe Christen buurman "sore" so bietjie vir my, as dinge
hand-uit ruk.

Met liefde,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: sore

Ma., 22 September 1997 00:00

skryf

> Maar ek is net bedonnerd. Omdat hierdie dogter van my wat more verjaar nou vir
> my sê sy gaan hier aangesleep kom met dertig tieners wat deur die nag more wil
> party hou. En "alternative" musiek speel. Moenie my vra wat dit is nie. Ek weet
> net dis kliphard. Ek beter nou al vriendelik met die bure gaan praat. Maar ek
> staan en kook 'n enorme pot hoender-kurrie omdat die hordes mos gevoer moet
> word. En worsrolletjies. En klomp ander goed.

Sjoe. Jy is 'n beter ma as wat ek 'n pa is. My kinders
is die soort wat na jou kinders se partytjies toe sal
gaan omdat hulle weet dat hulle Pa net soveel kan vat
en nie meer nie. Waar is die beste plek om te vier -
by hou huis of ver weg daarvandaan?

> En ergste van alles is hulle gaan my ateljee oorneem vir hulle party - dis al
> lekker plek wat daar is. Ja. reg. En my werksbank is nou toegemaak.

Dis die verloop van die lewe. Ek het al 30 jaar lank
'n studeerkamer en nog net drie jaar was dit myne.

> En ek
> mompel so in die kerrie-pot in, in voorbereiding vir die toespraak wat ek gaan
> lewer voor die affêre begin. Laat eeeeen van hulle dit net waaaaag....! om die
> grens oor te steek wat ek gemaak het tussen my werkbank, en hulle
jol-plek.

Stel jou saak duidelik en wys hulle die besem wat
hulle sal inhaal as hulle nie by jou reeling bly nie.

> Maar hulle lag net vir my. Ek moes voor nou getrou het. Met die grootste ou
> wat ek kon vind. Een wat bereid sal wees om my toekoms te beskerm teen die
> hordes wat gaan toesak. Matriek seuns met karre en biere . Ek is
doodbang!

Matriek seuns is steeds nog net seuns. Hulle het
baie bravade, maar kan tog geintimideer word net
soos alle ander mense. Hulle is bv steeds bang vir 'n
ouer vrou se vorse kyk.

> En boonop 'n dogter met lang blonde hare en 'n swart leer broek.

Ag jong, sy moet ook haar punt in die lewe maak.
Een of ander tyd vind hulle identiteit in ho"er waardes.

> Ek is gewoond om ma en pa en broodwinner en kok en skottelgoedwasser te wees,
> soms voel dit selfs ek moet alle-dinge-vir-alle-mense wees, maar ek was nog
> nooit 'n polisieman gewees nie. Hoe maak ek nou?????

Laat hulle mooi verstaan dat jy ook poliesman kan
wees wat die gepeupel uit mekaar kan jaag. Dis jammer
jy het nie so twee Great Danes nie. Hulle sal elke ou
se plesier met een kyk laat afval.

> Ek hoop maar my liewe Christen buurman "sore" so bietjie vir my, as dinge

> hand-uit ruk.

Die brandweer is nogal oulik met die hantering
van oproeriges en sulke dinge. Een spuit met hulle
waterslange en mense koel vinnig af. Dis jammer
die winter is verby.

Nee wat. Moet jy nie nekommer nie. Moet net nie
soos 'n stuitige tiener meedoen nie. Hou 'n "pose"
soos hulle sê. Jou lewe hang daarvan af.

Ek hoop jy oorleef dit om weer te kan skryf.

Alles van die beste
At de lange

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

re:sore

Ma., 22 September 1997 00:00

Vira

Sterkte!!!! Ek voel vir jou sooooooo jammer. My dogter het so pas
7 geword en ek kon 'n 'opwindende' party gee by McDonalds vir 5
maats teen $5.50 elk. Jy moet dalk iets binne daardie kerrie pot
gooi om hulle stil, moeg en vaak te maak. Laat weet ons hoe dit
gegaan het.

Groete
Riana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gesels

So., 21 September 1997 00:00

Vir 'n geruime tyd lees ek gereeld die bydraes op hierdie NG. As 'n
mens ver van jou land is, raak jou moedertaal mooier, en die behoefte
daaraan, groter as ooit te vore.

Baie dankie dan vir lekker bydraes soos die seep makery en veral die
warm-dag storie van Galjoen. Veral nou wat ek op 'n klein, koue groen
eilandjie woon, terwyl ek in Suid-Wes onder die warm Afrika son groot
geword het (en later in Upington), het dit vir my meer plesier verskaf as
wat die skrywer ooit sou kon dink.

Riana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494  1495  1496  1497  1498  1499    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 17:59:15 UTC 2026