Het enigeen 'n idee waar die uitdrukking "... vir Afrika" vandaan kom?
Ek sien die ander dag 'n berig oor die nuwe uitgawe van 'n Engelse
woordeboek wat streekstaal insluit, onder meer Suid-Afrikaanse Engels. Een
van die voorbeelde:
Africa (for ...), a lot of, e.g "I can't play today, I have homework for
Africa".
Toe onthou ek dat ons op skool ook altyd die uitdrukking gebruik het, wel in
Afrikaans. Waar op aarde sou so 'n frase oorspronklik vandaan kom?

Die oom kom by die dokter met die volgende klagte: "Kyk Doktertjie, ek was
verlede maand 80. Die ou vroutjie het my so driejaar gelede ontval. Ek is
'n jaar gelede met so 'n jong dingetjie getroud, sy is nou 22, maar ons het
'n probleem, sy kan nie swanger raak nie. Het doktertjie dalk raad?"
Die dokter gee toe die volgende raad: "Oom ek dink ek weet wat oom kan
doen. Het oom in die huis 'n slaapkamer wat nie in gebruik is nie?"
Ja, die oom en sy jong vroutjie het so 'n kamer.
"Oom, dan kry jy 'n loseerder wat so iewers in die twintigs is."
"Dink doktertjie dat dit sal help?"
"Ek is seker dit sal help, oom moet dit net probeer."
Ses maande later loop die oom en die dokter mekaar in die dorp raak en die
dokter wil weet of sy raad gehelp het.
"Haai, doktertjie, baie dankie vir jou raad, die jong dingetjie is swanger,
en weet doktertjie wat, die loseerder ook."
Ek het nou regtig nie geweet daar is 'n afrikaanse nuusgroep nie. Dit is
werklik 'n voorreg om in afrikaans te gesels. Kom ons waardeer ons taal en
praat hom so lank soos wat ons kan.
Vir al ons"ingelse vrinne", dit is nie dat ons nie van engels hou nie, maar
ons is lief vir afrikaans!!!
Terwyl ek so deur hierdie nuusgroep geblaai het, wou dit vir my voorkom of
daar baie van ons afrikaanse broeders & susters oorkant die water is.
Wat 'n interresante verskynsel--- Ek sou graag met julle wou kommunikeer?!
/ Skryf gerus en laat weet hoe dit gaan.
Mooi Bly!!
Hein van Wyk/Port Elizabeth( natuurlik/Suid-Afrika)
E-Pos: he...@hinet.co.za
N.S: Wat van 'n Afrikaanse Website/ Is daar dalk iewers een op die
internet??
.