Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM????

Vr., 17 Oktober 1997 00:00

Danie Martins skryf:

> Ek is gaande oor kommunikasie. Dit fasineer my geweldig, enige soort ding
> waarmee jy met iemand ander kan kommunikeer is ek gaande oor.

> Toe ek begin bewus raak van so 'n ding soos die Internet het ek gedink dat
> hier nou 'n medium is waar ons éérs lekker gaan gesels, al praat ons dan
> ook maar nonsies met mekaar. Ek was blykbaar totaal verkeerd. Dit lyk my
> ons doen op die Net wat ons by ons huise doen.

> Lyk my ons het die
> grootste kommunikasie medium wat die mensdom nog beleef het, maar ons wil
> tog net nie betrokke raak nie.
>
> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>
> 99% het nie van hulle laat hoor nie
> .1% het terug geskryf en die ander
> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>
> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?

Liewe Danie

Ek dink jy het Internet verkeerd opgesom. Jy moet aan
Internet dink soos daardie beroemde rolprent "The good,
the bad and the ugly".

Daar is eerstens die Nuus Groepe (NG). Die meeste van hulle
is baie "oop", behalwe vir taal en onderwerp. Gelukkig het ons
die NG soc.culture.south-africa.afrikaans so oop as moontlik
gekry. Kultuur behels enigiets. Suid Afrikaners is oor die hele
wereld versprei. Ons skryf in Afrikaans op die NG, of mense
kan in enige taal oor iets skryf wat Afrikaanses raak.

Maar op hierdie NG, soos meeste ander, is dit nie maklik om
'n interpersoonlike verhouding te skep nie, want "the good,
the bad and the ugly" is altyd teenwoordig. Tog moet 'n mens
dit probeer doen, al is dit net om te leer hoe om met almal klaar
te kom.

Daar is ook die sogenaamde poslyste oor een of ander onderwerp.
Hulle is veel minder oop. Hulle doel is om "the bad and the ugly"
buite te hou. Maar ongelukkig is hulle idee van "the good" nie
altyd so goed nie. Ek persoonlik hou van geen poslys waarin daar
nie 'n leerkultuur bestaan nie. Gevolglik is daar maar 'n handjievol
poslyste wat ek leersaam vind en waaraan ek graag deelneem.

Dis 'n bietjie makliker op 'n poslys as op 'n NG om 'n
interpersoonlike verhouding te skep. Maar iets wat 'n mens nie
op 'n poslys moet doen nie, is om ander mense se tyd te mors.

Dan is daar ook die sogenaamde tuisbladsye op die Web. Baie
mense gebruik 'n tuisblad om hulleself bekend te stel. Party van
hulle nooi ook die besoeker uit om te skryf as hulle geinteresseer
geword het deur die bekendstelling. Eers dan kan interpersoonlike
kommunikasie begin vorm aanneem.

Die mees aangewese medium vir interpersoonlike kommunikasie
is private epos. Die woord "privaat" is uiters belangrik. 'n Mens
moet nooit ongevraag iemand anders se epos indring nie. 'n Mens
moet ook as iemand jou versoek om nie meer epos te stuur nie
hierdie versoek respekteer. Dit is moontlik om talle hegte
interpersoonlike verhoudings met epos te skep. Steeds bly respek
vir die ander pary die wagwoord.

Alles van die beste
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Jaapie

Vr., 17 Oktober 1997 00:00

ferd...@icon.co.za (Koos) wrote:

> On Thu, 16 Oct 1997 13:56:47 +0800, "Peter McKenzie"
> wrote:

> I would guess it comes from the fact that Japie was actually a popular
> name among Afrikaners. A bit like calling Australians "Bruce" or
> "Shiela".

I always connected it to sheep. As in the popular Australian
Afrikaans lullaby,

Japie my skapie
Ek verlang na jou

There's also a bit about the kalkoentjies but I am not sure whether
all our readers are over 18

A

> A "Plaasjapie" (directly translated "Farm-japie") was also the name
> for someone without city skills and sophistication. Among Afrikaners
> "plaasjapie" was popularly used in this way.

> This coupled with the fact that Afrikaners in the 1st part of this
> century were very rooted in farm and country life, probably led to
> Afrikaners being called Japies.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

TUISBLAD ONTWERP

Do., 16 Oktober 1997 00:00

Hallo,

Indien jy dit ooit oorweeg om met 'n eie tuisblad te begin en jy wil graag
inligting bekom OF jy soek iemand om sommer alles vir jou te doen, dan sal
ek baie graag help. Ek is selfs bereid om dit GRATIS te doen. Tuisbladsye
is my stokperdjie.

Jy kan vir my skryf by: dm...@global.co.za

OF

Eers vir myne gaan kuier by: http://www.global.co.za/~pretblad

Laat jy vandag net lekker wees,

Groete

Danie

Stokperdjies & kunsvlyt | 0 kommentare

AFRIKAANS ON PC

Wo., 15 Oktober 1997 00:00

Can someone please tell me what computer keys to use to create the /\
above the letter e in some Afrikaans words? Thanks.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Re:Afrikaans op PC

Wo., 15 Oktober 1997 00:00

Alt 136

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

DIE AUSTRALIESE VLIEG............

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Die van julle wat liggeraak is oor "kru" woorde moet tog
maar nie verder lees nie asseblief!

Soos julle weet is vlieë 'n groot las in Australie.
Die rede waarom kurkproppe van die argetiepiese Australier se hoed afhang
is om die vlieë weg te jaag, (soos 'n bees se stert).
Ek gesels onlangs met vriende en een vertel toe waarom die
vliee die heeldag om jou bly hang: Hulle dink die mens is soos enige
ander dier, en dat hy een of ander tyd gaan skyt.
Ons maak toe onmiddelik grappies daaroor: miskien moet mens 'n sak beesmis
saamdra, en dan elke nou en dan 'n miskoek uitgooi - dalk sal hul jou
dan uitlos!. In elk geval:

Die Australiese vlieg
---------------------
In die land van kangeroe en bloekomboom
oral waar daar geur uit drolle stoom
My voorsate kom van ver:
nog lank voor skape bler,
vanuit aboriginie se neus en oog
tot waar bandiet sy baba soog

Ek is die kroonprins van Australia:
ek sit op kak, en sing 'n aria!
Vandaar gaan sit ek op 'n lip
ek wil by Bruce se mond in glip!
Dis geen wonder sy Aus-aksent is swaar
As hy sy mond oopmaak is ek daar!
Heeldag hang ek om hom rond,
en wag op pis of stront
ek weet hy's te lui om my te slaan
daarom is ek kaatjie van die baan
Vir niks en niemand is ek bang!
nie eers vir proppe wat van hoed af hang.

oral waar daar sweet af tap:
(die son is warm, dis geen grap)
van outback tot op krieketvelde,
Ons is australie se vuilgat helde!
Makie sakie: kangeroe, skaap of hond,
wit of swart, stront is stront!
Die kakhuis is ons vrugteboort
teen die vensters zoem ons voort

By die sifdeur wag ons heeldag lank
in die hoop op spys en drank
ons sit solank op hond se bal
die deur is oop, nou gaan dit mal:
Sheila kook met kos en spys
ons wil haar 'n ietsie wys
Ons vryf ons pootjies af en skyt
bederf haar kos en hou jolyt
Van Bruce se bier kry ons vog
Sheila sug en skink maar nog !

Ons hoor hier kom Afrikaners aan,
om 'n nuwe weg te baan
Come lets go old mate,
sal ons op hul kos gaan skyt ?
Die kos uit hul kombuis ruik heerlik
om daar te poef - dis begeerlik
Toe ons nog wonder wat
sien my maat sy gat:
O aarde hiers 'n ratse plak,
nie in DIE huis kak !
eerder weer na 'n aussie huis
dis veiliger in HUL kombuis.

---------------------

vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

her: slawerny

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Ek sien julle punt, en stem saam, tog kan
mens nie kwalik geneem word as jy soms
net mooi keelvol is van mense wat jou
stomslaan met hul hipokrasie.

Ek besef dat ek mense woedend gemaak
het met my uitlatings, maar hoe dink julle
voel ek soms ?

Ek is werklik 'n uitgeworpene in my eie
samelewing, dis nie selfbejammering nie,
net bewustheid daarvan.

groete
Vyg Fynbos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans op die web!

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Hi almal,

As julle soos ek is, is julle seker almal op soek na so bietjie Afrikaans
op die net. Vir die beste blad oor Celine Dion in Afrikaans gaan kyk na
http://www.celine-dion.net en volg net die skakel!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GRATIS DIENS!

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Ek het 'n oulike nuwe diens raakgeloop, jy kan hier gratis baniere plaas op
die web.

Dit is blykbaar deel van 'n internasionale besigheid wat 10 miljoen
advertensies (dit moet seker wees baniere) per maand plaas.

Kyk by http://south-africa.hyperbanner.net

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Re: WHITE Slavery vs. The Atlantic Slave Trade: PART II

Di., 14 Oktober 1997 00:00

André schreef...
> Waar kry hierdie mopkop al die tyd om die snert uit te dink?

Asar2001 zet je in ieder geval wel aan het denken. Vooral zijn overdenking
over waar Europa nu zou zijn indien een Aziatische grootmacht in de vroege
middeleeuwen de slavenhandel zou hebben bevorderd vind ik interessant (al
hoort dit waarschijnlijk meer thuis in alt.history.what-if). Hij haalt ook
netjes zijn bronnen aan.

Arthur.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 00:52:12 UTC 2026