Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » INTERNET VERKEERD OPGESOM????
INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11051] Vr, 17 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Danie  is tans af-lyn  Danie
Boodskappe: 83
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Liewe Internet vriende,

Ek wil vandag 'n paragraaf of twee skryf oor iets wat ek lankal op die hart
het.

Ek is gaande oor kommunikasie. Dit fasineer my geweldig, enige soort ding
waarmee jy met iemand ander kan kommunikeer is ek gaande oor.

So 'n klompie jare gelede was ons vir 'n ruk lank in die era van Burgerband
radio's. Ons het baie nonsies gepraat, maar ons was 'n lekker klomp
bymekaar. Wanneer jy op reis was dan het jy langs die pad sommer met enige
ou gesels, oor enige onderwerp. Dit was lekker al het ons baie twak
gepraat.

Toe ek begin bewus raak van so 'n ding soos die Internet het ek gedink dat
hier nou 'n medium is waar ons éérs lekker gaan gesels, al praat ons dan
ook maar nonsies met mekaar. Ek was blykbaar totaal verkeerd. Dit lyk my
ons doen op die Net wat ons by ons huise doen. Rondom die erf is 'n
tweemeter hoë muur. By die ingang is daar 'n staalhek wat met 'n geweldige
slot gesluit kan word. Wat buite of by my buurman gebeur, gaan my nie aan
nie. As daar 'n groot vragmotor by sy huis stilhou en sy meubels begin
inlaai, terwyl hy en sy vrou by die werk is, sal ek liewers nie hulp
ontbied nie, want ek wil tog net nie betrokke raak nie. Lyk my ons het die
grootste kommunikasie medium wat die mensdom nog beleef het, maar ons wil
tog net nie betrokke raak nie.

Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
instaat was.

99% het nie van hulle laat hoor nie
.1% het terug geskryf en die ander
.9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.

Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?

Jy kan aan my persoonlik skryf of jy kan jou eerlik mening op die
nuusgroepe skryf. Ek sal enige kommentaar vat soos 'n man.

Soos 'n ou vriend altyd gesê het: Laat jy nou net lekker wees,
mooi bly,

Danie Martins
dm...@global.co.za
http://www.global.co.za/~pretblad
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11058 is 'n antwoord op boodskap #11051] Sa, 18 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Herma  is tans af-lyn  Herma
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Haai Danie,

As jy na nuwe vriende en lekker CB-tipe geselskap soek, is email aan vreemde
mense nie die regte benadering nie. Probeer gerus IRC (internet relay chat),
ek dink dit is meer wat jy in gedagte het. Die maklikste manier om te begin
IRC is met die Microsoft Comic Chat program, wat jou outomaties sal connect
met die irc.msn.com chat server. Wees voorbereid om vir 'n week of wat deur
'n klomp simpel chatrooms te surf totdat jy een vind waar die mense "jou
taal praat", en selfs daar het jy geduld nodig tot die mense jou leer ken
voordat hulle lekker met jou sal gesels. Dit help nie om vir 10 minute te
lurk in 'n groep en dan te sê "bogger julle, julle wil dan nie met my praat
nie".
Ek het meer as 'n jaar gelede begin "chat" en was gelukkig om binne die
eerste week 'n groep te vind waar ek heeltemal tuis voel. In die afgelope
jaar het ek vriendskappe gevorm met mense van Australië en die VSA, en ons
gesels omtrent elke dag met mekaar, stuur vir mekaar pakkies deur slakkepos,
ens.
Daar is ook niks wat jou verhoed om 'n Afrikaanse chatroom te begin nie,
daar is party dae een op die comic chat server, maar om 'n ander taal in 'n
Engelse groep te gebruik, word natuurlik as baie ongeskik beskou.

Danie Martins wrote in article ...
> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>
> 99% het nie van hulle laat hoor nie
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11059 is 'n antwoord op boodskap #11051] Sa, 18 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap

Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11084 is 'n antwoord op boodskap #11051] Wo, 22 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jasper  is tans af-lyn  Jasper
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Henri

Jy sit die pot mis met die definisie van spam gaan kyk by
news.announce.newuser. Spam is nie advertensies en ongemagtigde epos per se
nie, maar eerder *herhaling* van dieselfde boodskap of dit nou advertensie
is of nie. SPAM word baiemaal voorgehou as geldige pos en die afsenders sit
gewoonlik klein variasies in die boodskappe sodat spam-bots (bot = rekenaar
program) dit nie automaties verwyder nie.

Interessant, ek het altyd gedink spam kom van Spam (amper soos boelie bief)
hitting the fan, maar dit kom in werklikheid van 'n Monty Python skets van
'n restaurant wat meestal Spam verkoop. Die kelnerin het die menu so opgsê:
Spam, Spam, Spam, ham, eggs and Spam (of so iets). Duidelik is herhaling
die punt wat oorgedra word deur die naam spam toe te ken aand hierdie
verskynsel

Danie, jy kan gerus ook by die nuusgroep baie waardevolle inligting kry
news.answers en die groep hierbo.

Jasper
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11374 is 'n antwoord op boodskap #11051] So, 16 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het na so 'n jaar enkele "vriende" op die internet gemaak en seker
ook al 'n duisend vyande. Mens moet maar die kat goed uit dit die boom
kyk. Groetnis en voorspoed. Terloops, ons is nog nie "vriende" nie.

dewald

On 17 Oct 1997 06:58:29 GMT, "Danie Martins" wrote:
>
> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
> instaat was.
>
> 99% het nie van hulle laat hoor nie
> .1% het terug geskryf en die ander
> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>
> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
>

> Danie Martins
> dm...@global.co.za
> http://www.global.co.za/~pretblad
>
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11398 is 'n antwoord op boodskap #11051] Ma, 17 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Klink vir my hulle het gedink jy het "junk mail" of n variasie van
kettingbriewe aan hulle gstuur.

Op die Internet kan n mens natuurlik terugantwoord as jy dit verkies.

Ek het een keer my moer so gestrip vir junk mail dat ek die bestuurder
van die onderneming gebel het. Sy sekr. het gevra wat die aard van my
besigheid is. Toe se ek "persoonlik". Hulle sit jou dan gewoonlik deur
want dit kan enigiets van die polisie tot die hospitaal of sy kind se
skool wees.

Toe hy antwoord toe se ek: "This is a junk telephone call. It is not
important. I just wanted to get your attention. Good bye."

Die ou was de wetter in. Maar nie so kwaad soos ek was daai oggend
nie. Jare se junk mail het iets in my laat snap.

Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie
vreemde
>> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
>> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
>> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
>> instaat was.
>>
>> 99% het nie van hulle laat hoor nie
>> .1% het terug geskryf en die ander
>> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>>
>> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
>>
>
>> Danie Martins
>> dm...@global.co.za
>> http://www.global.co.za/~pretblad>>
Re: INTERNET VERKEERD OPGESOM???? [boodskap #11449 is 'n antwoord op boodskap #11051] Do, 20 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Lomaxx  is tans af-lyn  Lomaxx
Boodskappe: 2
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ja

dewald wrote in message ...
> Ek het na so 'n jaar enkele "vriende" op die internet gemaak en seker
> ook al 'n duisend vyande. Mens moet maar die kat goed uit dit die boom
> kyk. Groetnis en voorspoed. Terloops, ons is nog nie "vriende" nie.
>
> dewald
>
> On 17 Oct 1997 06:58:29 GMT, "Danie Martins"
> wrote:
>>
>> Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
>> ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
>> aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
>> het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
>> instaat was.
>>
>> 99% het nie van hulle laat hoor nie
>> .1% het terug geskryf en die ander
>> .9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
>>
>> Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
>>
>
>> Danie Martins
>> dm...@global.co.za
>> http://www.global.co.za/~pretblad
>>
>
Vorige onderwerp: Re:Afrikaans op PC
Volgende onderwerp: Afrikaanse woordeboek van rekenaarterme
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:09:25 MGT 2024