Ek volg nou al 'n hele rukkie julle redenasies in en om apartheid.
Toegegee, dis baie interessant om almal se verskillende standpunte en
opinies te lees.
Ek het die volgende Engelse boek gelees en dit het my gehelp om 'n eie
opinie te vorm, wat ongelooflik verskil van my vorige opinie:
Waiting for the Barbarians deur J.M.Coetzee
Ek besef elkeen van julle het al vaste idees gevorm, maar miskien maak
dit julle oë oop...
Ek wil net graag vir almal sê dat dit nie bloot net anderskleuriges is
wat swaargekry het deur apartheid nie, maar blankes ook.
Tog is ek bly ek is in Suid-Afrika en ek verkies eerder om hier te bly
as op enige ander plek!!!!!!
Key Bored wrote in message ...
> is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
> was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
> inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
> politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het
Verkeerd. Dit was die internasionale gemeenskap wat dit afgedwing het. Nie
die oorspronklike inwoners nie. As die blanke bevolking regtig wou, sou
hulle SA baie vinnig in 'n tweede Duitsland kon verander en al wat 'n anders
kleurige is kon uitroei.
daardie
> oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
> teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
> grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
> proses.
So wat is die verskil? Vertel my hoe dit hier makliker gaan wees om 'n
plaas wat vir 200 of 300 jaar in familie besit was, weg te vat? Of self '
plaas wat vir R100 000 gekoop is en net vir 'n jaar besit is. Hoe gaan jy
dit van die huidige eienaar af terug kry?
>
Paar gedagtes vir Leendert oor die WVK en oor koerante.
1. Die WVK het getuienis oor die ANC-kampe aangehoor. Dit was tydens
hul sitting in Die Fort in Johannesburg.
2. Die kwessie van die kampe val eintlik buite die raamwerk van die
WVK aangesien een van die hoofdinamieke van die WVK is om kwytskelding
van siviele of kriminele aanklagte te gee wat kan spruit uit dade
gepleeg in die stryd om apartheid.
Die kampe was in Angola. Eise en sake sal dus daar setel en die SA
kwytskelding geld nie vir ander lande nie.
3. Sake wat nie aangehoor is nie (en een waaraan ek vinnig kan dink in
Constand Viljoen se rol in die AWB se vandalisering en aanrandings in
die World Trade Center tydens die onderhandelinge vir n
oorgangsgrondwet) is eenvoudig nie onder die WVK se aandag gebring
nie.
Want die WVK werk so: As jy voel jy was n slagoffer of as jy voel jy
wil namens slagoffers optree, dan gaan jy na hulle toe en vertel wat
met jou gebeur het of wat met die mens gebeur het waaroor jy wroeg en
vra dat hulle dit moet ondersoek.
So, Leendert, as dit jou grief dat sekere dinge nie ondersoek is nie,
wel, jy het nie gevra dat dit gedoen moet word nie. So jy voel seker
nie rerig baie diep daaroor nie, ne?
(Vir tuiswerk oor die vakansie, Leendert, kan jy gerus gaan na
www.truth.org.za Dis die WVK se webblad.)
Koerante:
1. Beeld steun die WVK. En het dit nog deurentyd gesteun. En doen dit
steeds. Jy kan talle hoofartikels daaroor gaan opsoek in jou vakansie.
(Hier is nog tuiswerk: Dink oor die verskil tussen n instelling steun
en van tyd tot tyd kritiek op hom lewer rakende sekere aspekte van sy
optredes.)
Dan ook Viljoen: Ek sal die spanning vir jou verlig - Viljoen se
aansoek om amnestie is NIE geweier nie.
Daar is by the way interresante gemeenskaplikhede in sowel Modise as
Viljoen se aansoeke, verneem ek.
Albei het algemene amnestie gevra vir dade wat uit politiek spruit.
Modise het nie spesifieke dade iwat spruit uit MK-optredes genoem nie
(lees hier kampe).
Viljoen het nie spesifieke dade wat spruit uit die SAW genoem nie
(lees hier n aantal dinge wat kan wissel van optredes oor die grens
tot militere intelligensie).
Ons "deep throat" uit Beeld beweer, onder andere, dat die WVK meer
aanvaarding onder Afrikaners gevind het in die afgelope jaar.
Die volgende reeks redaksionele kommentare uit Beeld oor die afgelope maande
suggereer anders. Dit lyk eerder asof daar 'n tendens in die teenoorgestelde
rigting is:
********************************
'NGK en WVK' - 14 Oktober 1997
Die besluit van die Wes- en die Suid-Kaapse sinode van die NG Kerk om 'n
voorlegging aan die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) te doen, lui 'n
nuwe era binne die NG Kerk in.
Tot nog toe wou geeneen van die NG Kerk se streeksinodes so 'n voorlegging
doen nie.
Ook die algemene sinodale kommissie (ASK) van die NGK het teen so 'n stap
besluit. Die ASK het wel 'n stuk laat opstel wat as Op Reis met Apartheid
gepubliseer is, maar dit is nie gedoen met die uitsluitende oogmerk om dit
aan die WVK te stuur nie, hoewel 'n eksemplaar daarvan wel aan die kommissie
gestuur is.
Die besluit van die Wes- en die Suid-Kaapse sinode van die NG Kerk beteken
dat hy geloofwaardigheid gee aan die WVK en hom nie, soos baie ander, afmaak
as 'n lieg-en-bedriegkommissie nie.
Dis noodsaaklik dat hierdie kommissie geloofwaardigheid het. Dat hy nou
groter geloofwaardigheid kry juis as gevolg van wat Afrikaanse instellings
doen, is betekenisvol. Die AHI doen ook 'n voorlegging.
Want hoe meer geloofwaardigheid die WVK kry, hoe groter is sy
verantwoordelikheid om te sorg dat hy sê optree dat hy aanstaande jaar 'n
verslag kan uitbring wat ook geloofwaardig is. Gebeur dit nie, was die hele
oefening om die waarheid te hoor en versoening te bewerkstellig tevergeefs.
As die NG Kerk in die nuwe Suid-Afrika relevant wil bly, mag hy sy
verantwoordelikheid vir sy eie versuim in die verlede nie ontwyk nie.
Hopelik sal ander sinodes van die NG Kerk die voorbeeld van die Wes- en die
Suid-Kaapse sinode volg en ook getuig. Nie bieg nie.
As hulle die moed het om dit ondubbelsinnig te doen, sal hulle die NGK se
eie geloofwaardigheid 'n welkome inspuiting gee.
'Regters, WVK' - Oktober 23, 1997
Die feit dat vyf van die mees senior regters in die land bereid was om 'n
skriftelike voorlegging aan die WVK te doen, maar verkies om nie persoonlik
voor hom te verskyn nie, moet in die regte perspektief gesien word.
Hoofregter Ismail Mahomed voer onder meer aan mondelinge getuienis voor die
WVK kan die onafhanklikheid van die regbank ondermyn.
Daarvoor het Beeld begrip. Die waardigheid van so 'n allerbelangrike
instelling behoort nie aangetas te word nie, in elk geval nie waar regters
sleg voor stok gekry kan word oor hul regsuitsprake van jare gelede nie.
Regters moet regspraak lewer kragtens die parlement se wette. Dit was maar
eers met die totstandkoming van die konstitusionele hof dat die beginsel
ingevoer is dat 'n hof 'n wet ongedaan kan maak.
In die ou bedeling kon regters hoogstens wys op onregverdige wette - en van
hulle het dit soms gedoen.
Die vraag is natuurlik of 'n openbare verskyning voor die WVK deur 'n regter
hoegenaamd verskil van 'n verskyning deur 'n P.W. Botha en 'n F.W. de Klerk.
'n Onderskeid kan seker gemaak word, omdat die WVK nie net met die
blootlegging van die waarheid oor die verlede te doen het nie, maar ook met
versoening. Wat Botha betref, het Beeld juis al die standpunt gestel dat die
WVK liewer 'n ander manier moet probeer vind as om hom met 'n dagvaarding
voor die WVK te sleep. Pres. Nelson Mandela sal byvoorbeeld seker nooit voor
die WVK gedaag word of uit eie beweging daar verskyn nie.
Wat is per slot van rekening die doel van die WVK? As dit primêr is om so
volledig moontlik 'n prentjie van die verlede te skets en dan die boek toe
te maak, kon daar seker sonder ongemaklike situasies soos die bogenoemde
klaargekom word. As al die fynste besonderhede egter benodig word, sal elke
ander moontlike betrokkene ook WVK toe moet gaan.
Maar dan sal die WVK sy werk nooit kan klaarkry nie.
'n Verlore kans - November 15, 1997
Suid-Afrikaners wat hul hoop stel op 'n nasionale konsensus oor die land
se toekoms sal nogal teleurgesteld wees na vandeesweek se sitting van die
WVK oor die sakesektor.
Veral tussen die sakegemeenskap en Cosatu het 'n skynbaar onoorbrugbare
kloof geblyk. Dit laat 'n mens wonder: as twee sulke belangrike pilare van
die burgerlike samelewing so ingrypend verskil oor die verlede, hoe op aarde
sal hulle ooit saamstem oor die toekoms?
In die goeie ou SA tradisie sal hulle wel oor en weer die skuld op mekaar
pak. Cosatu se standpunt - soos dit inderdaad die geval was voor die
kommisie - sal wees dat besigheid die waarheid martel met sy standpunt dat
hulle nie gebaat het by apartheid nie.
Dis nie 'n totaal ongegronde verwyt nie. Al was daar uitsonderings, o.m. die
van die Afrikaanse Handelsinstituut, was die algemene trant van die
sakegemeenskap voor die WVK een van verontskuldiging en regverdiging.
Dit sou soveel beter gewees het as meer woordvoerder van besigheid reguit en
sonder kwalifikasie gesê het: ons ís bevoordeel en ons hêt uitgebuit, veral
in die mynbedryf. Erkennings van versuim ís gedoen, maar het nie sterk
genoeg deurgekom nie.
Cosatu het natuurlik daarop gekapitaliseer (!) en die sakegemeenskap in
ongebreidelde, emosionele taal aangepak. Cosatu het seker nie gehoor wat
pres. Mandela twee weke gelde vir Moeammar Ghadaffi gesê het nie: in die
wêreld van vandag, het leiers 'n verantwoordelikheid om hul taal te matig.
Baie mense sal vra waarom niemand Cosatu gekonfronteer het met die skendings
van menseregte wat in sy stakings in die 80's gepleeg is nie. Toe ou mense
wat nie wou wegbly en staak nie, gedwing is om seeppoeier en kookolie te
eet. En sogenaamde kollaborateurs vermoor is.
Nederigheid en skaamte hieroor sou nie onvanpas gewees het nie.
Dis begryplik dat Cosatu kwaad is omdat besigheid weggeskram het van
ruiterlike erkennings. Maar as Cosatu werklik groots was, sou hy erkenning
gegee het aan die erkennings wat besigheid wel gedoen het.
Want dít sou die aanknopingspunt kon wees vir die gesprek oor die nasionale
konsensus. 'n Kans is verlooor - wat maar net nog harder werk vir die
idealiste en die vasbyters beteken.
Amnestie - Desember 2, 1997
Die negatiewe reaksie op die reeks amnestieaansoeke wat die WVK pas
goedgekeur het, is geen verrassing nie.
Veral die op die amnestie wat verleen is aan Trevor Tutu, aartsbiskop
Desmond Tutu se weerspannige seun. Nie omdat sy van Tutu is nie. Almal wat
die aartsbiskop ken, aanvaar dat hy hom nie ingemeng het om sy seun te
bevoordeel nie.
Maar was die jonge Tutu ewe onkreukbaar in wat hy in sy amnestieaansoek gesê
het? Min mense kan byvoorbeeld onthou dat hy destyds, toe hy verhoor is
omdat hy die lugvaartwette met 'n bomdreigement oortree het, aangevoer het
hy tree op met 'n politieke motief.
Al voldoen Trevor Tutu se aansoek aan die letter van die wet, moes die WVK
meer bedag daarop gewees het dat sy besluit skietgoed sal gee aan diegene
wat glo die WVK is erg bevooroordeeld. Blootlegging van die dokumente oor
Tutu jr. se aansoek word nou noodsaaklik.
Die toestaan van amnestie aan politieke leiers soos adj.-pres. Thabo Mbeki,
Joe Modise en Mac Maharaj en Pallo Jordan laat eweneens die wenkbroue lig,
al is daar dalk goeie redes daarvoor. Dit lyk of hulle as politici amnestie
gevra het vir hul aandeel in die dade wat die voetsoldate in die "gewapende
stryd" gepleeg het en wat neergekom het op die skending van menseregte.
Dis insiggewend dat sekere leiers van die Vryheidsfront op dieselfde
grondslag amnestie gevra het. Maar waarom is die VF-aansoek nie so vinnig
goedgekeur as die van die ANC nie? En wat nou gemaak met die NP-leiers?
Die ANC-leiers se amnestieaansoeke is dalk politieke propaganda om te wys
die struggle se leiers het nie die voetsoldate in die steek gelaat nie -
anders as wat die persepsie is van wat in die NP-kamp gebeur het.
Ook in die geval het die WVK geen ander keuse as om volledig oop kaarte te
speel nie.
Twee mate - Desember 3, 1997
Omdat sy optrede jeens lede van die regering opvallend verskil van die wyse
waarop hy huidige en gewese lede van opposisiepartye benader, knou die
Waarheid-en-Versoeningskommissie sy geloofwaardigheid ernstig.
Die amnestieproses is hier ter sprake, al kan dit nie in elke opsig vergelyk
word met dit wat tot sover gebeur het om die waarheid oor Suid-Afrika se
apartheidsverlede bloot te lê nie. Die groot publiek let nie noukeurig op
fyn verskille nie. Vir die gewone man word die persepsie net verder gevoed
dat die WVK met twee mate meet.
F.W. de Klerk sê hy kan sekere besonderhede nie onthou nie. Albertina Sisulu
se geheue laat haar oënskynlik ook in die steek. Maar oor De Klerk is daar
groot verontwaardiging wat selfs voor joernaliste en TV-kameras uitgestort
word - terwyl daar geen druk op Sisulu uitgeoefen word nie.
P.W. Botha, 'n gewese staatshoof wie se kragte aan die afneem is, word
gedagvaar en gedreig.
Ook iemand soos genl. Magnus Malan word met regskrag tot verantwoording
geroep. Maar 'n baie makliker uitweg is die huidige bewindhebbers beskore.
Adj.-pres. Thabo Mbeki en ANC-ministers Joe Modise, Dullah Omar, Pallo
Jordan, Alfred Nzo en Mac Maharaj verkry amnestie nadat hulle elkeen slegs
verwys het na 'n ANC-verklaring oor die gewapende stryd. Geen besonderhede
word verskaf oor spesifieke dade waarvoor amnestie gevra word nie - terwyl
die volle waarheid van Botha en Malan-hulle geëis word.
Intussen word ook groot aandag gegee aan Winnie Madikizela-Mandela se
verlede.
Beeld pleit allermins dat sy deur die WVK in watte toegedraai word. Maar een
vraag kan nie vermy word nie: Sou die WVK haar met dieselfde ywer gepak het
as sy nie nou in onguns by die ANC-hiërargie was nie?
> Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
> toe, want julle "trespass" daar in Afrika.
>
> Hjalmar
> ________
>
Nee, hulle hoef nie terug te gaan nie.
Maar hulle moet net nie maak of die
land aan hulle alleen behoort, soos
daardie apartheidsvarke gedoen het nie.
Ook, as jy 'n immigrant in Kanada is,
moet nou nie, soos jy, dink die land
behoort aan jou en jou trawante alleen,
om te verdeel en af te stig soos julle
goeddink nie. Julle is sommer net 'n
klomp opruiers.
Gloudina
-----------------------------------------------------------
Hoekom redeneer julle twee nie op die Kanada nuusgroep oor julle nuwe land
nie?
Dis erg genoeg dat die ander ons hier duld so laat ons hulle nou nie
verveel met stories oor ons nuwe lande nie.
> Hoekom redeneer julle twee nie op die Kanada nuusgroep oor julle nuwe land
> nie?
>
> Dis erg genoeg dat die ander ons hier duld so laat ons hulle nou nie
> verveel met stories oor ons nuwe lande nie.
Nee, magtig, Riana!
Dis alles behalwe vervelend - dis erg insiggewend, in verskeie opsigte.
Ek meen. Gloudina het nou al vir ons vertel dat Kanada 'n plek is waar
Neo-Nazis gekweek word (nie dat dit nuus is nie, maar so uit die perd se
bek).
Buitendien. Anna M Louw het so 'n ruk gelede verklaar dat sy, onder die
huidge regering, nie meer 'n vaderland het nie. Onder andere impliseer dit
dat Afrikaners wat soos sy voel, nou wêreldburgers is en eweveel belang by
Kanada het as by Suid-Afrika.
Nee wat! Laat ons nie te parogiaal wees oor hierdie sake nie :-)
En so terloops Vira: Lyk my nie jy weet lekker hoe werk die 'system' nie.
Hoekom 'n werkspermit uitneem vir R500 as jy vir jou 'n RSA ID-boek kan
koop, met 'n nuwe naam, geboortedatum en die werke vir R300?
Maar gelukkig is ek een van daai varke wat dit nie laaik om te staan en kyk
nie. Die gat waarvan ek weet gaan toe gestop word. Dis seker onnodig om
die kleur van die gat te spesifiseer nie.
December 10, 1997
CHURCH FREEDOM LIMITED BY "COUNSELLING" AMENDMENT
Religious freedom is seriously compromised by the recent dictatorial
amendment to the Medical and Dental Act. This amendment seeks to make
counselling the domain of psychologists alone and will criminalise any
pastoral counselling which takes place outside of denominational
structures.
In commenting on the amendment, Prof Jan van Arkel, of the Department of
Practical Theology at UNISA, said that counselling will only be possible
within denominational structures as part of their worship but is virtually
forbidden when it involves people outside of the church. He is concerned
about the "imperialistic" attitude of the Professional Board of
Psychologists who require pastoral counselors to be registered as
"assistant psychologists" with the Board. The vast amount of counselling in
South Africa has always been pastoral - psychologists have played a minor
part. Since when has counselling become their domain?
It is ironical that while the 50 years since the Universal Declaration of
Human Rights is being celebrated in South Africa the basic rights of
religious freedom and freedom of association are being severely compromised
by this autocratic law. Where is South Africa's "moral high-ground" which
Dr Barney Pityana boasts of?
Christians for Truth, consisting of 85,000 members, calls on Government to
revoke this anti-freedom law if it is serious about human rights.
For more information contact: Rev F. Sibisi or Rev K.Olsen at 032 - 4815512
or 031 - 3058380 (business hours)