Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Beeld en die WVK

Do., 11 Desember 1997 00:00

Ons "deep throat" uit Beeld beweer, onder andere, dat die WVK meer
aanvaarding onder Afrikaners gevind het in die afgelope jaar.

Die volgende reeks redaksionele kommentare uit Beeld oor die afgelope maande
suggereer anders. Dit lyk eerder asof daar 'n tendens in die teenoorgestelde
rigting is:

********************************

'NGK en WVK' - 14 Oktober 1997

Die besluit van die Wes- en die Suid-Kaapse sinode van die NG Kerk om 'n
voorlegging aan die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) te doen, lui 'n
nuwe era binne die NG Kerk in.
Tot nog toe wou geeneen van die NG Kerk se streeksinodes so 'n voorlegging
doen nie.
Ook die algemene sinodale kommissie (ASK) van die NGK het teen so 'n stap
besluit. Die ASK het wel 'n stuk laat opstel wat as Op Reis met Apartheid
gepubliseer is, maar dit is nie gedoen met die uitsluitende oogmerk om dit
aan die WVK te stuur nie, hoewel 'n eksemplaar daarvan wel aan die kommissie
gestuur is.
Die besluit van die Wes- en die Suid-Kaapse sinode van die NG Kerk beteken
dat hy geloofwaardigheid gee aan die WVK en hom nie, soos baie ander, afmaak
as 'n lieg-en-bedriegkommissie nie.
Dis noodsaaklik dat hierdie kommissie geloofwaardigheid het. Dat hy nou
groter geloofwaardigheid kry juis as gevolg van wat Afrikaanse instellings
doen, is betekenisvol. Die AHI doen ook 'n voorlegging.
Want hoe meer geloofwaardigheid die WVK kry, hoe groter is sy
verantwoordelikheid om te sorg dat hy sê optree dat hy aanstaande jaar 'n
verslag kan uitbring wat ook geloofwaardig is. Gebeur dit nie, was die hele
oefening om die waarheid te hoor en versoening te bewerkstellig tevergeefs.
As die NG Kerk in die nuwe Suid-Afrika relevant wil bly, mag hy sy
verantwoordelikheid vir sy eie versuim in die verlede nie ontwyk nie.
Hopelik sal ander sinodes van die NG Kerk die voorbeeld van die Wes- en die
Suid-Kaapse sinode volg en ook getuig. Nie bieg nie.
As hulle die moed het om dit ondubbelsinnig te doen, sal hulle die NGK se
eie geloofwaardigheid 'n welkome inspuiting gee.

'Regters, WVK' - Oktober 23, 1997

Die feit dat vyf van die mees senior regters in die land bereid was om 'n
skriftelike voorlegging aan die WVK te doen, maar verkies om nie persoonlik
voor hom te verskyn nie, moet in die regte perspektief gesien word.
Hoofregter Ismail Mahomed voer onder meer aan mondelinge getuienis voor die
WVK kan die onafhanklikheid van die regbank ondermyn.
Daarvoor het Beeld begrip. Die waardigheid van so 'n allerbelangrike
instelling behoort nie aangetas te word nie, in elk geval nie waar regters
sleg voor stok gekry kan word oor hul regsuitsprake van jare gelede nie.
Regters moet regspraak lewer kragtens die parlement se wette. Dit was maar
eers met die totstandkoming van die konstitusionele hof dat die beginsel
ingevoer is dat 'n hof 'n wet ongedaan kan maak.
In die ou bedeling kon regters hoogstens wys op onregverdige wette - en van
hulle het dit soms gedoen.
Die vraag is natuurlik of 'n openbare verskyning voor die WVK deur 'n regter
hoegenaamd verskil van 'n verskyning deur 'n P.W. Botha en 'n F.W. de Klerk.
'n Onderskeid kan seker gemaak word, omdat die WVK nie net met die
blootlegging van die waarheid oor die verlede te doen het nie, maar ook met
versoening. Wat Botha betref, het Beeld juis al die standpunt gestel dat die
WVK liewer 'n ander manier moet probeer vind as om hom met 'n dagvaarding
voor die WVK te sleep. Pres. Nelson Mandela sal byvoorbeeld seker nooit voor
die WVK gedaag word of uit eie beweging daar verskyn nie.
Wat is per slot van rekening die doel van die WVK? As dit primêr is om so
volledig moontlik 'n prentjie van die verlede te skets en dan die boek toe
te maak, kon daar seker sonder ongemaklike situasies soos die bogenoemde
klaargekom word. As al die fynste besonderhede egter benodig word, sal elke
ander moontlike betrokkene ook WVK toe moet gaan.
Maar dan sal die WVK sy werk nooit kan klaarkry nie.

'n Verlore kans - November 15, 1997

Suid-Afrikaners wat hul hoop stel op 'n nasionale konsensus oor die land
se toekoms sal nogal teleurgesteld wees na vandeesweek se sitting van die
WVK oor die sakesektor.
Veral tussen die sakegemeenskap en Cosatu het 'n skynbaar onoorbrugbare
kloof geblyk. Dit laat 'n mens wonder: as twee sulke belangrike pilare van
die burgerlike samelewing so ingrypend verskil oor die verlede, hoe op aarde
sal hulle ooit saamstem oor die toekoms?
In die goeie ou SA tradisie sal hulle wel oor en weer die skuld op mekaar
pak. Cosatu se standpunt - soos dit inderdaad die geval was voor die
kommisie - sal wees dat besigheid die waarheid martel met sy standpunt dat
hulle nie gebaat het by apartheid nie.
Dis nie 'n totaal ongegronde verwyt nie. Al was daar uitsonderings, o.m. die
van die Afrikaanse Handelsinstituut, was die algemene trant van die
sakegemeenskap voor die WVK een van verontskuldiging en regverdiging.
Dit sou soveel beter gewees het as meer woordvoerder van besigheid reguit en
sonder kwalifikasie gesê het: ons ís bevoordeel en ons hêt uitgebuit, veral
in die mynbedryf. Erkennings van versuim ís gedoen, maar het nie sterk
genoeg deurgekom nie.
Cosatu het natuurlik daarop gekapitaliseer (!) en die sakegemeenskap in
ongebreidelde, emosionele taal aangepak. Cosatu het seker nie gehoor wat
pres. Mandela twee weke gelde vir Moeammar Ghadaffi gesê het nie: in die
wêreld van vandag, het leiers 'n verantwoordelikheid om hul taal te matig.
Baie mense sal vra waarom niemand Cosatu gekonfronteer het met die skendings
van menseregte wat in sy stakings in die 80's gepleeg is nie. Toe ou mense
wat nie wou wegbly en staak nie, gedwing is om seeppoeier en kookolie te
eet. En sogenaamde kollaborateurs vermoor is.
Nederigheid en skaamte hieroor sou nie onvanpas gewees het nie.
Dis begryplik dat Cosatu kwaad is omdat besigheid weggeskram het van
ruiterlike erkennings. Maar as Cosatu werklik groots was, sou hy erkenning
gegee het aan die erkennings wat besigheid wel gedoen het.
Want dít sou die aanknopingspunt kon wees vir die gesprek oor die nasionale
konsensus. 'n Kans is verlooor - wat maar net nog harder werk vir die
idealiste en die vasbyters beteken.

Amnestie - Desember 2, 1997

Die negatiewe reaksie op die reeks amnestieaansoeke wat die WVK pas
goedgekeur het, is geen verrassing nie.
Veral die op die amnestie wat verleen is aan Trevor Tutu, aartsbiskop
Desmond Tutu se weerspannige seun. Nie omdat sy van Tutu is nie. Almal wat
die aartsbiskop ken, aanvaar dat hy hom nie ingemeng het om sy seun te
bevoordeel nie.
Maar was die jonge Tutu ewe onkreukbaar in wat hy in sy amnestieaansoek gesê
het? Min mense kan byvoorbeeld onthou dat hy destyds, toe hy verhoor is
omdat hy die lugvaartwette met 'n bomdreigement oortree het, aangevoer het
hy tree op met 'n politieke motief.
Al voldoen Trevor Tutu se aansoek aan die letter van die wet, moes die WVK
meer bedag daarop gewees het dat sy besluit skietgoed sal gee aan diegene
wat glo die WVK is erg bevooroordeeld. Blootlegging van die dokumente oor
Tutu jr. se aansoek word nou noodsaaklik.
Die toestaan van amnestie aan politieke leiers soos adj.-pres. Thabo Mbeki,
Joe Modise en Mac Maharaj en Pallo Jordan laat eweneens die wenkbroue lig,
al is daar dalk goeie redes daarvoor. Dit lyk of hulle as politici amnestie
gevra het vir hul aandeel in die dade wat die voetsoldate in die "gewapende
stryd" gepleeg het en wat neergekom het op die skending van menseregte.
Dis insiggewend dat sekere leiers van die Vryheidsfront op dieselfde
grondslag amnestie gevra het. Maar waarom is die VF-aansoek nie so vinnig
goedgekeur as die van die ANC nie? En wat nou gemaak met die NP-leiers?
Die ANC-leiers se amnestieaansoeke is dalk politieke propaganda om te wys
die struggle se leiers het nie die voetsoldate in die steek gelaat nie -
anders as wat die persepsie is van wat in die NP-kamp gebeur het.
Ook in die geval het die WVK geen ander keuse as om volledig oop kaarte te
speel nie.

Twee mate - Desember 3, 1997

Omdat sy optrede jeens lede van die regering opvallend verskil van die wyse
waarop hy huidige en gewese lede van opposisiepartye benader, knou die
Waarheid-en-Versoeningskommissie sy geloofwaardigheid ernstig.
Die amnestieproses is hier ter sprake, al kan dit nie in elke opsig vergelyk
word met dit wat tot sover gebeur het om die waarheid oor Suid-Afrika se
apartheidsverlede bloot te lê nie. Die groot publiek let nie noukeurig op
fyn verskille nie. Vir die gewone man word die persepsie net verder gevoed
dat die WVK met twee mate meet.
F.W. de Klerk sê hy kan sekere besonderhede nie onthou nie. Albertina Sisulu
se geheue laat haar oënskynlik ook in die steek. Maar oor De Klerk is daar
groot verontwaardiging wat selfs voor joernaliste en TV-kameras uitgestort
word - terwyl daar geen druk op Sisulu uitgeoefen word nie.
P.W. Botha, 'n gewese staatshoof wie se kragte aan die afneem is, word
gedagvaar en gedreig.
Ook iemand soos genl. Magnus Malan word met regskrag tot verantwoording
geroep. Maar 'n baie makliker uitweg is die huidige bewindhebbers beskore.
Adj.-pres. Thabo Mbeki en ANC-ministers Joe Modise, Dullah Omar, Pallo
Jordan, Alfred Nzo en Mac Maharaj verkry amnestie nadat hulle elkeen slegs
verwys het na 'n ANC-verklaring oor die gewapende stryd. Geen besonderhede
word verskaf oor spesifieke dade waarvoor amnestie gevra word nie - terwyl
die volle waarheid van Botha en Malan-hulle geëis word.
Intussen word ook groot aandag gegee aan Winnie Madikizela-Mandela se
verlede.
Beeld pleit allermins dat sy deur die WVK in watte toegedraai word. Maar een
vraag kan nie vermy word nie: Sou die WVK haar met dieselfde ywer gepak het
as sy nie nou in onguns by die ANC-hiërargie was nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina & Hjalmar

Do., 11 Desember 1997 00:00

> Hei, Afrikaners, Gloudina sê julle moet nou terug Europa
> toe, want julle "trespass" daar in Afrika.
>
> Hjalmar
> ________
>

Nee, hulle hoef nie terug te gaan nie.
Maar hulle moet net nie maak of die
land aan hulle alleen behoort, soos
daardie apartheidsvarke gedoen het nie.
Ook, as jy 'n immigrant in Kanada is,
moet nou nie, soos jy, dink die land
behoort aan jou en jou trawante alleen,
om te verdeel en af te stig soos julle
goeddink nie. Julle is sommer net 'n
klomp opruiers.

Gloudina
-----------------------------------------------------------
Hoekom redeneer julle twee nie op die Kanada nuusgroep oor julle nuwe land
nie?

Dis erg genoeg dat die ander ons hier duld so laat ons hulle nou nie
verveel met stories oor ons nuwe lande nie.

Riana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Gloudina & Hjalmar

Do., 11 Desember 1997 00:00

Stephanus Schoeman wrote in message
...

> Hoekom redeneer julle twee nie op die Kanada nuusgroep oor julle nuwe land
> nie?
>
> Dis erg genoeg dat die ander ons hier duld so laat ons hulle nou nie
> verveel met stories oor ons nuwe lande nie.

Nee, magtig, Riana!

Dis alles behalwe vervelend - dis erg insiggewend, in verskeie opsigte.

Ek meen. Gloudina het nou al vir ons vertel dat Kanada 'n plek is waar
Neo-Nazis gekweek word (nie dat dit nuus is nie, maar so uit die perd se
bek).

Buitendien. Anna M Louw het so 'n ruk gelede verklaar dat sy, onder die
huidge regering, nie meer 'n vaderland het nie. Onder andere impliseer dit
dat Afrikaners wat soos sy voel, nou wêreldburgers is en eweveel belang by
Kanada het as by Suid-Afrika.

Nee wat! Laat ons nie te parogiaal wees oor hierdie sake nie :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: V se "permanent residence"

Do., 11 Desember 1997 00:00

En so terloops Vira: Lyk my nie jy weet lekker hoe werk die 'system' nie.
Hoekom 'n werkspermit uitneem vir R500 as jy vir jou 'n RSA ID-boek kan
koop, met 'n nuwe naam, geboortedatum en die werke vir R300?
Maar gelukkig is ek een van daai varke wat dit nie laaik om te staan en kyk
nie. Die gat waarvan ek weet gaan toe gestop word. Dis seker onnodig om
die kleur van die gat te spesifiseer nie.

Du Toit

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

"Die son sak weg" deur FERDI GREYLING

Do., 11 Desember 1997 00:00

DIE SON SAK WEG
Ferdi Greyling

Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.

My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dit is blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.

Daar verkoop slinkse boere
waatlemoene om aan die lewe te bly.

(CONCEPT - 1996)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Beperking van godsdiensvryheid

Do., 11 Desember 1997 00:00

Persvrystelling van Christene vir die Waarheid:

******************************

December 10, 1997
CHURCH FREEDOM LIMITED BY "COUNSELLING" AMENDMENT
Religious freedom is seriously compromised by the recent dictatorial
amendment to the Medical and Dental Act. This amendment seeks to make
counselling the domain of psychologists alone and will criminalise any
pastoral counselling which takes place outside of denominational
structures.
In commenting on the amendment, Prof Jan van Arkel, of the Department of
Practical Theology at UNISA, said that counselling will only be possible
within denominational structures as part of their worship but is virtually
forbidden when it involves people outside of the church. He is concerned
about the "imperialistic" attitude of the Professional Board of
Psychologists who require pastoral counselors to be registered as
"assistant psychologists" with the Board. The vast amount of counselling in
South Africa has always been pastoral - psychologists have played a minor
part. Since when has counselling become their domain?
It is ironical that while the 50 years since the Universal Declaration of
Human Rights is being celebrated in South Africa the basic rights of
religious freedom and freedom of association are being severely compromised
by this autocratic law. Where is South Africa's "moral high-ground" which
Dr Barney Pityana boasts of?
Christians for Truth, consisting of 85,000 members, calls on Government to
revoke this anti-freedom law if it is serious about human rights.

For more information contact: Rev F. Sibisi or Rev K.Olsen at 032 - 4815512
or 031 - 3058380 (business hours)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

'n Legende

Do., 11 Desember 1997 00:00

Lees die aangehegde Word dokument. Dit is ongelukkig in engels, maar dis
nogal goed (na my siek mening). Miskien kan ons "translation student" dit
probeer vertaal. Hi-ha!

Du Toit.
begin 600 The Original Ledgend.doc

end

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Papgeslaan 'n tronke?

Wo., 10 Desember 1997 00:00

This is a multi-part message in MIME format.

------=_NextPart_000_0068_01BD0550.E6AD94E0
Content-Type: text/plain;
charset="iso-8859-1"
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

Uit e-beeld (my beklemtoning, vir die wat die vormatering kan lees)

****************************



Desember 07, 1997

WVK-verhoor oor ANC-strafkampe 'sinneloos'

Amanda Visser

Pretoria - Dit sal =91=91sinneloos vir die =
Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) wees=92=92 om =92n verdere =
openbare verhoor te hou oor wat in die ANC se sogenaamde strafkampe =
gebeur het.

Dumisa Ntsebeza, hoofondersoeker van die WVK, het Sondag gesê die ANC =
se leiers het reeds in twee openbare voorleggings aan die WVK erken dat =
daar sekere menseregteskendings plaasgevind het.
Rapport het egter Sondag berig dat senior ANC-leiers wat in die =
Skweyiya-kommissie se verslag van 1993 oor die strafkampe genoem word, =
by menseregteskendings betrek word. Een van hulle is Joe Modise, =
minister van verdediging, wat glo by was toe =92n ANC-lid van agter =
doodgeskiet is.

Luidens die berig is die kommissie se verslag nooit ten volle onthul =
nie. Uit die =91=91volledige=92=92 verslag blyk dit dat mense gemartel =
is tot hulle dood is. Hulle is glo ook voor vuurpeletons tereggestel =
bloot omdat hulle die ANC gekritiseer het of optredes bevraagteken het.

Ntsebeza het aan Beeld gesê alle verslae oor wat in die strafkampe =
aangegaan het, het die ANC se voorleggings vergesel.
Ronnie Mamoepa, woordvoerder van ANC, het gesê die volledige verslag =
was deel van die ANC se voorleggings aan die WVK en dat die =
Skweyiya-verslag =92n openbare dokument is.

Christelle Terreblanche van die WVK, het gesê die ANC-leiers wat =
onlangs amnestie verkry het, het nie vir growwe menseregtingskendings om =
amenstie aansoek gedoen nie.
=91=91Ons navorsingsdepartement is besig met sy eie ondersoeke na onder =
meer die strafkampe en halssnoermoorde. Aanbevelings hieroor sal in die =
finale verslag van die WVK gedoen word.=92=92
Dit kan wees dat verdere ondersoeke op grond van die verslag gedoen =
word. Die verslag sal egter eers in Julie aan pres. Nelson Mandela =
oorhandig word.

Intussen het meer as 200 leiers van die ANC om amnestie aansoek gedoen. =
Dit is onbekend hoeveel van dié se aansoeke afgekeur is.
Die spesifieke redes waarom leiers soos Modise, Alfred Nzo, minister van =
buitelandse sake, Mac Maharaj, minister van vervoer, en Joe Nhlanhla, =
adjunkminister van intelligensie, amenstie verkry het, is steeds nie =
duidelik nie. Mathews Phosa, Mpumalanga se premier, het ook amnestie =
verkry.

=91=91Ek het verantwoordelikheid aanvaar vir wat die ANC gedoen het. =
Ekself was nooit in Angola of by een van die kampe betrokke nie, maar ek =
was deel van die leierskap wat verantwoordelikheid moet aanvaar vir wat =
wel daar gebeur het,=92=92 het hy gesê.

Regter Hassan Mall, voorsitter van die amnestiekomitee, het verlede week =
na die bekendmaking van die amnestie aan ANC-leiers - wat vantevore =
betrek is by growwe menseregteskendings - gesê die komitee hoef nie =
bekend te maak wat in kamers besluit word nie.

Op =92n vraag of lede, soos Modise, voor die WVK gedaag gaan word om die =
skendings waarvan hulle beskuldig word te verduidelik, het Ntsebeza =
herhaal dat daar reeds twee openbare verskynings van die ANC was.

=91=91Die WVK was tevrede met die voorleggings," het hy gesê. Die =
Nasionale Party het in =92n verklaring gereageer op die nuwe onthullings =
oor gruweldade in ANC kampe. =91=91Dit is ontstellend dat die volle =
omvang van die aaklige dade deur die ANC nog nie ten volle onthul en =
deur die WVK ondersoek is nie.=92=92

Daryl Swanepoel, mediadirekteur van die NP, het gesê die moord en =
doodslag in die kampe werp nuwe lig op die ANC.
=91=91In die lig van die verslag kan die blanko amnestie wat aan =
ANC-leiers verleen is, en die omseiling van ondersoeke na aspekte so =
ernstig soos hierdie wat in die ANC se eie dokument vervat is, nie =
gekondoneer word nie.=92=92

Swanepoel het verder gesê die ANC moet =91=91sy allerheilige fasade =
laat vaar en die volle omvang van sy bloedige en geweldadige verlede =
onthul.=92=92

------=_NextPart_000_0068_01BD0550.E6AD94E0
Content-Type: text/html;
charset="iso-8859-1"
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable









Uit e-beeld (my beklemtoning, vir die wat die vormatering kan
lees) 
 
****************************
 
  
 
  Desember 07, 1997 
WVK-verhoor oor ANC-strafkampe 'sinneloos'
 
Amanda Visser
 
Pretoria - Dit sal ‘‘sinneloos vir die
Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) wees’’ om ’n =
verdere
openbare verhoor te hou oor wat in die ANC se sogenaamde strafkampe =
gebeur
het.
 
Dumisa Ntsebeza, hoofondersoeker van die WVK, het Sondag gesê =
die ANC
se leiers het reeds in twee openbare voorleggings aan die WVK erken dat =
daar
sekere menseregteskendings plaasgevind het.
Rapport het egter Sondag berig dat senior ANC-leiers wat in die
Skweyiya-kommissie se verslag van 1993 oor die strafkampe genoem word, =
by
menseregteskendings betrek word. Een van hulle is Joe Modise, minister =
van
verdediging, wat glo by was toe ’n ANC-lid van agter doodgeskiet =
is.

 
Luidens die berig is die kommissie se verslag nooit ten volle =
onthul nie.
Uit die ‘‘volledige’’ verslag blyk dit dat mense =

gemartel is tot hulle dood is. Hulle is glo ook voor vuurpeletons =
tereggestel
bloot omdat hulle die ANC gekritiseer het of optredes bevraagteken =
het.

 
Ntsebeza het aan Beeld gesê alle verslae oor wat in die =
strafkampe
aangegaan het, het die ANC se voorleggings vergesel.
Ronnie Mamoepa, woordvoerder van ANC, het gesê die volledige =
verslag
was deel van die ANC se voorleggings aan die WVK en dat die =
Skweyiya-verslag
’n openbare dokument is.
 
Christelle Terreblanche van die WVK, het gesê die ANC-leiers =
wat
onlangs amnestie verkry het, het nie vir growwe menseregtingskendings om =

amenstie aansoek gedoen nie.
‘‘Ons navorsingsdepartement is besig met sy eie =
ondersoeke na
onder meer die strafkampe en halssnoermoorde. Aanbevelings hieroor sal =
in die
finale verslag van die WVK gedoen word.’’
Dit kan wees dat verdere ondersoeke op grond van die verslag gedoen =
word.
Die verslag sal egter eers in Julie aan pres. Nelson Mandela oorhandig
word.
 
Intussen het meer as 200 leiers van die ANC om amnestie aansoek =
gedoen. Dit
is onbekend hoeveel van dié se aansoeke afgekeur is.
Die spesifieke redes waarom leiers soos Modise, Alfred Nzo, =
minister van
buitelandse sake, Mac Maharaj, minister van vervoer, en Joe Nhlanhla,
adjunkminister van intelligensie, amenstie verkry het, is steeds nie =
duidelik
nie. Mathews Phosa, Mpumalanga se premier, het ook amnestie verkry. =

 
‘‘Ek het verantwoordelikheid aanvaar vir wat die ANC =
gedoen
het. Ekself was nooit in Angola of by een van die kampe betrokke nie, =
maar ek
was deel van die leierskap wat verantwoordelikheid moet aanvaar vir wat =
wel daar
gebeur het,’’ het hy gesê.
 
Regter Hassan Mall, voorsitter van die amnestiekomitee, het verlede =
week na
die bekendmaking van die amnestie aan ANC-leiers - wat vantevore betrek =
is by
growwe menseregteskendings - gesê die komitee hoef nie bekend te =
maak wat
in kamers besluit word nie.
 
Op ’n vraag of lede, soos Modise, voor die WVK gedaag gaan =
word om
die skendings waarvan hulle beskuldig word te verduidelik, het Ntsebeza =
herhaal
dat daar reeds twee openbare verskynings van die ANC was.
 
‘‘Die WVK was tevrede met die voorleggings," het =
hy
gesê. Die Nasionale Party het in ’n verklaring gereageer op =
die nuwe
onthullings oor gruweldade in ANC kampe. ‘‘Dit is =
ontstellend dat
die volle omvang van die aaklige dade deur die ANC nog nie ten volle =
onthul en
deur die WVK ondersoek is nie.’’
 
Daryl Swanepoel, mediadirekteur van die NP, het gesê die =
moord en
doodslag in die kampe werp nuwe lig op die ANC.
‘‘In die lig van die verslag kan die blanko amnestie =
wat aan
ANC-leiers verleen is, en die omseiling van ondersoeke na aspekte so =
ernstig
soos hierdie wat in die ANC se eie dokument vervat is, nie gekondoneer =
word
nie.’’
 
Swanepoel het verder gesê die ANC moet ‘‘sy =
allerheilige
fasade laat vaar en die volle omvang van sy bloedige en geweldadige =
verlede
onthul.’’
 

------=_NextPart_000_0068_01BD0550.E6AD94E0--

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Re: Papgeslaan 'n tronke?

Wo., 10 Desember 1997 00:00

Ferdi wrote:
>
> On Wed, 10 Dec 1997 09:49:25 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>> ****************************
>>
>>
>>
>> Desember 07, 1997
>>
>> WVK-verhoor oor ANC-strafkampe 'sinneloos'>>
>
> En as PW WVK toe was, kon hy dieselfde uitspraak gekry het wat sy
> dinge betref.
>
> Ook: Sover ek weet was daar reeds twee openbare ondersoeke oor die
> kamp-stories. Die een was deur die IVP befonds en gedryf. Die ander
> een deur die ANC self.

Die IVP het ANC strafkampe bedryf? OK as jy so sê :) curiouser and
curiouser!!!

> Albei was openbaar en hul dokumente is beskikbaar.
>
> Wat van ten minste een goeie een openbare ondersoek oor PW en die
> Staatsveiligheidsraad?
>
> Siende dat hy weier om WVK toe te gaan.
>
> Oor die WVK in die bree, die kommissie het in die afgelope jaar
> werkwaardige erkenning verwerf in die tradisioneel Afrikaanse
> gemeenskap. Dit is nadat dit aanvanklik verwerp was.

DIs nou totdat Trevor en die ANC Kabal sommer net so sonder verdere
ondersoeke vrygeskeld is. Terwyl ou regime mense (en Winnie) aan
vyandige ondervraging onderwerp is, en ANC gesindes met kid-gloves
behandel is! Erkenning - ga!

> En word die demokratiese proses gebou.

Nie as jy verskilende maatstawwe vir verskillende groepe gebruik nie. Al
jou voorbeelde is van groepe wat in die ANC se slegte boekies is -
Winnie inkluis. SO wat sê dit nou eintlik. Die WVK moes bo verdenking
gebly het - dan sou mense dit aanvaar het. Nou word dit maar net gesien
as nog een van die ANC-regering se komitees...

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Et tu, Beeld?

Wo., 10 Desember 1997 00:00

Beeld wys vandag in sy redaksionele kommentaar op die onhoudbare situasie
dat die Amnestiekomitee van die WVK besluit het om ongesiens amnestie toe te
staan aan 37 hoë ANC-amptenare, sonder dat die aansoekers volle besonderhede
geopenbaar het of in die openbaar die skendings van menseregte onthul het
waarby hulle betrokke was.

Beeld sluit af met die (weliswaar dubbelsinnige) stelling: "Die WVK se
besluit om die amenstiekomitee se beslissing te hertoets, dui op 'n
gevoeligheid vir gegronde kritiek deur die publiek - deesdae 'n skaars
kommoditeit in die openbare lewe".

Die koerant gaan dan voort en roep om die afdanking van die ministers van
polisie en korrektiewe dienste, weens die ontsnappings van bankrowers uit
Pretoria Sentraal en elders (dis nou die bankrowers wat etlike weke gelede
deur die minister van polisie besoek is - onthou Wen se voorspelling van 'n
nuwe vlaag bankrowe toe dit blyk die ANC het geldprobleme?).

Op sy hoofblad, het Beeld ook 'n prominente artikel waarin die publiek raad
kry oor hoeveel geweld mens mag gebruik om jouself te verdedig teen misdaad.

1) Nou toe nou! Beeld reken ook nou (oënskynlik) dat kritiek op die
regering en sy werktuie (of gevoeligheid daarvoor) "'n skaars kommoditeit"
is.

2) Dit lyk asof die koerant woord by die daad voeg en iets meer begin
doen as om Afrikaners vir Nazis uit te maak en die regering se onbekwaamheid
aan "nalatenskap van apartheid" toe te skryf. Vir die ANC moet dit soos 'n
mes in sy rug voel om sulke direkte kritiek te begin kry van sy getrouste
mondstuk in Afrikaans.

3) Ek het verneem Tim du Plessis het 'n pos in die Kaap aanvaar? Ek hoop
dis by Huisgenoot of Fair Lady.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 00:46:43 UTC 2026