ek lees nou vir 'n geruime tyd julle
kommunikasies met mekaar...
julle is ALMAL katterig en elkeen daarop
uit om sy eie EGO so veel as moontlik
te streel en eie status te verhoog.
(wel, so kom dit vir my voor)
inligting en informasie beteken nie veel
as die persoon wat dit ontvang dit nie
verstaan nie, en dit nie kan integreer met
'n algemene globale kenniswetens nie..
julle klink almal vir my iewat konserwatief,
in 'n algemene sin van die woord. ;-)
wat ek moet erken is dat julle almal baie
goed is met die bekende suid-afrikaanse
sport : klipgooi ;)
tog waardeer ek die uiteenlopende karakters
van elkeen van julle en geniet julle bydraes.
Ek wens hiermee vir almal in die kamer
'n heerlike fees seisoen toe !!!
Hjalmar Gerber wrote in article
...
> Key Bored/TV :
>
>
> Hou nou styf vas. Hier is ons dit ernstig eens. Ek wou maar
> net daarop wys dat Gloudina - die een met die hamer-en sekel
> tattoo en die rooi onderklere -
Ag myn lieven loven. Eintlik wou ek sterker woorde gebruik het. Ek dink as
ek nog éénkeer die naam Gloudina in 'n bespreking moet sien, dan kak ek in
my broek. I mean really. Hjalmar - dis nie direk teen jou gemik nie, dit
het maar net so gebeur dat die perd se rug geknak het toe ek weer dáárdie
naam in 'n skrywe sien.
Ek kan verstaan dat mense al swaarde met haar gekruis het en dat sy
waarskynlik doelbewus mense treiter, en sodoende verseker dat sy die
heeltyd 'n onderwerp van bespreking bly. Maar mag ek nederig smeek om vir
eens en vir altyd van dié naam verlos te word?
Ek is 'n vredeliewende mens wat elkeen sy plekkie in die son en op 'n
nuusgroep gun. Maar Gloudina is nie net holrug gery nie, haar rugstring
sleep al op die grond.
Gloudina, miskien moet jy hierdie berig wys aan die onderwysers en ouers van
Ontario, wat so bekommerd is oor fundamentele regte in daardie provinsie.
(ag, maar natuurlik, mens kan nie Ontario vergelyk met 'n land wat deur
swartes regeer word nie, nie waar nie - van Ontario moet mens darem meer
verwag, of hoe?)
Uit e-beeld
***********************
Desember 09, 1997
Tienduisende onderwysers kan werk verloor
Cornia Pretorius
Nog tienduisende onderwysers kan uit die onderwys gedwing word as
afdankingspakkette vir leerkragte en onderwyser-leerlingtalle van 1:40 in
laer skole en 1:35 in hoër skole ingestel word, het onderwysersvakbonde
Dinsdag gesê.
Die verlies aan onderwysers wat hierop kan volg sluit nie die duisende
tydelike onderwysers in wie se kontrakte volgens alle aanduidings nie einde
vanjaar deur provinsiale onderwysdepartemente hernu gaan word nie.
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Nasionale Professionele
Onderwysersunie (Naposa) meen die staat gaan Woensdag in die Raad op
Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) voorstelle doen oor
afdankingspakkette en die toepassing van onderwyser-leerlingtalle van 1:35
en 1:40 in alle provinsies volgende jaar.
'n Woordvoerder van die nasionale departement van onderwys het Dinsdag gesê
onderhandelaars sal moontlik Woensdag 'n mandaat kry om in Ravo te
onderhandel oor die toekomstige regskikkingsproses.
Volgens 'n bron van Beeld is 'n dokument in omloop wat voorstel dat daar nie
verder regskikking (rightsizing) in die staatdiens plaasvind nie, maar dat
dit in geheel verklein (downsize) moet word deur afdankingspakkette.
Dit sluit die afdanking in van onderwysers - strydig met pres. Nelson
Mandela se 1996-belofte dat geen leerkrag afgedank sal word nie.
"Die afdankingspakkette is onaanvaarbaar. As dit opgedwing word, gaan dit
onderwysers in erge finansiële probleme dompel," sê die bron.
As deel regskikking - die eweredige verspreiding van leerkragte tussen skole
en provinsies - skeidingspakkette toegestaan aan sekere onderwysers wat
oortallig was aan hul skole.
'n Verdere vrees is dat die staat beplan om nie die poste te vul van
tydelike onderwysers wat uit diens gestel word nie maar om dit af te skaf om
te spaar.
Sowel die SAOU as Naposa verwag ook dat die staat hom beroep op 'n bepaling
in arbeidswetgewing wat beteken dat provinsiale onderwysdepartemente in
sekere omstandighede met rasionalisering kan voortgaan (soos byvoorbeeld as
dit geraak word deur hul finansies).
Dit kan beteken provinsies kan verhoudings van 1:40 en 1:35 toepas, wat ook
minder onderwysers en minder uitgawes beteken. Die Wes-Kaap het reeds
aangekondig dat hy dit in 1998 gaan instel.
Chris Klopper van die SAOU sê die onderwys sal nie die verlies kan hanteer
nie omdat daar na raming 'n toename van 25 000 leerkragte in 1998 nodig is
om te voorsien in die groei in leerlingtalle.
Geagte nuusgroep,
Ek sou my geskaam het as ek Hjalmar Gerber was om homself 'n Afrikaner te
noem, om Afrikaans as sy moedertaal te beskou, om so baie oor ons land te
weet wat hy so lank gelede reeds verlaat het. My mening is dat ons nie
mense soos hy nodig het om 'n ongevraagde opinie oor iets waarvan hy
absoluut niks weet nie op die internet te kom verkoop nie.
"Die beste stuurman staan aan wal" lyk dit my, hoekom bemoei hy hom nie met
sy eie land, hulle kultuur, gemeenskapsbetrokkenheid ens. nie, in stede
daarvan om te probeer regverdiging vir homself te soek hier op die
nuusgroeep nie.
Overgesetsynde " Ek wens drommels soos hy wil hulle ry kry"
Groetnis
Doep
Radio Hoeveld ("Highveld Stereo") weier volstrek om lugtyd aan Afrikaanse
advertensies af te staan, is wat my vrou so 'n week of wat gelede deur een
van hulle bemarkingsagente meegedeel is.
Die rede blyk te wees dat Jakaranda reeds daardie deel van die mark gelok
het wat sou kla oor die saak. "Highveld" se luisteraars is 40% Afrikaans,
60% Engelssprekend, maar hulle sou nie eens 'n Afrikaanse advertensie
oorweeg as die klient daarvoor vra nie.
Miskien moet Afrikaanssprekendes dan dienooreenkomstig optree en wegskakel?
Dit is die soort optrede wat gesorg het dat pornografie grootliks uit ons
kafees en supermerkte verdwyn het.
GOODBYE GRAVY TRAIN
WISH I'D NEVER KNOWN YOU AT ALL
NELSON'S KEEPING IT QUIET
BUT I'VE LOST MY BENZ AND ALL.
MAYBE I WAS GREEDY
BUT I THOUGHT I COULDN'T LOSE
IT ALL SEEMED SO EASY
THOUGH IT CLEARLY WAS A RACE
AND IT SEEMS TO ME I MUST LIVE MY LIFE GROWING MEALIES LIKE BEFORE
NO MORE BIG EXPENSIVE DINNERS, BACK TO SQUATTING ON THE FLOOR
AND IF ONLY I'D GOT OUT OR QUIT WHILE I WAS MILES AHEAD
I'D STILL BE EATING CAVIAR, INSTEAD OF WISHING I WAS DEAD
I REALLY LOVED MY CAR
MY HOUSE, 100 BODYGUARDS
THE MOBILE TELEPHONE
CAPE WINES BENEATH THE STAIRS
BUT NOW IT HAS ALL GONE
AND LIFE IS SUCH A DRAG
DEREK AND RUDA HAVE FORGOTTEN ME
AND NO PIC IN SUNDAY MAG
AND IT SEEMS TO ME I MUST LIVE MY LIFE IN THE BUNDOO OP DIE PLAAS
DREAMING OF SANDTON MANSIONS AND FEELING LIKE AN ARSE
IF ONLY I'D GOT OUT OR QUIT WHEN I WAS MILES AHEAD
THE BANKS WOULD NOT BE CALLING TO SAY I'M IN THE RED
GOODBYE GRAVY TRAIN
HAUW, I'M IN PAIN
MY HEEL SHOES WERE NOT MADE
FOR CHASING KOMBIES IN THE RAIN
VOETSEK GRAVY TRAIN
WISH I'D NEVER PLAYED THE GAME
BUT NOW I PAY THE BITTER PRICE
FOR FINDING NOBODY ELSE TO BLAME
AND IT SEEMS TO ME I MUST LIVE MY LIFE EATING PHUTTU LIKE BEFORE
NO MORE CHAUFFEUR DRIVEN LIMO, NO MORE KNOCKING OFF AT FOUR
IF ONLY I'D GOT OUT OR QUIT WHEN I WAS MILES AHEAD
I STILL MIGHT HAVE A CANDLE TO LIGHT MY WAY TO BED
I STILL MIGHT HAVE A CANDLE TO LIGHT MY WAY TO BED...
MY LEGEND BURNT OUT LONG BEFORE
I EVEN FOUND A CANDLE.
Stephanus Schoeman wrote in message
...
> Hoe suksesvol is die kyk-en-lees metode. Ek bly neig om te probeer help
> deur op die letters se klanke te wys.
Dit lyk asof die kyk-en-leesmetode vir ongeveer 10% van alle kinders (in die
VSA) beter werk as die klankmetode (phonics). Vir die res werk dit swakker -
in baie gevalle gladnie. In die VSA is die gevolg van die gebruik van die
kyk-en-leesmetode dat ongeveer 19% van skoolverlaters funksioneel
ongeletterd is.
Die probleem is dat aanhangers van kyk-en-lees die klankmetode beskou as uit
die bose. Aanhangers van die klankmetode beskou kyk-en-lees as uit die bose.
Albei hang hul professionele reputasie aan die metode wat hulle verkies.
Nou vind jy dat onderwysers van enige van die twee skole (maar veral
aanhangers van kyk-en-lees) ouers bangpraat oor al die skade wat hulle sou
aanrig as hulle die ander metode by die huis gebruik.
Ek dink ouers moet hulle nie daaraan steur nie - die opvoeding _en_ die
onderwys van die kind is in die eerste en die laaste plek die
verantwoordelikheid van die ouer. Ander as die onderwyser, het die ouer nie
'n professionele reputasie om te beskerm nie - net maar die toekoms van sy
kind.
Leendert
Dankie Leendert
Ek het gehoop jy antwoord want ek het vermoed jy sal heelwat van die
onderwerp weet. Wat jy sê, maak baie sin.
Kan iemand my miskien help? Ek wil kontak maak met
persone wat 1974 of in die omliggende jare in matriek
was in P W Botha Hoër Tegniese skool op George.