Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"De aarde van mijn vader kleurt rood" deur LINE CLAEYS

Sa., 06 Desember 1997 00:00

De aarde van mijn vader kleurt rood
Line Claeys

壮 Nachts
als de wind huilt
over Zuid-Afrika,
roept de nachtuil
kreten over
vrijheid,
een bittere wrange
nasmaak en de roep
van het volk
in die kiem
gesmoord.

Strijd tegen
apartheid
woelt en kleurt
de aarde rood,
spoelt de grond
onderdoor
en in de morgen
dringt het bloed
de bodem in.

(CONCEPT 1997)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: How can you justify

Vr., 05 Desember 1997 00:00

> Just wondering, but How do its supporters justify the apartheid

Onder die huidige en opkomende generasie sal jy volgens my mening nie baie
ondersteuners van apartheid kry nie. Daardie generasie was nou nie eintlik
rekenaargeletterd nie.

En dis altyd maklik om agterna foute uit te wys. Net soos die volgende
generasie 'n magdom foute gaan uit wys wat ons nou begaan. Soos bv. om die
aarde met minag te behandel.

Riana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" 'n Droom" deur LEONARD KOZA

Do., 04 Desember 1997 00:00

'N DROOM
Leonard Koza

Droom 'n droom van liefde, vreugde en sonskyn
wat glinster deur groen blare,
droom 'n droom van doudruppels
wat die goue sonstrale weerkaats
sodra die son sy kop deur
die oggendskeur beur.
Droom 'n droom van vryheid
maar nooit soos dié van 'n voël op 'n tak.

(CONCEPT - November 1997)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Tolerance and Respect

Wo., 03 Desember 1997 00:00

Jy kan se wat jy wil, maar maak asb. net jou woordkolom smaller, mens se
nek raak seer van heen en weer kyk oor die screen.

J

Anonymous wrote in article
...
> After warming to the aura I must say the arrival of snyde remarks from
some posters got me thinking. Without wishing to single anyone out, it was
rather interesting to note that a certain University Employee saw fit to
interpret the fact that I choose to post anonymously to this NG as some
sort of passport to making stupid comments. I thought we had got past the
rigorous classification of people by knowing intimate details about them.
> It would appear that in the absence of any tell-tale sign of about my
persona the classification process will not function with the exactness of
the old regime and thereby fills the reader with paranoid fear. Very much
like the unseen vayand we all were brainwashed in to believing existed. Now
it does not particularly matter that I am anonymous - I will not use this
as a convenied protective veneer from which to launch a cowardly attack on
other members of this NG. All I ask for is that I be afforded a measure of
courtesy and respect, in return for the same right being afforded to
others. So, comment by all means, if you have something of value to share,
anders bly jy net still.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: DP's feeble attempt

Di., 02 Desember 1997 00:00

Anonymous wrote in message ...
> The DP's latest move to make it impossible for someone to hold presidential
> office if convicted of a criminal offence, while laudable, would clearly
> preclude over half of the members of the present government stucture. Of
> course this is an attempt to rob Winnie of her rightful place on the
> presidential throne, ruling over the kingdom of all Africa. What will
> happen of course is that once in power, our Queen will nullify all the
> ridiculous pieces of legislation passed during the previous phases, prior to
> her coronation.
>
> Winnie, our Mother and leader be praised ...

Aai, die Moeder van die nasie het darem fanatiese ondersteuners. Ek wens ek
het geweet hoe sy dit regkry om mense te moor en dan nog steeds deur hulle
geloof te word (net my subjektiewe mening.....)

Nico Snyman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Voor die Val" deur FERDI GREYLING

Di., 02 Desember 1997 00:00

VOOR DIE VAL
Ferdi Greyling

In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sou verrys,
en dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sou opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.

Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heining gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.

In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.

Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.

(CONCEPT - 1997)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nuus: Gewapende Roof

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Saterdag, 29 November 1997, +/- 09h00, Alberton, Gauteng.

Vier swart gewapende rowers het 'n besigheid in Alberton sentraal geroof,
'n veiligheidswag geskiet en toe met ongeveer R14 700-00 gevlug in 'n BMW.

Hulle was betrokke in 'n botsing en al vier die verdagtes is deur Albertonse
verkeerspolisie gearresteer. Al vier die verdagtes was GEMEENSKAPS KONSTABELS.
(maw ex-SDU lede wat nou 'n SAP-badge het)

Verdere komentaar is seker nie nodig nie.

Veiligheid & wapens | 2 kommentare

Re:Ode to the queen of Africa

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Ai, ewe naief nog ek Anoniem maak 'n grap! Wys jou net hoe skeef my
persepsie hier in die vreemde kan raak.

Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?

Groetnis
Riana

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ...

Ma., 01 Desember 1997 00:00

@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>
>> Papslaan van wit seuns in die tronke - noem jy dit goeie bedoelings. Die
>> hemele behoed ons van jou slegte bedoelings.
>>
>> Lou
>
> Is jy, ou Lou, ook nou een van die bende wat
> my probeer met klippe doodgooi. Net omdat ek
> gesê het dat ek nie glo dat die huidige regering
> tot dusver aan die soort misdade skuldig is as die
> vorige nie. Ek het gesê dat ek nog nie hoor van wit
> seuns wat in tronke papgeslaan word omdat hulle
> "verkeerde" politieke oortuigings het nie. Wanneer
> soiets plaasvind, kan jy verseker wees dat ek
> daarteen sal objekteer, en my familie sal aanraai
> om die land te verlaat. Ek dink jy en jou pals
> het nou genoeg gif gesuig uit een sin wat verdraai
> en verdraai word, net om vir julle die kans te
> gee om orgasmies ander aan te val en vir julself
> te regverdig. Goodbaai, ou Lou. Daar is niemand
> so blind as hy wat nie wil sien nie.
>
> Gloudina

Gloudina

Jy is reg - daar is nie wat so blind as hy wat nie wil sien nie. Ons kyk
maar almal vanaf ons polities gekleurde brilletjie. Ons het die papslaan
storie seker oorbruik - maar het jy agtergekom - die poslys is soos 'n
tenniswedstryd - as jy eers agtergekom het die ander een kan nie 'n vlug
hou hanteer nie en hy dryf jou op die verdediging - dan gee jy hom weer
'n vlughou. Joune is jou papslaan - mistykie. :)

Moenie weggaan nie ons het iemand nodig wat konsekwent sal gapings laat
vir die vlughou ...

Cheers of is dit koebaai?
Lou

PS: Ek herhaal maar net my oorspronklike abtwoord - dat 'n paar wit ANC
manne maar swaar in die tronk geleef het oor hulle politieke
oortuiginge.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Verskuilde krag/vloekwoorde

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Ek staan toe vanoggend weer in die ry by die Hyperama en wag my beurt af by
die kasregister. Die swart dame by die kasregister was in 'n vurige gesprek
betrokke met die sakkie pakker, so tussen die oplui aktiwiteit deur.

Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
gebruik.

Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.

"Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.

Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 02:52:35 UTC 2026