On 1 Dec 1997 18:22:35 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>
> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
> gebruik.
>
> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>
> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>
> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>
> Alwyn
As sy regtig nie besef dat die woorde wat sy gebruik eintlik verband
hou met iets anders nie, dan is dit mos in die eerste plek tegnies
gesproke nie vloekwoorde nie... 'n Vloekwoord word mos met opset
ge-uiter. Of "hene" regtigwaar na God verwys hang seker van die
individu af. My punt is net dat indien EK dit nie so sien en gebruik
nie, kan dit onmoontlik nie as vloekwoorde of verkeerd gesien word
nie. Dis alles relatief en gebaseer op opinie.
Ek is egter seker dat die vrou by die kasregister tog weet waarna
"jissis" verwys.
Groete
Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Wes Australie is nes die Weskus in die Kaap,
dis sanderig, en nuwe huise word gebou nadat
die lieflike natuurlike bosse met stootskrapers
weggeskraap is. Dan bou hul huise
en plant gemors in die plek daarvan. Plante wat geen
aanklank het met plaaslike voels, insekte, diere, die weer
ens het nie, en sleg lyk ook. (Dis nou die land wat gedurig
dweep oor die omgewing en windgat is oor hul olimpiese spele
die "groenste" olimpiese spele in die geskiedenis is).
In elk geval, so met die gesels oor my toekomstige tuin
het almal raad, en die een enkele ding wat uitstaan is
dat almal my waarsku en afraai om bome te plant wat blare
verloor. Dis dan nou kamma soveel moeite om dit op te vee, dit
val in die swembad ens. En dalk kan jou buurman jou hof toe
sleep want dit waai in sy agterplaas en in sy geute....
(Die wereld volg amerika - almal sleep almal hof toe oor alles)
En om op te maak vir blare wat vrot en kompos, word chemikalie
gedurig gestrooi.
Ek het in Sydney ook 'n huis gehad: 'n munisipale regulasie het
goddank ontwikkelaars verplig om darem 'n paar van die pragtige
bloekombome op nuwe erwe te laat staan.
Dit was todat al die nuwe eienaars begin bou het:
Deur die bank het almal die laaste bome afgesaag. Kamma bang vir wortels
wat die huis sou "oplig" en takke wat op die huis sal val...en blare.
Binne 'n paar maande was al die bome en voels en sonbesies weg.
Ek verstom my dat mense so kan wees ! Is jy ook so ?
Ek hou van blare wat val !
Veral as dit mooi hersfkleure kry.
Ek hou van blare wat rondwaai. Ek hou van blare wat 'n tapyt op die
grond le. Ek hou van die reuk van blare wat vrot, so muwwerige
geur - die geur van paddastoele. Ek kan nie 'n swembad bekostig
nie, en buitendien, ons is by die see. Ek hoop 'n boom val in
party mense se swembad.
Dit laat my dink aan 'n toeristiese eiland aan Australie se ooskus.
Daar het hulle swembaddens ens gebou, en 'n traliewerk plankvloer
vir mense om op te loop. (sodat pieperige toeriste nie op
die grond/blare loop en sand tussen hulle tone kry nie). Alle dooie
blare en takke word onmiddelik verwyder. Japanese toeriste loop
tot waar die planke ophou, dan draai hul om waar die sandpaadjie
begin. Hul swem in die swembad maar nie in die lieflike skoon,
warm tropiese see nie.
Is dit die wereld wat mense deesdae wil he ?
Wil mense in 'n wereld van plastiekplante leef,
Waar alles altyd mooi lyk en nooit vrot nie ?
Waar die gekwetter van voels van 'n opname af kom,
en mens elektroniese sonbesies kan "aanskakel" ?
Ag nee wat !
Ek vra om verskoning - Gloudina is reg - ek het geen reg gehad om jou te
vra hoekom jy in SA bly nie. Die feit dat haar reaksie heftig was in
vergelyking met joune (wat nie geklink het of jy jou ernstig vir my
vervies het nie) laat my wonder of sy beseg dat die gaan-of-bly 'n baie
algemene gesprekspunt in SA geword het.
Ek is uit my hart bly oor elke gekwalifiseerde persoon wat bly en probeer
om dinge te verbeter. Mag julle daarin slaag en mag julle veilig wees.
Ek pos drie maal per week aan ouens op my adreslys kostelike dinge wat
kinders gesê het. Hierdie is skoon staaltjies, soos die een hieronder.
Indien jy dit ook gereeld wil ontvang, gooi net 'n nota in my "posbus" en ek
stuur dit. Op die nota kan jy net sê: STUUR STAALTJIES". Die ander
ontvangers van die sêgoed sal ook nie jou adres kan sien nie. Ek belowe om
nie aam jou gemorspos te stuur nie. My adres: dm...@global.co.za
Die juffrou vra in die klas of die kinders weet wat "inenting" beteken. Jaco
is
dadelik by met 'n verduideliking: "Juffrou die dokter vat so 'n dik naald en
dan
steek hy dit in jou boud. Dan wag hy dat dit begin swel en as dit genoeg
geswel
het, dan vat hy 'n dun naald en steek dit in die swelsel in. Dan brand dit
vreeslik
en dan kry mens nie meer skoolsiekte nie."
xxxxxxxxxxxxxx
En 'n tweede een:
Ma het verwag en Anton het dit agter gekom. Toe hy 'n opmerking maak dat
sy ma besig is om "vet" te word, het ma die geleentheid aangegryp om aan
hom te verduidelik wat besig is om te gebeur. Sy het gesê dat Pa 'n saadjie
in haar geplant het en het verder na die beste van haar vermoeë verduidelik.
Hierdie storie van die "saadjie" moes iewers in die koppie vasgesteek het,
want
'n paar weke later is sy Ma besig om te verklee. Hy is ook in die kamer en
bekyk
sy ma op en af, loop nader, bevoel ma oor die maag, en merk ewe droog op:
"Jig, Ma, jy sal darem nou iets moet doen, want hierrie pit van Pa groei
darem nou
lat dit bars."
Nicholson gave evidence about her struggle to secure Cebekhulu's release
from a Zambian jail and said that not one of the countries approached by
her, had wanted Cebekhulu.
"This was because his protection would have cost too much since he had
critisized the ANC."
**************************
Die aanhaling verwys na die getuienis van Emma Nicholson vor die WVK. Nadat
sy Cebekulu uit die tronk gekry het, kon sy geen land kry, insluitende
tolerante Nederland en hovaardige Kanada, wat hom wou toelaat nie.
Vraag: waarom sou dit soveel geld kos dat geen staat dit kan bekostig nie,
om iemand te beskerm wat die ANC gekritiseer het?
Ek dink dit wat oor joernaliste en redigering op hierdie nuusgroep geskryf
is, laat een baie belankrike punt buite rekening:
Joernalisme is, uit die aard van die beroep, subjektief. Die hele idee van
'n koerant/tydskrif ens. uit bring is om gebeure in die samelewing uit te
beeld op die manier waarop die joernalis, en uiteindelik die redakteur, dit
sien. Die nuusredakteur het die baie belankrike werk om te sorg dat berigte
wat in sy koerant gepubliseer word in lyn is met sy koerant se oortuigings.
Mense wil nie koerante lees wat nie met hul standpunte saam stem nie,
publiseerders wil ook nie sulke koerante probeer verkoop nie.
Ek dink die voorafgaande maak dit duidelik dat dit futiel is om met
joernaliste te stry oor objektiewe joernalisme. Die media is 'n politieke
wapen en sal altyd of die een of die ander ondersteun. Vir iemand wat in die
beroep staan is dit moeilik om te onderskei tussen dit wat werklik gebeur en
dit wat hulle WIL sien. Joernaliste word net soos die gewone man op straat
beinvloed deur sy omgewing, en om waar te neem, verander ook die waarnemer.
Laastens, daar word dikwels gesê 'n joernalis is 'n politikus wat gefaal
het, en ook 'n politikus is 'n joernalis wat gefaal het. Daar is dalk meer
waarheid in hierdie woorde as wat mens besef?
Nico
BTW die enigste koerant in Suid-Afrika wat my ooit laat dink het hul wend
darem 'n poging tot objektiwiteit aan, was die Vrye Weekblad. En nou gaan
almal seker dink ek is 'n radikaal.
November 26, 1997
Wraak dalk agter jongste plaasmoorde
Ryk van Niekerk en Liezel de Lange
"Ons gaan hulle uitmoor soos die boere in die Vrystaat
uitgemoor word."
Sê het 'n Sanco-leier glo Maandag in die polisiekantoor in
Ingogo, in die noorde van KwaZulu-Natal gesê.
Net buite Newcastle, sowat twintig kilometer van Ingogo, is
Nicholas Marais (44) en sy vrou Magdalena (33) dieselfde nag grusaam
doodgemartel.
Woensdagmiddag het Wayne Botha (32), 'n jong boer van Highflats
in die suide van KZN, ter nouer nood aan die dood ontkom toe drie mans hom
aangeval het.
Beeld het Woensdag verneem dat die Sanco-leier die stelling
gemaak het tydens in 'n hittige woordestryd oor 'n uitsettingsbevel teen
drie gesinne op 'n plaas in die Ingogo-omgewing.
Kapt. Gail de Klerk, adjunkstasiekommissaris van die
Ingogo-polisiekantoor, wou nie gister die bewering "ontken of bevestig"
nie.
Die Marais-egpaar se lyke is Woensdagoggend in hul huis
aangetref.
"Hulle is met stomp voorwerpe geslaan en gemartel. Hulle kon
ook skietwonde gehad het," het supt. Adrian Botes van die areakommissaris
van die Tugela-streek se kantoor gesê.
Volgens hom het mev. Marais se niggie op hul lyke afgekom nadat
sy mev. Marais gaan soek het omdat sy nie 'n afspraak nagekom het nie.
Die aanval op Botha in die suide van KZN was vermoedelik uit
weerwraak nadat sy pa, Ron Botha, sowat drie weke gelede 'n werker in die
pad gesteek het na 'n inbraak by die plaashuis.
"Die man was baie aggresief en het my gedreig toe ek hom
betaal en versoek het om die plaas te verlaat," het Ron Botha gesê.
Drie mans het Wayne Botha gistermiddag op die plaas oorval. Een
van die mans het 'n skoot na sy bors geskiet. Terselftertyd het nog 'n
booswig hom met 'n kierie agter die kop geslaan.
Botha het ineengestort waarna die mans gevlug het. Die geweer
was egter met 'n loskruitpatroon gelaai en hy is nie ernstig beseer nie.
Die polisie het later drie verdagtes, waaronder die werker wat
ontslaan is, vasgetrek, het Naidoo gesê.
Intussen het die plaaslike boeregemeenskappe heftig op die
voorvalle gereageer.
Japie Grobbler, visepresident van die Suid-Afrikaanse
Landbou-unie, was erg ontsteld oor die voorvalle. "Die regering se
grootste verantwoordelikheid is om die veiligheid van sy mense te waarborg.
As dit nie gebeur nie, is hy nie werd op 'n regering genoem te word nie."