Pienaar, Andries Albertus ("Sangiro") - Afrikaanse skrywer gebore op
Broederstroom naby Pretoria in 1894. Opvoeding: Heidelberg, Transvaal
en Universiteit van Stellenbosch. Word joernalis en bestee grootste
deel van
vroe� lewe in Oos-Afrika. Sy "Uit oerwoud en vlakte" word in Engels
vertaal
en in 1924 publiseer as "The adventures of a lion family". Hy ontwikkel
later
'n belangstelling in die maak van rolprente oor natuurlewe in Afrika.
> Jy en jou vrou sal dit nog praat. Of jou kinders dit nog lank sal praat
> is 'n ope vraag. Leef maar daarmee saam - jy sal Engels praat met >jou
> kleinkinders en afhangend van hul ouderdom ook met jou kinders. >Vra maar
> vir Gloudina.
> Cheers
> Lou
Ek stem heeltemal met jou saam Lou. Voor ons die begin van die jaar weg is
uit Suid-Afrika was dit een van die baie aspekte van weg-skeur wat ons
bespreek het. En ek het gevoel my behoefte aan veiligheid, orde en respek
vir die regeerders van die land waarin ek woon is belangriker as die
voortbestaan van my moedertaal binne ons gesin. Na 3 maande het ons 7
jarige dogter met 'n kiwi aksent begin praat wat my swaar op die oor lê.
Die afgelope maand het ons agter gekom dat sy so min Afrikaans praat dat sy
basiese woorde begin vergeet. En skielik is dit nie meer so maklik om dit
sonder hartseer te aanvaar nie. (Ek begin wonder of sy ooit eers haar
bababoek sal kan lees wat ek met soveel toewyding geskryf het!)
Riana (Ek skryf onder my man Stephanus se adres, hy gebruik weer sy doop
naam want hy was nie lus om Fęnny genoem te word nie)
Alwyn Nel wrote:
>
> Stephanus Schoeman wrote in article
> ...
>>>
>>> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
>>> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>>>
>>> Cheers
>>> Lou
>> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
>> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
>> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
>>
>> Riana
>
> Riana, nee. Ek dink jy moet Lou se pos weer lees. Dit gaan oor die aaklige
> woord "diaspora" wat nou skielik in bykans elke sin opduik.
>
> Terloops, dit voel vir my so asof die nuusgroep anker gegooi het by
> politiek en "diaspora." Sug .....
>
> Groete, Alwyn
>
Liewe Riana
Ek is gelukkig in die posisie dat ek kan in die buiteland kan werk kry
(rekenaars, unix, NT, databasise, werk vir internasionale maatskappy) -
(iemand vir my werk Grappie!)
Dit is nie so maklik om net my goed te vat en te waai nie - dis my land
ook wat die fo... umm stupid politisie weereens opfoeter. En omdat ek
hier bly het ek die reg om te moan en te groan so veel as ek wil. Ek
voel die kriminaliteit aan my gat en aan my sak. My kind se kanse op
behoorlike skool gaan vinnig agteruit. Moet tog net nie in 'n ersnstige
motor ongeluk ver van 'n privaat kliniek betrokke raak nie! Die staats
mediese geriewe is pateties. Paaie versleg, staatsdiens is nog erger s
onder die vorige regime He He. Ek betaal belasting dat ek vrek en wat
kry ek daarvoor?
As julle nie hier bly nie, dan vat ek al julle kritiek met 'n moerse
groot sak sout en raak maar redelik gatvol vir almal wat se hoe ons
dinge moet doen terwyl julle in die diaspora (yuck- wat 'n woord) lekker
aan die groen grassies vreet met hul Suid Afrikaans verdiende grade en
diplomas. en dan wil die donners nog stem ok. Baie sit daar en wag om te
sien watter kant gaan die byl val - nog vis nog vlees!
>
> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>
> Cheers
> Lou
Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
Stephanus Schoeman wrote in article
...
>>
>> Wat is dit met die diaspora strooi - is dit nou vir die ou spul wat die
>> e'spore gemaak het? (en nou stuurman aan wal speel?) :)
>>
>> Cheers
>> Lou
> Met sulke reaksie wonder ek altyd: Bly jy omdat jy dink jy kan nog 'n
> verskil maak? Indien wel - sterkte, ek hoop jy kan. Of bly jy omdat jy in
> geen ander land aanvaar sal word nie? Indien ja - jammer, ek voel vir jou.
>
> Riana
Riana, nee. Ek dink jy moet Lou se pos weer lees. Dit gaan oor die aaklige
woord "diaspora" wat nou skielik in bykans elke sin opduik.
Terloops, dit voel vir my so asof die nuusgroep anker gegooi het by
politiek en "diaspora." Sug .....
Ek waardeer dit baie dat jy so opgestaan het vir verandering,
en ek het simpatie vir al die twak wat jy moes opvreet daaroor.
Ek sal my sanna volgende keer meer na regs mik, dis eintlik daar waar
ek wil skiet. So ek hoop ek het jou nie te sleg gekwes nie.
Maar wat die NP betref sit jy die pot mis. Daar was nog altyd
(destyds en nou) goeie en naiwe mense wat gedink het hul sal dinge
kan verander deur die NP. Daar was ook mense wat te lafhartig was
om buite die (NP)laer te staan, en hul het dus altyd die opsie van
verandering binne die laer bepleit.
Die NP en sy beleid van Apartheid het SA stiksienig en meedoeloos
oor jare lank in sy moer in gestuur. Die NP kom uit 'n donker,
slegte verlede, dit het geen geloofwaardigheid meer nie, veral nie
onder swartes nie. Dat mense soos jy nog steeds aan die NP klou na
al die liegstories en kak wat hul aangevang het, gaan my verstand te
bowe. Moenie eers probeer verduidelik nie! En moet jou asb nie skaar
agter 'n klein groepie "goeies" of nuwelinge in die NP nie.
Die NP is die NP, nie een of ander klein groepie binne die NP
wat miskien goed is of was of wou wees of sal wees nie.
AAN Ferdi:
----------
Ek kom terug, een of ander tyd, ek kom terug. Ek is nie 'n Aussie nie
en ek sal oor my dooie liggaam nooit 'n aussie wees nie, selfs al het
ek so 'n paspoort. Liewer 'n banneling. (ek het niks teen australiers
nie, al is hul 'n klomp kultuurlose heidene - hier is wonderlike mense
ook, en dis 'n mooi land).
Maar SA bly my vaderland, willens en wetens. En ek bly 'n afrikaner,
al maak sommige van julle dom drolle gedurig die Afrikaner
se naam GAT. Goddank het julle sulke goeie ambassadeurs soos ek hier :-)
En ek cheer vir die Proteas en die bokke - as julle dalk gewonder het.
Terloops, ek kom Desembermaand kuier in SA.
Baie geluk aan die springbok rugby span. Ek dink ek en baie ander moet aan Nick
ekskuus vra, ons het hulle nie 'n kans gegee nie, maar hulle het die knoop
deur gehaak.
J wrote:
>
> Baie geluk aan die springbok rugby span. Ek dink ek en baie ander moet aan
> Nick
> ekskuus vra, ons het hulle nie 'n kans gegee nie, maar hulle het die knoop
> deur gehaak.
>
> Doen so voort!!!
>
> Japie
> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is tot
> die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
wat so vergeetagtig is.
Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
weerhaan optree. Die een dag ky hulle oos, die
volgende dag weer noord-wes. Waar is die goeie
ou dae (vyftig jaar en vroeer) toe eer en trou die
twee voete van koerantmanne was.
Ek het lank terug 'n boek van 'n filosoof gelees
wat van mening was dat elke mens se tydbestek
(tydhorison, tydverloop wat vir daardie mens
werklik is) 'n groot invloed op sy/haar denke het.
'n Mens met 'n tydbestek van 30 dae sal met dinge
tot 30 dae in die verlede of 30 dae in die toekoms
werk. As iemand met iets tot 300 dae in die verlede
of net 30 dae in die toekoms werk, is daardie mens
se tydbestek die kleinste van die twee, naamlik 30
dae.
Hy het beskryf hoe mense optree wat 'n tydbestek
van 24 uur of minder het, 1 tot 2 dae, 3 tot 7 dae,
8 tot 30 dae, 31 tot 365 dae, 1 tot 3 jaar, 4 tot 20
jaar, 21 tot 100 jaar, 100 tot 2000 jaar en langer
as 2000 jaar. Sy waarnemings het my laat hoender
vleis kry. Hoe korter die tydbestek, hoe meer
wisselvallig tree die persoon op. Hoe langer die
tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.
Ek wonder hoeveel mense in Suid Afrika se tydbestek
is langer as 1 jaar?
> zich wegsteken in hun eigendunk,
> wat als in een ruige overwinningsroes,
> onder een bittere vlag van blindheid,
in die Kanadese diaspora
> ens........
@igs.net wrote in article ...
>
>
> NA-APARTHEID
> Roger Wastijn
>
> Nu zijn wij bevrijd,
> een wenkende toekomst
> staat met open armen
> op elke hoek van �die pad�,
> braakliggend land
> zal worden bewerkt
> en wij nemen weer deel
> aan de Olympische spelen.
>
> Maar wat als verre broeders
> zich wegsteken in hun eigendunk,
> wat als in een ruige overwinningsroes,
> onder een bittere vlag van blindheid,
> ze mijn taal en stem vertrappelen
> en ik, onder een vlaag van wraak
> bedolven word, door economisch
> en cultureel verdwaalde gekken?
>
> (Uit �Concept� November 1997)