Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Op soek na Afrikaanse vriende!

Sa., 13 Desember 1997 00:00

Ons is van Port Elizabeth/ Suid-Afrika & sal graag met ander getoude pare
wil korrespondeer?!
In elk geval, enige iemand is welkom om met ons te kommunikeer / of jy nou
van Suid-Afrika is of nie, skryf maar! Selfs die enkelinge; ons sal ook van
julle graag wil hoor. Kom ek wees eerlik; somtyds kommunikeer mense met 'n
ou & dan ewe skielik sonder rede hou hulle sommer op met skryf/ iets wat ek
seker nie sal verstaan nie. So, wat ek se is; ons soek mense met wie ons
baie goeie vriende mee kan word?!

Groete uit die Baai!
Hein&Elsje

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Voorskrif" deur D.J. OPPERMAN

Vr., 12 Desember 1997 00:00

VOORSKRIF
D.J.Opperman

Lees dié woord
geduldig.
Is daar moord,
en iemand skuldig?

Prosa & poësie | 0 kommentare

gemeenskap radio

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Hello Daar.

ek is "vice chair " van Radio Teemaneng in Kimberley.

ek kan jou se dat as boer kan jy net so belangrike rol speel in enige
gemeenskap projek as wat jy wil....sonder om te kyk wat ander kry en wat jy
nie kry nie.

Ek wil net een ding hier wil kwyt raak wat my baie help.....en dit is....

DIS NIE OOR HOE JY ANDER MENSE AFKRAAK EN BREEK OOR WAAR JY IN DIE LEWE GAAN
KOM NIE....MAAR OOR HOE JY ANDER HELP.

KOEBAAI

M. F. Vivier
email ... mfvi...@kimberley.co.za of s...@kimberley.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

What is the translation of SCAFFOLD?

Vr., 12 Desember 1997 00:00

p.do...@bk.tudelft.nl (Peter Donker) writes: > Hi,
>
> I am working on a book called SCAFFOLD. For the cover I would like
> to use as many translations of this word as possible. So if you know
> what the translation of the English word SCAFFOLD is please eMail
> me (or follow-up, but I would prefer eMail).
>
> By the way: I mean the word SCAFFOLD as in:
>
> a temporary structure formed of poles, planks, etc., erected by
> workmen and used by them while building or repairing a house etc.
>
> Regards,
>
> Peter
>
> ---------------------------------------
> Peter Donker
> Fac. Architecture
> Delft University
> ------------------------------------

In Afrikaans noem ons dit 'n "stellasie"
onder meer, seker na die Nederlands
"stellage."

Gloudina

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

First nations

Vr., 12 Desember 1997 00:00

"Leendert van Oostrum" wrote:

> Gloudina kweel oor die Korannas en die Basters in die omgewing van Kakamas,
> waar daar vandag wittes woon. Kom ons kyk bietjie na syfers verskaf deur die
> provinsiale regering van Ontario:

> 1 400 jaar gelede was daar in die gebied van die huidige Ontario
> sestigduisend mense van die groepe wat nou as "first peoples" bekend staan.
> Vandag is daar 167 000. In 400 jaar het hierdie bevolking dus nie eens
> verdriedubbel nie.

> 2 Die "imigrante" -bevolking wat Ontario in die afgelope 400 jaar beset
> het, tel egter 11 miljoen. Een van hulle is Gloudina.

Miskien is ek dom, - duh - maar wat is die relevansie hiervan?
Hierdie soort vergelykings klink so na die two wrongs make a right
tipe storie. Ek is seker Gloudina sal die regte van Kanada se first
nations net soos die van SA s'n verdedig.

> Ek sou, om die waarheid te sê, kon aflei dat die bevolkings van "first
> peoples" in SA nogal gefloreer het, as jy hulle met die "first peoples" van
> Ontario vergelyk.

Wel, al wat jy se is dat die proses van kolonialisme veel meer
radikaal en genocidal was in die Amerikas as in SA. Dit is natuurlik
'n welbekende feit in die vergelykende studie van kolonialisme. Daar
is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het daardie
oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
proses.

> Maar laat mens kots as die groot vark die vinger na die kleintjie wys en
> skel: "Vark!".

Hmmm... Miskien sal 'n bietjie medikasie help. Daai maagsure is hel
op die sleutelbord.

Maar ek stem nie saam met jou poging om te insinueer dat Gloudina nie
die reg het om vrae oor die regverdigheid en moraliteit van
kolonialisme/blanke besetting te stel nie. Val haar argumente aan!

Andries

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Van Varke gepraat (was: Dáárdie naam!)

Vr., 12 Desember 1997 00:00

@igs.net wrote in message ...
> Maar sien jy nie, Alwyn, hulle het iemand
> nodig om 'n "Kommunis" te noem, om te blameer,
> om op te skel, net soos daardie Apartheidsvarke
> wat die hele SA bevolking vir dekades geterroriseer
> het deur net "Kommunis" te skree. As hulle nie
> so-iets kan optower nie, dan moet hulle miskien
> in eie boesem kyk, en die duiwel daar sien, en
> hulle kan dit nie doen nie, anders val hulle
> met hulle gesigte in die stront wat hulle self
> produseer. So,verwag dat elke ou reaksionere
> ou soos Hjalmar en Leendert op een of ander
> stadium sal skree iemand is 'n Kommunis.
>
> Gloudina
>

Interessante ding van "apartheidsvarke". Jy kry hulle onder Afrikaners. Jy
kry hulle onder Engelse en Duitsers, Portugese en 'Ollanners.

Jy kry hulle onder "kleurlinge", en selfs onder swartes.

Maar Afrikanervarke (die woord wat Gloudina aanvanklik gebruik het) kry jy
net onder Afrikaners.

Dis nou die soort wat, dikgevreet aan die apartheidstrog, 'n ander trog
soek, as die kompetisie te veel word.

Gloudina kweel oor die Korannas en die Basters in die omgewing van Kakamas,
waar daar vandag wittes woon. Kom ons kyk bietjie na syfers verskaf deur die
provinsiale regering van Ontario:

1 400 jaar gelede was daar in die gebied van die huidige Ontario
sestigduisend mense van die groepe wat nou as "first peoples" bekend staan.
Vandag is daar 167 000. In 400 jaar het hierdie bevolking dus nie eens
verdriedubbel nie.

2 Die "imigrante" -bevolking wat Ontario in die afgelope 400 jaar beset
het, tel egter 11 miljoen. Een van hulle is Gloudina.

As mens hierdie syfers vergelyk met die getalleverhoudinge tussen "first
peoples" en "immigrante" langs die Oranjerivier, of in SA as geheel, lyk dit
vir my asof die varke in Ontario die trog met veel groter sukses oorgeneem
het as die varke hier rond.

Ek sou, om die waarheid te sê, kon aflei dat die bevolkings van "first
peoples" in SA nogal gefloreer het, as jy hulle met die "first peoples" van
Ontario vergelyk.

Is daar enige ander afleiding moontlik?

Miskien, soos die kinders op die speelgrond sê, kos dit 'n groot vark om 'n
kleintjie te herken.

Maar laat mens kots as die groot vark die vinger na die kleintjie wys en
skel: "Vark!".

Vrede, varke!

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waiting for the Barbarians

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Hi

Ek volg nou al 'n hele rukkie julle redenasies in en om apartheid.
Toegegee, dis baie interessant om almal se verskillende standpunte en
opinies te lees.

Ek het die volgende Engelse boek gelees en dit het my gehelp om 'n eie
opinie te vorm, wat ongelooflik verskil van my vorige opinie:

Waiting for the Barbarians deur J.M.Coetzee

Ek besef elkeen van julle het al vaste idees gevorm, maar miskien maak
dit julle oë oop...

Ek wil net graag vir almal sê dat dit nie bloot net anderskleuriges is
wat swaargekry het deur apartheid nie, maar blankes ook.

Tog is ek bly ek is in Suid-Afrika en ek verkies eerder om hier te bly
as op enige ander plek!!!!!!

Groete Levinia

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: First nations

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Key Bored wrote in message ...
> is die oorspronklike inwoners van albei lande bykans uitgeroei. Hier
> was die oorspronklike inwoners baie genoeg en sterk genoeg om die
> inkommers 'n run for their money te gee - en uiteindelik in 1994
> politieke mag binne die postkoloniale staat te wen. Hier het

Verkeerd. Dit was die internasionale gemeenskap wat dit afgedwing het. Nie
die oorspronklike inwoners nie. As die blanke bevolking regtig wou, sou
hulle SA baie vinnig in 'n tweede Duitsland kon verander en al wat 'n anders
kleurige is kon uitroei.

daardie
> oorwinning gelei na 'n regeringsprogram in terme waarvan grond
> teruggegee kan word. Mooiso, se ek. Daar is die herstel van
> grondregte ongelukkig 'n baie meer marginale, uitgerekte en wanhopige
> proses.

So wat is die verskil? Vertel my hoe dit hier makliker gaan wees om 'n
plaas wat vir 200 of 300 jaar in familie besit was, weg te vat? Of self '
plaas wat vir R100 000 gekoop is en net vir 'n jaar besit is. Hoe gaan jy
dit van die huidige eienaar af terug kry?
>

Groete

FanTim

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vir Leendert. Oor die WVK

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Paar gedagtes vir Leendert oor die WVK en oor koerante.

1. Die WVK het getuienis oor die ANC-kampe aangehoor. Dit was tydens
hul sitting in Die Fort in Johannesburg.

2. Die kwessie van die kampe val eintlik buite die raamwerk van die
WVK aangesien een van die hoofdinamieke van die WVK is om kwytskelding
van siviele of kriminele aanklagte te gee wat kan spruit uit dade
gepleeg in die stryd om apartheid.

Die kampe was in Angola. Eise en sake sal dus daar setel en die SA
kwytskelding geld nie vir ander lande nie.

3. Sake wat nie aangehoor is nie (en een waaraan ek vinnig kan dink in
Constand Viljoen se rol in die AWB se vandalisering en aanrandings in
die World Trade Center tydens die onderhandelinge vir n
oorgangsgrondwet) is eenvoudig nie onder die WVK se aandag gebring
nie.

Want die WVK werk so: As jy voel jy was n slagoffer of as jy voel jy
wil namens slagoffers optree, dan gaan jy na hulle toe en vertel wat
met jou gebeur het of wat met die mens gebeur het waaroor jy wroeg en
vra dat hulle dit moet ondersoek.

So, Leendert, as dit jou grief dat sekere dinge nie ondersoek is nie,
wel, jy het nie gevra dat dit gedoen moet word nie. So jy voel seker
nie rerig baie diep daaroor nie, ne?

(Vir tuiswerk oor die vakansie, Leendert, kan jy gerus gaan na
www.truth.org.za Dis die WVK se webblad.)

Koerante:

1. Beeld steun die WVK. En het dit nog deurentyd gesteun. En doen dit
steeds. Jy kan talle hoofartikels daaroor gaan opsoek in jou vakansie.

(Hier is nog tuiswerk: Dink oor die verskil tussen n instelling steun
en van tyd tot tyd kritiek op hom lewer rakende sekere aspekte van sy
optredes.)

Dan ook Viljoen: Ek sal die spanning vir jou verlig - Viljoen se
aansoek om amnestie is NIE geweier nie.

Daar is by the way interresante gemeenskaplikhede in sowel Modise as
Viljoen se aansoeke, verneem ek.
Albei het algemene amnestie gevra vir dade wat uit politiek spruit.
Modise het nie spesifieke dade iwat spruit uit MK-optredes genoem nie
(lees hier kampe).
Viljoen het nie spesifieke dade wat spruit uit die SAW genoem nie
(lees hier n aantal dinge wat kan wissel van optredes oor die grens
tot militere intelligensie).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Vir Leendert. Oor die WVK

Vr., 12 Desember 1997 00:00

Ferdi wrote in message ...

> Dan ook Viljoen: Ek sal die spanning vir jou verlig - Viljoen se
> aansoek om amnestie is NIE geweier nie.

Nee, dit is nie.

Ek het ook nie beweer dat dit is nie.

As jy wil weet wat ek wel beweer het, gaan kyk gerus na wat ek geskryf het.
Dit staan daar vir jou om te lees (as jy kan).

Geniet jou vakansie.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 23:52:11 UTC 2026