Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pret in SA

Vr., 28 Maart 2008 11:03

Dokter in hospitaal beroof
Mar 27 2008 09:57:17:010PM - (SA)

Antoinette Pienaar

'n Jong dokter het die afgelope Paasnaweek die derde slagoffer van 'n
gewapende rooftog geword in een van die Johannesburgse Algemene
Hospitaal se hysbakke.

"Ek het pas by die hyser ingestap toe iemand by my aansluit. Hy het
kort daarna 'n vuurwapen te voorskyn gebring en doodluiters gevra dat
ek my beursie en selfoon oorhandig.

"Hy het op die volgende vloer uitgestap toe die deure oopgegaan het en
verdwyn," het die dokter, wat gevra het om anoniem te bly uit vrees
vir vergelding, gister vertel.

Die voorval het Sondag omstreeks 15:30 gebeur.

Mnr. Sagie Pillay, hospitaalhoof, het vroeg volgende week 'n afspraak
met die polisie in Hillbrow geskeduleer om die groeiende
misdaadprobleem by die hospitaal te bespreek.

Nog 'n dokter en 'n pasiënt is ook die afgelope paar maande op 'n
soortgelyke wyse in hysbakke by dié hospitaal beroof.

"Ons beoog nou 'n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor misdaad.

"Pasiënte, werkers en studente moet hulle regmaak om effens verontrief
te word.

"Die hospitaal gaan voortaan besoektye streng afdwing, tensy 'n
besoeker spesiaal vooraf 'n reëling getref het.

"Pasiënte moet sorg dat hulle hul bloukaarte by hulle dra en besoekers
hul identifikasie."

Pillay het gesê daar word ook 'n kaartjiestelsel vir besoekers
oorweeg: elke pasiënt sal dalk twee tot drie kaartjies kry wat hy aan
sy familie en vriende kan gee om toegang tot die hospitaalperseel te
kry.

Die kaartjies sal buite die hospitaal omgeruil kan word tussen
familielede, maar niemand sal sonder 'n kaartjie toegelaat word nie.

"Ons wil seker maak dat niemand hier kom wat nie moet nie."

Pillay het gesê die werksomstandighede in hospitale is moeilik genoeg
vir gesondheidswerkers sonder dat dit nog vererger word deur 'n
veiligheidsprobleem in 'n plek waar 'n mens "onskendbaar" behoort te
wees.

Hy het gesê die hospitaal is moeilik om te beveilig weens die talle
ingange.

Ná die vorige twee voorvalle is sommige ingangshekke gesluit en meer
wagte ontplooi.

As deel van 'n kontrak met 'n nuwe veiligheidsmaatskappy word daar oor
'n paar weke kameras en metaalverklikkers geïnstalleer.

Die dokter wat die afgelope naweek beroof is, het gister gesê dit het
so vinnig gebeur dat hy nog nie regtig voel dit het 'n impak op hom
nie. Die rower was glo nie aggressief nie.

Daar was onder meer R200 kontant en bankkaarte in sy beursie.

Nog hospitaalpersoneel het aan mnr. Jack Bloom van die DA in Gauteng
gesê hulle voel angstig.

Nuus | 0 kommentare

Jeugdwerkers Stellenbosch op bezoek

Vr., 28 Maart 2008 08:38

'Wat hier kan, moet ook bij ons kunnen'
Dilbeek Jeugdwerkers Stellenbosch op bezoek
Drie jeugdwerkers uit Stellenbosch, jumelagegemeente van Dilbeek, zijn tien
dagen op bezoek in ons land om kennis op te doen rond jeugdwerk, aids- en
drugspreventie. Gisteren kregen ze een rondleiding in het centrum voor
kinderopvang 't Breugelkind in Ternat.

Rudy De Saedeleir Michelle Aalbers, sectorverantwoordelijke voor
Stellenbosch, Nombulelo Ntsunguzi, voorzitster van de jeugdraad en
opbouwwerker aan de West-Kaapprovincie en Nolulamo Lydia Cedile,
medewerkster bij het sociaal departement in Stellenbosch, verblijven tijdens
de paasvakantie in Dilbeek in het kader van de samenwerking tussen Dilbeek
en Stellenbosch. Het trio tekende de voorbije maanden mee voor de uitbouw
van een vakantieprogramma om de kinderen van straat te houden, een cursus
voor drugspreventie-adviseurs en de samenwerking met de jeugdraad om het
gemeenschapscentrum in Franschhoek, een deelgemeente van Stellenbosch, uit
te bouwen. Al die projecten krijgen vorm dankzij de samenwerking met de
Dilbeekse gemeentelijke werkgroep Stellenbosch, die focust op jeugdwerking,
aids- en drugspreventie. Op het Belgische programma staan bezoeken gepland
aan de Vereniging voor Alcohol en Drugspreventie, de organisatie Sensoa voor
aids-preventie, Brusselse straathoekwerkers en een Gents centrum voor
probleemjongeren. Van Jeugd & Stad krijgen ze een basisopleiding voor
animatoren in het jeugdwerk. Ook de uitbouw van onze kinder- en jeugdwerking
krijgt uitgebreid aandacht. Met 't Breugelkind in Ternat kregen Michelle,
Nombulelo en Nolulamo een van onze kroonjuwelen op vlak van kinderopvang te
zien. Bij 't Breugelkind is de werking opgesplitst in Zonnetjes, Maantjes en
Sterretjes. 'Als ik dit zie, dan wenste ik dat ik opnieuw een kind was',
reageert Nolulamo. 'De mensen betalen overal belastingen, maar hier zie je
dat met dat geld ook wordt geïnvesteerd in de kinderen en dat de ouders
worden bijgestaan. In Zuid-Afrika betalen we ook belastingen, maar voor
initiatieven als dit is er nooit geld.' Tussen de kinderopvang bij ons en de
mogelijkheden in Zuid-Afrika gaapt nog een diepe kloof. 'Bij ons komt het er
vooral op aan kinderen die anders aan de straat zijn overgeleverd recreatief
bezig te houden. Jeugdwerk richt zich nu nog vooral op jongeren vanaf 15
jaar, met de nadruk op opvoeding en arbeidsbemiddeling. Maar op termijn zou
wat bij jullie kan ook bij ons moeten kunnen', vindt de vrouw.

� 2008 Corelio

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE

Do., 27 Maart 2008 15:22

H.J. Pieterse
Bloubaard verwelkom sy vrou

Ek wag al soveel dae op jou;
kyk hoe maer het ek geword van verlange.
My lanings vul die wind groen in,
maar my gange is leeg, my gange is leeg.

Voëls volg jou heeltyd op jou lang pad
waar jy rustig deur blou aande aankom.
Jy stap altyd lig, 'n naaldekoker bo
'n vloeiende reënboogsproei.

Om my hou klippe asem op.
Die son raak agter wasigheid weg.
Ek verbeel my ek sien jou reeds
newelrig oor my heuwels.

Jou topaasoë kyk van ver af
koel na jou nuwe woning.
Nou is jy eindelik hier, stil een;
welkom in my kasteel.

Groet my aalwyne, vriendelike wagte
of fakkels, op aandag op my mure,
en laat my gange jou lok na binne
met 'n groen wind deur ons kamers.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die navolger van Dave, genaamd Torreke

Do., 27 Maart 2008 15:17

Noudat Dave opgehou het om poste uit Engelse
koerante op hierdie nuusgroep te maak, nou sien
ek dat Torreke die vaandel opneem. Die vaandel
waarop geskryf staan "die dood van Afrikaans aan
die hand van die hanskakies."
Wie dink jy lees hierdie Engelse poste van
jou op hierdie AFRIKAANSE nuusgroep, Torreke?
Dink jy ék lees dié Engelse poste? Ek verkies om
my nuus uit SA eksklusief uit Afrikaanse koerante
op die internet te kry. Dink jy Jan van Perth lees
jou poste? Dink jy selfs Dave lees jou poste?
Al wat jy bereik, Torreke, is om hierdie
AFRIKAANSE nuusgroep dood te smoor met jou
Engelse poste. Al wat jy bereik, is om te wys dat
jy, Torreke, nie 'n duit omgee vir die voortbestaan
van Afrikaans op die Internet nie. Al wat jy bereik
is om vir jouself te titteleer. En om sulke self-
tittelasie te aanskou, is altyd bietjie onheilig. En
laat jou lyk na 'n liggewig mannetjie.

Penkop van die Derde Republiek

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: Arms broker did give cash to the ANC

Di., 25 Maart 2008 21:36

"Torreke" skryf

> Thyssen

>             The German prosecuting authorities are probing claims that the
> company bribed South African officials and politicians to land a contract
> for warships for the South African Navy, and have formally asked the South
> African government for assistance. Moeller is a suspect.

Hier in Kanada is die nuutste skandaal wat op die
lappe kom ook in verband met die rol wat Karl-Heinz
Screiber, 'n Thyssen agent, gespeel het in die
politieke lewe van die vorige Konserwatiewe eerste
minister Brian Mulroney. Mulroney se naam word
deur die modder gesleep, deels as gevolg van die
feit dat hy op drie okkasies in kontant $100,000
van Screiber in hotelkamers ontvang het.
Die vorige Kanselier Helmut Kohl van Duitsland
het geval juis as gevolg van skandale wat ook met
Thyssen te doen het.
Thyssen is slegte nuus. Thyssen is die
vervaardiger van oorlogsmateriaal.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Tersiene " deur ELISABETH EYBERS

Ma., 24 Maart 2008 22:22

Tersiene

Elisabeth Eybers

Reeds oor die drumpel het my seun, wat hyg,

skool toe, van haastigheid, weer vasgesteek:

'Bestel dit tog vandag van die apteek-'

Sy stem, nou skor dan skraal, het yl gestyg:

'die roulynolie vir my krieketkolf!'

'Onthou!' roep hy, maar hoe kan ek vergeet

Eggo-deurtrek, al grom die honger wolf

van onvoltooide take, sing die kreet

om roulynolie vir my krieketkolf.

Roerloos sit ek voor my geslote boek:

as soveel ongesogte harmonie

gesluit word in 'n simpele versoek,

wat baat beoefening van prosodie?

Geen lettergrepe wat om voorrang stoei

in weersydse verset en kompromie

het ooit in gouer, gladder stroom gevloei

as roulynolie, klinkerryk; geen knal

was nog so klaar as krieketkolf. Hoe sal

my vers ooit weer volwasse word? Daar golf

geen skoner jambes in my moedertaal

as roulynolie vir my krieketkolf!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Doods stilte...

So., 23 Maart 2008 12:05

Is daar nog iemand hier wat iets ordentlik skryf?

Jan van Perth.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Praktiese toets

Do., 20 Maart 2008 06:09

"Riaan" skryf in boodskap news:1205995354.308975@vasbyt.isdsl.net...
> Ek het gister verjaar. Toe my pa my bel om my geluk te wens het ek met hom
> Engels gepraat. Toe hy my vra wat is dit dan nou met die Engels, het ek
> gese ek protesteer teen die twee Afrikaans sprekende studente wat onlangs
> in die nuus was met hulle video.
>
> Sy reaksie:
>
> Baie geluk met jou verjaarsdag Riaan - En baie geluk weereens, jy het
> sopas my top 5 lys van sotlike argumente gehaal.

Kan nie meer saamstem nie! Geluk in elk geval.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die penarie van die Dalai Lama

Wo., 19 Maart 2008 21:13

In vandag se koerante word daar berig dat die
Dalai Lama verklaar dat, as die Tibetane nie
vreedsaam agiteer in Tibet nie, hy as Dalai Lama
sal moet bedank. Hy is totaal gebonde aan die
beginsel van vreedsame protes, en sal nie kan
toelaat dat Tibetaanse Buddhiste geweldadig
agiteer en nogtans hom as die Dalai Lama sien
nie.
Dit is natuurlik 'n amper aardskokkende
uitspraak, komende van die Dalai Lama. Hy is
in sy funksie as Dalai Lama beide hoof van die
regering- van- Tibet -in- die- vreemde en ook hoof
van die Gelug Buddhiste. Die implikasies van
so 'n besluit sal intense implikasies hê, nie net
in die wêreldpolitiek nie, maar ook in die geledere
van Buddhisme self.
Die naaste voorbeeld van so 'n situasie
is natuurlik die voorbeeld van die monargie in
Engeland, waar die verteenwoordiger beide
hoof van die staat en van die kerk is.
Dit bring natuurlik ook die onderwerp
van "passive resistance" op, soos deur Ghandi
bepleit. Wanneer is geweld geregverdig of is
geweld nooit geregverdig nie?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    137  138  139  140  141  142  143  144  145  146  147  148  149  150  151  152    »]
Tyd nou: Di. Feb. 03 01:45:02 UTC 2026