Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Pret in SA
Pret in SA [boodskap #116758] Vr, 28 Maart 2008 11:03
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Dokter in hospitaal beroof
Mar 27 2008 09:57:17:010PM - (SA)

Antoinette Pienaar

'n Jong dokter het die afgelope Paasnaweek die derde slagoffer van 'n
gewapende rooftog geword in een van die Johannesburgse Algemene
Hospitaal se hysbakke.

"Ek het pas by die hyser ingestap toe iemand by my aansluit. Hy het
kort daarna 'n vuurwapen te voorskyn gebring en doodluiters gevra dat
ek my beursie en selfoon oorhandig.

"Hy het op die volgende vloer uitgestap toe die deure oopgegaan het en
verdwyn," het die dokter, wat gevra het om anoniem te bly uit vrees
vir vergelding, gister vertel.

Die voorval het Sondag omstreeks 15:30 gebeur.

Mnr. Sagie Pillay, hospitaalhoof, het vroeg volgende week 'n afspraak
met die polisie in Hillbrow geskeduleer om die groeiende
misdaadprobleem by die hospitaal te bespreek.

Nog 'n dokter en 'n pasiënt is ook die afgelope paar maande op 'n
soortgelyke wyse in hysbakke by dié hospitaal beroof.

"Ons beoog nou 'n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor misdaad.

"Pasiënte, werkers en studente moet hulle regmaak om effens verontrief
te word.

"Die hospitaal gaan voortaan besoektye streng afdwing, tensy 'n
besoeker spesiaal vooraf 'n reëling getref het.

"Pasiënte moet sorg dat hulle hul bloukaarte by hulle dra en besoekers
hul identifikasie."

Pillay het gesê daar word ook 'n kaartjiestelsel vir besoekers
oorweeg: elke pasiënt sal dalk twee tot drie kaartjies kry wat hy aan
sy familie en vriende kan gee om toegang tot die hospitaalperseel te
kry.

Die kaartjies sal buite die hospitaal omgeruil kan word tussen
familielede, maar niemand sal sonder 'n kaartjie toegelaat word nie.

"Ons wil seker maak dat niemand hier kom wat nie moet nie."

Pillay het gesê die werksomstandighede in hospitale is moeilik genoeg
vir gesondheidswerkers sonder dat dit nog vererger word deur 'n
veiligheidsprobleem in 'n plek waar 'n mens "onskendbaar" behoort te
wees.

Hy het gesê die hospitaal is moeilik om te beveilig weens die talle
ingange.

Ná die vorige twee voorvalle is sommige ingangshekke gesluit en meer
wagte ontplooi.

As deel van 'n kontrak met 'n nuwe veiligheidsmaatskappy word daar oor
'n paar weke kameras en metaalverklikkers geïnstalleer.

Die dokter wat die afgelope naweek beroof is, het gister gesê dit het
so vinnig gebeur dat hy nog nie regtig voel dit het 'n impak op hom
nie. Die rower was glo nie aggressief nie.

Daar was onder meer R200 kontant en bankkaarte in sy beursie.

Nog hospitaalpersoneel het aan mnr. Jack Bloom van die DA in Gauteng
gesê hulle voel angstig.
Vorige onderwerp: Re: Stellenbosch police brutality
Volgende onderwerp: Drie keelaf gesny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:13:34 MGT 2024