>> As jy belangstel, vertel ek jou hoe om wildemakou gaar te maak?
>
> Ja Henri, ek stel belang.
Neels,
Ek weet nie of jy Wildemakou in die VSA kry nie, maar hier is my gunsteling
resep:
1. Kry 1 wildemakou - jy moet onthou hy is nie soos 'n mak makou wat heeldag
op jou ma se makoudam sit en wag dat jy vir hom mielies voer nie. Hy vlieg
baie rond op soek na kos, en moet goed soos jakkalse en luiperds ontduik in
die proses. Dit maak hom verskriklik taai.
2. Jy benodig 'n outydse koelkas wat onder 'n doringboom hang - daai tipe
wat 'n dubbele gaaswand gehad het, met steenkool tussen die lae, wat 'n ou
nat hou om afkoeling te bewerkstellig. Nadat jy hom geslag het, hang jy hom
daarin op sodat hy kan ryp word. Nee, hy sal nie vrot nie, solank jy die
steenkool nat hou.
3. Na 'n week haal jy hom uit, en laat hom vir 'n week in asynwater lê.
4. Daarna lê jy hom vir 'n week in 'tenderiser' - die tipe wat 'n ou gebruik
om calamari mee te maak. As dit nog nie by julle in die VSA beskikbaar is
nie, kan jy pô-pô skille gebruik.
5. Nou behoort hy reg te wees om gekook te word. Jy benodige 3 dunnerige
stukke baie harde hout, soos hardekool, maar dit moet nog groen wees. Van
dié maak jy 'n dubbelkruis, waarop jy die makou oopsper en met tou vasbind.
6. Nou sit jy hom in 'n groot pot buite op 'n vuur - die tipe waarin jou
ouma seep gekook het is reg. Jy gooi 'n klompie klein artappeltjies, en
ander groentes volgens keuse by, maar moenie dit te fensie maak nie. Sout en
peper en speserye na smaak.
7. Kook hom op 'n stadige vuur vir 5 dae, maar moenie dat hy droog kook nie.
Min dinge is so sleg soos droë wildemakou.
8. Na 5 dae haal jy hom uit, maak die toutjies los, en skep groentetjies
saam met van die sous in 'n diep bord. Dan gooi jy die makou weg, en eet die
houtkruis. Hy behoort heerlik sag te wees.
9. Geniet dit!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
As dit nog nie by julle in die VSA beskikbaar is
> nie, kan jy pô-pô skille gebruik.
Nie po-po nie, maar papaja, Henri. Hier in
Noord-Amerika noem ons hulle nie paw-paws
nie, maar papajas, nes in Afrikaans.
Dis nou vir die plant Carica Papaya. Daar
is glo wel 'n paw-paw, volgens ons Heritage
Dictionary, genaamd Asimina triloba, "having
small fleshy edible fruit, also called a
custard apple."
Nou wonder mens hoekom die Engelse die woord
paw-paw begin gebruik het vir wat omtrent alle
mense papajas noem, insluitende Afrikaners.
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>> So die implikasie is dat hulle nou nie
>>> eens hulle eie taal hoef te geleer het
>>> nie. Sies.
>>
>> Doelbewuste disinformasie van die Gloudinasoort, soos gewoonlik. Sies.
>
>
>> Maar Gloudina verkondig dat swart kinders nie hul eie taal mog leer nie.
>
>
> Siedaar, so voor die o"e word die rad gedraai.
> Ek spreek weersin uit teen die feit dat swart
> kinders blykbaar nie hulle eie taal nodig gehad
> het vir matrikulasie-slaag nie. Let wel, ek
> gebruik die woord "hoef." Nou verklaar Leendert
> dat ek verklaar het dat swart kinders nie hulle
> eie taal "mog" leer nie. Ken jy die verskil tussen
> "hoef" en "mog", ou Leendert. Jy hoef nie te antwoord
> nie, maar mog ek vra dat jy jouself beperk tot die
> werklikheid en nie sommer weer tangentiaal in die
> wolkkoekoekland begin opereer nie.
>
> Gloudina
Dis seker nou maar ou Henri se voorbeeld wat hy stel my sy kampvuur
vertellinge, of van die ander ous wat so lekker skryf, wat my nou ook
so ver geinspireer het om my hand aan die pen te slaan en geboorte te
skenk aan 'n groot poging ...!
Goeie kritiek sal welkom wees, oor die taalgebruik en styl, maar nie
oor die inhoud nie - dis te waar en te persoonlik. Tensy jy my oor
die punte wat ek noem, wil aanvat - ons het al daarvan voorheen op die
nuusgroep bespreek.
Wel hier is dan my beskeie effort:
------------------------------------------------------
Dis droog. Binne.
Daar moet trane wees, dit moet ruk.
Dis stil - nie eers verwyt nie.
… soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite …
Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
Ek voel binne soos ek buite wys.
En ek is tevrede …
Ek sien baie van die ander …
elk met 'n eie storie,
baie praat hard - hy moet homself oortuig,
baie praat groot - hy moet beindruk,
baie wil nie praat nie - dalk spyt, of gelukkig, soos ek …
Nou en dan kyk jy suid,
so op die internet horison lê nog die buitelyne van Suid Afrika.
Jy luister met bakhand agter die oor,
Onverwagse familie en vriende se stemme is e-mail helder.
En gou besef jy daar is nie genoeg verlang om jou langer suid te laat
kyk nie. Mark Twain was reg - jy verlang nie na daardie ver land waar
jy grootgeword het nie, maar na jou eie grootword-jare.
En die familie e-mail net gereeld genoeg om te laat weet jou skrywe
raak min, maar hulle eie stemme raak maar stil…
Voor jy oor die groot oseaan gevlieg het, het jy 'n brief aan jou
seuns begin - om te sê hoekom. Maar die woorde het so hol geklink.
'n Mens kan nie ses maande lank besluit en dan in 'n brief wil beskryf
nie.
"Ek gaan nou van julle Amerikanertjies maak -
met 'n nuwe aksent en 'n nuwe taal.
"Ek gaan julle van Ouma af wegneem -
sodat julle haar baie min sal sien.
"Ek gaan julle van julle troeteldiere af losmaak -
dalk sê ek julle nie eers wat ek met Ore laat doen het nie.
"Ek gaan julle vry maak -
Ek kan nie dit in woorde sê nie.
"Ek gaan julle 'n blinker toekoms gee -
Julle moet die cliché glo.
"Ek gaan 'n beter ouer kan wees -
Daar in Amerika …
Die woorde is maar hol, so min…
Was julle maar jonger om nie van beter te weet nie.
Was julle maar ouer om beter te kan verstaan.
Was ek maar slimmer om beter te kon verduidelik.
Dis droog. Binne.
Daar moet trane wees, dit moet ruk.
Hoe kan ek Suid Afrika dan nie hartstogtelik mis nie!
Dis stil - nie eers verwyt nie.
… soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite …
Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
Hoekom ervaar ek dit nie as hoogs dramaties nie!
"Nee, ek Verlang nie!"
"Nee, ek Voel jy nie skuldig nie!"
"Nee, ek Gaan nie terug nie!"
"Nee, ek Is nie spyt nie!"
Johan Potgieter
Julie 1998
------------------------------------------
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
> Dis seker nou maar ou Henri se voorbeeld wat hy stel my sy kampvuur
> vertellinge, of van die ander ous wat so lekker skryf, wat my nou ook
> so ver geinspireer het om my hand aan die pen te slaan en geboorte te
> skenk aan 'n groot poging ...!
>
> Goeie kritiek sal welkom wees, oor die taalgebruik en styl, maar nie
> oor die inhoud nie - dis te waar en te persoonlik. Tensy jy my oor
> die punte wat ek noem, wil aanvat - ons het al daarvan voorheen op die
> nuusgroep bespreek.
>
> Wel hier is dan my beskeie effort:
> ------------------------------------------------------
> Dis droog. Binne.
> Daar moet trane wees, dit moet ruk.
> Dis stil - nie eers verwyt nie.
> � soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite �
> Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
>
> "Verlang jy nie?"
> "Voel jy nie skuldig nie?"
> "Gaan jy terug?"
> "Is jy spyt?"
>
> Nee, nie een daarvan nie�
>
> Ek voel binne soos ek buite wys.
> En ek is tevrede �
>
> Ek sien baie van die ander �
> elk met 'n eie storie,
> baie praat hard - hy moet homself oortuig,
> baie praat groot - hy moet beindruk,
> baie wil nie praat nie - dalk spyt, of gelukkig, soos ek �
>
> Nou en dan kyk jy suid,
> so op die internet horison lê nog die buitelyne van Suid Afrika.
> Jy luister met bakhand agter die oor,
> Onverwagse familie en vriende se stemme is e-mail helder.
>
> En gou besef jy daar is nie genoeg verlang om jou langer suid te laat
> kyk nie. Mark Twain was reg - jy verlang nie na daardie ver land waar
> jy grootgeword het nie, maar na jou eie grootword-jare.
> En die familie e-mail net gereeld genoeg om te laat weet jou skrywe
> raak min, maar hulle eie stemme raak maar stil�
>
> Voor jy oor die groot oseaan gevlieg het, het jy 'n brief aan jou
> seuns begin - om te sê hoekom. Maar die woorde het so hol geklink.
> 'n Mens kan nie ses maande lank besluit en dan in 'n brief wil beskryf
> nie.
>
> "Ek gaan nou van julle Amerikanertjies maak -
> met 'n nuwe aksent en 'n nuwe taal.
> "Ek gaan julle van Ouma af wegneem -
> sodat julle haar baie min sal sien.
> "Ek gaan julle van julle troeteldiere af losmaak -
> dalk sê ek julle nie eers wat ek met Ore laat doen het nie.
>
> "Ek gaan julle vry maak -
> Ek kan nie dit in woorde sê nie.
> "Ek gaan julle 'n blinker toekoms gee -
> Julle moet die cliché glo.
> "Ek gaan 'n beter ouer kan wees -
> Daar in Amerika �
>
> Die woorde is maar hol, so min�
> Was julle maar jonger om nie van beter te weet nie.
> Was julle maar ouer om beter te kan verstaan.
> Was ek maar slimmer om beter te kon verduidelik.
>
> Dis droog. Binne.
> Daar moet trane wees, dit moet ruk.
> Hoe kan ek Suid Afrika dan nie hartstogtelik mis nie!
>
> Dis stil - nie eers verwyt nie.
> � soos ek my altyd voorgestel het Moeder Hanna was van buite �
> Maar sy moes 'n man en kind afstaan.
> Hoekom ervaar ek dit nie as hoogs dramaties nie!
>
> "Nee, ek Verlang nie!"
> "Nee, ek Voel jy nie skuldig nie!"
> "Nee, ek Gaan nie terug nie!"
> "Nee, ek Is nie spyt nie!"
>
> Johan Potgieter
> Julie 1998
> ------------------------------------------
>
pragtige woorde Johan !
Vyg
--
plant n boom
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê
Johannesburg - A Correctional Services spokesman on
Sunday confirmed that two
suspects arrested in connection with the murder of an
elderly couple on a farm near
Hanover had been ex-prisoners released early according to
President Nelson
Mandela's birthday gift to 9000 prison inmates.
It was announced shortly before Mandela's birthday on
July 18 that certain
prisoners with less than six months to serve would be
released.
The two men suspected of having murdered Phillipus
Greeff, 76, and his wife
Maretha, 72, on Friday night were both released from
Worcester Prison on
Monday, Correctional Services spokesman Barry Eksteen
said.
One of them was serving a sentence for breaking parole
and the other for
housebreaking and theft. Their sentences would have
expired on September 2 and
October 14 respectively, Eksteen said.
The Greeffs were both shot in the head on their farm
Middelwater at about 9pm on
Friday.
A farmworker, Petrus Smambo, alerted a neighbouring
farmer who contacted
police. A massive manhunt involving about 60 policemen
and two farmers ensued.
This resulted in the two suspects being arrested at a
roadblock near
Beaufort-West, about 225km from the murder scene.
The two had allegedly fled in the Greeffs' bakkie, but
had overturned about 9km
from the farm. They then hitched a ride in a truck.
When the truck was searched at the roadblock, two bags
containing items
belonging to the Greeffs and the alleged murder weapon
were found.
Is dit nou nie te lekker nie? En as dit nou in die lig gesien word
van die ANC vent wat ontsnap het en later by een van die ANC
grootkoppe se huis gesien is, kan 'n mens maar net wonder.
Ek het nogal gewonder hoe lank dit gaan neem voor hierdie ouens moles maak.
Maar bg was nie eerste nie - Beeld het Saterdag berig dat 'n jeugdige wat
Maandag vrygelaat is, Dinsdag gearresteer is toe hy 'n hemp in 'n winkel
gesteel het.
Waar is die kriminoloë op die ng? Verander 'n jakkals net van haar? Of is
dit moontlik dat dit beter in die tronk as buite is, en 'n ou so gou as
moontlik moet probeer terugkom?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Ek staan op die oewer van die vloeiende hede
met gister en môre soek ek vrede.
Die onthutsende skermutselings
en die lam waens van afwagting
skaaf en versper my al platter
en die aaklige kleinding bly skel in my skedel
soos altyd
soos die verskliklike knip van die eerste naels
wat nog steeds knal van skerpte
die brat dring aan op verlossing en verknussing
en weier die blêr van boekdele
weier die gelooide stipte van spierknoppe
mompel hoorbaar by stroop verby
speel slegs saam in seks, maar
bly versigtig.
Ek bly staar na die vloeiende hede
gister en môre bring geen vrede nie
as ek voel in die vloed word dit skerwe
wat ek in my ore prop
om die brat se bek te stop
wat bly gil tussen voer en kombers
en bly kerm in my doen en late.
Op hede soek ek vrede
of groot baklei
om die arme brat stil te kry.
2.
Brat, met jou is nie te praat nie
jy is gevaarlik, jy is terpentyn en bliksem,
jy virus in my hartsnare en breinsnoere
ek het jou agtergelaat
nou swernoot jy agter my gelaat
my gladde glimlag krap jy skeef
en kwel growwe plooie deur my gaafheid.
Moet ek dans op jou neulende skrein?
Popspeel met poeier en heuningkwas
om jou 'n vel te gee?
Moet ek jou tergkriek olie?
Vanaand is daar woorde
besadig en oorwoë
hou tog op en gun my vrede!
Vanaand is daar woorde, maar
met jou is nie te praat nie.
Jy kla blindelings en enkelnoot.
3.
Ek suig saam, maar pasop vir jou,
dis nie mawarm melk nie,
dis my duim en my inligting.
Ek het jou hoor skree
ek kan dit oorvertel, maar
ek kan jou nie mond of rede gee nie.
Jy het gelyk, en behoefte,
maar jou bed is koue geskiedenis
en jou omhelsende wens
sal 'n sak suf gloeilampe bly.
Ek het jou gehoor gegee,
maar die woord volhard myne.
Daar is met jou nie te praat nie,
net te luister,
en myself vrygewig en rustig lief te hê.
4.
Jy huil nog steeds.
Ek luister.
Gister hoef nie môre te word nie.
Daar is trane in my keel
en vrede vir die hede.