Na 4 jaar in die buiteland keer ek volgende week terug na die ou
moederlandjie.
Ek het dit mooi ge-"time", vier maande voor 'die verkiesing' het ek spore
gemaak en nou het nuuskierigheid my terug gedwing. . .
Daar op Jo'burg se Wesrand waar ek en die maatjies na skool op die koppie
gaan sit het en 'n paar matchboxes malawi-kop oprook. Daar waar ons
gewonder het watse maatskappy gaan onse wit velletjies met duisende rande
'n maand vertroetel. Op daardie koppie wil ek sit en my matchbox oprook en
wonder of julle rerig so vervalle is as wat ek dink??
Hoor weer van my in 'n maand en ek sal julle vertel . . . .
Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die Boerestaat
Party.
Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die Boerant op
die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook Die
Boerant oppie internet sit.
Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
e-mail nie.
"Andries J. Bester" writes: > Hello almal.
>
> Ek wil gou 'n oppinie (tik so min in Afrikaans!) poll doen. Maar laat ek
> julle net sê waar ek vandaan kom. Ek bly oppie plaas van die sogenaamde
> Boerstaat "stronghold" van oom Robert van Tonder, leier van die Boerestaat
> Party.
>
> Nou hulle sukkel met lesers getalle vir hulle koerant, Die Boerant. Cute,
> hê? Nou't ek gewonder of dit dalk die moeite werd sal wees om Die Boerant op
> die internet te publish, soos 'n website of iets. En mag 'n mens sulke
> politieke goette....wel as mens kaal vroue kan sien kan mens seker ook Die
> Boerant oppie internet sit.
>
> Laat my weet wat julle dink, maar verkieslik op die hierdie NG en nie my
> e-mail nie.
>
> Dankie, tot later, AJ Bester.
>
>
Andries, Andries. Ek het gedink net die AWB en
Frikkie, die sekretaris, is hanskakies. Nou sien
ek julle van die Boerestaat-party mors die taal
nog erger op met julle half-Afrikaans half-Engelse
geskryf. Waarvoor wil jy nou die meningsopname doen?
Die Internet is mos vry vir almal om alles daarop te
sit. (Miskien in die ou dae van die apartheidsvarke
sou hulle dit probeer beheer het, maar nou het julle
mos werklike vryheid in Suid-Afrika, so gaan voort:
sit die Boerant op die Net.) Tannie wil tog net vir
jou smeek om dit in goeie Afrikaans te doen.
Waar is die hoofkwartier van Oom Robert van Tonder?
Is hy bewus daarvan dat jy die Afrikaanse taal so
opmors? Is hy bewus daarvan dat jy so smalend van hom
praat. Miskien is jy 'n hanskakie-mol in die Boere-
staat se geledere?
Die tannie van die taalkomitee van die derde Boerestaat
wat in die kuberruimte bestaan, en wat oorlog verklaar
het op die mense wat die Afrikaanse taal opmors.
Het iemand nie dalk vir my 'n prentie van die Familiewapen : BESTER nie.
Of selfs waar ek een in die hande kan kry. Ek weet wel in Pretoria by die
heraldiek museum kan mens dit navors, maar ek's 1500km van Pretoria af, en
wanneer ek wel in die omgewing is, is hulle toe!! Ek's raadop. HELP.
> Het iemand nie dalk vir my 'n prentie van die Familiewapen : BESTER nie.
Andries,
Jy behoort hom te kry in C. Pama se boek 'Die Groot Afrikaanse Familie
Naamboek', en hy behoort beskikbaar te wees in jou biblioteek.
Die RGN se genealogiese afdeling is geprivatiseer, en het geskuif
Stellenbosch toe. As alternatief kan jy die Genealogiese Vereniging kontak -
hulle webadres is by Die Knoop beskikbaar.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Kan iemand vir my sê of daar winkels is wat produkte onder 'n sekere bedrag
verkoop, byvoorbeeld 1$, 1 Pond, ens. Web adresse ook indien moontlik,
asseblief.
Groete
Kobus
Aan Sandra,
Ek hoop met my hele hart dat alles goed sal gaan met jou gedurende jou
behandeling.
Jy is vir altyd in my gedagtes en in my hart.
Baie liefde.
Vir altyd
Aan die ouens wat tevergeefs gaan soek het vir 'n nuwe storie, bied ek my
verskoning aan.
Tzaneen het skou gehou, die Brandewynstigting het 'n proe aangebied, en dit
was langnaweek en ek moes die kinders uit die stad se gewoel kry, en so aan.
Maar as jy wil weet hoe dankbaar 'n mens moet wees, sal Hansman jou vertel
by:
Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.
As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan -
wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng'le om u troon.
U laat hom heers. Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see -
tesaam het U dit in sy mag gegee.
Ja, daar's geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
Die inbellers op Niekie v/d Berg se Sê Wie is 'n goeie spieelbeeld van die
bekkige Afrikaner.
Weet alles, sê alles en maak dikwels 'n gat van hom/haar self.
Hoe lyk dit vir my baie van die bydraes hier is op dieselfde lees
geskoei....... met 'n happie akademiese hooghartigheid daarby.
Sommige ouens dink die hele ding behoort net aan hulle, omdat hulle verbose
twak alles oordonder weens die veeltalligheid daarvan.