Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep: Wildemakou
Resep: Wildemakou [boodskap #16407] Ma, 27 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Neels skryf:

>> As jy belangstel, vertel ek jou hoe om wildemakou gaar te maak?
>
> Ja Henri, ek stel belang.

Neels,

Ek weet nie of jy Wildemakou in die VSA kry nie, maar hier is my gunsteling
resep:

1. Kry 1 wildemakou - jy moet onthou hy is nie soos 'n mak makou wat heeldag
op jou ma se makoudam sit en wag dat jy vir hom mielies voer nie. Hy vlieg
baie rond op soek na kos, en moet goed soos jakkalse en luiperds ontduik in
die proses. Dit maak hom verskriklik taai.

2. Jy benodig 'n outydse koelkas wat onder 'n doringboom hang - daai tipe
wat 'n dubbele gaaswand gehad het, met steenkool tussen die lae, wat 'n ou
nat hou om afkoeling te bewerkstellig. Nadat jy hom geslag het, hang jy hom
daarin op sodat hy kan ryp word. Nee, hy sal nie vrot nie, solank jy die
steenkool nat hou.

3. Na 'n week haal jy hom uit, en laat hom vir 'n week in asynwater lê.

4. Daarna lê jy hom vir 'n week in 'tenderiser' - die tipe wat 'n ou gebruik
om calamari mee te maak. As dit nog nie by julle in die VSA beskikbaar is
nie, kan jy pô-pô skille gebruik.

5. Nou behoort hy reg te wees om gekook te word. Jy benodige 3 dunnerige
stukke baie harde hout, soos hardekool, maar dit moet nog groen wees. Van
dié maak jy 'n dubbelkruis, waarop jy die makou oopsper en met tou vasbind.

6. Nou sit jy hom in 'n groot pot buite op 'n vuur - die tipe waarin jou
ouma seep gekook het is reg. Jy gooi 'n klompie klein artappeltjies, en
ander groentes volgens keuse by, maar moenie dit te fensie maak nie. Sout en
peper en speserye na smaak.

7. Kook hom op 'n stadige vuur vir 5 dae, maar moenie dat hy droog kook nie.
Min dinge is so sleg soos droë wildemakou.

8. Na 5 dae haal jy hom uit, maak die toutjies los, en skep groentetjies
saam met van die sous in 'n diep bord. Dan gooi jy die makou weg, en eet die
houtkruis. Hy behoort heerlik sag te wees.

9. Geniet dit!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Resep: Wildemakou [boodskap #16409 is 'n antwoord op boodskap #16407] Ma, 27 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
zero_int  is tans af-lyn  zero_int
Boodskappe: 17
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 27 Jul 1998 22:49:18 -0500, "Henri Burger"
whispered:

>
> 8. Na 5 dae haal jy hom uit, maak die toutjies los, en skep groentetjies
> saam met van die sous in 'n diep bord. Dan gooi jy die makou weg, en eet die
> houtkruis. Hy behoort heerlik sag te wees.
>
> 9. Geniet dit!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
Demmit man, Jy het my met 'n goeie een gevang hehehehe. Ek begin al
vinniger lees hier na die einde se kant want ek wonder oor hoe die
ding dan nou sal lyk na amper 3 weke voor jy hom kook. Maar nou ja,
ek is seker dat ek sommige van hierdie amerikaners sal kan oortuig om
die houtkruis te eet ;)

Groete
Neels
PGP Fingerprint: 7C63 CB7C 1292 4355 C6C2 8241 7789 483D
PGP Key ID : 0xB7CAD5ED
http://www.crosswinds.net/birmingham/~zeroint
zero_int@stones.comm [remove last "m"]

Remember: Only by sharing our pain can we .... make other people feel bad too.

If a "little" is good, "more" must be better, and "too much" is just about right.
Re: Resep: Wildemakou [boodskap #16425 is 'n antwoord op boodskap #16407] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Nie po-po nie, maar papaja, Henri.

Nie po-po nie, Gloudina, maar pô-pô. Dit is 'n erkende Afrikaanse woord,
soos in 'as die pô-pô die fên straaik'. Nou gaan jy seker vir my sê dis nie
'n erkende Afrikaanse uitdrukking nie, maar ek sê jou dit is, alhoewel jy
hom nie in die HAT of WAT sal kry nie. Maar 'n taal staan nie op papier nie,
hy kom uit mense se monde, en daai een het ek baie gehoor, veral voor 1994.

Jy kan natuurlik pô-pô met iets anders vervang, maar dan beland dit in die
drinkwater.

En daar eindig my les van 'Afrikaans as she is spoken today'.

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Resep: Wildemakou [boodskap #16426 is 'n antwoord op boodskap #16407] Di, 28 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Darrin Speegle  is tans af-lyn  Darrin Speegle
Boodskappe: 14
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

>
> Nie po-po nie, maar papaja, Henri. Hier in
> Noord-Amerika noem ons hulle nie paw-paws
> nie, maar papajas, nes in Afrikaans.
> Dis nou vir die plant Carica Papaya. Daar
> is glo wel 'n paw-paw, volgens ons Heritage
> Dictionary, genaamd Asimina triloba, "having
> small fleshy edible fruit, also called a
> custard apple."
> Nou wonder mens hoekom die Engelse die woord
> paw-paw begin gebruik het vir wat omtrent alle
> mense papajas noem, insluitende Afrikaners.
>
> Gloudina

Dit herinner my van 'n liedjie van my kinderdae:

Pickin' up paw-paws, puttin' 'em in a basket,
Pickin' up paw-paws, puttin' 'em in a basket,
Pickin' up paw-paws, puttin' 'em in a basket,
Way down yonder in the paw-paw patch.

Dit gaan, soos jy se, oor custard apples en nie oor papajas nie, sover
ek weet...

-Darrin
Vorige onderwerp: Re: Resep: Wildemakou
Volgende onderwerp: Biltong en wors......
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:53:56 MGT 2024