> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)
Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)
Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.
So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.
In article ,
"Henri Burger" wrote:
>
> Op 'n besoek aan Kenia is ons noord van berg Kenia na Samburu wildreservaat,
> en dan kruis 'n mens die ewenaar. Dis 'n groot toeriste attraksie, met 'n
> streep oor die pad waar alle idiote soos ek ons laat fotografeer met 'n voet
> in elke halfrond.
>
> Maar daar is ouens wat vir jou demonstreer hoe 'n grassie op 'n emmer water
> aan een kant in een rigting draai, en 5 meter verder aan die ander kant in
> die teenoorgestelde rigting! Ek vermoed egter daai emmer word ongemerk 'n
> draaibeweging gegee om die regte effek te kry, maar 'n toeris betaal mos vir
> enige iets, of hoe?
>
Hehehe
Ja Henri, dit herinner my aan al die toergidse wat die toeriste laat foto's
neem by Kaappunt en dan vir hulle vertel "Die Atlantiese oseaan lê aan die
een kant en die Indiese oseaan aan die ander kant. Sien julle die
kleurverskil??"
My vrou het die klomp snert geglo totdat ek dit vir haar gaan wys het en
verduidelik het hoe seestrome aanmekaarhaak en wat die effek is as warm water
en koue water bymekaarkom en hoekom daar nie 'n vaste, sigbare gresns tussen
twee oseane kan wees nie.
Mens kan maar net jou kop skud vir die gekheid daarvan.
Nog 'n prettige een is Aghulas. Miskien is dit iets wat iemand my kan vertel.
Met Vasco da Gama se aankoms daar (of was dit nou Dias?) was magnetiese Noord
en ware noord op dieselfde plek daar (Aghulas beteken blykbaar "Naalde" en
dit is gegee as gevolg van die situasie op daardie stadium). Nou, wat gebeur
is dat Magnetiese Noord die heel tyd wissel en 'n mens moet voorsiening maak
vir die "magnetiese dwaling" as jy topografiese kaarte gebruik. My vraag is.
Wat is die huidige magnetiese inklinasie by Aghulas? Het enigiemand toegang
tot die nuutste topografiese kaarte van die area om te kyk wat dit is? Die
grappige saak is dat die mense van die omgewing nog hoog en laag sweer dat
magnetiese Noord en ware noord nog daar dieselfde is. Dit help nie jy
verduidelik hulle van magnetiese inklinasie nie - hulle hou eenvoudig voet by
stuk.
In elk geval
Groete
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
> Ek sal baie graag 'n animasie of model van die aarde en maan wil sien
> - ek is bewus daarvan dat ons net een kant sien, maar ek het nog altyd
> maar aangeneem dat hy bloot om ons swaai soos 'n bal wat aan 'n
> toutjie vas is - nog nooit dat hy om sy eie as draai nie.
>
> Is ek dan reg as ek sê die maan se fase hang af van sy posisie om die
> aarde en binne sy baan draai die aarde 27 keer om sy eie as vir elke
> fase (wenteling) om aan al die aardbewoners 'n beeld van die maan
> binne een dag te gee?
>
> Is dit nie baie ongewoon dat ons net een kant van die maan sien nie -
> dis sekerlik nie so met die ander planete se mane nie ?!?
My seun, wat het jy in Standerd Vier (of vroeer)
gedoen toe jou onderwyser vir jou hierdie dinge
verduidelik het? Ons voel bekommerd dat jy
die mense op die plek waar jy nou woon die verkeerde
indruk sal gee van die soort onderwys wat jy in jou
vorige land gekry het. Vertel hulle tog maar dat
jy kom van 'n planeet wat om 'n ster wes van die
Melkweg draai.
Johan, de fase van de maan is afhankelijk van de positie van de maan in
relatie tot de aarde en de zon.
Bij volle maan bevindt de aarde zich tussen de zon en de maan (we zien dan
de verlichte voorkant van de maan), bij nieuwe maan staat de maan tussen
aarde en de zon en wordt de voor ons onzichtbare achterzijde van de maan
verlicht.
Dat de maan precies 1 maal om z'n as draait in de tijd dat de hele cyclus
van fasen duurt is geen toeval: de maan houd altijd dezelfde zijde naar de
aarde gericht (de ijzeren kern van de maan is in de loop van eonen dichter
naar de aarde getrokken en deze "zware" kant van de maan blijft hierdoor op
de aarde gericht staan; ooit draaide de maan wel). Als de maan dus 1 maal om
de aarde is gedraaid, is ze ook 1 maal om haar eigen as gedraaid. Probeer
maar met een munt.
Groeten,
Arthur
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>> Ek sal baie graag 'n animasie of model van die aarde en maan wil sien
>> - ek is bewus daarvan dat ons net een kant sien, maar ek het nog altyd
>> maar aangeneem dat hy bloot om ons swaai soos 'n bal wat aan 'n
>> toutjie vas is - nog nooit dat hy om sy eie as draai nie.
>>
>> Is ek dan reg as ek sê die maan se fase hang af van sy posisie om die
>> aarde en binne sy baan draai die aarde 27 keer om sy eie as vir elke
>> fase (wenteling) om aan al die aardbewoners 'n beeld van die maan
>> binne een dag te gee?
>>
>> Is dit nie baie ongewoon dat ons net een kant van die maan sien nie -
>> dis sekerlik nie so met die ander planete se mane nie ?!?
>
> My seun, wat het jy in Standerd Vier (of vroeer)
> gedoen toe jou onderwyser vir jou hierdie dinge
> verduidelik het? Ons voel bekommerd dat jy
> die mense op die plek waar jy nou woon die verkeerde
> indruk sal gee van die soort onderwys wat jy in jou
> vorige land gekry het. Vertel hulle tog maar dat
> jy kom van 'n planeet wat om 'n ster wes van die
> Melkweg draai.
>
> Die drie Tannies
>
On 11 Aug 1998 20:01:53 GMT, waffled:
> Nog een van die hanskakies/hensoppers wat die
> Afrikaanse taal opmors. Dit lyk vir my een van
> die dinge wat in die Nuwe Suid-Afrika stink
> (nie suig nie, Riaan, dis 'n Anglisisme), is
> hoe Afrikaners self besig is om hulle taal te
> vernietig, terwyl hulle steen en been kla oor
> die regering se beleid ten opsigte van Afrikaans.
> Is dit my verbeelding, of is die taal van die
> mense op hierdie nuusgroep progressief van 'n
> minder goeie Afrikaanse gehalte, hoe verder
> "regs" hulle beweeg? Dit verbaas my, dit maak
> my hartseer. Wat sou Eugene Marais en Leipoldt
> en Langenhoven oor so 'n toestand gevoel het.
>
> Die Tannie wat begin dink voor in die wapad
> brand nie meer 'n lig nie.
>
Ek dink nie jy hoef so pessimisties te wees nie - ek dink die taal is
besig om dinamies te groei! En as iets soos "suig" oorgeneem word uit
Engels is dit net Afrikaans wat 'n meer lewendige taal word. Ek is 'n
voor staander vir nuwe terme, geleende terme en dat die taal geskryf
moet word soos hy gepraat word en dat spelling nie belangrik is oor
die algemeen nie - solank dit nie lei tot "confusion" nie.
My seun praat van 'n drinkie, 'n term vir enige iets wat gedrink kan
word. Dis nogal 'n term wat ons nou in die huis gebruik want dit sê
so baie!
Ek dink die ou skrywers wat jy noem sou bly wees die taal het gegroei
en nie vasgehaak waar hulle dit laas gelos het nie.
...sommer net ek, Simon
Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde
en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band
met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
>
> Dit is 'n goeie stap as dit oorweeg word vanuit die kapitalistiese oogpunt.
> Die vrae wat my bekommer is: * Wat motiveer die regering om hierdie stap te
> neem, wat essensieel in stryd is met die basisideologie van 'n groot
> persentasie van die kiesers wat deur die alliansie verteenwoordig word? *
> Beteken dit dat die ANC die moontlikheid van 'n breuk met die SAKP/COSATO
> gedeelte van die Alliansie ignoreer en hoop dat die aansien wat hul
> bewerkstellig het as die leidende bevrydingsbeweging? * Beteken dit dat die
> Alliansie strategiese besluite maak om die ekonomieë van die wêreld te
> probeer beindruk, en hoop dat die kieserskorps betyds resultate sal sien voor
> die volgende verkiesing?
>
> Ek weet nie wat die antwoorde is nie, en kan maar net spekuleer. Die feit bly
> staan dat daar sekere konflikte van belange is wat hier ter sprake kom, en dat
> die ding op een of ander stadium tot kookpunt sal moet kom.
> Nee. Ek was nog nooit groot op die ou regering se propagandamasjien nie. Ek
> vertrou wel wat ek sien gebeur. Ek sien wel hoe die ekonomie van Rusland en
> heelwat van die ander voormalige Oosbloklande nou daar uitsien. Ek besef dat
> die ideologiese kommuniste (onder andere wyle Joe Slovo) sê dat kommunisme
> eenvoudig nie reg aangepak was nie, en dat daar 'n ander manier is om dit te
> doen. Ek sou egter sê dan die aanklewing van die term "kommunisme" dan nie
> meer sin maak nie. Net soos die term "Nasionalisme" 'n stank gekry het as
> gevolg van die toepassing daarvan. Beide terme in enige vorm beteken die
> verkragting van regte. In die een geval vir die voordeel van 'n spesifieke
> groep - in die ander vir 'n groter groep. Punt is - daar is genoegsame bewyse
> dat kommunisme as ideologie nie in die praktyk kon werk nie (vir watter redes
> ookal). Ek sou nie nou 'n kommunistiese party wou begin nie - dit is uit tyd
> en uit plek, hoewel my ideologiese standpunte dalk heelwat komponente van 'n
> kommunistiese staatsbestel sou mag bevat het. Net so sou ek beswaarlik 'n
> meer inklusiewe Nazi-party wou begin.
Dankie, Gideon, vir hierdie intelligente gesprek
in suiwer Afrikaans. Dit sal nogal interessant
wees om oor en weer te praat van die regerings-
strukture en maniere van doen in al die lande
waar Suid-Afrikaners hulle op die oomblik bevind.
Gloudina
PS Jammer, Lou, vir die nuwe titel. Ek probeer my
naam uit die titels van die nuusitems uitroei.
Na 4 jaar in die buiteland keer ek volgende week terug na die ou
moederlandjie.
Ek het dit mooi ge-"time", vier maande voor 'die verkiesing' het ek spore
gemaak en nou het nuuskierigheid my terug gedwing. . .
Daar op Jo'burg se Wesrand waar ek en die maatjies na skool op die koppie
gaan sit het en 'n paar matchboxes malawi-kop oprook. Daar waar ons
gewonder het watse maatskappy gaan onse wit velletjies met duisende rande
'n maand vertroetel. Op daardie koppie wil ek sit en my matchbox oprook en
wonder of julle rerig so vervalle is as wat ek dink??
Hoor weer van my in 'n maand en ek sal julle vertel . . . .