Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tannie met melkbos stroop tussen haar bene..

Do., 13 Augustus 1998 00:00

Tannies

Sal julle nou asb. een ding in julle skedel inkry:

JULLE IS MOEG!!!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

het glou...@igs.net vriende hie??

Do., 13 Augustus 1998 00:00

ek wonder?

wat van 'n sensus?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

glou...@igs.net

Do., 13 Augustus 1998 00:00

Ek sit nou al die heel aand en lees al jou pinups hier en op ander
nuusgroepe.

Ek sal graag wil weet hoe oud jy is, maar soos jou geskidenis hier bewys
lief jy wegkruipertjie speel.
Kom vertel my die volgende:
1) hoe oud is jy?
2) hoe lank bly jy nou in Kanada?
3) hoekom KANADA?
4) waar in SA is jy gebore?
5) hoe lank het jy daar vertoef?
6) hoekom het jy vertrek?
7) hoekom het jou moeder jou nie doodgele as 'n baba nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

glou...@igs.net

Do., 13 Augustus 1998 00:00

gaan ons 'n antwoord kry of gaan jy weer wegkruip?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

MY TEQUILA-MEISIE (jonkmans-oomblikke nr. 96416)

Wo., 12 Augustus 1998 00:00

MY TEQUILA-MEISIE (jonkmans-oomblikke nr. 96416)
(in 'n oomblik van alkohol-geinduseerde inspirasie)

jy dwing 'n keelgat in my af
jy het alkohol en jy het mag
ek verwikkel nou stadig, dubbelvisie,
en loer met blink oe na jou - my cantina tequila meisie

en ek wonder hoe jy jouself verwerdig
om groot mans se klein tips te vat en te smile
en ek wil shoo graag he jy moet wiet
every time they touch your ass, they touch mine, my sweet..

Ja, wat is die swart ruiter, sonder 'n swart moottor
die great getaway was net 'n rumour
want my meisie werk net tot halftwee
voor sy off-duty klappe en bitchy comebacks begin gee

En ek wonder in hoofpynoggende oor jou
jou gladde vel swart hare en oe, meer kan ek nie onthou

En ek wens jy kon my na waarde skat
daar waar ek op stilte-stoel jou uitcheck
en vir myself vat

Ytyntlik kom jy nader...
my hemelse gebed, vervat in geld se ongenade
en ek smeek en ek soebat jou sonder 'n woord
om ook 'n tequila tong in my hart af te stort

en ek wil so graag he jy moet weet
every time they touch you, they touch me, my sweet

(Kopiereg 28/5/98 - Werner Vermaak)

--
Truth is always strange; stranger than fiction (Lord Byron)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SENSUS

Wo., 12 Augustus 1998 00:00

Ek is nuuskierig hier word so baie deur min gesê op hierdie nuusgroep,
maar nou en dan lyk dit of hier meer mense is wat net "lurk" en nie
bydrae nie.

Nou vra ek vir interesantheid: ryply op hierdie plasing en sê net vir
ons waar jy in die wereld bly: stad en land. Al lewer jy nie
andersinds 'n bydrae nie. (Hou die thread dieselfde, dans alles
bymekaar).

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

"Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE

Wo., 12 Augustus 1998 00:00

DIE ONOPHOUDELIKE WEERLIGSTRAAL
Charl-Pierre Naude

Dit kan nie duur nie. Sal ek vandag se geluk
in herinnerings terugvind? Weerlig klap
en vergaan; dis sy aard. In die tentflap
van haar glimlag flits die nomadiese oomblik.

Maar in die vlugtige Seance van geheue
kan vergane dinge,versluierd, weer gebeur:

My vriende wat geïmigreer het sing
hoog, uit uit die wynglas waarop my vinger kring.

Die wynvlek op 'n tafelblad vee ek skoon;
maar die houtgrein self toon 'n waterpatroon.

Ek onthou die oomblik se onseker praal
wat verblindend in die hemel gerank het;
die na-lig, teen my toe ooglede afgeëets,
is 'n onophoudelike weerligstraal.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Net ingeval SE DINGES, man

Wo., 12 Augustus 1998 00:00

Ferdi wrote in message ...
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is
> SA beter
>>> leef as tevore?>>>
>
> 1. Hulle hoef nie meer te kruip voor mense soos Leendert nie.

Jy's reg! Nou kruip hulle voor hulle eie mense. Wat minder/geen genade en
empatie het as die "vorige" mense. Bietjie meer vernederend en dodelik, as
jy my vra.

> 2. Hulle is vry.

In watter opsig, huh? Vry om hulle-self toe te sluit in die aand en weg te
kruip sodat die "gangs" in die townships hulle nie vermoor en besteel nie?
Los bietjie daai Hustler in die toilet en lees jou koerant vir 'n
verandering. Dis nie meer 'n Wit-teen-Swart ding nie, dis Swart-teen-Swart
intimidasie op 'n landwye skaal. Elke dag is nog 'n episode van "Who's the
Boss" in Suid-Afrika.

> 3. Hulle is Suid-Afrikaners.

Duh... Volgende "punt" asseblief. Net die van hulle wat geldige
Suid-Afrikaanse ID boeke het of hier gebore is, is Suid-Afrikaners. Die
ander 50% het gedros uit ander Afrika lande uit - wat ook terloops
"self-regerend" is en dit gaan *vrek* sleg daar - en lewe nou op *jou* 45%
belastinggeld (of dit wat oorbly na die regering hulle deel gesteel het).

> 4. Hulle hoef nie meer passe te dra nie.

Nou dra hulle ID boeke. Duurder en meer moeite om te "forge". En nou's dit
nie meer so maklik om weg te hol oor die grens as jy moor en steel nie.
Life's a bitch, ain't it? Buitendien, passe is net so lank al afgeskaf soos
slaafskipwerkers.

> 5. Hulle kan saam met hulle gesinne woon.

Hulle kon nog altyd. Hulle wou nog net nie.

> 6. Hulle kinders kan na ordentlike skole toe gaan.

Haai! Almal! Ferdi is 'n komediant! Ons *het* nie meer ordentlike skole
in die land nie, ou Knaap.

> 7. Hulle kinders kan na die universiteite toe gaan.

Om te gradueer met hoofvakke: Optogte 101, Brandstigting 302,
Weier-Om-Te-Betaal 501 & Dekaan-Gevangenishouding 102.

> 8. Hulle kan internasionaal aan sport deelneem.

En ons land se naam lekker gat maak in Frankryk.

> 9. Hulle kan in Suid-Afrikaanse sportspanne opgeneem word.

Hulle MOET in SA sportspanne opgeneem word. Of hulle nou die sport kan
speel of nie.

> 10. As n groep is hulle besig om ekonomiese mag te kry.

Al gehoor van die Suid-Afrikaanse "Swindler's List"? Hoekom dink jy is ons
rentekoers op 22% (en steeds stygend), petrol gaan op met 11c per liter (vir
die 120ste keer hierdie jaar), water en elektrisiteitskostes styg, ens. ens.
Dis as gevolg van jou sogenaamde "ekonomiese mag" wat bietjie (baie) hand
uitgeruk het en nou sit ons met 'n land wat bankrot is. Nie eers toe ons
sanksies teen ons gehad het, het dit so sleg gegaan nie.
>
> Hier is tien redes. Daar is nog honderde.

NOEM hulle, Boetie. Ek het antwoorde vir almal van hulle en nog meer!

Praat van "Reverse Racism" in die huidige "new" "improved" Suid-Afrika en jy
slaan die spyker op die kop. Aangesien ons nou in 'n nuwe Demokratiese land
bly, het ek en enigiemand wat 'n rugstring het die reg om te se: "Ons ou
regering was miskien sleg, maar die nuwe regering stink!" Dis my
Demokratiese reg, net soos dit jou Demokratiese reg is om 'n totale moroon
te wees, Ferdi.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: none

Di., 11 Augustus 1998 00:00

Pragtig!

Kannie onthou wanneer laas ek daai woord in Engels gehoor het nie! Het
lekker gelag.

diaan

Anonymous wrote in message ...
snip..
> He's just such a doos and he doesn't realise it.
>
> Dan
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

F.A. Venter se boeke

Di., 11 Augustus 1998 00:00

> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)

Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)

Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.

So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.

Ek hoop dit help met die lys

Piet

Boeke, tydskrifte & koerante | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1351  1352  1353  1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363  1364  1365  1366    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 01:04:41 UTC 2025