Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: ..???..

So., 16 Augustus 1998 00:00

"Unicorn" writes:

> hello almal

Werda?
Die Ruiter in die Nag.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

this place is a right giggle!

So., 16 Augustus 1998 00:00

Ek soek nou al maande lank 'n plekkie op die net om my bene te strek en te
lag . . .en ek het dit hier gevind!!

AANGENAME KENNIS AAN ALMAL!!!!

Verskoon maar my skrif en spelling - dit is nou al baie jare lank wat ek
laas 'n woord in Afrikaans skryf.
Moet erken, dis nogals lekker . . .

www.huisgenoot.com was sover my lewenslyn.
Het enige iemand hier ander voorstelle vir 'n goeie afrikaanse lees. Ek
moet erken ek buig my hoof in skaamte vir my nalatigheid ten opsigte van my
moedertong.

Vaatjie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Afrikaanse radio uitsending op die internet

So., 16 Augustus 1998 00:00

As jy belangstel om na lewendige afrikaanse radio te luister gaan na
http://studbook.co.za/hoogland/listen.ram en volg die aanwysings .

Musiek & liriek | 2 kommentare

Hello - ek's nuut

So., 16 Augustus 1998 00:00

NEE!!

EK IS nie 'n LID VAN DIE awb OF IETS NIE

Opsoek na ordentelike geselskap
--
Ons vir jou Suid Afrika!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Uit "Walking on Air" deur JEREMY CRONIN

So., 16 Augustus 1998 00:00

On 15 Aug 1998 14:35:27 GMT, wrote:
<<> WALKING ON AIR
> Jeremy Cronin
>
> In the prison workshop, also known as the seminar room;>>>

John Mathews is verlede jaar dood.

Hy het hier onder in Kitchenerlaan in Bez valley gebly.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Stefan Harms - vock, mens,ek is jammer . .

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

jy weet wat ek bedoel.

Maar dink jy jy weet hoe om die twak hier uit te roei???

Jy het my e-mail address...lat my weet!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sensus : nabetragting

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

Ou Simon het hier nou iets werklik interesant begin!

Ek kyk so deur die ouens wat tot dusver geantwoord het en sien daar is
net 5 in Suid Afrika en die res van die 17 sit over die zee!

Gloudina praat laat die spoeg spat daar op die sensus nuuslyn, maar sy
het nog nie vir die mense gesê waar sy bly nie. Soos gewoonlik vind
sy dit so swaar om net 'n eenvoudige vraag te beantwoord.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

mag ek ernstig weees??

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

Leendert

Hoekom pla politiek jou so baie?

Ek is nou ernstig. Wat is dit in jou siel wat jou so maak haat???

My hele volwasse lewe, lewe ek nou al tussen die mees polities gesinde
nasies van op aarde. Israel, Ierland, Suid Afrika, Kashmir.

Dit ruk my hart uit dat my mense met sulke kak tussen hulle ore kan
rondlop.

Let op na die mandjies onder jou naels....jy is wat jy haat!
pau...@hotmail.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Boikot se voet

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

On Sat, 15 Aug 1998 19:54:29 +1200, wrote:

|Johan, die maklikste manier is om bv. @igs.net te probeer-binne 'n dag of
|wat sal jy weet of hy werk!

Jy meen elke keer as dit volmaan is moet ek die filter stel en dan kan
ek hom 'n paar dae later weer afhaal! Dankie, ek het nou gesien met
die ander ou dat die filter werk - ek het iemand se antwoord gesien
sonder dat ek die oorspronkilke boodskap gesien het.

|
|Jy kan natuurlik altyd gaan loer as jy die spanning nie kan verdra nie, om
|tydelik na die ongefilterde boodskappe ook te kyk (View/Current
|View/Filtered Messages in Outlook Express).
|

Neewat kyk, om hier deel te neem is vir my lekker tot op 'n punt, maar
as ouens soos daai Knaterman dit net te ver dryf dan word dinge half
suur.
Kyk, ou Gloudina kan ek nog verduur - ek dink die ou tante is ook maar
meeste van die tyd net bietjie uitlokkend (as die maan nie vol is nie
- dan loop sy nie op die regte spoor nie). Maar ou knaterman gaan ek
heeltemaal sonder bly - ek het nou werklik nie eers die begeerte om te
loer nie.

|
|BTW. Hier in Wellington waar dit nou winter is, daal die temperatuur nie
|veel onder 4 grade nie....en in die dag so tussen 10 en 16. Ons is meer
|bekend vir die wind wat deur die Cook Strait aangehits word.

Is NZ se weer omtrent netsoos die in dele van SA?

Is julle al baie SAners in NZ? Ek het by die dame wat ons trek
hanteer het in SA, gehoor dat daar van die produksie vergaderings by
'n staal aanleg in Afrikaans gehou word - glo almal ouens van
VdBijlPark af.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n "Genormaliseerde" samelewing

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

Die president van Suid-Afrika se getuienis voor 'n hof word aangetoon as
vergesogte fabrikasies. Die getuienis het gegaan oor die wyse waarop hy sy
werk gedoen het (of nie gedoen het nie). Die hof het bevind dat hy nie sy
werk gedoen het nie, terwyl hy hoog en laag (onder eed) gesweer het dat hy
dit wel gedoen het.

As dit in Europa, die VSA en vele ander lande gebeur het, sou mens verwag
die parlement sou nou druk besig wees met "impeachment"-prosedures - in die
rare gevalle waar die individu nie reeds bedank het nie. Veel minder
oortuigende getuienis was nodig om Nixon te kelder, en Vorster het ook sy
pos ontruim lank voordat hierdie punt bereik is.

Ek kyk toe na die kommentaar van twee van ons koerante - Beeld en Star. Die
"waghonde van die demokrasie". Hul enigste kommentaar is om te kla oor die
feit dat die president enigsins voor die hof geroep is om te please explain.

In plaas daarvan om op te merk dat hierdie geval demonstreer hoe noodsaaklik
dit is dat die staatshoof nie bo die wet verhewe moet wees nie, bepleit The
Star 'n wet wat moet verhoed dat die staatshoof of sy ministers in die
toekoms voor die hof gedaag word oor die wyse waarop hulle hul werk doen!

Gloudina, watter gronde het jy om te beweer dat 80% van die bevolking beter
lewe as tevore?

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1348  1349  1350  1351  1352  1353  1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 09:03:29 UTC 2026