Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Beslote Korporasie Registrasie

Mon, 24 August 1998 00:00

Indien u 'n Beslote Korporasie onmiddellik nodig het, besoek ons by
http://www.ccinstant.co.za

Beste wense,

Tony Last
email: ton...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Onderklere Opname

Mon, 24 August 1998 00:00

Hi Sanet

Jammer maar ek is nie James Small nie. Het nie eers die ooreenkoms besef
nie. Maar hopelik, sal my reeks onderklere ook binnekort beskikbaar wees,
landwyd, nie net in die Kaap nie.

Groete
James
Sanet wrote in message ...
> James? Soos in James Small? Hy verkoop mos nou onderklere innie Kaap. Ek
> wonder maar net.
>
>
> James wrote in message ...
>> Hou jy van mooi onderklere? Ek is tans besig om 'n opname te doen oor
>> Suid-Afrikaanse mans en watter onderklere hulle dra.
>>
>> As jou wil deelneem, voltooi die vraelys en stuur terug na my toe.
>>
>> Groete
>> James
>> Kaapstad
>> Suid-Afrika
>>
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Leendert en die Stellenbosse boys

Mon, 24 August 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes:

> Lyk my jy hou nie van die gebruik van "boy" in Afrikaans nie. (o.a. - Het jy
> nou taalpurisme by politieke puriteinsheid gevoeg in die arsenaal vir jou
> heksejagte?)
>
> Terwyl jy nou aan die volksliedjies sing is in jou "padded" hoekie, sing
> bietjie vir jouself "Bobbejaan klim die berg".
>
> Jy sal miskien oplet dat "boy" 'n baie ou en ingeburgerde leenwoord in
> Afrikaans is.
>
> Vriendelike groete, Leendert


Ek het nog altyd die suspisie gehad dat jy
'n kloset-hanskakie is :( die cute asides
in Engels, 'n duidelike neiging tot dink
in Engels.) Nou kom dit in die openbaar uit.
Nee, Leendert, "boy" is nie "Afrikaans" nie.
Dis 'n Engelse kolonialisme. Net omdat dit
eenkeer in 'n Afrikaanse volksliedjie voor-
kom, beteken nie dat dit "Afrikaans" is nie.
Ek twyfel ook of "Bobbejaan klim die berg"
in sy geheel 'n werklike Afrikaanse volks-
liedjie is. Dis eerder 'n Matie-drinkliedjie
wat in die Afrikaner se musiekskat ingeglip
het.

Wat die woord "booi" betref - dis 'n ander saak.
Waar kom byvoorbeeld die benaming "Witbooi" vir
'n Griekwa (?) kaptein vandaan. Ek het die woord
ook baie gehoor in die Noordweste, meestal snaaks
genoeg in die mond van "kleurlinge" self, as hulle
oor 'n ander kleurling praat. Kan dit wees dat
hulle 'n San-woord gebruik wat klink soos "booi",
of is dit die Engelse "boy" wat in hulle taal
ingeglip het.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Enige reaksie oor VSA aanval?

Mon, 24 August 1998 00:00

Haai daar almal

Net 'n vraag - ek het op al die sites gekyk van die regering, ANC en ander
media in SA, en ek sien absoluut geen reaksie van die Regering of ANC oor die
aanvak wat die VSA gedoen het op Sudan en Afghanistan nie. Was daar enige
reaksie van hierdie partye op TV of iewers ander?

Was daar enige reaksie van die ANC of regering oor die oorspronklike
bomaanvalle in Kenia en Tanzanie?

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat is die goeie dinge in RSA

Sun, 23 August 1998 00:00

Ek was al op baie plekke en tog wou ek nooit erens anders bly as in Suid
Afrika nie. Ek dink dis omdat eers as jy in 'n ver land is, dat jy begin
dink aan al die lekker en mooi van jou land. As mens te besig is met jou
daaglikse werk vergeet jy soms om om jou te kyk.

Ek dink ons moet begin om al die great dinge van die land op te noem en so
te fokus op die goeie vir die toekoms.

Soos die rugby teen die australiers

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

"Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING

Sun, 23 August 1998 00:00

SOMER IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Bokant Hillbrow bloei die son
oranje op die vuil lug.
Later die aand lê die dag swart
en uitgebrand op die strate.

Die hitte dreun soos tromme
deur die stad
waar busse grom
en rook in die strate spoeg.

In Bez Valley kyk die huise
binnetoe met hulle vensters.
More-oggend brand die son weer
'n gat in die lug bo Troyeville.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Mandela`s Home vandalised by thieves

Sun, 23 August 1998 00:00

"Frikkie Potgieter"

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bokke Bo!!!!!!!!

Sat, 22 August 1998 00:00

Nou ja vriende, wat meer kan ons sê: Die Bokke is die wenners van die Drie
Nasies Kroon & ek glo hulle het verdien om te wen. Baie geluk ou Gary, julle
het weereens die ding gedoen. Telling: 29/15

Aan Australië: Julle het wonderlike teenstanders uitgemaak. Wat sê Julle
Suid-Afrikaners daar in Australië van die Bokke se wen??

Mooi Bly!
Hein

Hein van Wyk
Cell: 083 3101963
H/Tel: 041-733513
ICQ: 7733122
hei...@intekom.co.za

Sport & ontspanning | 7 kommentare

Re: South Africans in North America - please read this

Fri, 21 August 1998 00:00

In article ,
sa_regi...@hotmail.com says...
> to the above mentioned address. We will answer every letter. Write in
> English or Afrikaans

Hier's 'n brief; antwoord hom aub.
Sal jy omgee om met ons te deel wat jy met die inligting wil maak, en wat
hierdie nuwe diens is wat jy wil lewer, aub?

Johan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hardekoolvuur

Fri, 21 August 1998 00:00

Hoekom het Dok Sarel dit nie gemaak Parlement toe nie?

Gaan kyk by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.htm

Teken ook asb. my adresboek, en kyk sommer wie het al geteken!

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1345  1346  1347  1348  1349  1350  1351  1352  1353  1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 12:05:29 UTC 2025