Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rooi Roman

Ma., 31 Augustus 1998 00:00

Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
en surfers neem deel aan die Rooi Roman.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rooi Roman

Ma., 31 Augustus 1998 00:00

Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
en surfers neem deel aan die Rooi Roman.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rooi Roman

Ma., 31 Augustus 1998 00:00

Al julle knopies in die donkerste uithoeke van die kuberruimte, julle
rockspiders-in-drag, julle bobbejaanspinnekoppe, Doringrosies,
valluik-bouers, Daddy Longlegs, Rooi Romans en ander vuilspuitjies, julle
wielspinners en fabulators, duimsuigers en kletskamer-flashers, webcrawlers
en surfers neem deel aan die Rooi Roman.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

FA Venter

Ma., 31 Augustus 1998 00:00

Wel, nou is meeste van my boekery uitgepak en moet die groot sorteer
en regpak nog begin. Intussen het ek darem klaarheid gekry:

FA Venter het "Die Ou Man en die Duif" geskryf.
"Wit Oemfaan" is 'n ander een wat ek nie glo Piet het genoem in sy
lysie nie. Wie wou oorspronklik weet oor FA Venter se boeke?

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek soek na...

Ma., 31 Augustus 1998 00:00

...'n ou skoolvriend uit toeka se dae. Sy naam is Gerhard Maré, en ons
was saam in Hoërskool Nelspruit in 1959 - 1961. In 1962 het my ouers (en
ek) weggetrek uit Nelspruit. Gerhard het matriek gemaak in Nelspruit, en
is daarna na Wits toe. Van toe af het ek kontak verloor. Sy pa was
destyds (bestuurder, dink ek) by Sanlam op die dorp.

Dalk ken iemand hier hom, of dalk was iemand hier ook destyds in
Nelspruit op skool. Dis nou baie jare gelede - ek weet dit. Maar dit sal
darem lekker wees om weer kontak te maak met iemand van toe en van daar.

Henry van Zyl
phr...@bellatlantic.net

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toets - Ignoreer, asb.

So., 30 Augustus 1998 00:00

Net 'n (desperate) poging om te sien of die manne by MWeb, soos Nico de
Beer, enigsins vordering maak om internasionale kommunikasie te vergemaklik.

Nog net 2 dae voordat die verhoging in werking tree wat my 'Onbeperkte
Internet
Toegang' bied!

Wag, wag, wag....Ek het dit! Ek betaal nog al die tyd vir 'Beperkte Internet
Toegang'!
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA. - wat met verlange uitsien na 1 September 1998!
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"My Vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH

So., 30 Augustus 1998 00:00

MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaanse radio...

So., 30 Augustus 1998 00:00

Wat 'n lekkerte om die wonder van Internetradio te ontdek! Luister na
http://studbook.co.za/hoogland/listen.ram

Ek hoop net hulle saai soms Afrikaanse musiek ook uit.....

Musiek & liriek | 0 kommentare

Psalm 23

So., 30 Augustus 1998 00:00

Die volgende anonieme Engelse gediggie op die Internet raakgeloop - en
dit toe in Afrikaans vertaal - kyk onder:

"In pastures green"? Not always; sometimes He,
Who knoweth best, in kindness leadeth me
In weary ways, where heavy shadows be.

And "by still waters" ? No, not always so;
Ofttimes the heavy tempests round me blow,
And o'er my soul the waves and billows go.

But when the storm beats loudest, and I cry
Aloud for help, the Master standeth by,
And whispers to my soul, "Lo, it is I."

So, where He leads me, I can safely go,
And in the blest hereafter I shall know
Why, in His wisdom, He hath led me so.
... Anonymous


So het ek dit in Afrikaans vertaal:

Na aanleiding van Psalm 23

"My neerlê in groen weivelde"? Nie altyd nie. Want Hy -
wat beter weet - moet soms, in liefde, my
op klipperige paaie neem, om daar in angs en doodskaduwee te ly.

En "na waters waar daar rus is"? Ook dit is nie altyd die reël nie.
Want wilde weemoed en swaar verdriet is soms my deel -
my siel voel selfs partykeer dis alles vir een mens net te veel.

Maar wanneer onweer dreig en stormwinde loei en, beswaar,
ek hard om hulp moet skree - dis dan dat ek die Meester gewaar.
Want dan hoor ek sag Sy fluistering "Wees stil, want Ek is daar...."

Daarom kan ek nou elke dag vreesloos gaan waarheen Hy my ookal lei,
want eendag, in die heerlikheid hierna, sal Hy aan my
Sy alwysheid vertoon; dan sal ek begryp waarom Hy my so moes lei.

Geloof & kerksake | 2 kommentare

"Ek is oek important" deur PETER SNYDERS

Sa., 29 Augustus 1998 00:00

Ek is oek important
Peter Snyders

As al julle geldgatte
julle geld gespendit,
en julle bananaskille
innie slootjie gegooi het,
en julle bustikkits
soes confetti gestrooi het,
en julle staain en cool drinks
opgedrink het,
en julle borrels en blikkies
in 'n gangetjie gesit het,
en julle visgraatbolle
en vrot vrugte
en stukkene boksies
en papiere
rondgegooi het ...

dan kom ek
en maakie wêreld weer skoon :
soe,
ek is oek important.

Prosa & poësie | 12 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1340  1341  1342  1343  1344  1345  1346  1347  1348  1349  1350  1351  1352  1353  1354  1355    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 16:55:53 UTC 2025