Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Psalm 23
Psalm 23 [boodskap #17190] So, 30 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Die volgende anonieme Engelse gediggie op die Internet raakgeloop - en
dit toe in Afrikaans vertaal - kyk onder:

"In pastures green"? Not always; sometimes He,
Who knoweth best, in kindness leadeth me
In weary ways, where heavy shadows be.

And "by still waters" ? No, not always so;
Ofttimes the heavy tempests round me blow,
And o'er my soul the waves and billows go.

But when the storm beats loudest, and I cry
Aloud for help, the Master standeth by,
And whispers to my soul, "Lo, it is I."

So, where He leads me, I can safely go,
And in the blest hereafter I shall know
Why, in His wisdom, He hath led me so.
... Anonymous


So het ek dit in Afrikaans vertaal:

Na aanleiding van Psalm 23

"My neerlê in groen weivelde"? Nie altyd nie. Want Hy -
wat beter weet - moet soms, in liefde, my
op klipperige paaie neem, om daar in angs en doodskaduwee te ly.

En "na waters waar daar rus is"? Ook dit is nie altyd die reël nie.
Want wilde weemoed en swaar verdriet is soms my deel -
my siel voel selfs partykeer dis alles vir een mens net te veel.

Maar wanneer onweer dreig en stormwinde loei en, beswaar,
ek hard om hulp moet skree - dis dan dat ek die Meester gewaar.
Want dan hoor ek sag Sy fluistering "Wees stil, want Ek is daar...."

Daarom kan ek nou elke dag vreesloos gaan waarheen Hy my ookal lei,
want eendag, in die heerlikheid hierna, sal Hy aan my
Sy alwysheid vertoon; dan sal ek begryp waarom Hy my so moes lei.
Re: Psalm 23 [boodskap #17203 is 'n antwoord op boodskap #17190] Ma, 31 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin McElroy  is tans af-lyn  Colin McElroy
Boodskappe: 16
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Junior Lid
Pragtige woorde. Ek sal die plasing van jou aanstuur na 'n vriendin
van my wat op die oomblik sterwend is. Ek soek al 'n paar dae lank na
die regte vers, woorde om aan haar te pos.
Willemien

Henry van Zyl wrote:

> Die volgende anoniemeEngelse gediggie op die Internet raakgeloop - en
> dit toe in Afrikaans vertaal - kyk onder:

> "In pastures green"? Not always; sometimes He,
> Who knoweth best, in kindness leadeth me
> In weary ways, where heavy shadows be.

> And "by still waters" ? No, not always so;
> Ofttimes the heavy tempests round me blow,
> And o'er my soul the waves and billows go.

> But when the storm beats loudest, and I cry
> Aloud for help, the Master standeth by,
> And whispers to my soul, "Lo, it is I."

> So, where He leads me, I can safely go,
> And in the blest hereafter I shall know
> Why, in His wisdom, He hath led me so.
> ... Anonymous

> So het ek dit in Afrikaasn vertaal:

> Na aanleiding van Psalm 23

> "My neerlê in groen weivelde"? Nie altyd nie. Want Hy -
> wat beter weet - moet soms, in liefde, my
> op klipperige paaie neem, om daar in angs en doodskaduwee te ly.

> En "na waters waar daar rus is"? Ook dit is nie altyd die reël nie.
> Want wilde weemoed en swaar verdriet is soms my deel -
> my siel voel selfs partykeer dis alles vir een mens net te veel.

> Maar wanneer onweer dreig en stormwinde loei en, beswaar,
> ek hard om hulp moet skree - dis dan dat ek die Meester gewaar.
> Want dan hoor ek sag Sy fluistering "Wees stil, want Ek is daar...."

> Daarom kan ek nou elke dag vreesloos gaan waarheen Hy my ookal lei,
> want eendag, in die heerlikheid hierna, sal Hy aan my
> Sy alwysheid vertoon; dan sal ek begryp waarom Hy my so moes lei.
Re: Psalm 23 [boodskap #17223 is 'n antwoord op boodskap #17190] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 31 Aug 1998 22:45:42 GMT, s...@ausweb.iinet.net.au (SAP Recruiting) wrote:
>
> Pragtige woorde. Ek sal die plasing van jou aanstuur na 'n vriendin
> van my wat op die oomblik sterwend is. Ek soek al 'n paar dae lank na
> die regte vers, woorde om aan haar te pos.
> Willemien

Willemien, sê vir hierdie vriendin van jou dat sy ook hier in Port
Elizabeth in ons gebede is.
Ek ken haar nie, maar God hoor almal se Gebede.
Laat asseblief weet in watter Hospitaal sy is of wat haar adres is.
Het jy `n interne Polisie E-Mail.
Stuur hom gerus aan my by rsa...@intekom.co.za
Baie Groete
Frikkie
Vorige onderwerp: "Psalm 8" deur TOTIUS
Volgende onderwerp: God se bedoeling ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:14:27 MGT 2024