Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Motorkaping (of dalk nie?!)

So., 27 September 1998 00:00

Die volgende stukkie prettigheid uit vandag se...grootste Afrikaanse
Sondagkoerant:

Mnr. Jan van den Berg was verlede week saam met twee van sy plaaswerkers op
pad van Bray na Klerksdorp, toe 'n verbygaande boer sien hoe hy met sy hande
in die lug langs sy bakkie staan. In sy truspieël kon die boer sien hoe twee
swartmans saam met V/d Berg in die bakkie klim en wegry, met een van die
mans agter die stuur. Die verbyganger laat weet toe onmiddellik die polisie
oor sy selfoon van die kaping.

Kort duskant Ottosdal ry die drietal hulle toe in 'n aansienlike polisie
padversperring vas, wat hulle taamlik onseremonieel uit die voertuig
boender, deursoek en aanhou. Dit het 'n hele rukkie geneem vir die magte van
wet en orde om uit te werk dat dit inderdaad V/d Berg se bakkie is, en die
twee ouens saam met hom in sy diens is.

Wat in werklikheid gebeur het, is dat V/d berg 'n pyn in sy bors gekry het,
stilgehou het, en met sy hande bo sy kop gaan staan het om verligting te
kry. Toe hy beter voel, het hy een van sy werkers gevra om verder te
bestuur.

V/d Berg oorweeg 'n eis vir psigiese pyn, vernedering, ens. teen die
polisie...

(OK, nie regtig nie, hy is hoogs beïndruk met die SAPD se flinke optrede!)

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets!!!!

So., 27 September 1998 00:00

Hierdie is net 'n toets!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Groepe Byvoeg!

So., 27 September 1998 00:00

Miskien kan iemand my dalk help: Ek wil graag nuusgroepe byvoeg tot die lys
van nuusgroep / Soos byvoorbeeld; " Afrikaans-Soek & Ruil"
Ek werk op die oomblik met Outlook Express maar kan nie werklik ontsyfer hoe
om nuusgroepe by die bestaande nuusgroep by te voeg nie!

My opinie is dat daar heeltemal te min Afrikaanse nuusgroepe op die net is /
Inteendeel daar is net hierdie een waarvan ek weet.

Help tog asseblief??!

Groete! / Hein

Hein van Wyk
Cell: 083 3101963
H/Tel: 041-733513
ICQ: 7733122
hei...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Groepe Byvoeg!

So., 27 September 1998 00:00

Hein van Wyk wrote in message ...
> Miskien kan iemand my dalk help: Ek wil graag nuusgroepe byvoeg tot die lys
> van nuusgroep / Soos byvoorbeeld; " Afrikaans-Soek & Ruil"
> Ek werk op die oomblik met Outlook Express maar kan nie werklik ontsyfer hoe
> om nuusgroepe by die bestaande nuusgroep by te voeg nie!
>
> My opinie is dat daar heeltemal te min Afrikaanse nuusgroepe op die net is /
> Inteendeel daar is net hierdie een waarvan ek weet.
>
> Help tog asseblief??!
>
> Groete! / Hein
>
> Hein van Wyk
> Cell: 083 3101963
> H/Tel: 041-733513
> ICQ: 7733122
> hei...@intekom.co.za
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toets

So., 27 September 1998 00:00

Hierdie is net 'n toets!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE

Sa., 26 September 1998 00:00

die geweer swaai die man
Henri Laurie

goor getoor en verlore
in die woestyn van jou wraak
watter dierbare veragting
het jou so klein gemaak

jou agterkop wat bokspring
jou mond wat skielik vuis
die kekkel in jou oë
die derms in jou kluis

die sneller in jou ore
die rugstring in jou loop
die visier in jou gebare
die rondtes in jou hoop

die hele bleddie skietbaan
wat in jou skouers lê
waar is die kerm seuntjie
wat ook wil rusplek hê

in eensame verskrikking
en oorbewaakte grens
en sterfte wat jou voorlê
sien 'n mens die mens

Prosa & poësie | 0 kommentare

Algaande leert men - spammers

Vr., 25 September 1998 00:00

Dit wil vir my voorkom asof "spammers" programme het wat op nuusgroepe
ingaan en dan E pos adresse afskep aangesien ek 'n klomp gemorspos vanuit
die VSA ontvang het na deelname aan 'n gesprek op 'n NG wat hoofsaaklik in
die VSA opereer - Dit was nou VOORDAT ek geleer het hoe om my adres onder
"User information" in Outlook Express by "properties" van die "news account"
so bietjie te vermom. Die feit dat sulke pos sonder aansiens des persoons
of eindbestemming geplaas word, dui op ge-outomatiseerde prosesse en as mens
die bron van die boodskappe ondersoek, is dit duidelik hoeveel moeite die
mense doen om hulle spore dood te vee en hoeveel kere Hotmail in die
besonderhede opduik.

In Outlook Express:
As mens REGS kliek op die boodskap se "header", "properties" selekteer en
daarna "Details", verskyn alle besonderhede van die boodskap. Is daar 'n
manier wat mens hierdie besonderhede of na die drukker kan stuur of êrens in
'n "folder" kan stoor ???? Hotmail bied 'n diens aan by ab...@hotmail.com
waar diesuke boodskappe rapporteer kan word. Hulle vereis dat die VOLLE
besonderhede (insluitende die "header detail)van sodanige boodskappe
deurgegee moet word en dit wil vir my voorkom asof die aanvanklike "header
detail" verlore gaan wanneer die boodskap slegs ge-"forward" word. Enige
boererate hier ?

Tot die krediet van Hotmail moet ek noem dat hulle uiters behulpsaam was en
dat hulle selfs een ou opgespoor het - maar ek skat dit was nog 'n leerling
"spammer" wat hom ten prooi laat val het. Hotmail beveel onder andere aan
dat mens NOOIT moet antwoord op sulke pos nie want dit dien slegs as
bevestiging van 'n aktiewe E adres

Gegroet
HdJ
(Verwyder verwysings na water vir direkte pos)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

En Mandela sê "good riddance"!

Vr., 25 September 1998 00:00

In die sewentigerjare het ek in lande soos Zaire gesien hoe die wit
huurlinge uit Europa in lugverkoelde dorpies met swembaddens ager
doringdraad woon terwyl die plaaslike bevolking vrek van die honger
(letterlik)

Die huurarbeiders was daar om die industrieë en staatsdiens te bedryf wat
agtergelaat is deur die vlugtende Belge fyftien jaar tevore. Hulle is op
kontrakbasis gehuur teen massiewe salarisse, op kontrakte van twee tot vier
jaar.

En die meeste van hulle was Belge.

Elders in Afrika het ek dieselfde tendens gesien. Die "kolonialiste" is
verjaag en vervang deur korttermyn-huurlinge wat geen band met die lande het
nie en wat veel meer kos om te kry as die mense wat hulle vervang het. Ek
verneem hierdie verskynsel het nog nie veel verander nie.

Nou lyk dit my ons is op daardie selfde pad, en Mandela in Toronto keur dit
goed. Die Mail&Guardian berig:

Skilled foreigners `the solution' to February 21, 1997
------------------------------------------------------------ ----------------
----
South Africa's brain drain

Marion Edmunds

SKILLED foreigners should be lured to South Africa to fill the gap left by
the brain drain, according to research for an influential government task
team on immigration.

Social scientist Robin Cohen says official statistics have not adequately
reflected the exodus of professionals with valuable skills from South
Africa, and the education system is not up to the task of quickly replacing
those leaving.

The answer lies in aggressively recruiting professionals such as doctors,
nurses, engineers, teachers and accountants from overseas, Cohen says, and
tracking down emigres and persuading them to come home.

Cohen will make his submission to the Home Affairs-appointed task team next
week.

He is said to have the support of several members of the task team. The
team's recommendations, due before the Cabinet by mid-year, will be included
in a Green Paper which is expected to shake-up current immigration and
emigration laws.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Arme Lesotho - arme ons

Vr., 25 September 1998 00:00

Ek dink:

Lesotho gaan die ANC ernstige probleme gee. 600 troepe gaan nie genoeg wees
om die Moshesh se mense in hulle berge onder bedwang te bring nie. Dit gaan
'n lang, uitgerekte stryd word, en dit gaan eerder 20 000 troepe verg, met
al die vliegtuie en helikopters wat nog kan vlieg.

Die plundering en vernietiging gaan verskriklik wees, met hongersnood en
baie sterftes. Die vlugtelinge wat oor die grens kom gaan aangroei tot
tienduisende.

Tensy die ANC dadelik aan Lesotho onttrek.

Maar dit kan hy nie doen nie. Want dan weet die mense hy het verloor. Dan
verloor hy sy houvas oor al daardie kapteins wat Mandela in '93 so
ge-intimideer het om hul volgelinge vir die ANC te laat stem (die vorige
regering het dit bietjie anders gedoen - hulle het agente gestuur met 'n
slagskaap en 'n kas whiskey om vir elke kaptein te gaan kuier en te vertel
hoe goed Mangope is).

As dit blyk dat die ANC nie almagtig is nie sal dit met volgende jaar se
verkiesing manna uit die hemel wees vir die klein stamgebaseerde partye,
veral in die Vrystaat en Noordwes. En vir die UDM in die Noordelike
Provinsie en Transkei. En selfs vir die IVP. Dit kan selfs gebeur dat die
onrus oor die grens verprei (Quaqua? Transkei se kant toe? Natal?)

So die ANC het nou geen keuse nie. Hy moet Lesotho vermorsel.

En volgende is Swaziland, waar hy reeds begin kwaad stook het. En nou
verstaan mens hoekom Botswana hom skielik tot die tande toe bewapen het die
afgelope drie jaar.

En ons gaan hierdie rekening ook betaal. Op vele maniere.

So dink ek.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Sekretarisvoël" deur C. LOUIS LEIPOLDT

Vr., 25 September 1998 00:00

SEKRETARISVOËL
C. Louis Leipoldt

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1326  1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341    »]
Tyd nou: Do. Apr. 10 21:07:26 UTC 2025