Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Belangrik, as jy dit nie geweet het nie.

Ma., 26 Mei 2008 16:14

Riaan is in 'n tegniese beroep, wat dit moontlik maak dat hy dit
geweet het. Vir my is dit nuus. Nie vreeslik belangrike nuus nie,
maar ek kyk darem die nuus op TV:-)

Wrong signals from TV outlets

Corrinne Louw

In three years time your analogue television set will be unable to
transmit a picture and many Durban shops are hiding this information
from potential customers, despite a warning from government and
directives from their head offices.

Earlier this year the South African Department of Communications (DOC)
said that the process of migrating television broadcasting from an
analogue to a digital signal would be fully implemented by 2012.
Deputy Minister of Communications Radhakrishna Padayachie said at the
time: “We are concerned at the possibility that the industry might
dump analogue televisions on our people by discounting schemes. If
these televisions become available at low cost, people might be
tempted to purchase them."

When asked, the major furniture outlets in Durban's city centre
assured us that their sales staff was informing customers of the fact
that without a transformer, the analogue TV would soon be useless.

However, we put this to the test and not one of the ten shops visited
informed us of the fact. To make matters worse many of these shops had
analogue TV sets `on special' at extremely low prices.

Basil Bloch, divisional merchandise executive of Ellerines, one of the
biggest furniture outlets in the country, said the company's sales
people had been instructed to inform customers of the switch and
advised their staff to tell customers that they would need to purchase
a Set Top Box or a STB for their analogue TV to work.

No one told us about a STB when we visited five of the Ellerines
stores. At the top end of West Street we visited Ellerines, Town Talk,
Bears, Lubners and Savells Fairdeal. Without exception, the sales
people advised us that the TV would be fine.

We also visited Electric Express and Russells, both JD Group stores.
Again we were told that the analogue TV would work. When asked what
will happen after 2012 we were assured by one sales assistant that
although shops would not be selling analogue anymore the ones that had
already been sold would definitely work.

The JD Group is also home to the Hi-Fi Corporation. Matthew van der
Walt, Hi Fi Corporation's chief executive said: “We are informing
people at the point of sale. The analogue television sets or CRT will
not become redundant since we are aware that there will be a Set Top
Box (STB) that will convert that analogue signal to digital. We also
think that government needs to do much more to inform consumers in
this regard.”

The STB referred to will be an instrument that converts a digital
television signal and makes it viewable on an analogue television.
So by the time the “dual-illumination” period of both analogue and
digital signals comes to an end, South Africans wishing to watch
television would need to have acquired a set-top box, or a
fully-fledged digital television.
Although the price of the STB has not been confirmed most estimate
that it would cost in the region of R400.

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Wat sê julle van

Ma., 26 Mei 2008 13:07

... die motorfietsryer wat die 'vip' se bestuurder gemoer het?

VIP driver punched in blue-light crash:

A motorcyclist punched a KwaZulu-Natal provincial VIP driver on Saturday afternoon for driving into to back of another car and seriously injuring its occupant near Pietermaritzburg.
...
Sapa has learnt that moments after the accident a motorcyclist - who had apparently earlier been forced aside by the VIP Mazda6 flashing its blue light - stopped at the accident scene and punched the driver before getting back on his bike and riding off.
...
KZN's transport MEC Bheki Cele later accused the driver of being "a self-made, arrogant, non-accountable individual who purports to be a good citizen and I will dare to argue that he is also a racist".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Meer oor Neil Turok

Ma., 26 Mei 2008 12:29

SA fisikus los Brittanje oor geld nie vloei
25 Mei 2008 09:15:05:820PM - (SA)

Anesca Smith

Londen. Prof. Neil Turok, 'n Suid-Afrikaner wat as topfisikus in
Brittanje werk, gaan groener weivelde in Kanada soek oor hy glo moeg
is vir Brittanje se swak finansiering van die wetenskap.

Turok, seun van die Kaapse ANC-LP prof. Ben Turok, is hoogleraar in
wiskundige fisika aan die Universiteit van Cambridge.

Turok sr. het gister gesê hy is baie trots op sy seun en dat die skuif
na Kanada slegs tydelik is. Hy sal daar as direkteur van die Perimeter-
instituut in Ontario werk.

Turok jr. het 'n groot rol gespeel in die onlangse besoek van die
wêreldberoemde teoretiese fisikus Stephen Hawking aan Suid-Afrika en
is ook voorsitter van die Afrika-instituut vir wiskundige wetenskappe
(Aims). Hy en Hawking is kollegas en ook groot vriende.

In 'n onderhoud met The Sunday Times het Turok hom uitgespreek teen
die Britse regering se swak bestuur en finansiering van wetenskap.

"Oor die jare het dit toenemend duidelik geword dat Britse politici
bitter min verstaan oor hoe wetenskap werk en die waarde wat dit vir
die land inhou," het hy gesê.

Turok was 'n professor in fisika aan die Universiteit van Princeton in
die VSA voordat hy 11 jaar gelede na Cambridge gelok is.

Hy probeer reeds jare lank sonder sukses om finansiering van 20
miljoen pond (sowat R300 miljoen) te kry vir die skep van 'n
internasionale instituut vir gevorderde fisika wat hy na Hawking wou
noem. Nou het hy handdoek ingegooi om dié droom te verwesenlik.

Turok is medeskrywer van Endless Universe en wenner van die 2008
internasionale TED-prys vir sy rol as "kosmoloog en opvoedkundige
aktivis".

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

" Halfmensbome, 'n Nama-Legende " deur PETRA MULLER

Ma., 26 Mei 2008 02:16

HALFMENSBOME, ‘N NAMA-LEGENDE
Petra Muller

Die Ou-Goed op die vlug,
mos, nes die vrou van Lot,
het gebly staan en trug
land toe geroep: o my land!

Toe het die Groot Een hulle omgepluk,
koppe halfpad omgekrenk in die koerse
van die Ou-Werf, en hulle net daar geplant:

“Nou kyk tot julle uitgekyk is, moerskenners,
moet ek dan ewig stoei met mens wat nie wil
gaan waar ek gebie’ nie; hou op swerf!”

Dis wat ons gehoor het. Maar waarvandaan gekom,
waarheen op pad, dit weet ons nie,

behalwe, aan die beurstaan kan jou blote oog
dit sien: dit was ‘n gees
van opperste verlang gewees.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe

Ma., 26 Mei 2008 02:10

Dave die hanskakie is weer aktief op die
nuusgroep. Wat is verkeerd met uit
Afrikaanse koerante aanhaal, ou Dave.
Of is die Engelse taal nou maar deel
van jou psige en voel jy vreeslik in jou
skik dat jy die rooitaal so kan gooi.
Vir jou informasie, ek lees geen pos
op hierdie nuusgroep in Engels nie.
Ek het 'n spesmaas min ander mense
lees dit ook. So as jy enigiemand se
aandag wil trek, is jou kans soveel
beter as jy dit Afrikaans pos.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Vanaf 'Litnet' ge-copy

Sa., 24 Mei 2008 06:07

Ek het dit hieronder op Litnet gelees. Hou veral van dit wat Ben in die
laaste paragraaf te sê het.

Jan van Perth

Ben Schoeman:
Boesak is eenogig en versand in sy weergawe van die verlede

Armoede is deel van die menswees. Armes sal altyd daar wees. Geld koop nie
noodwendig sukses of eerbaarheid of waardes nie, inteendeel. Hy self behoort
te weet, want daar is vir hom geleenthede geskep om die banvloek van armoede
te ontvlug. Dit is baie maal die kinders uit arm huise wat presteer en wat
"versadig, verstandig en vol mededoë", om van Wyk Louw buite konteks aan te
haal, hulle verlede gebruik om betekenis aan die hede en waardigheid aan
medemense te gee. Nee, die uitsigloosheid en verydelde hoop bring ?
weerloosheid en juis ook onderdrukte en ontploffende aggressie wat goeie
mense slegte dinge laat doen. Na 14 jaar se verval en leë beloftes het hoop
op die ashoop beland en het die vensters na ? beter toekoms dof geword.
Daarom verkas die geslag kundiges wat geen deel aan die regime of die beleid
gehad het nie, ook maar, want die Afrika-manier van doen en die hoog
geroemde ubuntu het nóg hoop nóg vrede gebring. Mugabe, die ikoon van
Afrika, wat na al die jare nog Brittanje en die Weste verwyt vir sy eie
versuim om insigtelik te dink is ? hartseer en eentonige wysie op die
Afrika-maat. Altyd ander se skuld!

Die Afrikaner was ook arm na die Anglo-Boereoorlog. So het elke land sy eie
eentonige verhaal van armoede en wandade. Maar die Reddingsdaadbond en
Helpmekaarbeweging is in die kultuur ingeweef. Hulle was ook uitgelewer aan
omstandighede en regerings wat hulle nie geag het nie en hulle ken die
vernedering van armoede, die magteloosheid van armoede, die verwonding en
woede ja, maar die armes is nie aksiomaties misdadigers en verkragters en
moordenaars nie. Nie diere nie. Dit klink al of Allan behaaglik agteroorsit
en wag dat die melodrama soos hy dit profeteer, homself ontvou en dan kan hy
sê: "Ons het julle mos gesê." Die vreesaanjaende dierlikheid waarvan hy
praat en waarvan daar tot vervelens toe gelees word is nie verskoonbaar nie.
Dol diere moet dierlik behandel word, ook in Afrika. Versoening, hoe nodig
ookal, of die gebrek daaraan, is geen rede om wetteloosheid te vergoeilik
nie. Armoede in ons ryk land moet kundig aangespreek en verminder word
sonder om sondermeer aanvaar te word as ? ewigdurende erfenis, of oorsaak
van al die ellende.

Die oplossing lê in die behoud van kundigheid en ? waardige skoolstelsel
waar waardes en harde werk weer beloon word. ? Regstelsel wat ons Grondwet
eer aandoen. ? Stelsel van meriete gegrond op meriete en nie blinde
lojaliteit aan ? gestorwe ideaal nie. ? Lewensingesteldheid wat nie na 14
jaar nog skuld aan gestorwe en begrawe apartheid toedig nie en ? gees wat
versoening adem en nie bevraagteken nie - dit is die oplossing. Enige
interaksie, positief of negatief, tussen kultuurgroepe kan nie sondermeer,
as dit jou nie pas nie, aan rassisme gewyt word nie. Ek dink ons het almal
al meer volwasse as dit geword. Jy is reg, Allan, ons moet die guts hê om
hierdie lewensweg by die kruispad te kies waar vergifnis, soos altyd, die
voorwaarde vir versoening is.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nederlandse Site oor Zuid Afrika

Vr., 23 Mei 2008 20:33

http://www.zuid-afrika.afrikalinks.nl/

Moet nie nalaat om 'De Boeren (Afrikaners)' te lees.
Dit is so ondertoeérig in die eerste kollom.
Dan sal julle sien waarom ons onenigheid
met die Britten gehad het kort na 1806.
Kyk in die groep onder 'De Stammen'.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ferdi

Vr., 23 Mei 2008 20:06

Ferdi, wat is 'n bruikbare program om
Adobe Flasplayer 9 videos
mee te copy? Of as iemand
anders weet, natuurlik.

Ek het Flash Catcher getoets
asook een of twee ander waarvan ek
nie nou die name kan onthou nie. Nie een
van die wat ek gedownload het werk lekker nie.

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Geheime dokumente

Vr., 23 Mei 2008 12:48

Geheime, gelekte dokumente van oor die wêreld is beskikbaar by
www.wikileaks.org - en spesifiek ook
http://www.wikileaks.org/wiki/Terry_Crawford_Brown_censored_ South_African_arms_deal_letters

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die belangrikheid van 'n tweede taal...

Vr., 23 Mei 2008 06:13

Muis familie sit en gesels om tafel. Kat kom ingehardloop, Pa muis skrik
hom in sy @#%& in en vlieg op en begin blaf, kat hol weg.

Toe pa muis weer gaan sit en tot verhaal kom, sê hy vir kinders aan
tafel: EK HOOP JULLE BESEF NOU DIE BELANGRIKHEID VAN 'N TWEEDE
TAAL!!!!!!

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    126  127  128  129  130  131  132  133  134  135  136  137  138  139  140  141    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 06:40:04 UTC 2025