Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vreemdelingehaat
Vreemdelingehaat [boodskap #117371] Wo, 21 Mei 2008 18:57 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'Sjangaans is die woord wat die gewapende moordbendes in Gauteng se
townships deesdae gebruik om buitelanders te beskryf.'
so sê
Julian Rademeyer en Annelene Moses by
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2326002,00. html

Kaf. Hulle weet nie wat hulle praat nie. Almal wat iets van die
myngemeenskap af weet sal weet dat die Sjangaan (meervoud maSjangaan)
'n nasionaliteit van Mosambiek is wat baie dekades al deel van die
ingevoerde arbeid is. Dit is deel van my woordgebruik ook, en ek het
dieselfde woord meer kere al gebruik tydens die lees van berigte oor
xenofobia oftewel vreemdelingehaat.

Dit is egter nie waaroor ek skryf nie. Wat ek eintlik wil noem is dat
die lokale swarte nooit in die verlede by myne wou werk nie. Nie eens
bogronds nie, en beslis sou dit 'n rariteit wees om een van hulle
ondergrond aan te tref.

Nou word hulle huiswaarts gedwing. Terug na Mossambiek vanwaar hulle
as is ingevoerde arbeid op die myne werk, langer as wat enige van ons
op die groep oud is.

Die moordenaars sal steeds nie op die myne werk nie. Behalwe dat hulle
niks daarvan weet nie, is hulle te sleg om harde werk te doen.
Re: Vreemdelingehaat [boodskap #117390 is 'n antwoord op boodskap #117371] Do, 22 Mei 2008 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf

Die ANC maai nou die saad wat hulle self gesaai het.

Die "moeder van die volk" het te koop geloop daarmee dat hulle met hulle
buitebande en dosies vuurhoutjies die land sal bevry.
Maar as jy die jou tot geweld wend om jou doeleindes te bereik en mense
aanmoedig om sulke sinnelose geweld te gebruik, dan kom dit later terug om
jou te byt.

Ek het al op die ng gesê: Daar's 'n goeie rede waarom God by die gebod "eer
jou vader en jou moeder" bygevoeg het "sodat jouy dae verleng mag word en
dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee".
Vergelyk die 10 stammeryk wat onder Jerobeam I van Juda en Benajamin onder
Rehabeam weggeskeur het, met die van Juda. Die 10stamme ryk se geskiedenis
is gesaai met die een staatsgreep op die ander, terwyl die Judese ryk 'n
deurlopende koninklike lyn van Dawid tot by die Babiloniese ballangskap
gehad het. Die 10-stamme het ook sowat 'n 100 jaar voor Juda ondergegaan.
Re: Vreemdelingehaat [boodskap #117413 is 'n antwoord op boodskap #117390] Vr, 23 Mei 2008 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 14:12:59 +0200, "Torreke" wrote:

Een van die teorië vanuit die swart regse kant: Wat in SA gebeur, is
xenofobie en xenonofie onder swartmense is eintlik kolonialisasie en
gepaardgaande geweld van kolonialisasie op swartmense wat hierdie
mense dan "internalise". Dan tree hulle gewelddadig op. So, dis die
kolonialiste se skuld.

Toe smile ek en ek dink so: Wat sal hulle sê van die volgende -
apartheid was geensins rassisme nie, dit was xenofobie van wit
Afrikaners en die rede daarvoor was omdat die geweld wat teen hulle
gepleeg is deur kolonialiste, ge- "internalise" is en uitgebars het.

Daar was dus nie apartheid nie en dis anyway nie die Afrikaners se
skuld nie.

Silliness deel twee: In The Times vandag: Die geweld teen
buitelanders is georkestreer deur Europeërs wat nie wil hê Suid-Afrika
moet die sokker-eindstryd aanbied nie.

Sillyness no 3:

Van www.beeld.co.za

Kaapstad. - Misdaadbendes en "magte van buite" wat afgunstig is op
Suid-Afrika se demokratiese welslae.

Dít sit agter die huidige geweld in die land, het Suid-Afrika se
intelligensiehoofde gister aangevoer.

Mnr. Ronnie Kasrils, minister van intelligensiedienste, het gister
hier op die opening van die vyfde jaarlikse beraad van Afrika se
intelligensiedienste gesê die regering en veiligheidsdienste werp
alles in die stryd om af te reken met die "misdaadbendes" wat hiervoor
verantwoordelik is, en om die elemente en magte wat die geweld aanvuur
te ontmasker.

"Ons sal reg en orde herstel en kan uitdruklik verklaar dat die
meerderheid Suid-Afrikaners hierdie misdadigheid veroordeel. Volgens
ons ontleding is daar moontlik sommige sentrums van xenofobiese haat,
maar glo my: Die meeste van hierdie geweld is gegrond op
misdadigheid."

Mnr. Manala Manzini, direkteur-generaal van die Nasio-nale
Intelligensie-agentskap (NIA), het verwys na die "uitdagings in ons
land, die geweld in sommige van ons gemeenskappe wat deur die media as
xenofobiese aanvalle gedefinieer word".

Hy het gesê die geweld val saam met die aanloop tot die volgende
algemene verkiesing, wat teen April volgende jaar gehou moet word.
"Hierdie probleme en uitdagings is veel ingewikkelder as dit
(xenofobiese aanvalle), want Suid-Afrikaners was met die sogenaamde
swart-op-swart-geweld in 1994 ook slagoffers van lafhartige aanvalle.
Ons glo daar is magte 'n hierdie land, maar ook buite die land, wat
weier om te glo dat ons as Afrikane in staat is om onsself te regeer.

"Ons moet verwag dat terwyl ons oorwinning op oorwinning vier, daar
diegene in ons midde is, soms beïnvloed deur magte van buite, wat ons
altyd wil terugdruk, want hulle kan nie glo hoe suksesvol ons is nie.
Net oor ons kleur. Omdat ons swart is. Omdat ons Afrikane is.

Benewens verteenwoordigers van Afrika-state, onder wie talle
direkteurs-generaal van intelligensiedienste, word die beraad ook op
uitnodiging bygewoon deur verteenwoordigers van die Afrika-unie, die
Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die VSA, Brittanje,
Frankryk, Kanada, Palestina, Iran, Maleisië, Portugal, Spanje en die
Verenigde Arabiese Emirate.

Kasrils het, sonder om Zimbabwe by die naam te noem, gesê die
resultaat van Afrika se nouer samewerking op intelligensiegebied het
reeds "waardevolle pre- en post-verkiesingsontledings" opgelewer.

Dit sluit in aanwysers vir volksmoord en die veiligheidsimplikasies
van die voorgestelde Afrika-unie-regering.

Hy het gesê ondanks die voordele van globalisering, baan dit ook die
weg vir bedreigings soos terrorisme, die vermeerdering van wapens vir
massavernietiging, georganiseerde misdaad, geldwassery en smokkelary.
Re: Vreemdelingehaat [boodskap #117415 is 'n antwoord op boodskap #117413] Vr, 23 Mei 2008 13:34 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 May 2008 15:15:39 +0200, Ferdi wrote:

>
> Een van die teorië vanuit die swart regse kant:

>
> Silliness deel twee:
>
> Sillyness no 3:
>

Sillygeit (miskien:-) no. 4:

Ek dink selfs aan die moontlikheid dat dit magte uit die kabinet is
omdat hulle hul fot agtergekom het met die toelating van instroming.
Soos ek by 'n ander skrywe gesê het, moet ons nie vergeet dat hierdie
Afrika is.
Vorige onderwerp: 12 keer met 'n mes doodgesteek.
Volgende onderwerp: Kyk julle na die 7 uur nuus?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 05:39:21 MGT 2024