Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies.

Ma., 05 Oktober 1998 00:00

Ek het intussen 'n bietjie in die SA atlas gaan rondblaai, en ontdek dat
daar nie minder as 4 Pramberge in SA is nie - by Philipstown, Postmasburg,
Kokstad en Jacobsdal.

Maar dit eindig nie daar nie - ons het ook 7 Pramkoppies (Touwsrivier,
Matjiesfontein, Sutherland, Bitterfontein, Warden, Brits en Potgietersrus),
asook 'n Pramkoppie by PaulPietersburg.

Ek vermoed Boerneef se 'Pramberg' is eintlik 'Pramkoppie' by Sutherland,
want ek sien Boplaas is daar naby, en het hy ons dan nie vermaak met:

Van al ons land se Tafelberge
is daar vir my maar twee-
die een hier op Boplaas
en sy ouboet by die see.

O, en daar's net een Tietiesbaai!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Seminaar vir Entrepreneurs 7 Oktober

So., 04 Oktober 1998 00:00

Alle Boere-Afrikaners:

WERKLOOS?
Moeg gesoek? Raadop?
Moedeloos?

Maar bereid om HARD te werk?

Hier is die OPLOSSING: Die "HANDEVAT"-SEMINAAR

AANGEBIED DEUR FOKUS BURO 2000 en VOLKSHULP 2000

*WERKSGELEENTHEDE! *ENTREPRENEURSKAPPE
*OPLEIDING! *MEDIESE FONDS! PENSIOENFONDS!
BEPERKTE SITPLEK!
BESPREEK DADELIK!
7 OKTOBER 1998 OM 09:00
R5O,OO PER PERSOON
MOENIE DIE GELEENTHEID IN 'N LEEFTYD
MISLOOP NIE!
(012) 335-3078
Sel: 083 743 3230 of 083 265 3552

SEMINAAR: 7 OKTOBER 1998

Volkshulp 2000 het, benewens sy algemene maatskaplike versorgingsdoelwit,
ook 'n indiensstellings- en werkskeppingsopdrag. Laasgenoemde is
inderdaad in sy amptelike DOEL vervat.
Die tradisionele "sekuriteitsversekerde" staatsdiensposte ruk as gevolg van
die sogenaamde "affirmative action" al minder en minder. Ons kinders en
kleinkinders kan nie meer na die staatsdiens kyk vir so 'n geborge pos of
toekoms nie.
Die enigste oplossing: entrepreneurskappe. Moet net nie die land verlaat
nie! Skep jou eie besigheid. Werk HARD - vir jouself. Word jou eie
baas. Wees bereid om die hande uit die moue te steek. Vergeet maar
van die sogenaamde "vuil werk" wat nie by my status pas nie. Vir ons
Boerevolk lê daar 'n opdraende pad in terme van HARDE WERK voor.
Diegene wat daarvoor kans sien, SAL bo uitkom.
Op 7 Oktober 1998 word volksgenote (met fokus op die VROU) die
geleentheid gebied om deel te neem aan besprekings oor inkomste-
aanvulling, asook werk- en werkskeppingsgeleenthede. Inligting oor
entrepreneursmoontlikhede sal noodwendig in die proses ook uitgeruil word
Dit maak nie saak hoe ons redeneer nie; ekonomiese bemagtiging van ons
volksgenote vorm die basis van ons oorlewing en voortbestaan in hierdie
land. Ons sal dit self moet laat verwerklik, want andere sal dit nie vir
ons doen nie. Daarom is dit belangrik dat daar met ywer gekyk word na
ALLE moontlike werksgeleenthede.
Alle belangstellende volksgenote.

012) 335-3078
Sel: 083 743 3230 of 083 265 3552

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: President!

Sa., 03 Oktober 1998 00:00

Nou het ek alles gehoor, ek dink..

Frogge wrote in message ...
> Mr Louis Luyt for President!
>
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

RE: Hulp met "Stille Nag" lirieke - Vertalings

Sa., 03 Oktober 1998 00:00

Hallo,

Jammer om julle te pla en met julle hewige politieke gesprek in te
dring...

Dit is al amper (reg bietjie minder as 3 maande) Kersfees is maar
liewers te vroeg as te laat.
Ek versamel verskillende vertalings van die lied "Stille Nag" op my
bladsy http://silentnight.web.za

Ek het reeds twee weergawes van die lied in Afrikaans en beskik oor 91
ander weergawes van die lied in 60 verskillende tale. Maar daar moet
steeds nog vertalings wees - veral in die Afrika-tale kort ek nog 'n paar.
As u miskien vir my kan help met so 'n vertaling of selfs 'n ander weergawe
laat my asseblief weet by: ja...@cyberserv.co.za

Groete
Jako Olivier

- -
STILLE NAG - http://silentnight.web.za
E-pos: ja...@cyberserv.co.za

Musiek & liriek | 0 kommentare

Interessant

Sa., 03 Oktober 1998 00:00

Dag beste vrienden,
Ik lees regelmatig die Afrikaanse nieuwsgroep,
en vind dit fantastisch goed (Baye goed) ook wonen jullie in een zeer
prachtig land betreffende
de natuur, wij zijn er op reis geweest en ZA heeft ons bekoord tot en met.
Wij hier in Belgie gaan nu richting Winter, het worden weer korte en kouwe
dagen.
Hopelijk kunnen wij deze reis nog eens overdoen.
Nog de beste groeten uit Belgie
Marc.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG

Sa., 03 Oktober 1998 00:00

SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: From "Lesotho" by B.M. KHAKETLA

Sa., 03 Oktober 1998 00:00

Gloudina skryf:

> From � LESOTHO�
> B. Makalo Khaketla

Het hy dit geskryf voor of na die inval, Gloudina? Profetiese woorde,
inderdaad!

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gee Mandella werklik om vir die armes:

Vr., 02 Oktober 1998 00:00

Lees hierdie artikel op die blad van Vryheid2000 by
http://home.intekom.com/rsa/

Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"villanelle vir die oos-vrystaat" deur TOM GOUWS

Vr., 02 Oktober 1998 00:00

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaanse gedigte op die groep

Vr., 02 Oktober 1998 00:00

On Wed, 30 Sep 1998 22:11:57 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:

<<>Ek stel nie voor dat Gloudina nie die gedigte hier moet pos nie.>>

Drie "nie's" maak die sin onverstaanbaar.

<<>Die punt is dit: in al hierdie gevalle is daar gewoonlik voorsiening gemaak
> vir die beskaafde gebruik om bedagsamheid te betoon aan die eiendomsbelange
> van die kunstenaar en die entrepreneur wat (dikwels teen verlies) die werke
> publiseer. Gewoonlik is die toestemming van die belanghouers verkry en
> feitlik altyd is die naam van die bundel, die uitgewer, die prys, en hoe dit
> bekom kan word prominent genoem.>>

Die punt is ook dat jy van die verlede praat. n Baie formele verlede.
Dis verby.

En die Afrikaanse digkuns is in bietjie van n krisis omdat dit nie
gelees word nie, want dit word nie "geadverteer" nie.

En onder sulke omstandighede reken ek enigiemand wat klein stukkies
van Afrikaanse digters se werke (en enkele gedigte is klein stukkies
van hulle werk) op n openbare forum plaas waar dit GELEES word, is
besig met noodhulp.

<<>Ek moet miskien my standpunt herhaal, net om dit duidelik te stel:
>
> a) Ek verwelkom Gloudina se plasing van gedigte op die nuusgroep, en ek
> dink nie sy moet ophou daarmee nie.
> b) Ek reken die meeste van die kunstenaars en die uitgewers sal met
> vreugde toestemming verleen vir die plasing van die gedigte. Dit sou hulle
> ook die geleentheid gee om die nodige inligting te verskaf oor waar die
> bundels bekom kan word.
> c) Ek bewonder nie Gloudina se weiering om ten minste redelike pogings
> aan te wend om die toestemming van die kustenaars en uitgewers te kry, en om
> die verskuldigde blootstelling te gee aan die uitgewers nie.
> d) Ek dink haar houding dat sy 'n stryder vir vryheid en geregtigheid is
> deur die belange van die kunstenaars en uitgewers te ignoreer is 'n bietjie
> sot om die minste te sê. Dit is uiters kortsigtig vir iemand wat voorgee om
> daardeur Afrikaans te bevorder.
> e) Persoonlik vermoed ek dat sy bloot te lui is om die nodige moeite te
> doen.>>

En persoonlik reken ek dat jy en andere n gerieflike stok gekry het om
haar mee te probeer slaan.

Korrigeer my as ek verkeerd is, maar ek wil al onthou dat sy gedigte
plaas vandat die nuusgroep begin het. En dat jy baie onlnags eers
besware begin aanteken het. En ek wil my half herinner dat julle twee
onlangs - net voor jou besware - n bietjie stry gekry het op die
nuusgroep.

Maar die oplossing is redelik maklik. Jy kan mos by elke plasing van
haar die nodige inligting byvoeg. Daar is sover ek weet omtrent net
twee uitgewers wat nog gedigte in Suid-Afrika in Afrikaans publiseer.
Jy kan dit mos aanlas by haar plasings. Dis nou as jy werklik so
ernstig oor die digters se regte voel. Jy is in Suid-Afrika en sy is
in Kanada. En as dit waar is dat jy betrokke is by die Universiteit
van Pretoria (waar die ANC lyk my n aktiewe jeugvleuel ook het), is
dit mos nog makliker - jy vra net die mense by die Afrikaanse
departement!

Die situasie is nou hier dat as Gloudina haar aan julle steur en haar
ingeligte en intelligente liefde vir digkuns (en of jy nou van haar
hou of nie, dit is sy beslis) onderdruk en ophou om gedigte te plaas
op die groep, dan gaan nie een van julle dit doen nie. Niemand gaan
dit meer doen nie.

En dan gaan jy regstegnies korek wees (maar die digters gaan
waarskynlik geen enkele sent kry van die geldelike potensiaal inherent
aan jou argument nie - hulle gaan zero meer bundels verkoop) en die
groep gaan sonder gedigte wees en die Afrikaans digkuns gaan n klein
maar kragtige internasionale blootstelling verloor.

Watter soort oorwinning gaan dit wees?
Wie gaan gewen het?
Leendert en sy kring gaan n kleinlike persoonlike oorwinning oor hul
aartsvyand Gloudina kan vier. Vir omtrent so n week - die nuusgroepe
se geheue is maar kort.

En die verloorder gaan die Afrikaanse digkuns wees.

Voorts veronderstel ek dat n mens jou ook seker maar sal moet dophou
in die toekoms om te sien of jy - wanneer jy n geskrif aanhaal - meld
dat jy die skrywer se toestemming het en se waar presies n mens dit
kan koop. Ek kan nie onthou dat jy dit al ooit gedoen het nie, maar
miskien is ek verkeerd.

Ek hoop nie Gloudina steur haar aan julle klipgooiery nie. Sy doen
baie meer as julle om die Afrikaanse digkuns te bevorder en in mense
se gedagtes te hou.

By the way Leendert, wie is jou gunsteling digter en wat in jou
gunsteling-gedig?

Prosa & poësie | 26 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1322  1323  1324  1325  1326  1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337    »]
Tyd nou: Sa. Jun. 06 03:31:57 UTC 2026