Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kopieregroof Hmmmm........

Thu, 08 October 1998 00:00

Interessante artikel in die sakedeel van eBeeld vandag onder die titel "SA
gaan help om rowery op internet te keer".

Dit gaan oor een aspek van kopieregskendings op die internet, wat beskryf
word as "'n hoogs onwenslike vorm van struikrowery en onbeskaafde gedrag."

Die volledige berig is (tans) by:
http://www.ebeeld.com/ebeeldafr/esake/b081004.htm

Interessant (vir my) om te sien hoe so 'n nuwe regsdomein ontwikkel om
skelmstreke, "struikrowery en onbeskaafde gedrag" vas te vat waar mense
leemtes in die reg doelbewus eksploiteer.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

"The Road to Bologna" by ROY McNAB

Thu, 08 October 1998 00:00

THE ROAD TO BOLOGNA
Roy McNab

Castiglione has many a frontier.

The white five hundred and five
Eyes of Christ on the warm hillside
Are blinding in Bologna�s light.

Marble and Brescia stone
Shackle an anchor to our load,
And distant as Damascus now
Bologna and our private road.

High in the blazing Appennines,
Before the forest�s grasping cone,
The sword embedded in the cross
Sings of a sacrifice in stone,
Permanent as del Robbia sky,
And singing it centres
The century�s wrong
Nails my conscience
to its song.

O Paul, Paul ons dood lê hier
Onder die grond se skaduwee,
Stand unshod on their mountain bier,
Salute the symbol of the tree.

So we come to our first frontier;
The cemetery looms like a customs shed,
Have I anything to declare
To the marshalled dead?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee

Thu, 08 October 1998 00:00

Wie se taal id it die die whity's ,colourds of sogenaamde AFRIKANERS ko ek
vertel jou n ding of twee wat jy nie graag sal wil weet nie die taal is my
en my mense sin ja reggeraai ons almal wat deur julle as inbetweeners
gebrandmerk is die sogenaamde colourds .Jy skrik ja ou baas is maak nie
saaak wat jy gaan doen nie lank voor die sogenaamde AFRIKANERS tot stand
geko het se om en by hier by 1800 toe praat die slawe dis nou almal wat vir
die lanies(baas)gewerk het n mengel moes van Nderlands,Arabies en knoi taal
het dit nie geweet nie ne` of te skaam om te erken datr jy `n anner man se
taal afgevat het met jou se klomp junk gedagtes ons vergewe jou but sal
never nie vergeet ko ek laat jou gou weer regop sit eerste sogenaamde
AFRIKAANSE boek issie deur julle geskryf nie ny hy was soos ek `n colourd ja
baas kannie glo nie okay sy naam is ABUKAR EFFENDI gaan slaan net na dan
sal jy sien okay genoeg vir vandag .O ja ek kry nou net gedagte oor al daai
whity's wat so iut die land padgee was nog maar altyd gatkriupers as jy
rerig omgee vir jou sogenaamde VADERLAND sal jy sooooooos n man staan en
baklei is oek maar goed julle verby hoop net julle ko nie weer terug
nie,julle weet mos hoe gaan die gesegde " `n Boer maak `n plan but `n HOTNOT
IS GEBORE MET N PLAN"

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: AFRIKAANS WIE SIN HUH,ko ek wys jou n ding of twee

Thu, 08 October 1998 00:00

Op 8 Oct 1998 15:16:18 GMT skryf :

->"Narga User" writes:
->
-> Arabies en knoi taal
->
->
-> Bravo, Narg, maar spel tog maar
-> net "Khoi" reg. Wonder waar die
-> benaming Khoi vandaan kom. Is
-> dit ook 'n term wat deur mense
-> uit Europa geskep is?
->
-> Leonotis

Gloudina
Omdat jy so mooi wonder oor die herkoms van "Khoi", het ek gaan
naslaan in Toponymica Hottentotica van Nienaber en Raper...
Nee, die naam Khoi is nie van Europese oorsprong nie. Inteendeel.
Uit 'n magdom gegewens oor ou ontdekkingsreisigers en sendelinge se
reisbeskrywings haal ek net die volgende aan:

Knudsen 1842 Reisen Moritz 19/4 150 "Koï-koïn oder Hottentotten. Der
Name Hottentott ist der Namaquasprache fremd. Sie selbst nennen sich
Koï-koïn. Dies ist der eigentliche Gemein- oder Volksname. Koï (die
natürliche Genusendung des Comm. Sing.) heist Mensch; koïn, dieselbe
Endung des Comm. Plur., also Mensch-Menschen oder Mensch der Menschen,
wozu alle ihre Stämme, Orlams, Namaquas, Korannas, Griquas,
Buschmänner, Nawissen usw., die Berg- und Viehdamaras ausgenommen,
gerechnet werden". Ook in Quiellen 3 21, jaar 1844, herhaal hy dit.
"Khoi-khoin (oder Hottentot, europäischer Name) scheint der allgemeine
Name des ganzen Volkes zu sein".

Eerw C. Hugo Hahn (Tagebuch 1858) noem die naam Hottentot "eine
Verstümmelung des Wortes ||Huinitob". Hy beskou Hottentot dus as 'n
Khoekhoense woord, die -tob om saam te val met -tott van Hottentott,
waarvan die eerste deel op sy beurt die verhaspeling ||hui-n-,
waarskynlik soos ons dit verstaan, by Nama ||hui = die kop hoog oprig,
soos 'n koperkapel wat sy kop bakmaak, gereed om te pik en weg te
seil. So beteken "Hottentot" dan ongeveer die "Koperkapelmense"...

Tot sover die aanhalings. Ek hoop dit bring jou gemoedsrus.

Groete
Hannes

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Die Son sak weg" deur FERDI GREYLING

Thu, 08 October 1998 00:00

DIE SON SAK WEG
Ferdi Greyling

Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.

My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder 'n koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.

Daar verkoop slinkse boere
waatlemoene om aan die lewe te bly.

(Gepubliseer in "Concept")

Prosa & poësie | 0 kommentare

Word speller

Wed, 07 October 1998 00:00

Weet iemand of daar 'n afrikaanse "spelchecker" vir Word is en indien wel
waar dit bekom kan word?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Word speller

Wed, 07 October 1998 00:00

Op Wed, 7 Oct 1998 14:21:45 +0200 skryf "André"
:

->Weet iemand of daar 'n afrikaanse "spelchecker" vir Word is en indien wel
->waar dit bekom kan word?

Gaan na dié URL...
http://www.oocities.org/Heartland/9657/dieknoop.htm
en kies die skakel na die Universiteit van Potchefstroom by
woordeboeke.
Groete
Hannes

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bietjie nuus uit die VSA

Wed, 07 October 1998 00:00

Hierdie is 'n uittreksel uit my laaste brief an vriende en familie in SA - ek
dog dele daarvan sou dalk vir julle interesant wees.

Nou ja, hier is ek besig met my laaste week in Oregon. Ek kan nie glo die tyd
gaan so gou verby nie. Ook maar goed - dis tyd om by die huis te kom voor die
winter in Minnesota aanbreek - daar is nog 'n paar dinge om te doen om reg te
maak vir die sneeu en koue - soos om die water uit die tuin se sprinkelsisteem
te laat blaas. Selfs hier in Oregon begin die winter nader kruip - ek sien
hier wys hulle op die weervoorspelling die "snow line" en hoe kouer dit word,
hoe laer kom die sneeu teen die berghange voor. Eers was dit 7000 voet - nou
is dit net 5500 voet.

Ek was verlede naweek huis toe en skoonma was natuurlik ook daar - sy het die
vorige week aangekom en kuier nou by ons tot Januarie. Die seuns was ook baie
bly om my na twee weke weer te sien.

Die weg werkery van die huis af is heel aanvaarbaar omdat ek weet dis net vir
vier weke, maar hier is werklik ouens wat dit permanent doen en net naweke huis
toe kom. Ek dink daar is ernstig fout as jy bereid is om so te leef. Jy het
amper niks van jou kinders nie - meeste van die naweek word opgeneem om net al
die belangrike dinge in en om die huis te doen en voor jy weet is die naweek
om. Intussen moet jou vrou jou klere regky en die gewone naweek moet ook nog
aangaan. Die tydsverskil help ook nie veel nie - hier in Oregon is ons twee
ure agter Minnesota, wat beteken dat my slaappatroon nou al heeltemaal
opgedonder is. Nee wat, dis lekker om dit tydelik te doen en as 'n groot
avontuur te sien, maar defnitief nie permanent vir gewone geld nie - miskien
dalk maybe vir een miljoen per jaar sal ek dit oorweeg as ek weet dit hou net
'n jaar of twee aan.

Ons het darem die afgelope Saterdag kans gemaak om te gaan ry - toe ek
Vrydagaand by die huis kom wys Gina my dat die koerant berig dat die
herfskleure op hulle mooiste sal wees. Ons is toe Saterdag al langs die St
Croix rivier op tot by die St Croix Falls.

Die herfsleure was oorweldigend mooi! Die blare verloor weer die donkergroen
van midsomer en word 'n bleker groen. Tussenin is daar dan bome wat
bloedrooi-oranje en goudgeel word en plek-plek ook bruin. Verlede jaar het ons
dit nie so mooi gesien nie. Ons was hierdie jaar net mooi die regte tyd op die
regte roete.

Ons het ontbyt/middagete geeet by 'n restaurant waar ons skoonma kon voorstel
aan die groot borde kos wat in restaurante bedien word. Die spyskaart se net
jy kry 'n sandwich - dan is daar iewers op jou bord ook brood, maar dit word
verdwerg deur 'n berg chips (word hier "fries" genoem), die "vulsul" van jou
sandwich en daarby kan jy nog kies tussen slaai en sop as bykos. Ons loop as
'n reel altyd by enige restaurant uit met "a box to go" ( 'n doggie-bag).
Hier in Oregon help dit my baie - ek betaal so $7 vir 'n lekker bord kos - kan
net helfte behartig en neem dan die ander helfte hotel toe - my hotel kamer het
'n yskas en mikrogolfoond in.

Terug langs die St Croix river het ons plek-plek gestop en toe ook met 'n
rivierboot 'n kort trip geneem. Dit was een van die platboom paddle bote
waarvoor die Mississippi so bekend is. Ek kon nie glo die vlak water waarin hy
vaar nie - hy het blykbaar net 18duim nodig en ek dink ons was by tye net in
omtrent 20duim water! Langs die rivier is hoe rotse waarteen staalringe
vasgemaak is en wat deur die ou loggers gebruik is om hulle bote aan vas te
maak - in die ou dae is die afgekapte hout met die rivier af vervoer. Een van
die rotsformasies maak groot indruk - van een kant af lyk dit netsoos 'n groot
klipkruis en die rivier het ook sy naam hieraan te danke. Soos die boot
verbyvaar, verander die kruis in 'n gesig en lyk dan nes George Washington!

Ek weet ek noem dit seker baie, maar dit bly my tref - hoe lekker dit is om in
'n dienslewering samelewing te bly. Met die bootrit was dit nou weer duidelik.
Die somer is al amper verby en die bote word nie gebruik as die rivier eers
begin vries nie, so daar is al 'n lang toeriste seisoen agter die blad. En ten
spyte daarvan, word die boot 100% skoongemaak voor elke trippie - elke stoel op
sy dek staan net reg. Die toeriste mors ook nie baie nie - Amerikaners is oor
die algemeen by sulke plekke baie skoon en netjies. Die aankondigings oor die
luidspreker, wat baie goed werk en duidelik is, word gedoen asof dit die eerste
vaart van die somer is en die mense lus is om jou alles te wys, en in
werklikheid is dit al seker die vyfde trip van die dag.

Ons het drie troues ook gesien: 'n onthaal op een van die rivierbote, 'n
fotosessie in een van die staatsparke en in die staatspark waar ons in Junie
die groot braai vir SuidAfrikaners gehad het, was 'n troue se diens besig onder
dieselfde afdak waar ons piekniek gehou het. Skoonma se sy het nog nooit so
baie troues op so baie snaakse plekke in een dag gesien nie.

Hier om en by 23 September het ek probeer "stock take" van hoe ek voel na
presies een jaar in Amerika. Maar die muse wou nie met my gesels nie en ek kon
net 'n paar gedagtes neerskryf.

Na ons so drie maande hier was, het iemand in antwoord op my entoesiasme
geskryf dat dit duidelik was dat ons nog in 'n honeymoon fase verkeer. Wel, na
'n jaar duur die honeymoon gevoel nog voort. En elke nou en dan gebeur iets om
ons net weer te herinner hoe lekker ons hier woon - soos die ma's wat besoek
afle en vir wie ons alles wil wys wat ons ondervind en die nuus wat ons van
mense in SA af kry. Voor ons uit SA weg is, het een van my oud-studente, wat
al twee jaar in Nederland deurgebring het, ons die wenk gegee dat ons sal
agterkom ons sal te gewoond raak aan ons lekker omstandighede oorsee en dat 'n
mens nie moet ophou om jou lewe hier te geniet nie. Wel, ons hoef nie te veel
effort in te sit om jou lewe hier te waardeer nie.

Soos wat ek in SA elke keer effe gepanic het as ek by 'n winkel uitkom of my
kar nog daar sou staan, dink ek hier elke keer daaraan as ek my kar by 'n
winkelsentrum parkeer dat dit darem lekker is om nie meer te stress oor die hoe
misdaad nie. Elke keer wat ons hoor van vriende in SA wat onder die misdaad
moes deurloop, is 'n mens weer opnuut dankbaar oor die geleentheid wat ons
gebied is. En elke keer wat 'n Amerikaner jou uitvra oor jou herkoms en of jy
nie SA mis nie, dan is my eerlike antwoord elke keer: "Not really - there are
so many beautiful things and places to see here, that it is only really the
people that one misses."

So ry ek gistermiddag hier na 'n restaurant toe en luister oor die radio na
Athol Fugard se dogter wat 'n verhaal voorlees wat sy geskryf het oor
kraanvoels op 'n plaas in SA. En net toe ek myself wil begin afvra of ek nie
na die natuur in SA verlang en dit mis nie, toe kyk ek so skuins na links uit
die kar se voorruit en daar vlieg 'n V-formasie van Kanadese ganse teen die
agtergrond van Mt Hood, die plaaslike vulkaan, met die sneeu teen sy hange wat
deur die onderganende son pienk gekleur word. Asemrowend mooi. En toe is ek
maar net baie dankbaar vir al die geleenthede wat ek in SA benut het om in die
natuur te kom, voetslaanpaaie te doen, ens. Maar daarby besef ek toe dat ek my
lewe hier kan vul met dinge wat netso mooi en mooier is om te ervaar en te
sien.

Ek voel dat my horisonne in die lewe soveel vergroot het vandat ons hier in
Amerika is. Net om byvoorbeeld na die National Public Radio te luister,
verskaf amper 'n sensuele plesier om die altyd vars positiewe klankbeelde te
ervaar wat hulle jou bring. Net in die afgelope twee dae het ek byvoorbeeld
geluister na in diepte dekking van 'n perde rit deur vier jongmense dwars oor
Amerika, 'n byeenkoms van skrywers wat hulle kortverhale lees, 'n jode tannie
wat vertel oor hulle kookkuns ervarings as nuwe aankomelinge in Amerika vyftig
jaar gelede toe hulle nie Engels kon verstaan nie, 'n program deur die
plaaslike gemeenskap van Hawaiise eilanders wat hier in Portland woon, en nog
'n paar ander kort stukkies - altyd baie positief. En die negatiefste wat
hulle nuus mee vorendag kan kom, is die besluit om voort te gaan met die
ondersoek of Clinton uitgeskop moet word.

En ek lewer my daaraan uit om al hierdie dinge ten volle te geniet.

Voor-verlede Saterdag middag was die verjaardagpartytjie van een van die SAners
in ons kerk se kinders en Wilhelm en Jacques is uitgenooi. Ons is toe saam en
ontmoet daar familie van die mense uit Chicago (ook SAners). Soos altyd
wanneer 'n klomp van ons bymekaar kom, word daar lekker gepraat oor
snaaksighede in die taal en gebruike, dinge wat ons ontdek het en al die
ervarings van 'n nuwe land. Jy kom gou agter dat jou eie ervarings nie uniek
is nie. Ek het byvoorbeeld gedink ek is die enigste een wat uitsien na die
winter, maar daar is ander ook. Ek dink 'n mens geniet die seisoenswisselings
so omdat hulle so prominent is en die seisoene so geweldig baie van mekaar
verskil. En die natuurlike afwisseling van seisoene maak dat jy teen die einde
van die een begin uitsien na die volgende een.

Hier en daar in sulke gesprekke is daar iets waaroor iemand sal kla, maar oor
die algemeen is die gevoel dat almal hier is om te bly.

Een van die groot geheime hoekom ons dalk so goed aanpas in Amerika, is die
feit dat ons in die hartjie van die Middeweste geland het. Die mense leef baie
stadiger en meer bedagsaam teenoor mekaar as mense byvoorbeeld in Kalifornie en
New York. Ek dink ons beleef nou baie dieselfde soort lewensstyl as die
Kapenaars van so twintig dertig jaar gelede.

Johan (bietjie in Oregon)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Groot Trek" deur FERDI GREYLING

Tue, 06 October 1998 00:00

DIE GROOT TREK
Ferdi Greyling

uit die blou baaie van die Kaap
met die brandende droom van vryheid
en die krag van hul woede
altyd noord die vreemde vasteland in

weg van die heerskappy van ander se denke
inperking deur vreemde tale en die vasweef
van mense, vlaktes en benaamde riviere in planne
wat die stempel van soldaat en regulasie kry

oor vlaktes soos kristalle onder die son voort
deur woude waar vreemde voëls in die nag roep
tot swart konings diep in die land
hul bloed met Afrika se grond meng

en hulle hard en bitter
in hulle eie beeld verstar
begin om die verskriklike land
in die wette van hul vryheid te dwing

(Standpunte)

Prosa & poësie | 1 kommentaar

leendert@orania

Tue, 06 October 1998 00:00

Eerstens: Om Belhar, Shoshanguve, Chatsworth en Orania bymekaar te groepeer
asof hulle dieselfde is, laat my sprakeloos. Om die waarheid te sê,
hierdie kan amper dien as 'n item op 'n psigometriese aanlegtoets en ek is
oortuig dat die meerderheid toetssubjekte Orania sou uitlig as die een item
wat die nie pas nie. In hul respons lê gesetel die logika wat jou
groepering belaglik maak.

Twee: 'n Ruk gelede het jy die "skuldig by assosiasie" argument gebesig (ek
dink dit was Gloudina) waarmee jy geargumenteer het dat jy haar ken deur die
mense met wie sy assosieer. By dieselfde maatstaf is Orania dan seker
openbarend ten opsigte van jouself.

Drie: So jy het nie in Orania gepraat nie. Waarom nie? Of het die
organiseerders jou naam sonder jou toestemming op 'n program gesit? Ek vind
dit taamlik dik vir 'n daalder

Vier: Ek het nie nodig om my naam te verskans nie. Loop vis dus elders,
leendert die skynheilige.

leswin

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1320  1321  1322  1323  1324  1325  1326  1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 19:59:04 UTC 2025