Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Word 'n Kultivark !!!

Ma., 26 Oktober 1998 00:00

Leendert van Oostrum skryf:

[Res van verdienstelike M-verhandeling geknip]

> is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse
propaganda-orrel.

My bronne sê dis 'n samevoeging van die propaganda-orrel, en die minder
bekende 1-snaar kitaar? Dit maak meer sin, aangesien 'n kombinasie van wind-
en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan (die winde) kan verklaar.

[Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]

Groete

Henri (za.sport.rugby, jou pa.sport tot SA!)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Blou Bul cartoon

Ma., 26 Oktober 1998 00:00

Het iemand hier dalk, of weet waar ek 'n "cartoon" prentjie van my geliefde
BLOU BUL kan kry.

Groete

Riaan

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Re: Libertarians (was waarskuwing aan johan)

Ma., 26 Oktober 1998 00:00

'n 'Libertarian' be-oog die volgende:

Om so min as moontlik owerheid te h^e, slegs die polisie en die howe daar te
stel. 'n Minderheid glo dat die vryemark selfs die rol beter kan vertolk.

200 jaar terug was 'liberaal' en 'libertarian' dieselfde ding: hulle was vir
die indiwidu, vryemark aanhangers en gekant teen die regering en die se
invloed. Die Liberales is egter so 100 jaar of wat terug deur Karl Marx se
teorie"e beinvloed, en het begin glo dat die owerheid die rol het om die sg.
'social justice' teweeg te bring. Hulle het intussen vergeet van ekonomiese
vryheid, en veg deesdae vir ho"er belastings, groter owerheidsrol en meer
beheer.

Die 'Libertarians' is egter daarteen. Hulle wil hê dat indiwidue meer
verantwoordelik moet neem vir hulle eie besluite, die staat moet homself
onttrek aan die meeste besluite en derhalwe hulself ook onttrek aan die
'welfare state'. Op hierdie manier sal die rykdom wat op die oomblik
vasgehou word deur die staat (dmv belastings), losgemaak word om almal ryker
en vryer te maak.

Jy is natuurlik reg om te sê dat die vryheid van spraak 'n 'libertarian'
tradisie is, maar die stelling wat ek bevraagteken is die dat die Kanadese
stelsel 'libertarian' is.

Liberaal, ja.

nomad@rest.oasis

>
> Ek kan nie jou vraag oor die belasting
> verstaan nie. Wat het dit met vryheid van
> spraak te doen?
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Seevelde van Bamboes" deur D.J. OPPERMAN

So., 25 Oktober 1998 00:00

SEEVELDE VAN BAMBOES
D.J.Opperman

Miljoene swetende rompe
beur en buig,
die voete in klipklompe
vasgesuig.

Arms wil omhels,
bene buig oop,
maar gebed of gesels
bly sonder afloop.

Lywe ruk op, knak;
moedelose gebare,
agteroor sak
nat stringe hare:

alle verlangens,
verniet, verniet,
ewig gevange
in getye van verdriet.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: W.P W.P W.P W.P W.P W.P

So., 25 Oktober 1998 00:00

spectrolab skryf:

> W.P

[2 Mb se WP's geknip...]

Ek stem saam met die antwoord(e), maar wat was die vraag?

Groete

Henri Burger
(za.sport.rugby, jou pa.sport na SA!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Siener uit die Ooste

So., 25 Oktober 1998 00:00

On Wed, 21 Oct 1998 09:58:06 +0800, "Coetzee, Jacob Carl"
wrote:

>
>> Blou Bulle 26
>> Natal 18
>>
> Reg!

Uiteindelike telling: Bulle 31 Natal 17

>
>
>> Griekwas 18
>> WP 15
>>
> Nee. WP gaan vir Gaffie onder druk plaas, en as hy wankel, gaan hulle
> maklik wen: 24-12

Uiteindelike telling: WP 27 Griekwas 11

Hau!

My kristal-rugbybal voorspel volgende Saterdagaand as volg:
1. Donker wolke oor die Plek met die Plat Berg.
2. Helder ligte in die nag in die Plek met die Pers Bome ('n duidelike
indikasie van feestelike braaivleisvure)
3. Verder noord maak iemand nog 'n bottel Cabernet oop, en tuur
droewig na die vlamme van 'n hardekoolvuur ...

JC

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

GCSE AFRIKAANS IN ENGELAND

So., 25 Oktober 1998 00:00

WAARDEVOLLE INLIGTING AAN SA OUERS OORSEE

Die University of Cambridge Local Examinations Syndicate (UCLES)
bied nou verskeie opsies vir Afrikaans eksamens, vir diegene van
julle wat geinteresseerd is.

Jy sal die inisiatief moet neem en die skool versoek om jou kind in te
skryf vir hierdie eksamen. Die kanse is skraal dat dit van die skool se
kant sal kom. Dis 'n relatief nuwe kursus en skole is nie deurgaans
bewus daarvan nie, of hulle is dalk nie so spesifiek ingestel op die
behoeftes van die Suid-Afrikaanse leerlinge nie.

Ons woon in Engeland en twee van my kinders (15 en 12) het sopas hulle
Afrikaans GCSE eksamen voltooi. Die ander twee skryf eersdaags hulle A-
level Afrikaans eksamen. 'n Afrikaanssprekende kind kan die Afrikaans
Tweede Taal eksamen aflê sonder enige klasse vooraf, want dit toets
hoofsaaklik die kind se vermoë om Afrikaans te lees en te verstaan, en
om sinvol te kan antwoord. Dit bestaan uit 'n mondelinge eksamen van
30min., en twee skriftelike vraestelle van onderskeidelik 1.5 uur en 2
ure. Dit kan in die plek van 'n Modern Foreign Language geskryf word, of
as 'n ekstra vak.

Ek beantwoord graag navrae.

Groete,
Rana
--
rana

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Stille nag se woorde in Duits?

So., 25 Oktober 1998 00:00

Kan iemand dalk help?
En ook die woorde van O Tannenbaum.

Dankie!
Rana
--
rana

Musiek & liriek | 10 kommentare

Re: Stille nag se woorde in Duits?

So., 25 Oktober 1998 00:00

Stille Nacht, heilige Nacht!

Stille Nacht, heilige Nacht!
Alles schlaeft, einsam wacht
nur das traute, hochheilige Paar.
Holder Knab im lockigen Haar:
Schlafe in himmlischer Ruh!
Schlafe in himmlischer Ruh!

Stille Nacht, heilige Nacht!
Gottes Sohn, o wie lacht
Lieb aus deinem goettlichen Mund,
da uns schlaegt die rettende Stund:
Jesus in deiner Geburt!
Jesus in deiner Geburt!

Stille Nacht, heilige Nacht!
Hirten erst kundgemacht;
durch der Engel Halleluja
toent es laut von fern und nah:
Jesus der Retter ist da!
Jesus der Retter ist da!

O Tannenbaum

O Tannenbaum, o Tannenbaum,
wie treu sind Deine Blaetter!
Du gruenst nicht nur zur Sommerszeit,
nein, auch im Winter, wenn es schneit!
O Tannenbaum, o Tannenbaum,
wie treu sind Deine Blaetter!

O Tannenbaum, o Tannenbaum,
du kannst mir sehr gefallen!
Wie oft hat mich zur Weihnachtszeit
ein Baum von Dir mich hocherfreut!
O Tannenbaum, o Tannenbaum,
du kannst mir sehr gefallen!

O Tannenbaum, o Tannenbaum,
dein Kleid will mich was lehren:
Die Hoffnung und Beständigkeit
gibt Trost und Kraft zu jeder Zeit!
O Tannenbaum, o Tannenbaum,
dein Kleid will mich was lehren!

Baie groete
die 5 Mayers van Wenen (Oostenryk)
(en vriende van Suid-Afrika)

rana schrieb in Nachricht ...
> Kan iemand dalk help?
> En ook die woorde van O Tannenbaum.
>
> Dankie!
> Rana
> --
> rana

Musiek & liriek | 3 kommentare

Wen en verloor

So., 25 Oktober 1998 00:00

Hierdie naweek speel NTvl en WP teen mekaar in die Currie beker
eindstryd. Ek weet dat baie mense (soos my vrou) dit nie sal verstaan
nie, maar in die dae toe Natal en Transvaal die rugby toneel so totaal
oorheers het, het ek gedroom daarvan om weer 'n tradisionele eindstryd
tussen Noord en Suid te he^.

En nou gebeur dit Saterdag. En ek sit in die VSA. So ek gaan dit
misloop.

In die skuif wat ek en my gesin gemaak het, het 'n mens uiteraard baie
verloor. Maar ek hoop tog dat ons ook gewen het.

Saterdag is dit ook Halloween.

En dit is baie beslis een van die dinge wat ons hier gewen het.

Nogtans is daar mense wat 'n probleem met Halloween het as gevolg van
godsdienstige redes. Ek is in die gelukkige situasie dat ons priester
meer mal is oor Halloween as ek - hy verdoem dit geensins nie.

Vir 'n interessante blik oor bietjie van die geskiedenis van
halloween, en hierdie priester se siening daaroor, maak 'n draai by:
http://www.housesofworship.net/53527bmpc en kies dan die opsie
"Message from pastor".

Groete van 'n Madison wat net wil begin koud raak.

Jacques

Die spelfout in my epos adres is met opset.

NS. En as die Blou Bulle nie wen nie, eet ek my Jack 'o Lantern op!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1311  1312  1313  1314  1315  1316  1317  1318  1319  1320  1321  1322  1323  1324  1325  1326    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 14 11:33:47 UTC 2026