On Wed, 28 Oct 1998 13:03:41 -0500, "Kwarantyn"
had the following to say:
|Dis juis waaroor die hele beginsel van vryheid van spraak draai: dat jy maar
|'n eiertjie oor enige onderwerp mag lê.....
|
Nee - jy is vry om jou opinie te lug binne die raamwerk van
ordentlikheid. Hierdie, die bepaling van wat ordentlik is, is
ongelukkig 'n filosofiese issue wat nie 'n vasstelbare grens het nie.
Ek het al baie vir my ou skoonma gesê sy is 'n draak, maar dan smile
ek en daar is nie slegte "vibes" nie. As ek dieselfde woorde op 'n
ander manier gebruik, kan ek families laat bots en my huwelik laat
verkrummel!
Ek weet nie of ek energie het vir 'n gesprek hier oor vryheid van
spraak nie - is dit ooit uitpluisbaar?
Ek gooi 'n klip in die bos: "Onlangs het twee ouens mekaar hier
aangevat oor wat een blykbaar oor rasse sou gesê het - dis so
sensitiewe saak by meeste mense dat die onderwerp van rasse verskil
heeltemaal taboe behoort te wees in enige gesprek." Kommentaar?
Listen Ferdi/Koos or whatever your name is - you are a member of a dying tribe of dutch settlers who stole a country from it's inhabitants and stuffed it up over a very short space of time.
If I was in your shoes I'd keep very quiet or else your black master will start to persocute you like you did to them.
Allereerst mijn excuses voor het Nederlands i.p.v. het Afrikaans, maar
jullie moeten het er maar mee doen.
Ik ben benieuwd hoe jullie Afrikaners over Nederland en de Nederlanders
denken. Weten jullie eigenlijk wel waar Nederland ligt? Nou ja, in ieder
geval ben ik benieuwd naar de mening van een Zuidafrikaner over de
Nederlanders.
Dus ik zou zeggen: reageer maar in deze nieuwsgroep!
Goeie dag Bokkie! Ja, ek weet waar is Nederland, het selfs daar gewoon vir
'n tyd - diep in die Veluwe daar in Arnhem se omgewing. En ook in Noord
Brabant - in Oosterwijk, die juweel van Suid/Oos Nederland.
Julle is 'n gawe en hardwerkende nasie. Julle land is mooi en spreek van
welvarendheid en ordelikheid. Maar julle liberalisme skree ten hemele! Julle
loop die gevaar om 'n volk van dwelmgebruikers en prostitute te word - in
die naam van 'vryheid van die individu' het julle die baba saam met die
badwater uitgegooi. Alles is toelaatbaar!
En dan is daar ook nog die gevaar van verbastering - julle ondertrou met
enige kleur en geur - en verwelkom almal - van 'assielsoekers' tot
'krakers', asof julle hulle iets skuld.
Word wakker - soos Engeland en soos Duitsland gaan julle goedkoop arbeid
julle volk en kultuur verarm tot 'n baster nasie.
-----------------------------
SAE wrote in message ...
> Allereerst mijn excuses voor het Nederlands i.p.v. het Afrikaans, maar
> jullie moeten het er maar mee doen.
>
> Ik ben benieuwd hoe jullie Afrikaners over Nederland en de Nederlanders
> denken. Weten jullie eigenlijk wel waar Nederland ligt? Nou ja, in ieder
> geval ben ik benieuwd naar de mening van een Zuidafrikaner over de
> Nederlanders.
>
> Dus ik zou zeggen: reageer maar in deze nieuwsgroep!
>
> Bokkie
>
"Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals.
'n koei het 'n baie fyn reik - jy reik hom oor die jele plaas.
Agteran die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit
die pint van die stert wat die kwas genoem word en aan die
anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje
van haar weg te hou anners val hulle innie melk.
Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop
hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.
Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy
die koei se bene vas. Die agterstes. Dansit jy onner die koei
en trek die toutjie. Dan kom die melk.
As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is
die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg.
As dit 'n ou koei is, is die melk suur.
Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net
eenkeerkos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os.
Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie.
Om os te se is nie 'n vloekwoord nie.
Verderweet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou
kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul."
moe!
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Ek het eergisteraand bietjie Sondagkoerante op die bed sit en lees. Toe hoor
ek skielik 'n motor wat deur 'n stuk karton jaag. WEl, dit het so geklink.
'n Paar sekondes later kom daar weer 'n slag... omtrent 20 voet van my
agterdeur af, hele buitekamer besig om uit te brand. Omtrent al die mense in
die kompleks het gehelp om die vuur te probeer beheer. Emmers aangedra ens.
Nadat die brandweer en polisie hulle ding gedoen het, het hulle gesê dat
daar 'n petrolbom gegooi is!! Niemand is gelukkig beseer nie, maar dit was
nogals 'n senutergende affêre. Die buitekamers op die perseel word aan mense
uitgehuur omdat dit so goedkoop is. Swart studente bly ook daar. Nou ja,
daar is seker verskeie scenarios wat mens aan kan dink, maar ek sou nogal
wou hoor aan watter organisasies al die mense behoort het. Een ondersteuner
wou seker 'n ander 'n les leer. Nodeloos om te sê, die buitekamers gaan nie
weer uitverhuur word nie! Een petrolbommetjie was genoeg.
Het u moed opgegee in u pogings om gewoon sosiaal aanvaarbaar te wees, of
selfs net om 'n plein goeie christenmens te wees?
Moenie wanhoop nie - daar is nou 'n alternatief:
Word 'n KULTIVARK!
Soos almal weet, is kultivarke die resultaat van kultivering. Kundiges op
die gebied van kurrikulumontwikkeling het 'n toepaslike kurrikulum
ontwikkel, en dit is so pas goedgekeur deur die Raad op Sosiale Sirkusse en
die Stigting Moeders van Manipulasie. Ons plaas die volledige
kurrikulumdokument soos goedgekeur:
Kortbeskrywing: Die kwalifikasie in kultivering bemagtig die leerder om
sosiale manipulasie te probeer pleeg, met spesiale klem op vaardighede in
die
ikonomie, bevarking en bevarkingsbestuur, ignorasie, ignoransie en
pretensie. Na voltooiing van
die kwalifikasie is die suksesvol gekultiveerde kandidaat daarop geregtig om
die titel "kultivark" te gebruik vir professionele en sosiale doeleindes, en
vir plasing op die protokollys van die Departement Kulkuns, Kultuur en
Swendelry.
Taakontleding:
Ingevolge standaardkurrikuleringspraktyk is ervare en suskesvolle kultivarke
ge-identifiseer en hul gebruike en praktyk ontleed te einde die Kritiese en
Spesifieke uitkomstes vir die kwalifikasie te bepaal. Hoewel die praktyk van
kultivering reeds sedert die vroegste tye bekend is, is gevind dat dit
minder gewild is in die huidige samelewings as in vroeër tye toe elitisme,
klasse-onderskeid en rassisme meer aanvaarbaar was. Desnieteenstaande was
dit moontlik om twee leidedende kultivarke te vind, soos uitgewys deur
Bouwer (1998). Hulle is die outeur self, Gloudina Bouwer, en ene Leswin
Laubscher.
Gegrond op 'n ontleding van die gekultiveerde praktyk van die twee genoemde
kultivarke op die nuusgroep soc.culture.south-africa.afrikaans, is die
volgende kurrikulum saamgestel:
Toelatingsvereistes:
Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite. Enige
blootstelling aan 'n Tegniese omgewing kontamineer die kandidaat op 'n
manier wat hom of haar terstond diskwalifiseer vir kwalifikasie as
Kultivark.
A. Basiese Vermoëns
Eenheid 1: Ignoransie
Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om gesaghebbende uitsprake
te maak oor onderwerpe waaroor hy of sy volkome onkundig is. (Sien Nota 1)
Prestasiekriterium: Volgehoue ignoransie aangaande enige belangrike
aangeleentheid vir 'n tydperk van ten minste ses maande
Eenheid 2: Ignorasie
Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om alle teregwysing, of
enige pogings om hom of haar in te lig aangaande sake waaroor hy of sy
onkundig is, met minagting te ignoreer (Sien Nota 1)
Prestasiekriterium: Ignorasie moet suksesvol volgehou word, selfs al word
die kandidaat onderwerp aan gedetermineerde pogings van persone wat
persoonlik ervaring het van die onderwerp van ignoransie (Sien Eenheid 1).
Eenheid 3: Pretensie
Uitkoms: Die leerder moet demonsteer dat hy of sy oortuig is dat sy of haar
eie perstasies, lewenskeuses, of perspektief op sake meerderwaardig is
wanneer dit vergelyk word met die van enige ander persoon.
Prestasiekriterium: Bewyse van uiterste minagting vir die status, vermoëns,
menings, prestasies of insigte van ander.
B. Praktiese Vermoëns
Eenheid 4: Bevarking en Bevarkingsbestuur
Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om 'n ander
persoon se belange op onregmatige wyse te benadeel.
Prestasiekriterium: Intimidasie van 'n ander persoon, by wyse van
onregmatige aanwending van magte waaroor die kandidaat nie beskik nie,
bedreiging van die persoonlike veiligheid of belange van 'n persoon of sy
gesin deur etniese magsuitoefening, en/of openlike diefstal van die
eindomsreg van ander ten opsigte van enige saak, insluitende intellektuele
eiendom. Superieure bevarking word gedemonstreer as die kandidaat daarin
slaag om 'n ander persoon te intimideer op grond van beweerde misstappe
waaraan die kandidaat self skuldig is.
Eenheid 5: Ikonomie (sien Nota 2)
Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om die
ikonium te bespeel deur die ikone lustig en met volgehoue geesdrif te
tokkel.
Prestasiekriterium: Volgehoue tokkeling van die ikone, sonder om ag te slaag
op kritiek van die gehoor waarop die uitvoering gemik is. Superieure
ikonomie word gedemonstreer as die kandidaat die ikone tokkel sonder enige
kennis aangaande die klank wat enige bepaalde ikoon voortbring, of wat die
effek daarvan op die gehoor sal wees.
Aanbevole Onderwysmetodiek:
Kultivarke word natuurlik soos virusse, baterieë, draderig muf en slymerige
swamme, in 'n KULTUUR gekweek.
Vir die optimale ontwikkeling van kultivarke word 'n kultuur aanbeveel wat
ryk is aan selfbedrog, eiewaan elitisme, etniese vooroordeel en minagting
van ander. Die etniese vooroordeel moet egter toegedien word in 'n vorm wat
voorgee om die teendeel van vooroordeel te wees.
Nota 1: 'n Spesiale prys word toegeken aan leerders wat onderskeidings
behaal in die Eenhede Ignoransie en Ignorasie. Die prys is 'n eposadres in
die domein igs.net (Soos almal weet, is "igs" 'n akroniem vir
"_IG_noransievlak _S_uperieur")
Nota 2: Ikonomie verwys na die bemeestering van die Ikonium-instrument. Soos
almal
weet, is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse propaganda-orrel.