Julle, meisietjies, stap so regop en skraal:
wit hempies, rooi rokke kortby die knieë;
julle dra die klein borste en weet dit skaars,
of dink nie daaraan nie; kyk nie eers om
as die bruingebrande seuns roep en fluit nie.
Julle stap so onder die bont platane
waaronder Sokrates die swaar gesprek
met 'n seun gevoer het. Nooit moet julle weet
hoe swaar vir die seuns gesprekke is nie.
Hulle kan nie so lig loop soos julle nie.
Twee duisend jaar gelede was julle,
elkeen wat mooi was - en die meeste is mooi -
saam met 'n bruin seun arena toe
met olywe en wyn, met kasies en wors
wat toegedraai was in vyeblare
- net teen die verveling en hongertetjie.
En dit is voor Christus oor hierdie kalkwêreld
van julle kom ween het;
voordat die koel en skaduweekloosters
uit grys klip wat trane kry, opgetrek is,
waar manne gaan skuil het teen julle en téén
die Son Onoorwinlik. Om daar die een Son,
die helder Een van die lewe te hê.
Vannag, en terwyl julle gefluister 't
vir die kêrel, gekreun, en die heer-, heer-, heer-
likheid van die oomblik gehad het, sonder
dat vader of moeder dit weet, het daar stil
in die kelder van die arena, op grond,
nóg 'n meisie gelê, wat die een, ander pad
gekies het as die wat al is wat julle, ooit,
toegelaat kan word om te weet. Sy's die poort
ingestoot, deur die gange gedrywe
tot by die gat
Soos julle kon sy gewees het. Maar die dag
wat gevolg het,
het sy uitgestap in die lig vir die leeus
en vir julle almal wat warm van son
olywe en wyn geniet 't. Julle borsies
die is geseën, julle stap, veral julle regopheid -
dié was geseën al lank voor julle hiér was,
deur een wat op aarde gestap het,
sê. God wou Sy vreugde hê by die aanteel
van siele. Hy het vir elkeen sy skoon bron
in die lendene en borste ingeskep.
'n kwaad gees sak uit 'n donker hemel
breek die denne flenters en trek bruisende sluise oop
mense hou op tuin natgooi
hardloop na hul telefone
vergeefs
kwaad wind
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
ly jy aan dronkverdriet
kom jy kla by ons
oor stout kinders en ontroue lovers
in die boomryke heuwels bly net stompies oor
chaos waardeur stroompies nuwe paaie worstel
als is onvoorbereid verklaar
soos sodom en gomorra bewys hy
ons is maar net soutpilare
kwaad wind
hoekom haal jy jou hangups uit op ons
hou jy hande met die duiwel
of is jy 'n groot, sterk engel
kom sit hier met jou gesig in jou hande
vertel ons als
O wakker mars van name deur my gees
van stede, dorpe, plase - plekke waar ek eens gewees het,
waar ek verlang het om nog eendag te wees
toe ek as seun, verruk, onder die lamplig saans van hulle
gelees het...
Daar is 'n haltjie, Dwaal,
te midde van die vale
godverlore dor Karoo.
En Arequipa in Peru.
Granada is 'n sprokiestad in Andaloe.
Popocatepetl heet 'n berg se piek in Mexico.
Die laaste stasie voor my tuiste het die mooi Xhosanaam, Waku.
Terra del Fuego, Tristan da Cunha, Put-Sonder-Water,
Kilimandjaro en Ruitersbospas;
en die Brahmapoetra en Baardskeerdersbos....
O Aldarin! o name, o versugting!
Op Pelgrimsrus in die Transvaal
wil ek weer hoor hoe klink my taal
skoner, welluidender as Provencal.
......
Waar is die wonder en die ou geloof
wat ek eens had as kind by Bontebokskloof?
Is daar nog loekwartbome om te roof
in die skadu van Leeukop, by Tamboerskloof?
Wat het die vuur, die vlam gedoof?
Die sprakeloos verrukking en die lofsang wat loof?
......
Maar die hart ken sy verdriet
oral, in elk landgebied,
in Kaapstad sowel as in Madrid.
......
Vir diegene wat belangstel, daar is op die webblad van Johann
Niemoller te http://www.niemoller.co.za
`n aankondining van `n vergadering.
Groete
Frikkie
Boerewors Express is 'n gratis, maandeliks epos nuusbrief vir
Suid-Afrikaners wat buite Suid-Afrika woon. Ons epos adres het verander
na lk...@citytel.net
Dankie
Anne
danksy die genade is ons lewendig trug van die see af. weet oom hoe ver
is die see van sanien af. vir al as 'n mens se pa by lê soentoe verby ry
om te kyk of hy nog brand. my pa sê hy wil ons 'n krismis fielieng gee
dis hoekom hy by plekke soos vrede en betlehem vir by ry. ek hoop oom weet
dis waar die liewe here gebore is, maar ek het niemand gesien wat op 'n
donkie ry nie. net teksies wat ok gaan kyk of lê soentoe nog brand.
my ouma was ook by die see. my ander oupa het haar gaan oplaai by die te
oue huis op robbert son. toe val sy oor die kaste drank wat sy vir my pa
moes saam neem. toe kerm sy vir dae in ons ore oor haar heep wat seer is.
tot my pa dit later nie meer kan hou nie toe vat hy haar hospetaal toe.
toe sê die kiekie haar heep is af, toe moet sy 'n yster heep kry. nou is
sy bang om vir by 'n mag neet te loop. die dokter sê ons famielie breek
hille bene oor drank.
die see was vir my baie lekker, want my oom het 'n jet skie gehad waarmee
ons gery het. ma' hy laaik dit om ons af te gooi. toe wil hy my pa ook
afgooi ma' hy klou so vas lat my oom saam af val. my pa sê my oom het nie
gedink hy kan so klou nie. my oom sê hyt nie gedink my pa se pens se momentim
is so groot nie.
vir my pa was die see nie so lekker nie. hy moes my ouma hospetaal toe vat.
my oom het hom afgegooi met die jet skie. die meisies loop nie meer top lus
nie. ek het al die vis gevang en hy kon niks vang nie. toe ry hy nog 'n dyk
in ons kar teen 'n trantaal vas. hyt darrim genoeg wyn gehad om te syp en
daar was genoeg dol fyne om hom te vir maak.
koebaai oom kaspaas, moenie oom se bene breek oor drank nie.