Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

President van Daewoo doodgeskiet

Wed, 03 February 1999 00:00

Die sakegemeenskap en politici het die moord op die President van Daewoo
Suider-Afrika, YK Qun, veroordeel. Hy is vanoggend in Morningside, Sandton,
doodgeskiet.
'n Woordvoerder van die maatskappy sê die 49-jarige Qun is alleen huis toe
nadat hy gisteraand saam met die Koreaanse ambassadeur geëet het. Mense wat
saam met hom in die huis gewoon het, het sy liggaam in die vroeë oggendure
in die motor gevind nadat die honde geblaf het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat Qun dood is in 'n mislukte
kapingspoging, of dalk die slagoffer van 'n sluipmoordenaar was. Hy was
blykbaar betrokke by 'n ooreenkoms wat miljoene rande se beleggings na
Suid-Afrika sou bring.

Daewoo se Hoofbestuurder: Bemarking en Verkope, Pieter Coetzee, sê Qun het
sedert Januarie verlede jaar in Suid-Afrika gewoon en het geglo dat misdaad
sal afneem en die land se ekonomie sal herstel. Sy gesin het in Korea agter
gebly. Hulle is tans onderweg na Suid-Afrika.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Parte

Wed, 03 February 1999 00:00

Sekere liggaamsdele wat vroeër onnoembaar was en deesdae by byna elke
gesprek ingesleep word - veral sedert Clinton-Monica - was ook al lank
die onderwerp van gedigte (onder andere). Ook die voorwerp waarmee
gespot is. Dink maar aan Lysistrata.

Ek onthou nog toe ek Eybers se (vir my ontroerende) "Jong Seun" die
eerste keer gelees het, en die skok waarmee ek die laaste reël getref
het! Dié gedig, en "Tersine" (Roulynolie vir my krieketkolf) is twee
pragtige werkies. Veral "Tersine" is vol heimwee en nostalgie wat tot my
spreek noudat my eie kinders op die punt staan om die wye wêreld te
betree.

Dié gedigte het ek so lanklaas gelees; as iemand dit hier kan/wil plaas,
sal ek nogal bly wees daaroor.

Dankie!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Parte - Jong seun - E. Eybers

Wed, 03 February 1999 00:00

Jong seun

Die seun klim druipend uit die bad,
sy hele lyf is gaaf en glad

en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span.

Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,

handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.

Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond :

in sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind :

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,

deuraar, teer soos 'n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Dof

Wed, 03 February 1999 00:00

Jakes wrote
Ek merk ook dat niemand op sy kinderagtigheid
> reageer nie. Goed so

Nou hoekom reageer jy daarop? Kan jy twee en twee bymekaar tel?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Anatomieles" deur LUCAS MALAN

Wed, 03 February 1999 00:00

Anatomieles
Lucas Malan
("n Bark vir die ontheemdes" 1981)

Hier staan die mens; aanskou hom,
kyk hoe fyn die weefsel vou en plooi
in sening en kontoer van spier
en diep orgaan wat kwesbaar klop;

die soet verdubbeling van lob
en ledemaat - let op hoe skoon
maar taanbaar is die mond en oog;
alles welgevoeg en tóg begrens
deur dubbelmaat van hand en toon
en taai geheg aan breekbaarheid
die vertikale, bros geraamte

- dan, volmaak voltooi en afgerond,
die wilde soetvrug van verbasing:
ontoerekenbaar, sentraal, die skaamte.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Kanniebos" deur DONALD RIEKERT

Tue, 02 February 1999 00:00

KANNIEBOS
Donald Riekert

As ek jou eendag moet neerlê
sal dit in Bitterfontein se los sand wees
Stof tot stof sal jou nie raak nie
maar son en maan sal in die swartklip
oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
sal jou wang se gloed bewaar
en die sout sal teen jou vasslaan
jou lyf teer gebalsem hou

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Johan - met die oortjie

Tue, 02 February 1999 00:00

Dagsê

Kan jou "mail" leser boodskappe in HTML hanteer ???
Haal die water uit my adres vir direkte pos en laat weet my jou direkte E
adres. Sal met plesier die betrokke prentjie "insert" in die boodskap.
Sal onvergeefbaar wees om dit tweekeer op die NG te plaas.

Internet Explorer en sy handperd, Outlook Express, is gratis hier by ons
beskikbaar. Dis waarmee ek pos en ontvang en tot dusver nog geen probleme
gehad nie.

Gegroet
Hans de Jager
jdej...@lagoon.iafrica.com.na
ICQ 26839292

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Weer 'n toets!

Mon, 01 February 1999 00:00

Terwyl my maandelange stryd met MWeb voortduur, kom hier vandag 'n horde ou
boodskappe aan wat ek nooit ontvang het nie.

In my naïwiteit hoop ek dis 'n teken dat hulle gede-MWeb is. So, as enige
iemand wat nie by MWeb is nie, dié boodskap sien, laat my asb. weet.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Weer 'n toets!

Mon, 01 February 1999 00:00

On Mon, 1 Feb 1999 18:01:28 +0200, "Henri Burger"
wrote:

|Terwyl my maandelange stryd met MWeb voortduur, kom hier vandag 'n horde ou
|boodskappe aan wat ek nooit ontvang het nie.
|
|In my naïwiteit hoop ek dis 'n teken dat hulle gede-MWeb is. So, as enige
|iemand wat nie by MWeb is nie, dié boodskap sien, laat my asb. weet.
|
|Groete
|
|--
|Henri Burger, Tzaneen. RSA
|'Afrika is nie vir Sissies nie!'
|(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Ek sien hom! Maandag 1 Feb 12h30 GMT

Johan (In oortje gehapt!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hoe lyk jy ?

Mon, 01 February 1999 00:00

On 1 Feb 1999 20:32:59 GMT, wrote:
|
| Ek wonder of jy besef dat jy eintlik
| die kodes van goeie gedrag breek deur
| so in mense se pad te si . Hoekom
| wag jy nie vir jou mense in 'n
| parkeerplek nie?
|
Juis nie - ek was in niemand se pad nie - selfs
nie met my groot wa nie (die parkeerterrein is
baie ruim) en ek het juis die bedagsaamheid gehad
om nie 'n parkeerruimte te beset wat iemand anders
kon gebruik nie.

Johan (In oortje gehapt!)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282    »]
Tyd nou: Thu Jan 16 16:04:21 UTC 2025