Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wanneer is dit 'n kettingbrief

Di., 09 Februarie 1999 00:00

Hallo almal

Ek het nou die dag 'n e-mail ontvang wat na my mening 'n kettingbrief is,
hulle vesoek dat jy dit aanstuur en staaf met allerhande feite dat jy 'n
prys gaan wen (as veskoning dat jy dit moet aanstuur) Die klomp
'intelligentes' van Unisa het almal in die 'trap' geval!

Wat is die doel van 'n kettingbrief, behalwe om geld te mors (in ag genome
die aantal KB waaruit dit bestaan) Wanneer sal mens weet dit is 'n
kettingbrief?

groete

Shannon

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Unter den Linden" deur MARLISE JOUBERT

Di., 09 Februarie 1999 00:00

UNTER DEN LINDEN
Oos-Berlyn, 1970

-Marlise Joubert-

Laat my nou maar met rus so onder die laken
wit skoenlapper oopgevlerk
laat my oopgespalk rus en rustig reis
in die kokon van eie bloed
die asem van my hart stap deur my oë:

daar is nuwe jonkgeel blommetjies fluisterend gevou
om die honderdjaar ter nagedagtenis van 'n leninplakkaat
maar ek stap onder die lindebome met fronsende bene
oor 'n brug waar die water bruin woorde mompel
en ek luister -
oral voetstappe
sonder gesig
en sonder stem

en ek ruik die roetswart torings van ou katedrale
waar slegs die duiwe nog genade soek
en brandenburg se pilare hou wag
die uniforms hou dop
en ek wonder wie kruip weg
en waarom is die lug so mot en rou
agter lourier en bajonet
smeul 'n vlam in altaarglas

die stilte pak aan teen die vensters
en ou deure toegespyker vier 'n fees
vir die dood

iets gryp aan my hakskeen
iets wurg om my keel en ek vlug
na die gaping in die doringdraadmuur

die kokon breek

en ek hang oopgevlerk
'n wit skoenlapper
aan die sidderende son

(Uit: Domus)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Sunsat dalk vandag lanseer

Ma., 08 Februarie 1999 00:00

Die lansering van Suid-Afrika se eerste plaaslik-vervaardigde satelliet,
Sunsat, is tot vandag uitgestel nadat die weer by die Lugmagbasis Vandenburg
in Kalifornië gister weer nie saamgespeel het nie.
Die lansering is seder 14 Januarie reeds verskeie kere uitgestel. Die
satelliet is ontwerp en gebou deur die Fakulteit Ingenieurswese aan die
Universiteit van Stellenbosch. Dosente en studente van die fakulteit is na
Amerika vir die lansering, maar het intussen na Suid-Afrika terug gekeer
omdat dit telkens uitgestel is.

Sunsat sal saam met 'n Deense satelliet met 'n Boeing Delta Twee-vuurpyl die
ruimte ingestuur word. Dit sal onder meer gebruik word vir
amateur-radiokommunikasie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oproep Habitat

Ma., 08 Februarie 1999 00:00

Wij zijn een woningbouw vereniging in Stadskanaal (Holland).
In juni organiseren wij een fietstocht (habitat), welke georganiseerd word
voor een goed doel.

Het goede doel is voor daklozen in zuid afrika.

Natuurlijk willen wij dit in een zuid afrikaanse stijl organiseren. Darrom
zoeken wij suggesties.

Zo willen wij graag in kontakt komen met een zuid afrikaanse dans en/of
muziekgroep, standverkopers van zuid afrikaanse produkten, maar ook mensen
die ons behulpzaam kunnen wezen in de vorm van entertainment etc.

Zo denken we aan een persoon die onze gasten op een leuke manier verwelkomt.
Gastdames in klederdracht etc.

Mocht iemand iets voor ons kunnen betekenen, eventueel tegen een geringe
bijdrage wil je me het dan laten weten.

Mijn email adres is bz...@castel.nl.

Alvast bedankt.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Boerant

So., 07 Februarie 1999 00:00

Die nuutste uitgawe van die Boerant is nou beskikbaar te:
http://members.xoom.com/Boerant/index.htm

Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Pronogfrafie

So., 07 Februarie 1999 00:00

Trudie Niewoudt

> Hier is die eerste boodskap wat ek stuur om julle hulp te vra. Ek is 'n
> Bybel onderwyseres by Pringel Hoer in die Karoo. Die kinders hioer het
> nou die eerste keer op die Internet gegaan omdat ons nou 'n rekenaar in
> die klas het. Ek kry die aangehegte foto op die rekenaar wat van die
> Verenigde State aan een van die seuns ge-e-;pos is. Wat moet ek doen/?
> Dit is siek!!
>
> Trudie
>
> PS 23: Die Here is my herder. Niks sal my ontbreuk nie.

Trudie, die Vader bewaar ons met jou op
die rekenaar (dit is nou as jy "for real"
is.) En die grootste gevaar is dat jy die
Afrikaanse taal oneindig skade kan berokken,
Trudie. Pronogfrafie en "niks sal my ont-
breuk nie" en die naam van jou skool sonder
die umlaut klink erg pornografies, weet jy.

Waar in die Karoo is Pringel?

Piggy teen Pronogfrafie.

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

SEEN

So., 07 Februarie 1999 00:00

GOEIE DAG, LIEWE SKAAP.
DIT IS GOD HIERSO.
DIE OPPER-ALLERHEILIGSTE GOD.
DIS REG, DAAI EEN.

DANKSY MY SEUN JESUS SE KOMPERVERNUF, WORD DIE SEEN VAN VANDAG
AF OUTOMATIES UITGESTRAAL.
DIT BETEKEN DAT EK MEER SPAAR TYD HET OM ANDER DINGE TE DOEN,
EN DAT ONS OOK MINDER AFHANKLIK VAN DIE HEILIGE GEES SE
VOLTYDSE ALOMTEENWOORDIGHEID SAL WEES.

IN PASSIE MET MICROSOFT SE BEMARKINGSSTRATEGIE, HET JESUS NOG NIE
AL DIE INSEKTE UIT DIE PROGRAM GEKAM NIE. BID MAAR NA ONS 24-UUR
HULPLYN AS JY SPOKE WIL OPJAAG.

OPPER-ALLERHEILIGSTE GROETE
GOD

WENK VAN DIE DAG:
JY HOEF NIE TE KNIEL AS JY BID NIE,
MAAR DIT SKEP 'N GOEIE DRAMATIESE
EFFEK AS JY JOU EIE KERK BEGIN.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DIE LANDSVERLATERS

So., 07 Februarie 1999 00:00

DIE LANDSVERLATERS

Is hulle verstandiges of verraaiers?

Daar is geen metode om vas te stel hoeveel Blankes uit die RSA
padgegee het nie. Die syfers wat deur die Emigrasie Departement
verskaf word beteken, om die waarheid te sê, niks nie. Hulle kry slegs
die getalle van die mense wat openlik sê hulle gaan permanent die land
uit, en hulle is maar min. Die oorgrote meerderheid gaan die
land uit as toeriste en bly dan weg vir goed. Hulle soek werk sodra
hulle daar anderkant aangeland het of hulle stap in 'n betrekking in
wat hulle reeds vooraf gereël het. Dan eers, na 'n tyd, sodra hulle
hul nuwe burgerskap aanvaar kan hulle deel van die statistiek word. In
meeste gevalle gebeur dit ook nie want baie mense behou 'n
dubelle burgerskap. Dit het mode geword in vandag se wêreld om soveel
paspoorte as moontlik in jou baadjiesak te hê.

Verstandiges?

Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog. Ook die opgeblase
syfers wat die gerugte van Suid en Noord-Amerika af bring is totaal
onwaar. 'n Paar feite kristalliseer egter duidelik uit, nl. dat die
verre meerderheid emigrante Engelssprekend is.
Die Jode, wat Engelssprekend is het in groot getalle padgegee saam met
'n stywe getal Engelse. Die Engelssprekende Suid-Afrikaners vorm ook
'n groot porsie van die uitgaandes en die Afrikaanssprekendes is
laaste op die getallelys. 'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte
bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
altesaam nie. Daarvan is die Afrikaanssprekendes moontlik so 40 000.
Die Boere tel 'n nietige getalletjie.

Na die groot de Klerk verraad van 1994 en die heftige vervolging van
Boere Vryheidsvegters het daar 'n klompie Boere die land verlaat. 'n
Paar van hulle het arrestasie met een dag vrygespring! Hierdie mense
was van die verstandiges want dit het geen sin gemaak dat hulle in de
Klerk se tronke gaan sit nie. Hulle is egter baie min, volgens
skatting, nie meer as 300 nie.

Engels & Engelssprekendes

Die grootste groep is die Engelse d.w.s. die mense wat nog nooit die
RSA ten volle aanvaar het maar steeds met 'n dubbele lojaliteit hier
agtergebly het. Hulle is die ware Souties wat met een voet in die RSA
en die ander in Engeland gestaan het. Tienduisende van hulle het
gevlug. Tesame met die Jode tel hul getalle seker by die 150 000.

Die Engelssprekendes is die ander groot groep van ongeveer 100 000.
Hulle is die ingeburgerde "South-Africans" wat steeds eentalig Engels
gebly het en kultureel ook nie deel van die RSA geword het nie. Die
feit bly staan dat as jy jou land kan verlaat en in 'n ander land gaan
woon sonder om jou taal prys te gee doen jy dit veel makliker as
die man wat sy hele taal en kultuur moet verander om anderkant aan te
pas. Dit is dan ook die rede waarom Afrikaanssprekendes in veel minder
getalle die land verlaat het.

Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
ons volk nie. Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
Regses kant gekies het en wie se vertrek in effek ons Boere se posisie
in die RSA versterk. Hulle is ons permanente vyande en hoe
minder daar van hulle in die land is hoe beter. Dis ook hulle wat
deurgaans JA gestem het en veroorsaak het dat die land weggegee is.
Die argument dat hulle witmense is en dat die blankes se posisie deur
hulle vertrek verswak word tel nie want hierdie mense het konsekwent
teen die belange van die blankes opgetree, hulle hele lewens. En
in enige moontlike komende krisis sal hulle weer teen ons Boere en die
ander blankes kant kies. Dit is inderdaad verblydend om te sien dat
baie van hulle die land verlaat.

Hardloop vinnig

Ons as kinders het altyd aan die verklikbekke onder ons geskreeu:
"Hardloop vinnig voor die pad vol duwweltjies word!" Dit wens ons ook
hierdie vlugtelinge toe en ons voeg daarby; " moet asseblief ook nie
weer terugkom nie want met 'n volgende krisis sal julle weer weghol."
Aan die Boere wat moes padgee sê ons "Julle is welkom
terug".

Koeitjies & kalfies | 57 kommentare

Re: DIE LANDSVERLATERS : DIE VER-REGSE BESKOUIING

So., 07 Februarie 1999 00:00

Frikkie

Hierdie is die tweede weergawe van my brief (Die eerste een was heelwat
korter en krasser, so ek het dit nie geplaas nie.)

1. Jy het my herhinner aan een goeie rede hoekom ek weg is - mense soos jy.

2. Ek stel dit aan jou dat SA se probleme vandag grotendeels die gevolg is
van REGSE politieke denke en mag, veral in die laaste paar dekades.

3. Ek wed jou 'n kakiehemp dat jy nie een van jou "feite" of syfers kan
staaf uit betroubare, gerespekteerde bronne.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Re: DIE LANDSVERLATERS

So., 07 Februarie 1999 00:00

Frikkie Potgieter wrote in message ...

> Die syfers wat in omloop is oor hoeveel mense reeds oorsee is, is pure
> gissings. Een gerug wil dit hê dat daar 250 000 "Afrikaners" in Londen
> alleen is. 'n Ander gerug sê daar is 40 000 South Africans net in
> Perth alleen! Hierdie syfers is natuurlik bog.

Pure bog liewe Frikkie, pure bog. Vir die tydperk Julie 1997 tot Junie 1998
het daar 77 327 mense na Australië geimigreer, waarvan 5.5% vanaf Suid
Afrika was. Sonder om te diep te delf en boring te raak met statistiek, kan
jy met 'n geruste hart aanvaar dat daar sowat 120 000 eks Suid Afikaners in
Perth is. Almal engelssprekend? Moenie glo nie. Die SA regering mag miskien
nie weet hoeveel weg is nie, maar die Aussies weet van een en elke
aankomeling.

>  'n Skatting wat gemaak is uit ingeligte  bronne raam die totale getal vertrekdes op nie meer as 250 000
> altesaam nie.

Wag,wag wag. 'n Skatting uit ingeligte bronne? Klink mos vir my dieselfde as
die "gissings" van hierbo.
Net vir interrisantheid: dan het jou ingeligte bronne ook seker genoem dat
dit die room van die oes was.

> Die Afrikaanstaliges wat wel uitgewyk het is van die liberales en
> ontstamdes wat eintlik nooit 'n flenter omgegee het vir ons taal en
> ons volk nie.
Twak.

> Dis die NP en DP Afrikaners wat altyd teen ons Boere en
> Regses kant gekies het
Teen die boere? Twak. Teen die regses? Inderdaad!

> Hulle is ons permanente vyande
aangename kennis, vyand.

>moet asseblief ook nie weer terugkom nie
daar is absoluut geen begeerte nie swaer, maar geen.
Alwyn

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 20:26:20 UTC 2025