Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuwe apartheidsvarke is aan die woel!

Ma., 23 Junie 2008 12:13

SA gets poor WEF world trade rating
Mathabo le Roux

Trade and Industry Editor

SA RANKED an unimpressive 59th out of 118 countries in the World
Economic Forum's (WEF's) Global Enabling Trade Index 2008, a report
which assesses factors impeding international trade.

High levels of crime and violence, the negative effect of rules on
foreign direct investment and the difficulty of hiring foreign skills
were some of the key factors hampering trade in SA, the report found.

The release of the WEF report last week comes as an international
panel, the Harvard Group, advising the government on growth prospects,
recommended SA take a more liberal approach to trade and focus its
efforts on growing exports to boost employment.

Published for the first time, the report gives a cross-country
analysis of measures facilitating trade. It ranks Hong Kong and
Singapore as the top two economies enabling trade, followed by Sweden,
Norway. Canada, Denmark, Finland, Germany, Switzerland and New Zealand
in the top 10.

The US was 14th.

Many factors weighed down SA's performance, resulting in the
disappointing ranking.

The index divides the enablers into four broad “issue areas” — market
access, border administration, transport and communications
infrastructure, and the business environment.

While the authors laud SA for the strength of its transport and
communications infrastructure, they found the country lacking in
several sub-indicators of the categories of market access and the
business environment.

These are to a large extent areas that could be improved through
policy changes.

SA also performed dismally in important areas such as physical
security. In the sub- category for the business cost of crime and
violence, for example, it ranked 113th out of 118.

In the market access cate-gory, the report rates both SA's tariff and
nontariff barriers to trade as competitive disadvantages.

On the efficiency of import-export procedures, SA had competitive
disadvantages for the time it takes to import , the documentation
needed to import and the cost to import .

In the regulatory environment category, SA had poor scores for the
ease of hiring foreign skills ; openness to bilateral air service
agreements ; and the effect on business of rules on foreign direct
investment.

Ekonomie & geldsake | 3 kommentare

Die Groot Trek na Argentinië

Ma., 23 Junie 2008 11:20

Die Groot Trek na Argentinië
Mar 14 2008 06:40:21:350PM - (SA) Meer as 'n eeu gelede het 'n klomp
Boere hul goed gevat en in Argentinië gaan bly om van Engelse oorheersing
weg te kom. Vandag praat hul klein- en agterkleinkinders nie 'n woord Engels
nie, maar ook nie Afrikaans nie. Marida Fitzpatrick het gaan vasstel wat van
die sogenaamde Boere-Argentyne geword het.
Haar naam is Sarie de Langer. Sy ken van koeksisters, boerewors en biltong
en sy luister graag na Boeremusiek. Haar ouma was Sahara Spies. Dié het haar
vertel van die Groot Trek, Bloed?rivier en die Anglo-Boere-oorlog.

Maar Sarie is nie 'n Afrikaner nie. Om die waarheid te sê, sy praat
Afrikaans met moeite. Met haar kinders praat sy net Spaans.

Sarie is eintlik 'n Argentyn. Sy was nog nooit in Suid-Afrika nie en weet
nie hoe om "rosyntjies" en "niggies" te spel nie.

Dít is omdat haar Afrikaner-voorgeslagte al drie generasies terug uit
Suid-Afrika na Argentinië geëmigreer het. Hulle het deel gevorm van 'n hele
gemeenskap Boere wat hulle in die vroeë 1900's in Patagonië, die suidelike
deel van Argentinië, gaan vestig het.

Die 48-jarige Sarie is nou deel van die laaste generasie in Argentinië wat
hoegenaamd Afrikaans kan verstaan en praat.

Vir die jong Boere-Argentyne is Afrikaans verlore. Hulle praat net Spaans en
weet nie wat braaivleis of melktert beteken nie.

Maar een keer per jaar hardloop hulle driebeenresies, spring in goiingsakke
rond en hardloop met eiers in lepels.

En af en toe, as hul ma's of oumas 'n bietjie Boeremusiek opsit, dans hulle
die vastrap en die seties.

Die Boeregemeenskap in Argentinië het meer as 100 jaar gelede net ná die
Anglo-Boereoorlog ontstaan, verduidelik mnr. Eduardo Monteagudo, 'n
Argentynse antropoloog wat 'n studie van die Boere-nasate in Argentinië
doen.

Die eerste Afrikaners wat hulle in Argentinië gaan vestig het, was almal
Boere wat teen die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog geveg het en nie
onder Britse heerskappy wou leef nie, vertel Monteagudo.

"Die migrasie is gereël deur 'n ooreenkoms tussen die Argentynse en Britse
regerings. Die eerste groep families het in 1902 gearriveer. Ander groepe
het in 1903, 1905 en 1908 aangekom." Dis nie duidelik hoeveel daar was nie,
maar daar is vandag na raming sowat 100 Boerefamilies in Patagonië oor.

Hulle almal het hul in Patagonië, in die suidelike deel van die provinsie
Chubut, gevestig. "Die Argentynse regering het vir elke familie 'n stuk
grond gegee om met skape te boer, sodat hulle 'n kolonie kon vorm." Dié
kolonie is later Colonia Escalante gedoop.

Baie min Argentyne het destyds in daardie deel van die land gewoon, sê
Monteagudo. "Die oorgrote meerderheid van die gemeenskap in Patagonië het
destyds uit Boere bestaan."

Volgens Monteagudo het hulle net Afrikaans met mekaar gepraat en onder
mekaar getrou. "Die eerste drie generasies het neergesien op diegene wat met
mense getrou het wat nie Afrikaners was nie."

Vandag is daar egter baie gemengde huwelike, hoewel Patagonië vandag nog 'n
yl bevolkte plek is. Hoewel 'n paar families oor die dekades heen 'n bietjie
noord of suid getrek het, het die meeste van die Boerefamilies in Patagonië
aangebly, sê Monteagudo.

Volgens hom is die gemeenskap vandag finansieel goed daaraan toe, hoewel min
van hulle universiteitsgrade het. "Diegene wat nie op hul plase woon nie,
woon óf op die dorp Comodoro Rivadavia, Argentinië se belangrikste
petroleumsentrum, óf in Sarmiento."

Daar is, sover vasgestel kan word, nie syfers oor hoeveel van dié mense nog
Afrikaans kan praat nie, maar Monteagudo meen dit is bitter min en hulle is
almal ouer as 45 jaar. "Die jonger generasie kan die taal glad nie praat of
verstaan nie, met die uitsondering van 'n paar woorde hier en daar."

Die oorgrote meerderheid van die Boere-Argentyne se eerste taal is nou
Spaans en min van hulle kan Engels praat. 'n Handjievol beskou nog steeds
Afrikaans as hul eerste taal, maar hulle is meestal ouer as 55 en kan die
taal nie juis lees of skryf nie.

Dit voel of 'n mens deur 'n tydgleuf val tot in die vroeë 1900's as jy met
Sarie de Langer oor die foon praat. Eers probeer sy in Spaans uitvind wie
praat en kom ná 'n gesukkel agter dis iemand uit Suid-Afrika wat Afrikaans
praat. Dan slaan sy verlig na Afrikaans oor, maar dit is 'n ou, meer formele
Afrikaans.

Dit voel of 'n mens met jou ouma- of oupagrootjie uit die jaar toet praat.
Haar aksent klink op 'n manier effens Hollands en sy gebruik woorde soos
"voorgister" en praat van die "Ingelse" as sy oor die Anglo-Boereoorlog
praat waarin haar oupa geveg het. "Ons praat 'n ou Afrikaans," beaam Sarie.
"Ons Afrikaans het gebly in die tyd. Ons kort baie woorde."

Daarom verkies sy om eerder my vrae per e-pos te beantwoord.

Maar voordat sy aflui sê sy: "Dit was vir my aangenaam. Dalk kan ons eendag
'n koppie tee drink."

Uit haar e-pos blyk dit duidelik dat Sarie nie meer in Afrikaans kan spel
nie en dat sy dit bloot foneties skryf. Só skryf sy byvoorbeeld "uie" pleks
van eie, "mingsel" pleks van mengsel, "gebow" pleks van gebou, "tuit" pleks
van tyd en "niewe" pleks van nuwe.

Volgens Monteagudo is dit egter bewonderenswaardig dat Sarie nog hoegenaamd
Afrikaans kan lees en skryf.

"Onthou, sy het geen skoolonderrig in die lees en skryf van Afrikaans gekry
nie en moes basies haarself leer. Sy is een van bitter min mense van haar
gemeenskap wat Afrikaans kan lees en skryf."

Ter wille van verstaanbaarheid is die spel- en taalfoute in haar
e-posantwoorde reggemaak in die artikel, maar sien kassie hiernaas vir
ongeredigeerde uittreksels uit die e-pos.

Vervolg van bl.?8) Sarie se storie begin by haar grootouers: "My oupa, Joe
Weber, het in 1902 gekom en my ouma, Sahara Spies, in 1907. Hulle is in 1908
getroud en kon eers in 1919 met hul eie plaas begin. "My ouma en oupa het
hul huis uit modderstene en klip gebou. Die veld het baie hout gehad en oupa
het dié verruil vir ware soos vrugte, konfyt en lusern vir die muile." Die
skape se wol het hulle op die dorp Comodoro Rivadavia verkoop en die geld
gebruik om materiaal, suiker, koffie, meel, rosyntjies, gemmer en vel vir
skoene te koop, vertel Sarie. Haar van was eintlik De Lange, "maar iemand
het vir my pa 'n 'r' aangelas". As die derdegenerasie-Boere-Argentyn het
Sarie met Jorge Vilardo, 'n digter van Argentynse, Italiaanse en Chileense
afkoms, getrou. Hulle het vier kinders gehad, maar is intussen geskei. Hul
kinders is Barbara (24), Lucas (21), Muriel (17) en Nicole (13). Die kinders
praat almal Spaans. Sy boer sedert 2003 "met skaap op die plaas van my
moeder se familie" in die provinsie Chubut in die suidelike deel van
Argentinië. Dit is dieselfde plaas waar oupa Joe Weber en Ouma Sahara Spies
hul lewe lank gebly en hul kinders grootgemaak het, skryf sy. Maar van
Afrikaans is daar weinig op die plaas oor. Sarie-hulle praat nou net Spaans
in die huis. Op die vraag hoekom sy moeite doen om Afrikaans te leer,
antwoord sy: "Ek weet dit nog nie. Dalk om vir Suid-Afrika die geskiedenis
te vertel van die Boere hier in Patagonië." Die Boere-Argentyne het
Afrikaans oor die afgelope eeu slegs mondeling oorgedra, verduidelik
Monteagudo. "Ma's het met hul kinders Afrikaans gepraat, maar Afrikaans is
nooit op skool geleer nie. Ek weet nog steeds nie van een enkele plek in die
hele Argentinië waar 'n mens Afrikaans behoorlik kan leer nie." Afrikaans
het ook vir baie gesinne verlore geraak wanneer 'n Boere-nasaat met 'n
Argentyn getrou het. In sulke huishoudings het die kinders gewoonlik nie
Afrikaans geleer nie, selfs al was die ma se moedertaal Afrikaans. Hoewel
die taal grootliks verlore gegaan het, het die Boere-Argentyne ander
Afrikaner-kultuurgewoontes behou. Hulle hou byvoorbeeld steeds boeresport en
maak sekere eg-Afrikaanse lekkernye soos koeksisters. "Sommige van hulle is
nog steeds lede van die Nederduits Gereformeerde Kerk, maar ek verneem die
pastoor daar praat ook nie Afrikaans nie," sê Monteagudo. Sommige van die
Boere-gesinne het ná Suid-Afrika se uniewording in 1910 na hul vaderland
teruggekeer, maar baie van hulle is weer vort na Patagonië. Baie min van dié
wat permanent in Argentinië aangebly het, het al Suid-Afrika besoek, sê
Monteagudo. Omdat die meeste van hulle nie Afrikaans of Engels kan lees of
skryf nie en eintlik net Spaans magtig is, het hulle kontak met hul familie
in Suid-Afrika verloor. Sarie sê Afrikaans was hul huistaal toe sy
grootgeword het. "My vader en moeder het met ons Afrikaans in die huis
gepraat, maar die meerderheid van my generasie, my neefs, broer en niggies,
het Spaans op skool geleer. Van Engels het ons net 'n idee. Ek kan nie twee
Engelse woorde na mekaar sê nie." Wat weet sy van haar Boere-voorgeslagte?
"Ek weet van die nedersetting van Nederland in die Kaap, daarna die Engelse,
die Groot Trek, van Bloedrivier, die Boere-oorlog waar oupa Weber geveg het
teen die Engelse. Ouma Spies was ook in 'n kamp met haar familie." Van
Suid-Afrika vandag weet sy nie veel nie, gee sy toe, maar sy sal graag die
land wil sien ? "al die plekke waar die dinge gebeur het wat te doen het met
my voorouers se geskiedenis en met my eie geskiedenis". Sarie is nie lief
vir kook nie, "maar ek ken beskuit, melktert, gemmerbier, koeksisters en
asynpoeding". En hoewel sy nie Afrikaans met haar kinders praat nie, luister
hulle saam na Boeremusiek, sê sy. "Dan dans ons die vastrap en die seties."
En só, tussen die Spaans en die dans, onthou hulle elke nou en dan vir Oupa
Joe Weber en Ouma Sahara Spies. p>Ongeredigeerde uittreksels uit Sarie de
Langer se e-pos:

Oor haar grootouers se begindae in Patagonië:

"In 1919 koon hulle (Oupa Weber en Ouma Spies) eers met hulle uie plaas
begin. Eers die huis met moder steene en klip, toe die tuin, waar hulle, met
die tuit, all die groente ge hues het vir die jaar en ge stoor het onder
grond vir die winter. Die seuns het die moder mingsel ge maak, en Ouma die
steene ge sny, en wanner Oupa terug ge kom het, met die waa 'n muile weer by
die plaas, het jy die miere op ge bow vir die niewe huis. Die wool van die
skaape het verkoop ge word in Comodoro Rivadavia, en met die geelt, all die
waare vir die heel jaar ge koop. Materiaal ver kleure, suiker, koffie, meel,
veel vir skoene, resuinkies, gemeer, ens."

Oor taal:

"Ons praat spans in die huis, die land taal. Afrikaans was ons huis taal,
terwil ons op die plaas groot ge wort het. Die tradisie, soos die taal, is
mondelik verskuif, van groot mense naa kinders. Ook is ons woordeskat maar
arem, hoe meer spaans ons ge leer het hoe vinnegir het ons afrikaans eenkant
ge laat. My neefs, broer, en negies, en die meerderuit van my generaasie
(derde) het spaans ge leer op skool. Op hierdie manier kan jy self begruip,
moeilikir wass dit om spaans te leer op skool. Engels wort ge leer op skool,
maar net 'n idee van die taal."

Oor die verskillende kulture in Patagonië :

In september maant, eelke jaar, word hier 'n fees ge maak van all die groepe
wat naa Patagonia ge inmigreer het, en verskilinde momente. Soos Griekke,
Spanjaarde, Portegeese, Italianers, Duitsers, Russe, Arebiere, Chileiners,
Boere ens. Daar wort die verskilinde volk danse, met tiepiesse kleere ge
dans, deer groepe kinders, en eelke gemeenskap maak 'n stand waar die koss
en drank van eelke land, voor ge sit word. Vir drie daë, kuier ons by
mekaar, en prue ons allderaane koss en leer oor die ander mense se kultier
ken, soos hulle ons sen. Duiosende mense loop heen en weer en geniet die
familie fees van die kultier . . .

Oor die ander Boere-Argentyne:

"Die grootste groepe naasate woon in Comodoro Rivadavia en Sarmiento, 'n
stat wat 140 km Wess van hier is.

"By die tuit is ons amper allmal familie, van een of ander kant. Ongelikig
weet ons nie huefeel ons is nie. Seekirlik meer aas duisend persoone."

Telefonies het sy bygevoeg dat die Boere-nasate van haar generasie meestal
Spaans met mekaar praat, "want dis makliker. Ons praat kombuis-Afrikaans,
want ons moet die woorde soek. Dan sê ons die Spaanse woord."

Emigrasie & buiteland | 6 kommentare

Vir die hoes

Ma., 23 Junie 2008 11:19

Op 'n plattelandse dorp waar amper al die inwoners net Afrikaans magtig is
en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die omloop was, was die
predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende eredienste onderbreek word
deur gemeentelede se hoesbuie.

Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
engelssprekend is. Die koster gaan koop toe 'n groot bottel hoesstroop by
die apteek. Die volgende Sondag as iemand hoes staan die koster op en gaan
gee vir die persoon 'n lepel hoesstroop in en se vir hom iets in sy oor
waarna die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later
byna leeg.

Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense gesê
het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.

Die koster sê hy het net vir hulle gesê, "For cough".

Gesondheid & boereraat | 4 kommentare

Dave - Help

Ma., 23 Junie 2008 07:51

Hi Dave

Ek is op soek na 'n program wat 'n kind amper kan gebruik so maklik moet dit
wees om basiese photo editing te doen - Bietjie meer kragtig as Microsotf se
ingeboude Paint. Wat kan jy voorstel.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Zim en Robbeneiland

So., 22 Junie 2008 17:00

Lees eers hier:
*Waarskuwing aan die minder as 1% deelnemers wat my pos lees -
my inligting is vanaf voorspelbare bronne. Julle lees dus op eie
risiko.

Daar onttrek Tsvangirai hom aan die Zim verkiesing,
die wild wat Afrika, Afrika gemaak het word met vangstrikke uitgeroei
in Zimbabwe
en die diere vrek van die honger op Robbeneiland.

Mbeki het onlangs tydens 'n nuusuitsending gepraat van die mense wat
altyd op die veronderstelling uitgaan dat swartes nie kan regeer nie.

Afrika is steeds net Afrika.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bitter woedendes veg teen Osama

So., 22 Junie 2008 08:53

Lig in die tonnel.
Hillary se ondersteuners gebruik nou hul energie om John McCain te
ondersteun. So, daar's hoop:-)

(Sy het gewys wat haar politieke denke werd is, deur gat oor kop te
slaan en vìr dit te wees warteen sy met alle mag geveg het. Is dit
omdat Osama haar kan help om $31 miljoen skuld te delg? Of is dit
omdat 'n mening daar is om verander te word? Of omdat sy 'n
vise-presidentskap aangebied is?

Dallax
(Dave se weergawe van Pollux)

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Afgedwingde Gewilligheid

So., 22 Junie 2008 08:42

Die onteieningswetsontwerp moet die Wet op Onteiening van 1975
vervang en daardeur die gewillige-koper/verkoper-beginsel afskaf.
"Want die beginsel werk nie. *Hoe 'gewillig' is jy werklik as jy 'n
prys vra (vir grond) wat die regering nie kan bekostig nie?"

Thandi Tobias-Pokolo, ANC-LP
Rapport vandag bl 14

Soos innie army. 'Ek soek drie vrywilligers. Jy, jy en jy!"

Dallax
(Dave se weergawe van Pollux)

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Rock in jóú taal

Sa., 21 Junie 2008 18:25

Rock in jóú taal
Jun 19 2008 03:02:54:847PM - (SA)

Beer Adriaanse vertolk die rol van Johnny de Goede in MK 89 se nuwe
musiekdokumentêr, Johnny en die Maaiers. Dit vertel die storie van 'n
jong musikant se strewe na sukses teen die agtergrond van Afrikaanse
musiek se ontwikkeling oor die afgelope 40 jaar.

Francois Oosthuizen


As jy nog altyd gewonder het hoekom Afrikaners gaande was oor Gé
Korsten of hoekom Van Coke Kartel so genadeloos op jou ore is, moet jy
Johnny en die Maaiers kyk.

Hierdie nuwe dokumentêr op MK 89 bekyk die geskiedenis en ontwikkeling
van Afrikaanse musiek oor die afgelope 40 jaar en hoe dit deur
politiek, tegnologie en modes beïnvloed is.

Die vervaardigers, Third World Media, se aanvanklike opdrag was om 'n
antwoord te soek vir die vraag hoekom die jeug vandag na Afrikaanse
musiek luister, maar dit nie 40 jaar gelede gedoen het nie. Dit het
gou duidelik geword dat hierdie vraag nie 'n enkele eenvoudige
antwoord het nie.

Die een deel van die dokumentêr volg die loopbaan van Johnny de Goede,
gespeel deur Beer Adriaanse. Johnny is 'n aspirant-rocker wat by 'n
videowinkel werk. Sy loopbaan beklemtoon die uitdagings in die
mededingende Suid-Afrikaanse musiekbedryf, maar dit ondersoek ook die
kunstenaar se soeke na 'n eie stem en genre.

Johnny se verhaal speel af teen die geskiedenis van Afrikaanse musiek
van die afgelope 40 jaar. Veral jonger mense sal baat vind by
insetsels oor die struggle van Afrikaanse sangers soos David Kramer en
Anton Goosen teen die ou Nasionale Party se sensuurraad.

Een van die indrukwekkende aspekte van die dokumentêr is die groot
hoeveelheid bekende en invloedryke mense in die musiekbedryf wat
bydraes gelewer het. Rubriekskrywers soos Chutney de Ridder en Deon
Maas sowel as musiekbase en organiseerders van nasionale kunstefeeste
soos die KKNK en Oppiekoppi het insette gelewer. Om nie eers te praat
van musieklegendes soos Koos Kombuis, Hamma van Brasse van die Kaap en
Karen Zoid nie.

Volgens mnr. Johan Beukes van Third World Media en regisseur van
Johnny en die Maaiers was hul grootste uitdaging om 'n dokumentêr te
maak wat geskiedkundig korrek is, maar ook vir 'n jeugmark aantreklik
is.

"Die keuse van musiek sowel as die manier waarop dit die redigering
aandryf, is spesifiek op 'n jonger mark gerig," het Beukes gesê.

Die dokumentêr maak gebruik van die fanzine-styl wat deur
musiektydskrifte van die jare '60 en '70 beroemd gemaak is. In plaas
van direkte verwysings maak die vervaardigers gebruik van laterale
verwysings soos 'n produksielyn wat fortuinkoekies vervaardig om te
verwys na die groot hoeveelhede CD's wat jaarliks verkoop word.

Een van die interessante vrae is wat beteken dit om cool te wees. Met
uiteenlopende menings van Sonja Herholdt tot Hunter Kennedy is daar
wel konsensus dat die jeug besluit wat is cool en wat nie.

"Hoewel die dokumentêr met 'n definitiewe vraag begin, is daar geen
enkele antwoord daarop nie. Johnny en die Maaiers gee die feite en die
geskiedenis, maar die kyker kan sy eie afleidings maak," het die
akteur Neels van Jaarsveld oor die dokumentêr gesê.

Hulle beplan nou om die dokumentêr by oorsese rolprentfeeste te
vertoon. Volgens Beukes is daar reeds 'n moontlikheid vir 'n
bekendstelling in New York.

) Johnny en die Maaiers sal Maandag om 20:00 die eerste keer op MK 89
te sien wees.

Musiek & liriek | 0 kommentare

" Tee " deur S.J. PRETORIUS

Vr., 20 Junie 2008 02:25

TEE
S.J. Pretorius

Nou dat ek niks het om te doen
met was en is en kom, versoen,

het ek meer tyd om te bestee
as vroeër aan my koppie tee.

Die jeug drink sonder om te proe
oor hul nog nie geleer het hoe

maar dit kom later eers met jare
as mens meer kennis het van blare

en weet dat groen tot goud moet kleur
voor daardie goddelike geur.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Ta Stienie

Do., 19 Junie 2008 16:19

Somtyds wens ek, ek kon Jim se talent in diplomasie by my CV skryf,
maar die rook wat sy sonder enige respek vir enige van die omstanders
uitblaas, maak dat ek nie so maklik kan roem met sy vaardighede nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    120  121  122  123  124  125  126  127  128  129  130  131  132  133  134  135    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 08 21:58:54 UTC 2026