Hier is 'n fantastiese Bemarkingsgeleentheid sowel as 'n uitstekende manier
om 'n ekstra inkomste te verdien! Deur slegs in te teken by 'n Internet
Diensverskaffer & andere te werf om dieselfde te doen kan jy tot soveel as
R5000 binne 6 maande verdien.
MJVNet is deel van die SAIX netwerk & het tot soveel as 70 Pops landwyd(tans
net in Suid-Afrika)
Vir meer inligting kontak my gerus.
Groetnis!
Hein
Hein van Wyk / Port Elizabeth (S.A)
hei...@mjvn.co.za
Cell: 083 310 1963
Fax: 0838 310 1963
ICQ: 7733122
Party dae dink ek die Engelse is vreeslik slim (eintlik die meeste van die
tyd) Ander kere wonder ek of hulle nie so onnosel is dat dit net lyk of
hulle slim is nie. Of dalk is hier twee tipes...
Hulle bou nie sommer net wild en wakker nuwe paaie nie. Die eiland is maar
klein en as jy hom vol snelwe:e bou gaan daar nie meer leefruimte wees nie.
Slim. Aan die ander kant het ons nou hierdie baie baie karre wat op sulke
klein verspotte nou paadjies rondry. Dom. Nee, sê die Groenes, maak die
karre minder, maak petrol DUUR, dwing die mense om trein te ry werk toe. En
dan maak die regering so. Hulle maak sommer die petrol ongelooflik duur -
gemiddeld 65 pennies per liter, diesel nog erger, sogenaamde 'City Petrol'
nog duurder (73+ pennies). Dom, want al wat British Rail/London United
Transport toe doen is sit al die tariewe op. So nou is ons in hierdie bose
kringloop. Dom.
'n Ander slimmigheid wat die klomp aangevang het se naam is Milton-Keynes.
Die dorp is van nuuts (daar is 'n ou Milton-Keynes wat nou 'n voorstad is
van die nuwe een) af aangel^e hier in die 60-er jare (67 dink ek) en al wat
'n stadsbeplanner was het sy sê gehad in hoe so 'n moderne dorp moet lyk .
En dit is 'n pragtige dorp. Jy kan op al die hoofpaaie in die dorp 70mpu
ry, tot amper in die middel van die dorp. Daar is geen voetgangers
("roadrunners" ) wat voor jou oorhardloop nie, en fietse ry op hul eie
paadjies doer ver. Slegs tussen die huise meng die drie padgebruike. Daar
is baie bome en oop spasies, groen parklandskappe. Die middedorp is kompak
en goed uitgel^e. Alle inkopies kan jy onderdak doen - geen geskarrel in
die re:en nie en daar is baie parkeerplek. Slim. Maar die Engelse haat die
plek en meeste wil nie daar bly nie. Hulle HOU daarvan om almal
opmekaargekoek te sit in sulke klein regop boksies (onthou julle nog die
liedjie 'Little Boxes' - dit het skielik hier vir my betekenis gekry). Waar
jy ietwat versgtig in die oggend moet uitstap by jou voordeur want die
voordeur kan skielik 'n aanhangsel word van die lorrie wat in die straat
verbyry, om nie te praat van ander dele van jou anatomie nie. Al die
Afrikaners wat in Milton-Keynes kom sê hoera, hier het ons spasie, dit lyk
soos by die huis (behalwe soos gewoonlik die weer), gee my nog!
Ek en Johan my goeie p^el het 'n teorie oor die Engelse Ryk: Die Engelse
wat nou regtig gatvol vir die weer was het na die warm plekke op aarde
gegaan en hulle rooi(pienk) geverf. Die feit dat dit so groot was gee 'n
mens 'n aanduiding van hoe die lot na so 'n paar duisend jaar op die eiland
gevoel het. Die keersy is natuurlik dat die beswaardes/bedonnerdes daar in
die verre lande vinniger doodgegaan het agv malaria, PB's met skerp, gepunte
oorloginstrumente, swaarde en algemene chaos. Nou is die genepoel (soos
deur Darwin uiteengesit) meer sit-op-jou-gat-en-aanvaar-alles-as-ok gerig.
Met die gevolg dat die huidige gemiddelde Engelsman waarskynlik nie verder
as sy dorp se grense kom nie. Noord van Watford is vir die meeste
Londenaars Ultima Thule - "Here be dragons". Watford is (Olympus druk toe
jou ore!) vir die oningeligtes omtrent 20 myl van Londen se middestad af...
Dis ook hoekom hulle bankwese so agter die tyd is - hulle sit waar Jan van
Riebeeck was, dalk was hy al te modern vir hulle. As jy meer as 'n duisend
pond wil trek moet jy dit 'n paar dae voor die tyd 'bestel' . Een kaart om
alles mee te doen is (sover ek kon vasstel) anathema en by die woord
Internet ruk bankbestuurders kruise en houtpenne uit.
Haai, daar brand die pap aan. En die bybie skree. Ek moet nog die krullers
uit my hare kry vir vanaand se opera, of was dit nou 'Les Mis'?
Verlede jaar het Artur Hagen in Nederland 'n nuusberig op BBC gesien oor die
swart baba wat deur die Afrikaners doodgeskiet is.
Rillend van afsku het hy opmerkings daaroor op die nuusgroep gemaak. Hy het
nie gewag vir die hofuitspraak nie.
Gloudina het nie die kans laat verbygaan om to gloat nie, en het jillend op
'n lekker vars "ikoon" afgestorm en behoorlik gerol in die modder wat sy aan
"apartheidsvarke" toegedig het. Sy het nie gewag vir die hofuitspraak nie.
Hierdie week het die hof sy beslissing bekendgemaak. Volgens die getuienis,
het die volgende gebeur:
Die "wit Afrikaner" ene Nico Steyn, woon op 'n kleinhoewe in Gauteng - hy is
dus een van die groep mense wat daagliks uitgemoor word in "plaasaanvalle".
Die dag voor die gebeure het hy teruggekom van vakansie. Terywl hy weg was,
het iemand probeer om by sy huis in te breek. Hy was by baie vorige
geleenthede die slagoffer van inbrake.
Hy het 'n beweging naby sy huis gesien, (136m weg) maar kon nie in die lang
gras sien wat aangaan nie. Hy het vermoed dat die inbreker miskien
teruggekom het, en sy pistool gaan haal. Hy het die persoon beveel om stil
te staan. Toe die persoon aanhou beweeg, het hy 'n waarskuwingskoot in die
lug geskiet, maar die persoon het aanhou beweeg. Toe hy die derde skoot in
die lug skiet, het hy 'n gil gehoor.
Toe hy by die plek kom, vind hy die twee kinders. Hul ouma was ook reeds
daar. Hy het dadelik met die gewonde kinders na die hospitaal gejaag, en
deurentyd mond-tot-mond-asemhaling toegepas op die swaargewonde Angelina. Sy
is later dood.
Die hof bevind, op grond van ballistiese getuienis, en die getuienis van die
pataloog oor die aard van die wonde, dat die koeël van 'n oorhoofse
kragdraad afgeskram het voordat dit die kinders getref het. Dit stem ooreen
met Steyn se getuienis dat hy waarskuwingskote in die lug geskiet het.
Die hof bevind dat die koeël nooit vir enige van die kinders bedoel was nie.
Steyn is onskuldig aan moord op Angelina, maar skuldig aan strafbare
manslag. Hy is onskuldig aan moord op die ander kind, maar skuldig aan
gewone aanranding.
Drie dae na die insident het "strukture" begin agiteer, Steyn is in die
tronk gegooi (waar hy later verkies het om te bly, weens dreigemente op sy
lewe) en Mandela het die goor rassestok begin swaai en 'n ANC rally gereël
op die koste van die belastingbetaler. Hy het nie gewag vir die hofuitspraak
nie.
Arthur en Gloudina het saamgedans en die ikonespel gespeel.
Gloudina se groot ikoon blyk toe 'n patetiese klein tragedie te wees vir 'n
paar klein mensies wat probeer regkom en die regte ding doen in 'n klimaat
van voorturende misdaad en geweld.
Dit is deur die ANC, die media, Arthur en Gloudina misbruik as 'n stok om
Afrikaners mee te slaan. Die soort van ding wat Afrikaners reeds vir ten
minste twee eeue moet verduur, veral uit Engelsprekende lande.
Die soort van onbeheersde verdagmakery wat veral die afgelope dekades 'n
amper daaglikse ding was. (Onthou "Sizwe" se gruwelike vals "aanhaling" van
wat kastig deur PW Botha gesê sou gewees het? Onthou die ANC-Senator uit
Venda wat in die Senaat vertel het van die boervrou wat haar werker se baba
vir die varke gevoer het?)
Is dit verbasend dat mense nou sê hulle "het nie geweet" van gruweldade soos
die rondom Biko en Vlakplaas nie?
Ek sou sê dat dit heel rasioneel is om later niks meer te glo wat die BBC,
of mense soos Arthur Hagen, Mandela, "Sizwe" of Gloudina te vertel het nie.
Mens sluit naderhand jou ore daarvoor.
By die hof, hierdie week, was die groot skares, die Mandelas en die ANC
deurlugtiges heeltemal afwesig. Omtrent 30 mense het kom luister na die
uitspraak - hoofsaaklik die familie van die betrokkenes en 'n persman of
twee.
Steyn word hierdie week gevonnis. Sy lewe is glo steeds in gevaar.
Maar die BBC sal beslis nie die uitspraak van die hof op Delmas rapporteer
waar Arthur Hagen dit kan sien nie. Arthur sal tot sy dood oortuig wees dat
Boere kafferbabatjies doodskiet vir die sports.
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
> Verlede jaar het Artur Hagen in Nederland 'n nuusberig op BBC gesien oor die
> swart baba wat deur die Afrikaners doodgeskiet is.
>
> Rillend van afsku het hy opmerkings daaroor op die nuusgroep gemaak. Hy het
> nie gewag vir die hofuitspraak nie.
Je vergist je, Leendert. Ik heb dat programma nooit gezien en ik heb er dus
ook nooit iets over op deze nuusgroep geschreven. Ik heb zelfs een lichte
aanvaring gehad met degene die het wel had geschreven, omdat ik hem ervan
betichtte "arrogant" te zijn.
Dejanews is overigens een heel handig middel om vóór je dit soort uitspraken
doet even te checken alvorens er iemand over aan te spreken.
Ondersteun aub ons veldtog om die natuurprogram 50 50 en Veldfokus te red
van kansellasie. U is dit aan die Suid-Afrikaanse Natuurlewe verskuldig. Ons
diere kan nie stem nie!!!!!Help hulle.
Ons soek dringend u steun.
Kom stem by: www.candor.com/vote
Stuur E-pos aan: save-ve...@mountai.org.za
Korreksie: Dit moet wees save-ve...@mountain.org.za
Olympus wrote in message ...
> Ondersteun aub ons veldtog om die natuurprogram 50 50 en Veldfokus te red
> van kansellasie. U is dit aan die Suid-Afrikaanse Natuurlewe verskuldig. Ons
> diere kan nie stem nie!!!!!Help hulle.
> Ons soek dringend u steun.
> Kom stem by: www.candor.com/vote
> Stuur E-pos aan: save-ve...@mountain.org.za
>
Die beste handlangers van apartheidsvarke is apartheidsvrate -
Dis nou mense wat in elke handeling, interaksie en insident rassisme white
superiority, en onderdrukking soek.
Dis mense wat die tragiese dood van iemand soos die baba Angelina
eksploiteer om rassisme en onderdrukking aan die kosyne van boere te verf.
Sonder om hulle vergewis van die feite. Mense soos Gloudina en Arthur.
Dis mense wat kru rassistiese "aanhalings" in die mond van PW Botha lê en
daarmee suggereer dat Afrikaners ontvanklik was/is vir daardie soort
retoriek. En mense wat, soos Gloudina, ons maan om te "luister" wat sulke
mense te sê het.
Dis mense soos die ANC Senator wat beweer het dat 'n boervrou die baba van
haar werker vir die varke gevoer het - en wat tot vandag nog nie die werker,
die boervrou, die varke of die plaas kon uitwys nie.
Dis mense wat, by elke geleentheid, "apartheidsvarke!" skreeu (sonder om die
term te omskryf).
Sulke mense is sekerlik die beste hulp wat enige "aparhteidsvark" kan
verlang. Hy (sy) hoef net te wys hoe blatant die leuens is. Hoe blatant die
ander kant van die saak verswyg word. En daardeur wen hy legitimiteit vir sy
eie weergawe van die saak.
Gloudina demonstreer, op hierdie nuusgroep, die werkwyse van die
apartheidsvraat. Maar ons het hulle altyd gehad - buitelandse media veral,
maar ook elemente van die binnelandse media. Om van politici nie eens te
praat nie. Selfs geestelikes soos Beyers Naude.
Vandag erken sommige van die buitelandse media ten minste dat hulle daardie
rol gespeel het. En sommige geestelikes het dit erken.
As iemand sou vra: "Maar hoe kan julle sê julle het nie geweet nie", moet
die apartheidsvrate 'n groot deel - miskien die grootste deel - van die
skuld dra. Hulle leuens het hulle waarheid verswelg.
Maar, sal mense sê: Nou het die WVK tog die boosheid van die
"apartheidsvarke" blootgelê.
Dis waar. Maar in die proses het die WVK in baie groot mate ook die werkwyse
van die apartheidsvrate gevolg. Hy het ook selektief te werk gegaan, en
morele oordele gevel voordat hy die getuienis gesien het.
Dis waarom baie mense die VWK se verslag ignoreer of verwerp.
Ek dink: Dekades van nou af sal die WVK-verslag vir Afrikaners nie 'n bron
van kennis oor die verlede wees nie. Dit sal nog 'n ikoon van onreg word.
Miskien soortgelyk aan die konsentrasiekampe van 'n eeu tevore.
Ek dink: die apartheidsvrate is net so skuldig aan "die wandade van
apartheid" as die apartheidsvarke.