Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kan julle 'n plek aanbeveel

Do., 26 Junie 2008 06:03

Hallo julle

Ek wil 'n paar ouens onder my stuur op 'n kursus hoe om 'n presentation aan
te bied, en hoe om voor 'n klomp mense te praat. Indien julle van 'n plek in
SA weet (verkieslik Gauteng) wat so iets aanbied, laat weet my as

Groete

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Petroldief vasgetrek

Wo., 25 Junie 2008 19:29

Waarom Ferdi, is hierdie man nie die beweerde petroldief nie?
Waarom word hy blatant 'n dief genoem en waarom sê julle
nie dat hy na bewering petrol gesteel het nie.
Waarom is dit nie 'n verdagte nie maar 'n dief wat gearresteer is?
Bietjie verder in die berig is hy sommer Pereira-Luis
en nie meneer nie. Waarom?
Al het hy skuld erken kan daar steeds 'n pleit van onskuld aangeteken
word. Waarom is hy nie die beweerde verdagte wat glo petrol gesteel
het nie?

Petroldief vasgetrek
Jun 24 2008 09:42:21:963PM - (SA)

Mnr. Carlos Pereira-Luis staan gister by sy wit Corsa by sy huis in
Danville, Pretoria. Hy het die motor na bewering gebruik om brandstof
mee te steel. Foto: Cornél van Heerden

Verwante Berigte
# Steel dié keer R1 500 se brandstof
# 'Petroldief' hét al toegeslaan
# Weg sonder om R2 500 se petrol te betaal
Virginia Keppler

Die berugte petroldief is vas – danksy Beeld en sy lesers se
speurwerk.

Mnr. Carlos Pereira-Luis van Danville in die weste van Pretoria is
gistermiddag by sy werkplek in dié stad deur speurders van die polisie
se hoofkantoor aangekeer.

Hy het na bewering sedert Julie verlede jaar duisende rande se
brandstof by verskeie vulstasies in die Pretoria-omgewing gesteel deur
sy motor en verskeie kanne vol te maak voordat hy weggejaag het.

Tydens sy inhegtenisneming het 'n kollega vertel hy het die oggend –
nadat hy die foto van die petroldief gisteroggend in Beeld gesien het
– met Pereira-Luis gespot en gesê: “Hierdie man lyk net soos jy. Wil
jy nie ook my kar gaan volmaak nie?” Beeld het op drie geleenthede
kringtelevisiebeelde geplaas van die petroldief by verskillende
vulstasies.

Sy inhegtenisneming het gekom nadat 'n leser Pereira-Luis op een van
die foto's herken het. Hy het die koerant gebel met Pereira-Luis se
naam.

Beeld en 'n ander leser het dié inligting gisteroggend begin opvolg en
op sy werkadres en telefoonnommer afgekom.

Dié inligting is aan insp. Susan du Preez van die
Garsfontein-polisiekantoor gegee wat dit op haar beurt aan die hoof
van die Pretoria-polisie se speurdienste deurgegee het.

'n Beeld-span het intussen na Pereira-Luis se werkplek in
Voortrekkersweg waar hy deeltyds werk, gegaan om hom te probeer
uitken.

In 'n stadium het Pereira-Luis selfs die Beeld-span gevra of hy hulle
kan help. Hy het daarna in 'n voertuig geklim en gery.

Dir. Derick van Wyk, supt. Jan Stassen, mnr. Nico Koegelenberg en
supt. Fires Jansen van Vuuren het op die toneel opgedaag waar die
Beeld-span hulle oor die jongste verwikkelinge ingelig het.

Daarna het die speurders Pereira-Luis se werkgewer ondervra. Hy het
gesê Pereira-Luis het onderdele gaan koop en hy sou binnekort terug
wees.

Ná sowat twee uur se wag het hy om 15:33 opgedaag.

Die speurders het hom in hegtenis geneem.

Pereira-Luis het aanvanklik die bewerings teen hom ontken, maar later
op pad na sy huis erken hy het brandstof by verskeie plekke in onder
meer Waterkloofrif, Groenkloof, Skurweberg (naby Pelindaba, wes van
Pretoria) en selfs in Midrand gesteel.

Pereira-Luis het aan Beeld gesê: “Ek het dit gedoen om vir
werkonderhoude te gaan en om my kinders skool toe te neem. Ek het
geweet dit is 'n kwessie van tyd voordat ek gevang word.

“Vanoggend toe ek Beeld sien, het ek die rooi mus en die T-hemp wat ek
(in gister se koerant) aangehad het, weggegooi,” het hy gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op die wit Corsa wat hy na bewering
tydens die diefstal gebruik het.

Hy word by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria aangehou.

“Dié sukses is Beeld s'n. Ons het net die arrestasie kom doen. Die
polisie se aandeel is net 10% en julle s'n is 90%. Julle is 'n span
goeie speurders,” het Van Wyk gesê.

Hy het 'n beroep gedoen op vulstasies wat ook onder Pereira-Luis
deurgeloop het, om dit by hul naaste polisiekantoor aan te meld.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2346352,00. html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Van die Net af gekry

Wo., 25 Junie 2008 13:20

The South African Post Office was announced as the National Business of the
Year for 2008 at the National Business Awards in Johannesburg earlier this
week.

This I assure you is not a joke.

According to the panel of judges, the post office has taken giant steps
towards achieving its vision: to be recognised amongst the leading providers
of postal and related services in the world. Comments group CEO Motshoanetsi
Lefoka, "All employees have been working tirelessly to position the company
in the commercial business environment. Through our initiatives that embrace
innovation and technology, we intend to continue to improve on our sterling
performance. I would like to thank our shareholder, employees, partners and
most importantly our customers! Without their commitment, dedication and
support, this would not have been possible."
And that dear readers of this great blog is the reason why Arsezania is
arsezania!
No other postal service or for that matter any business in the world would
have the cheek top accept an award like this in the same week as Amazon said
enough is enough.
Just another example of where sa is heading.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

'Prins' vas 3 maande ná 2 sterf

Di., 24 Junie 2008 15:54

Dries Liebenberg en die Beeld moet hul inligting op datum kry.
'n Stadskoerant (dink dit was die Daily Mail) het weke gelede
al berig dat die koningsgesin sê dat hulle geen verwantskap
tussen hulle en die betrokke 'prins' kan opspoor nie.

Hulle het hom lank begaan om te beweer dat hy 'n prins is
maar dit waaroor Dries Liebenberg hieronder berig was gereeld
onder die hoofnuus in die koerante hier, en dit het hulle op die
verdediging geplaas. Liebenberg se bewoording maak dit duidelik
dat hy nie daarvan weet nie. Miskien moet die Beeld daarop gewys
word. Daily News se argiewe sal bevestig wat ek sê.

Prins vas 3 maande ná 2 sterf
Jun 23 2008 07:38:11:683PM - (SA)

Dries Liebenberg

Durban. – Ná 'n drie maande lange polisie-ondersoek na bewerings dat
dit nié prins Sifiso Zulu was wat hier teen 'n bakkie vol kerkgangers
gebots en weggehardloop het nie, is dié Zoeloe-koninklike gister toe
wel op aanklagte van strafbare manslag in hegtenis geneem.

Zulu, 'n bekende in sake- en sosiale kringe in die stad, het
gisteroggend vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn nadat
speurders hom na die Durban-Sentraal-polisiekantoor ontbied het.

Zulu is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 18 Julie in
die hof verskyn.

Komm. Hamilton Ngidi, provinsiale polisiehoof, het in 'n verklaring
gesê geen misdaad sal toegesmeer word nie, ongeag wie daarvoor
verantwoordelik is.

“Ons hoop bespiegeling in die media sal nou end kry, veral die
onregverdige aantygings wat teen die polisie gemaak is,” het Ngidi
gesê.

Daar was van die staanspoor vrae oor die ongeluk wat op 29 Maart, 'n
Saterdag, omstreeks 21:00 op die hoek van Masabalala Yengwa-rylaan
(NMR-rylaan) en Somtseuweg oorkant die landdroshof gebeur het. Die
bestuurder van Zulu se BMW X5 het weggehardloop ná die botsing wat die
lewe van twee studente geëis het en waarin nog tien mense in 'n bakkie
beseer is.

Daar was glo 'n bottel drank in die BMW.

Vrae is in die KwaZulu-Natalse wetgewer gevra oor die betrokkenheid
van mnr. Bheki Cele, LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling asook
vervoer, op die ongelukstoneel.

Cele het Zulu later na die polisiekantoor gebring.

Zulu het destyds aangevoer hy het nie ten tyde van die ongeluk bestuur
nie omdat hy die voertuig aan iemand geleen het.

Dié persoon is later, ná 'n soektog, deur die polisie opgespoor en
ondervra.

Nadat die polisie Zulu sowat tien dae ná die ongeluk ondervra het, is
hy in hegtenis geneem in verband met 'n uitstaande lasbrief in 'n klag
van dronkbestuur teen hom waarin hy vroeër versuim het om voor die hof
te verskyn.

Dié klag spruit uit 'n voorval in Julie 2006 toe hy by 'n
padversperring op die N2-hoofweg by Durban voorgekeer is.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2345683,00. html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Warm Vetkoek

Di., 24 Junie 2008 14:42

So pas uit die olie! Brooddeeg vetkoek... en vingers waarvan die vet
eers afgevee moet word eer ek aan die toetsbord se keys raak..:-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Laaste Sin 'n Lag Werd

Di., 24 Junie 2008 13:01

Virginia Keppler se laaste sin (BMW) het my laat glimlag.
Daar was mos 'n klompie jare gelede 'n plakker agter op
sommige motors wat iets was soos:
'Moet nie steel nie. Dit is reeds gesteel'

Pta-diewe vasgetrek toe hulle buit wegdra
Jun 23 2008 09:02:12:463PM - (SA)

Virginia Keppler

Twee diewe wat gisteroggend by die Doxa Deo-skool in Faerie Glen, in
die ooste van Pretoria, ingebreek en rekenaars en radio's gesteel het,
is gearresteer terwyl hulle op pad was om hul buit in bosse naby die
skool te gaan versteek.

Die diewe het gesteelde radio's in hul besit gehad toe lede van die
Boschkop-polisie hulle in Atterburyrylaan opgemerk en gearresteer het.

Konst. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het gesê die diewe,
onderskeidelik 19 en 24 jaar oud, was op pad om die radio's by die res
van die gesteelde rekenaars te gaan versteek.

Die rekenaars was in swart plastieksakke toegedraai.

Shibambo het gesê konsst. Tebogo Nkgadima en Doctor Baloyi het
gisteroggend net ná 09:00 'n klag ontvang dat vir die derde keer by
die skool ingebreek is.

"Die konstabels het na die skool gegaan waar lede van die
Ubunto-sekuriteit 'n beskrywing van die diewe aan die polisie gegee
het. Hulle het toe in Atterburyrylaan in die rigting van Hans
Strijdomweg gery toe hulle die diewe langs die pad opgemerk het."

Shibambo het gesê die diewe is oorspronklik van Nelspruit.

Hulle het doodstil op die grond met hul hande agter hul rüe vasgebind
gesit terwyl die polisie die gesteelde radio's en rekenaars uit die
bosse langs Atterburyrylaan, sowat 300 m van die skool af, uitgedra
het.

Volgens hom is die afgelope week drie keer by die skool ingebreek.

"Vingerafdrukke van die diewe en dié wat vroeër by die skool gekry is
met die eerste twee inbrake, sal nou vergelyk word om te kyk of dit
nie dieselfde mans is nie," het Shibambo bygevoeg.

Die polisie het eergisteroggend ook 'n dief gevang nadat hy by twee
huise in Queenswood en Villieria ingebreek en met 'n gesteelde BMW
probeer vlug het.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2345735,00. html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Steven Hatfill

Ma., 23 Junie 2008 18:38

> Basson also denied any dealings with Dr Steven Hatfill, the former
> Rhodes University and University of Cape Town student regarded by the
> US Federal Bureau of Investigation as a "person of interest" in last
> year's spate of anthrax attacks in the US.
>
> "I've never met him. I believe he was an (SADF) member but he was
> never involved in 7Medical Battalion (the army unit Basson headed in
> the 1980s)." -- DDC

Vandag het ek byna van my stoel afgeval toe ek die
bostaande lees. Steven Hatfill was, en heelwaarskynlik
is, onder sterk suspisie dat hy die anthrax-koeverte
uitgestuur het wat so 'n week of twee na 911 uitgestuur
is aan verskillende adresse, insluitende 'n senator se
kantoor in die Capitol.
Een van die leidrade wat die suspisie verhoog
het,
is dat hy 'n skool se adres gebruik het, wat baie klink
na die plek in Zimbabwe waar hy vir 'n ruk gewerk het,
en waar daar 'n ongewone uitbreek van anthrax plaas-
gevind het. Hulle het keer op keer die meer naby sy
huis gesleep om uit te vind of hy nie leidrade daar
probeer wegsteek het nie.
Nooit het ek egter geweet dat hy SA konneksies
gehad het nie. Ek wonder of hy êrens anders in Afrika
gebore was, en net in SA studeer het.
Daardie wit anthrax-koeverte was selfs hier in
Kanada vir ons vreesaanjaend. In die dae na die eerste
koeverte in die VSA aangeland het en mense siek gemaak
het, is 'n koevert na 'n kantoor op Parliament Hill
gestuur,
en die vraag was dadelik of dit ook anthrax was. Ons kry
die middag 'n oproep van ons seun, wat daar werk. Hy sê
hulle is almal beveel om hulle huisgesinne en nabye
familie te vertel dat hulle OK was. Ons dink toe ons
seun maak 'n grap, maar hy sê dis wat hulle beveel is.
Later het dit toe geblyk dat dit 'n prank was, maar dis
baie ernstig opgeneem in die paniek na 911.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Re: Tsvangirai is in veiligheid gebracht in de Nederlandse Ambassade

Ma., 23 Junie 2008 17:51

Bart wrote in news:485fc9aa$0$14342
$e4fe...@news.xs4all.nl:

>
> In Zimbabwe is Tsvangirai in veiligheid gebracht in de Nederlandse
> Ambassade in Zimbabwe. Het is ook op de Nederlandse ambassade
> waar hij zijn afscheid aankondigde van de verkiezingen.
>
> Het wordt steeds erger daar.
>

Hmm....hadden wij enkele decennia geleden niet een soortgelijk akkefietje in
de NL-ambassade te Zuid-Afrika?

En, nog prangender, zou Mbeki nog wakker liggen van die overeenkomstigheid?

Didn't we have a similar scenario, some decades ago, in the Dutch embassy in
South-Africa?

And, more intriguing, would Mbeki loose even one second of sleep over this
similarity?

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit Beeld - vergiffenis vra

Ma., 23 Junie 2008 14:14

‘Jammer, Carl, ek’t nie geweet’
Jun 22 2008 10:09:02:813PM - (SA)

Henry Cloete

Bloemfontein. – “Daar het ek op die kampus gesit en gedink ek
verkondig die evangelie, terwyl iemand wat vir die waarheid en wat reg
is, opgestaan het in die tronk verkrag word.”

Mnr. Albert Pretorius, ’n destydse medestudent van mnr. Carl Niehaus,
oudambassadeur van Suid-Afrika na Nederland en oud-ANC-LP, het na
aanleiding van ’n onlangse Beeld-hoofberig besluit hy moet kontak met
Niehaus maak – en hom om verskoning vra.

Beeld het berig oor Niehaus se ope brief op sy blogruimte, waarin hy
vir die eerste keer aan sy 11-jarige dogter vertel hoe hy destyds die
nag voor sy vonnisoplegging deur “meer as 20 mans” verkrag is.

Hy is in 1983 van hoogverraad aangekla, skuldig bevind en tot 15 jaar
gevangenisstraf gevonnis.

Pretorius sê hy en ander studente by die Randse Afrikaanse
Universiteit (deesdae die Universiteit van Johannesburg) het Niehaus
en sy gewese vrou, Jansie, in hul studentejare as kommuniste uitgekryt
en hulle vermy en sku behandel.

“Ek was besig met my toelatingskursus. Ek het nie eens geweet wie
Nelson Mandela is nie, maar Niehaus het plakkate op die kampus
opgeplak wat sê: ‘Bevry Mandela’. Ons het hulle verstoot en geglo ons
is reg – ons het maar geglo wat ons in die media gelees het,” sê
Pretorius.

Hy sê Niehaus sou byvoorbeeld in ’n restaurant instap, waarop die
ander studente in die restaurant sou opstaan en uitloop.

“Dit was ’n wit universiteit. Omdat hulle by die ANC betrokke was, het
ons hulle verstoot. Ek was nie aan die kant van die waarheid nie, maar
aan die kant van my volk.”

Pretorius sê sy lewe het onder meer deur sy betrokkenheid by die
Vlakfontein Sekondêre Skool in Mamelodi ’n wending geneem.

“Ek het begin besef daar is fout met die manier waarop ek dink. Dit
gaan oor mens se oortuigings, en wat jy in jou hart wéét reg en
verkeerd is en nie wat die ander mense sê nie.

“Nadat ek die berig (oor die verkragting) gelees het, het ’n baie
groot begeerte by my ontstaan om my berou teenoor Niehaus uit te
spreek.”

Met Volksblad, Beeld se susterskoerant, se hulp het Preto?rius en
Niehaus by mekaar uitgekom, en volgens albei ’n “verstommend” goeie
gesprek gehad.

Hulle gaan glo binnekort in Krugersdorp, waar Pretorius werk,
bymekaarkom.

Niehaus sê hy is “baie diep” geraak deur die gesprek met Pretorius.

“Hy was nie een van die voorbokke nie. Die moeite om te praat oor
dinge wat in die verlede gebeur het, word baie waardeer.”

Niehaus sê die reaksie en terugvoer wat hy ná die berig ontvang het,
is oorweldigend positief en ondersteunend.

“Daar is dié wat negatief reageer, maar dit is só klein in vergelyking
met die positiewe reaksie dat dit nie eens genoem hoef te word nie.”

Nuus | 54 kommentare

Viva Skype!! Panzi Telkom!!

Ma., 23 Junie 2008 12:46

Oftewel - die nuwe werklikheid arriveer ook stadig, drup-drup, in
Suid-Afrika.

Familielid gee nou klas in Suid-Korea. Sy het verlede week internet
gekry in haar woonstel. Nodeloos om te se, dit is hoësped en sonder
cap.

Ek het in afwagting daarop broadband gekry. Mweb ADSL (kon nie langer
wag vir Neotel nie wat in die stadium net so fokken useless soos
Telkom lyk).
Ek het 2 gig cap gekry waarvoor en so R350 per maand betaal

Die naweek het ons toe Skype getry. Vir 4 en 'n half uur geyakity oor
die naweek MET video feed van die kant af (sy het nog nie 'n webcam
gekoop nie). En dit het altesame so 250 megs gebruik.

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    118  119  120  121  122  123  124  125  126  127  128  129  130  131  132  133    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 17:52:41 UTC 2025