Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Voedselvrou" deur WILMA STOCKENSTROM

Wo., 24 Maart 1999 00:00

VOEDSELVROU
Wilma Stockenström
(Spieël van water, 1973)

Haar kamer ruik altyd na eiers en strooi,
'n stal van wedersydse gifte en eie wondere.
Sy's kitsbroeis, sy's komberswarm vir wie ook
gou wil inkruip en lê in haar moedergeur.
Suikerstroop soek hul in die skotteltjies
van haar liggaam, en hulle byt, hulle byt
en skommel die papwit deeg van haar borste.
Staan sy op, bly kyk hul stip na die nes,
handgroot gevleg, op die pale van haar bene,
waaruit hul pas soos 'n kuiken gesluip het.
Die dae staan om haar huis regop soos kerke,
kloek, afkeurend, kuise toring in die lug,
maar sy, sy breek en spat soos 'n hotnosvy
as liggeel die maanvrug in haar venster hang.

Prosa & poësie | 0 kommentare

ROOF : Die nuwe Platpote !

Wo., 24 Maart 1999 00:00

In die laaste drie weke is reeds 6 restaurante in die Blaauwberg, Milnerton
gebied deur gewapende swartes beroof.
Elke keer dieselfde modus operandi. Twee swartes (manlik) kom deur die
agterdeur met 'n lang skerp mes en gryp die chef. Twee swartes (manlik) kom
deur die voordeur met 'n 9mm parrabellum (dis nou 'n outomatiese pistool vir
die oningeligtes) en druk die oorgehaalde vuurwapen in die ontvangsdame se
linkeroor.
"where is yo penic buttons, hey ?" is vraag nommer een. Dan word almal in
die yskamer toegesluit terwyl die "previously disadvantaged" groepie die
plekkie stroop. Lekker !
Die tipe misdaad is nie nuut in S.A. nie. In feite ons het so baie daarvan
dat ons dit kan uitvoer as gehalte produk.

-- AMAC glo --
Die gewapende rower moet aan sy knaters opgehang word totdat hy biltong
geword het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

My persoonlike deurbraak

Di., 23 Maart 1999 00:00

Ek het onlangs eers uitgevind maar vir dié wat nog steeds sukkel:

Hou die Alt knop af en gebruik die nommers op die keypad:

136 ê
137 ë
130 é
139 ï
148 ö
147 ô
ensovoorts.....

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Re: My persoonlike deurbraak

Di., 23 Maart 1999 00:00

nomad wrote in message ...
> Ek het onlangs eers uitgevind maar vir dié wat nog steeds sukkel:
>
> Hou die Alt knop af en gebruik die nommers op die keypad:
>
> 136 �
> 137 �
> 130 �
> 139 �
> 148 �
> 147 �
> ensovoorts.....
>
>
Hallo Nomad

Dis lekker om so op die tref en trap manier die rekenaar te leer verken! As
jy vrae het, neem ek aan, die ander sal darem nie op jou kop spring as jy
vra nie.

Ja, die opsie van ALT + syfers kom al die pad saam met al die tikprogramme
van tiksters (op rekenaar), van die jare 1989 en selfs vroeër. Die
programme Multimate en Word Perfect, as ek reg onthou, het dit beide
gebruik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek waag dit!

Di., 23 Maart 1999 00:00

Leendert skryf:

"Ek stel dit vir bespreking (as iemand dit sou waag): Dit nie juis
Volkstaters wat deur "vrees en eksklusiwiteit" gemotiveer word nie. As mens
die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak voor uit te
maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dii wat emigreer na
"veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te
akkommodeer nie."

"...waar hulle nie gebruike van ander kulture hoef te akkommodeer nie."

BS Leendert. Absolute, totale BS. Jy is oningelig of moedswillig.

Doen jouself 'n guns. Soek die woord Nisga (ook gespel Nisga'a) op die
internet. Dit verwys na 'n treaty in BC, Canada.

Onder die terme van hierdie ooreenkoms kry die Nisga mense "title" vir
omtrent 2000 vk km van 'n uitstekende deel van BC. Dit gee hulle die mag om
wette te maak oor taal, kultuur, landgebruik, polisieering, ens. Hulle kan
'n hof daarstel met jurisdiksie oor Nisga wette op die Nisga land.

...Waar hulle nie ander kulture hoef te akkommodeer nie? My agterkwart,
Leendert.

Hierdie is waarskynlik die simpelste stelling wat ek nog vanuit jou pen
gesien het. En dit is nie 'n mindere kwalifikasie nie.

Bees

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans word verban Aan almal van germaanse oorsprong

Di., 23 Maart 1999 00:00

Aan almal wat Germaans van oorsprong is en vra of hulle kan meedoen en saampraat,
natuurlik kan julle almal saampraat. Ons taal het tog basies dieselfde
stam. Ons is almal van Germaanse afkoms en dit gee julle vrye toegang tot
die gesprek.

Dit is 'n feit dat die huidige sogenaamde demokratiese regering van Suid
Afrika besig is om Afrikaans as amptelike taal uit alle regerings funksies
te verban. Geen geskrif, notule of advertensie word in Afrikaans
gepubliseer nie behalwe in 2 provinsies word 'n half hartige poging
aangewend om Afrikaans te ondersteun, nl in die Oranje Vrystaat wat nou
amptelike net die Vrystaat heet (die Oranje was vir die nuwe regering nie
aanvaarbaar nie) en ook die Kaap provinsie.

Dit is baie demokraties ne! Kyk jy TV is Afrikaans net op die swakste tye
en vir die kortste periodes hoorbaar ook net in die vorm van die nuus of
programme wat 20 jaar gelede gemaak is.

Moet dus nie vra of julle as Germane welkom is nie. Julle is nie net
welkom nie maar julle is vir ons ook noodsaaklik om te sorg dat ons
Afrikaans kan beoefen.

Ernst van Biljon

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vrees en eksklusiwiteit

Di., 23 Maart 1999 00:00

Bees wrote in message ...
> Leedert
>
> Ek sien dit so:
>
> a) Ek verduidelik my waarnemings en redes hoekom ek glo N en V is
> verskillend.

Die "waarnemings en redes" het neergekom op 'n bewering dat "die
volkstaatidee" gegrond is op "vrees en ekslusiwiteit" en die selfregering
van Nunavut nie.

Geen poging om enige substansie te gee aan hierdie suiwer subjektiewe idee
nie.

Net 'n bewering.

> b) Leendert kots bo-oor alles, maar gee nie regtig redes hoekom hy van my
> verskil nie.

Jy weet nie eens of Leendert van jou verskil nie. Leendert probeer nog
uitvind of jy enige gronde het vir jou bewerings.

>
> c) Ek daag hom uit om dit te doen

Leendert laat hom nie uitdaag van elkeen wat 'n paar vooroordele aanmekaar
kan string om ongegronde beweringe te sketter nie.

Wat Leendert wel gedoen het, was om Bees te vra om sy beweringe te staaf.

Bees probeer nie eens nie.

> d) Leendert sit met sy bek vol tande

Inderdaad ja. Danksy die mondhigienis en ondanks die tandarts.

Maar nou:

Ek stel dit vir bespreking (as iemand dit sou waag):

Dit nie juis Volkstaters wat deur "vrees en eksklusiwiteit" gemotiveer word
nie.

As mens die bydraes op die nuusgroep lees, dink ek daar is nogal 'n saak
voor uit te maak dat die "vrees en eksklusiwiteit" sit oorwegend by dié wat
emigreer na "veilige" samelewings waar hulle nie gebruike van ander kulture
hoef te akkommodeer nie.

> QED.

Inderdaad.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Engelse poskodeboek

Di., 23 Maart 1999 00:00

Na onlangse berigte is die enigste gebruikstaal in die Poskantoor nou
Engels. Afrikaanse bordjies en kennisgewings en dokumentasie word
verwyder uit alle takke van die poskantoor.

Logika sê dat die poskodeboek gevolglik ook eersdaags net in Engels
sal
verskyn. Kan enigeen dit aub vir my bevestig? Van die woorde wat
Afrikaanse / Engelse weergawes in die poskodeboek het verskyn
hieronder.

Dit sal 'n verlies vir 'n ieder en 'n elk in hierdie land wees om dit
te verloor. Is ek die enigste persoon in hierdie land wat sterk
hieroor
voel? Dit sal wees asof 'n ledemaat van die hele Suid-Afrikaanse
kultuur afgesaag is, laat staan nog die verlies vir Afrikaans.

Alexanderbaai / Alexander Bay
Bantrybaai / Bantry Bay
Barkley-Oos / Barkley East
Barkley-Wes / Barkley West
Beaconbaai / Beacon Bay
Beaufort-Wes / Beaufort-West
Bellavista-Suid / Bellavista-South
Bettysbaai / Betty's Bay
Booth Aansluiting / Booth Junction
Buffeljagsrivier / Buffeljags River
Buffelsrivier / Buffels River
Bulgerivier / Bulge River
Bosbokrand / Bushbuckridge
Boskoppies / Bushkoppies
Boesmansriviermond / Bushmans River Mouth
Caledonplein / Caledon Square
Cambridge-landgoed / Cambridge estate
Kaapstad / Cape Town
Elsiesrivier / Elsies River
Vishoek / Fish hoek
Visrivier / Fish river
Gordonsbaai / Gordon's Bay
Groot-Brakrivier / Great Brak River
Hondeklipbaai / Hondeklip bay
Hospitaalpark / Hospital park
Jeffreysbaai / Jeffreys bay
Kalkbaai / Kalk bay
Klaas Voogdsrivier / Klaas Voogds River
Kleinrivier / Klein river
Kromrivier / Krom river
Lambertsbaai / Lamberts bay

Wat van plekname soos hieronder, en hoe lank voor hulle vertaal of
verander word?

Baardskeerdersbos
Bergbron
Bergsig
Bergvliet
Blikfontein
Blinkpan
Bloekombos
Boesmanskop
Boesmansriviermond
Daniëlskuil
Daniëlsmond
Derdepoortpark
Drie Riviere
Garsfontein

Wat as van die bostaande name met inheemse Afrika benamings vervang
word?
Is die bogenoemde plekname nie ook inheemse Afrika benamings nie? Nou
is
ek omgekrap en wil nie verder vir plekname soek nie.

Wat sal gebeur as daar verskillende benaminge vir 'n plek in beide
Khosa
en So-Sotho is (as voorbeeld?) Sou die poskantoor nie altwee
benaminge
geplaas het nie? Hoe voel ander Afrikaanssprekendes daaroor?

Dit is een ding om in 'n algemeen verstaanbare taal bedien te word en
heeltemal 'n ander ding om die Afrikaanse erfenis en kultuur van die
land prys te gee.

My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
dat
Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.

Binne die volgende weke moet ek 'n rekenaarprogram wat ek in '92
geskryf
het hersien. Die program bevat die volle poslys en ek sal poog om 'n
lys van al die Afrikaanse benaminge in die poskodeboek (nog 'n woord
wat
sal verval) op te stel. Al wys ons die lys eendag net vir ons nasate
sodat hulle kan sien hoe Suid-Afrika eens op 'n tyd benoem was.

Tjeers

Casper

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Engelse poskodeboek

Di., 23 Maart 1999 00:00

On Tue, 23 Mar 1999 18:29:04 GMT, cas...@act.co.za (Casper) wrote:
|
|Wat as van die bostaande name met inheemse Afrika benamings vervang
|word?

Soos wat ons Lyttelton in Verwoerdburg verander het???? en nou so sekslose
centurion......

|My gevoel is dat Afrikaanssprekendes sal hand en tand moet veg vir 'n
|iedere en elke Afrikaanse pleknaam. Anders is daardie woorde wat sê
|dat Afrikaans 'n sterwende taal is, profetiese woorde.
|
Afrikaans gaan bly bestaan in een of ander form of daar nou plekke is met
Afrikaanse plekname of nie. Wat ek baie sad oor voel is dat die verandering van
plekname nog nooit enige iets in die land verbeter het nie. Daardie effort en
koste, kan gerus maar eerder in huise en edoukeisjin ingesit word.

Om 'n dorpsnaam te verander gaan vir niemand 'n huis gee nie, maar dit sal baie
geld kos wat gaan keer dat twwe of drie gesinne 'n huis kan kry. Pleknaam
verander is so geweldig sinneloos.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"My appelliefie van Inchanga" deur D.J. OPPERMAN

Di., 23 Maart 1999 00:00

MY APPELLIEFIE VAN INCHANGA
D J Opperman
(Komas uit 'n bamboesstok, 1979)

Dit was op New Formosa
regs van die perron
tussen die spoorwegtuintjies
waar ernstige asters, malvas, kannas
êrens van Inchanga blom,
maar toevallig tussen hulle
het 'n appelliefie saamgekom.

O my appelliefie,
trek jou Engelse pofferbroekie uit
dat ek tussen die liesies
in die nessie
na die eiertjies versigtig kyk...
O my appelliefie,
waarom wil
my stokkie water wys?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1240  1241  1242  1243  1244  1245  1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255    »]
Tyd nou: So. Des. 21 16:17:38 UTC 2025