Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Herfs, Oudtshoorn" deur FERDI GREYLING

Ma., 17 Mei 1999 00:00

HERFS, OUDTSHOORN
Ferdi Greyling

ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand

Prosa & poësie | 0 kommentare

The Future of Afrikaans (Chapter 2)

Ma., 17 Mei 1999 00:00

It was interesting to note the perceptions on the future of
Afrikaans, given the immense threat posed to the group at
present.

Although it is a young language, I do believe that it is in no
way under threat of dying out completely, due to the fervent
following following af a strong band Afrikaners still resident in
South Africa.

While there are many people dispersing geographically around the
world, the core of true Afrikaners will remain in Africa,
possibly relocating to areas more remote than they currently are,
but remaining untainted by the ravaging advances of the other
languages and cultures which would detract from their own
culture.

This will not be an easy feat, as it will be conveniently branded
as an attempt to mitigate the effects of cultural change in South
Africa. While it could be vigorously argued that such a move was
triggered more by a violent onslaught, than being based upon
racial grounds, the critics will no doubt dismiss this contention
as being propagandas.

Time will of course yield the answer to this question, however in
the meantime the silent onslaught continues.

Squirrel
(In die stad wie se naam met n "M" begin)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die vriendelike Afrikaner

Ma., 17 Mei 1999 00:00

Ek sien 'n swaar toekoms vir Afrikanerdom as hierdie NG 'n voorbeeld is van
die gemiddelde Afrikaner!
Vir 'n paar dae het ek nou hierdie NG dopgehou, en die grootste gros
boodskappe is van ouens wat mekaar probeer kap en intellektueel
superieer wil voorkom.

Komaan, as iemand 'n onskuldige, vriendelike boodskap laat, aanvaar dit in
die gees waarmee dit bedoel is. (Ek wag in spanning vir die eerste een om
nou
bloed te trek uit hierdie boodskap.)

Groete
Neef

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"nuwe hemp" deur CHARL DURAND

Ma., 17 Mei 1999 00:00

nuwe hemp
Charl Durand

'n Nuwe hemp is soos 'n nuwe kers, jy sien dit in
ander mense se oë , nuwe oë . Self verkies ek
extra large, om toe te laat vir krimp, sien. die
moue voel soos 'n ander land, nuutgevind, die
glimlag nadat ek die meisie die eerste keer
gesoen het. Voel die nuwe nate, die stryklyne is
nog maagdelik. Haal die prys af, oppas vir die
spelde! Ek dra die nuwe hemp simfoniekonsert
toe, die orkes speel die hemp oop. Ou hemde is
vir ou konings sonder gemeentes. Dit verbleik
op die wasgoedlyn soos 'n terminale ideologie.
Laat 'n nuwe hemp toe om jou 'n storie te vertel,
'n reisverhaal of liefdesroman. Dit sal vars klink,
vir altyd, want nuwe hemde vergaan eintlik
nooit nie.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Werkloosheid + bevolkingsyfer = misdaad

Ma., 17 Mei 1999 00:00

Het enigiemand in Suid-Afrika, of erens elders, al 'n realistiese
antwoord vir werkloosheid uitgevind? Dit is tog vanselfsprekend dat
die hoe werkloosheidsyfer in 'n baie groot mate tot die hoe
misdaadsyfer bydra, veral in Suid-Afrika. Dieselfde neiging is ook
hier sigbaar - hier doen mense niks nie en word daarvoor betaal
("dole"), maar nou word hulle verplig (met sekere voorvereistes) om
allerhande werk te doen (skoonmaak van strande, onkruid uithaal, ens.).

Die bevolkingsontploffing dra ook by tot hierdie toestand - as daar
minder mense op die ou aarde rondgeloop het met hulle hande in hul
sakke (of uitgestrek in 'n bedel gebaar), sou werkloosheid seker ook
verminder gewees het. Miskien moet ons meer klem plaas op
voorbehoedmiddels en moet dit meer geadverteer word. Hier by ons is
dit nie juis 'n probleem nie - party leiers glo ons moet meer kinders
hier in die wereld inbring.

In Suid-Afrika lyk dit steeds na 'n groot probleem. Iemand al 'n
antwoord gevind?

Groete
Royleen

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Voortbestaan van Afrikaans?

So., 16 Mei 1999 00:00

Stel jy belang in die voortbestaan van Afrikaans? Sluit dan aaan by die
Afrikaanse Vriendskaps Groep in Engeland. Meer inligting by Johannes Van
Vuren, tel 01227 463262, Canterbury.

Afrikaans - die mooiste taal in Afrika.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Mieliepap in VSA?

So., 16 Mei 1999 00:00

Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
Amerika beskikbaar?

Groete

Shannon

Kos & resepte | 5 kommentare

manie maritz

So., 16 Mei 1999 00:00

ek is opsoek na inligting oor gen. manie maritz van die boere oorlog, asook
sy seun , die s.a. stoeier manie maritz

e-pos a.s.b. enige inligting

dankie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: South Africans to become extinct!

So., 16 Mei 1999 00:00

I don't believe that are enough manufacturing resources to
make the quantities required. I think that they are
expensive to produce as well. I believe that the manufaturing
companies would easily make them as available as aspirin if
they could (millions more customers), but it's just not
feasible at this stage. No-one has got the kind of money that
this would take right now (without bankrupting their economy).

Errol

stefan wrote:
>
> In article , Errol Back-Cunningham
> wrote:
>
>> Do the sums. The AZT (and others) medications cost approximately
>> $1000.00 a month here in the US. Now, how many people do you
>> think SA can afford to treat at that rate every month?
>
> The medicines would be dirt cheap if the companies and governments
> subsidize them. But rather, you should die if you cannot pay. A
> sickening state of affairs.
>
> --
> stefan, valley of the sun

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hardekoolvuur!

So., 16 Mei 1999 00:00

Vir Leswin (en andere) wat gewonder het hoekom Nick Smith 50 keer op
Mauritius was, en nooit 'n marlyn gevang het nie, gaan kyk by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

wat die lekkerste werk op aarde is.

Groete

Henri Burger

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1216  1217  1218  1219  1220  1221  1222  1223  1224  1225  1226  1227  1228  1229  1230  1231    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 21:22:08 UTC 2026