Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Mieliepap in VSA?
Mieliepap in VSA? [boodskap #22970] So, 16 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
Amerika beskikbaar?

Groete

Shannon
Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23000 is 'n antwoord op boodskap #22970] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Theo Holtzhausen  is tans af-lyn  Theo Holtzhausen
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hier in die suide van die VSA kry jy mieliepap (gritz) in alle geure en
smake. Hulle eet dit hoofsaaklik soet met een of ander geursel (pypkaneel,
aarbei, appel ens) in, maar het ook n pap soortgelyk aan die in SA wat hulle
saam met spek en eiers eet. Die tamatie en uie sous is egter nie hier te kry
nie. In die platteland word nog baie tradisionele "gritz" gemaak maar in die
stede en groter dorpe het die kits "gritz" heeltemal oorgeneem.

Shannon skryf in boodskap news:926916204.727357@news.netactive.co.za...
> Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
> mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
> Amerika beskikbaar?
>
> Groete
>
> Shannon
>
Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23001 is 'n antwoord op boodskap #22970] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Theo Holtzhausen"

> Hier in die suide van die VSA kry jy mieliepap (gritz) in alle geure en
> smake.

Grits is hoofsaaklik mielie en was, in rowwe vorm, deur native americans geëet
(mielies is weliswaar die geskenk van die inheemse mense van die amerikas aan
die wêreld). Met die aankoms van die slawe in die suide, was daar 'n
natuurlike aantrekking tot grits insoverre dit groot ooreenkoms getoon het met
die sorghum pap waarmee die wes-afrika slawe bekend was (sorghum is afrika se
geskenk aan die wêreld, en was verbou in die strook vanaf wes-afrika tot
ethiopië so vroeg soos 1000 tot 3000 voor christus). Mettertyd het grits dan
ook tot in die slawe-eienaar se kombuis gevorder sodat dit vandag breed as
"Suidelike Cuisine" geklassifiseer word. In die Noorde van Amerika eet mense
nie juis grits nie en indien jy dit nie self wil maak nie, is jou beste bet 'n
"soul food" restaurant.
Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23002 is 'n antwoord op boodskap #22970] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Theo Holtzhausen  is tans af-lyn  Theo Holtzhausen
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir die stukkie geskiedenis. Dit is baie interessant.
Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23003 is 'n antwoord op boodskap #22970] Ma, 17 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SGneuse[1]  is tans af-lyn  SGneuse[1]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Shannon, die naaste daaraan is GRITS. Dis ontbyt kos, dit kom natuurlik nie
naby ons pap en sous nie.

Groete
Rolande
Re: Mieliepap in VSA? [boodskap #23109 is 'n antwoord op boodskap #22970] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 16 May 1999 22:17:28 +0200, "Shannon" wrote:

|Amerikaanse vriende, wat tans die land deur toer met familie, is mal oor ons
|mieliepap, veral krummelpap met sous daaroor. Is daar iets soortgelyk in
|Amerika beskikbaar?
|
Ons eet nog baie mieliepap. Ons koop drie verskillende soorte
mieliemeel: die grits waarvan almal praat is 'n growwer meel soos die
SA braaipap. Dan kies ons verder tussen yellow of white corn meal en
dis heelwat fyner meel - soos die gewone mieliemeel wat jy in SA kry.

O ja, interesant, jy kry hier ook blou mieliemeel wat van blou mielies
gemaak word (geen kleurstof nie). die mieliepap kom 'n siekerige pers
uit. Gewoonlik word die blou meel gebruik om blou nacho's te maak.
Die smaak is presies dieselfde as gewone mieliemeel.

Johan
Vorige onderwerp: Re: South Africa dinner
Volgende onderwerp: Re: Frikkadel - en nou nog wors en maalvleis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 08:35:02 MGT 2024